
3 minute read
LES 1.1.3: Persoonlike-/selfontwikkeling
Interpretasie van telling
0 – 18: Tyd vir verandering
19 – 36: Tekens van moeilikheid
37 – 54: Gematig
55 – 72: Op die regte spoor 73 – 91: Sterk eiewaarde Jy bevraagteken elke besluit en respekteer nie jouself nie. Jou eiewaarde is gevaarlik laag. Die verbetering van jou eiewaarde moet jou nommer 1-prioriteit in die lewe wees. Jy glo dat ander mense meer as jy werd is. Jy moet begin om in jouself te glo. Jy het dae wanneer jy dink dat jy nie te sleg vaar nie en dae wanneer jy alles wat jy doen bevraagteken. Werk daaraan om meer in jouself te glo. Jou vertroue in jouself is op die regte spoor. Oefen om klein prestasies te herken en trots te wees. Jy het ’n gesonde hoeveelheid selfrespek en neem gemaklik besluite. Jy leer uit foute.
Aangepas: (Templateroller, s.j.)
Persoonlike ontwikkeling is ’n lewenslange reis. Dit dek al die aspekte van jouself, soos fisiese ontwikkeling, intellektuele groei, emosionele intelligensie en spirituele groei. Dit mag oorgekompliseerd klink, maar dit kan ook pret wees. Die meeste van ons vind dit makliker om onsself te motiveer om te leer en doelbewus te verbeter as ons ’n rede het om dit te doen. Die beste manier om met hierdie reis te begin, is om jou eie persoonlike visie te ontwikkel – ’n duidelike idee van waar jy oor ’n paar maande of jare wil wees en die wete waarom dit vir jou belangrik is. Ons sal na agt aspekte kyk wat betrokke is by die suksesvolle beplanning van ons eie selfontwikkeling.
1. My persoonlike visie
Jy het ’n duidelike visie nodig van wat jy wil hê en waar jy in die lewe wil wees. Sonder hierdie prentjie in gedagte sal jy nie jou persoonlike ontwikkelingsbehoeftes kan identifiseer nie. Wat is jou idee van sukses? Hoe verstaan jy persoonlike sukses? In watter van die volgende areas wil jy sukses behaal?
• Formele studies • Loopbaan of professionele lewe • Persoonlike lewe en verhoudings • Stokperdjies of sport
2. Stel persoonlike doelwitte
Daar is ’n sterk verband tussen selfmotivering, persoonlike doelwitte en die bereiking daarvan. Elke individu het hul eie persoonlike doelwit wat heelwat van iemand anders s’n kan verskil. Hierdie persoonlike doelwitte verander van tyd tot tyd soos ons groei en deur die lewe gaan.
Handleiding
G10 ~ Lewensoriëntering
Eenheid 1 Tans is jou doelwit dalk om goeie punte te kry. Later sal jy dalk jou bestuurstoets wil slaag of ’n werk kry. Hoe meer iemand oor die algemeen bereik, hoe meer selfversekerd sal hulle raak. Soos selfvertroue groei, so groei die vermoë om dinge te bereik. Swak geformuleerde of onrealistiese doelwitte kan veroorsaak dat hierdie doelwitte nie bereik word nie. Dit kan tot swak eiewaarde en lae selfvertroue lei. Dit sal ook motiveringsvlakke beïnvloed.
Dit is belangrik om doelwitstelling te beplan. Nadat jy jou doelwitte gestel en geïdentifiseer het, moet jy onmiddellik probeer om daardie doelwitte te bereik. Jy moet jou doelwitte daagliks of weekliks hersien om seker te maak dat jy goed vorder.
Doelwitte moet deur die SMART-beginsel gelei word. • Spesifiek: Doelwitte moet gedetailleerd wees en ’n spesifieke resultaat teiken. • Meetbaar: Jy moet kan bepaal of jy vordering maak en of jy jou doel bereik het. • Behaalbaar: Jy moet jou doelwit kan bereik. • Realisties: Jy moet na die groter prentjie kyk en realisties wees wanneer jy doelwitte stel. • Tydgebonde: Jy moet ’n spertyd hê waarteen die doelwitte bereik moet word.
3. SWOT-ontleding vir persoonlike ontwikkeling
Om te verseker dat doelwitte realisties is, moet ons ons eie sterk punte en swakhede verstaan.
’n SWOT-ontleding is ’n manier om na jouself en jou situasie te kyk om areas wat aandag benodig te identifiseer. Gebruik die templaat hieronder om na te dink oor jou eie sterk punte, swakhede, geleenthede en bedreigings.
Sterk punte Die areas wat jou kan help om jou doelwit te bereik, bv. ek gee nie maklik op nie. Swakhede Al die areas wat kan keer dat jy jou doelwit bereik, bv. ek spandeer te veel tyd op sosiale media.
Geleenthede Moontlikhede wat jy kan gebruik, bv. my vriend is uitstekend met tydsbestuur en sal my dalk kan help om my tyd beter te spandeer. Bedreigings Die dinge wat dalk kan keer dat jy jou doelwit bereik, bv. my vriende respekteer nie my studietyd nie.
4. Ontwerp jou eie persoonlike ontwikkelingsplan.
Om jou visie waar te kan maak het jy jou eie aksieplan nodig. Nadat jy jou sterk punte en geleenthede geïdentifiseer het, moet jy swakhede en bedreigings oorkom. Die beste manier om dit te doen is om jou sterk punte en geleenthede te gebruik en ’n aksieplan te ontwikkel sodat jou visie ’n werklikheid word deur jou doelwitte te bereik.