Hart en Hand 9 Junie 2013

Page 1

Hart & Hand Hand 9 Junie 2013

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Profete in 2013? Fanie van der Schyff “En dít is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.” Bestaan hierdie gawes vandag nog? Aanddiens

Aanhou bid? Griffel van Wyk Algemene onreg in Suid-Afrika en spesifieke onreg wat jou aangedoen word deur mense om jou is so te sê die water waarin ons swem. Dis genoeg om Christene te laat wens vir die wederkoms. Maar wat is Jesus se raad om dit te hanteer? En wat verklap my gebedslewe oor my hantering daarvan?

MOOTKAMP 2013

Graad 7,9 en 9 30 Junie tot 4 Julie Graad 10,11 en 12 29 Junie tot 6 Julie Kerkantoor 012 362 0069

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Graad 10-12’s 7 Julie tot 12 Julie Hardus 084 983 8714 JG 084 906 3732

WWESSKAMP ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente

14 tot 17 Jun Erna Dreyer 011 886 0580

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Efesiërs 4:11 Sang: Psalm 29b:1, 5 Psalm 148b:1, 7, 9 Psalm 74a:7, 15 Psalm 74b:5 Psalm 9a:1, 7 Psalm 9b:6 Sk 14-1:1, 2, 3 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Lukas 18:1-8 Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon.

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.