Besigheidstudies graad 10

Page 14

Hoofstuk 1

Bestudeer Besigheid Graad 10

PTY LTD

3. Konflikbestuur Waar daar diversiteit is, sal daar verskillende opinies wees. Dit is nie noodwendig altyd ’n slegte ding nie, soos aan die hand van die volgende klassifikasie gesien kan word: ○ F unksionele konflik – dit is nie-aggressiewe konflik wat kreatiwiteit stimuleer en idees toelaat om te vloei. ’n Voorbeeld hiervan is mense wat nie saamstem nie, maar bereid is om na verskillende idees te kyk, ten einde tot ’n vergelyk te kom, soos in ’n dinkskrum waar selfs ’n slegte idee tot ’n goeie idee wat uiteindelik kan werk, kan lei.

Tipes konflik

○ Disfunksionele konflik – Aggressiewe verskille ontstaan waar die partye weier om ’n ooreenkoms te bereik en dit kan die werk aan ’n taak sowel as goeie verhoudings benadeel. Beide tipes konflik moet opgelos word. Funksionele konflik kan opgelos word deur kreatiewe idees te kies en dan tot ’n vergelyk te kom oor hoe om vorentoe te beweeg. Disfunksionele konflik moet deur die proses wat hieronder bespreek word, aangespreek word. Die proses bestaan uit vier stappe, waar elke opeenvolgende stap meer bemiddeling as die vorige een nodig het. Wanneer die konflik in enige van die stappe opgelos word, hoef daar nie na die volgende stap oorgegaan te word nie.

Stappe in konflikoplossing: Onderhandeling

Versoening

Bemiddeling

Arbitrasie

ONDERHANDELING

VERSOENING

BEMIDDELING

ARBITRASIE

Disputante

Disputante

Disputante

Disputante

Twee partye kom bymekaar en probeer om alleen tot ’n vergelyk te kom.

Indien onderhandelinge onsuksesvol was, word ’n derde party genader om betrokke te raak. Hierdie persoon maak seker dat albei partye ’n kans kry om te praat.

Indien versoening nie werk nie, raak die derde persoon meer betrokke en gee raad, maar die uiteindelike besluit lê nog by die oorspronklike partye.

Indien bemiddeling nie die problem kon oplos nie, word die besluit uit die hande van die oorspronklike partye geneem en ’n derde persoon neem dan die besluit.

Voorbeeld: ’n Pa en seun verskil oor hoe laat die seun saans tuis moet wees. Hulle kom bymekaar om die saak te bespreek en saam ’n oplossing te vind.

Voorbeeld: Twee vriende baklei as gevolg van ’n misverstand, ’n derde persoon tree dan tot die gesprek toe om seker te maak dat beide partye al die nodige inligting het en dat die misverstand uit die weg geruim kan word.

Voorbeeld: Twee besigheids- vennote verskil oor die sluit van ’n nuwe kontrak. ’n Prokureursvriend met kennis van kontrakte kan ingeroep word om meer lig op die saak te werp en te sorg dat hulle meer insig kry ten einde tot ’n vergelyk te kan kom.

Voorbeeld: Twee vloerbestuurders in 'n fabriek kan nie tot 'n vergelyk kom oor die plasing van nuwe, groot stuk toerusting nie. Die produkbestuurder tree tussenbeide om die besluit te neem wat bindend vir albei departemente is.

6

Versoener

Bemiddelaar

Arbiter

© 2020 Excom Publishers


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.