
1 minute read
Sinergie
from Besigheidstudies graad 10
by Impaq
Oefening 1.3: Konflik
a. Gee TWEE voorbeelde van situasies waar jy konflik ervaar het – een wat funksioneel was en een wat disfunksioneel was.
b. Verduidelik hoe jy die konfliksituasies opgelos het. Identifiseer watter van die stappe in konflikoplossing is in elke situasie gebruik.
Tipe konflik Funksionele Voorbeeld Konflikoplossing
Disfunksionele
Aangepas vanaf: http://complaintreport.in/2016/08/04/indian-arbitration-laws/
4. Sinergie
Die uiteindelike doel van spanwerk is om sinergie te bereik, wat beteken dat die span as geheel beter sal presteer as wat individuele lede op hulle eie kan. Sinergie word dikwels as 1+1=3 weergegee. Met ander woorde, met my kunsaanleg en jou navorsingsvaardighede kan ons saam ’n beter taak verrig as wat ons elkeen op ons eie sou kon. Sportspanne is ook goeie voorbeelde van sinergie in spanne, aangesien geen spanlid (hoe talentvol ookal), ’n wedstryd op sy/haar eie kan wen nie. (Let wel: Sinergie is ’n samestelling van die woorde “Synchronised Energy”).