Hart en Hand 9 Junie 2013

Page 1

Hart & Hand Hand 9 Junie 2013

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Profete in 2013? Fanie van der Schyff “En dít is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.” Bestaan hierdie gawes vandag nog? Aanddiens

Aanhou bid? Griffel van Wyk Algemene onreg in Suid-Afrika en spesifieke onreg wat jou aangedoen word deur mense om jou is so te sê die water waarin ons swem. Dis genoeg om Christene te laat wens vir die wederkoms. Maar wat is Jesus se raad om dit te hanteer? En wat verklap my gebedslewe oor my hantering daarvan?

MOOTKAMP 2013

Graad 7,9 en 9 30 Junie tot 4 Julie Graad 10,11 en 12 29 Junie tot 6 Julie Kerkantoor 012 362 0069

SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Graad 10-12’s 7 Julie tot 12 Julie Hardus 084 983 8714 JG 084 906 3732

WWESSKAMP ’n Kamp vir werkende wesens en senior studente

14 tot 17 Jun Erna Dreyer 011 886 0580

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Efesiërs 4:11 Sang: Psalm 29b:1, 5 Psalm 148b:1, 7, 9 Psalm 74a:7, 15 Psalm 74b:5 Psalm 9a:1, 7 Psalm 9b:6 Sk 14-1:1, 2, 3 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Lukas 18:1-8 Sang Sang word tydens die erediens op die skerms vertoon.

Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau


Sondag: Geen jeug-kleingroepe nie 10:00 Fleurenville

Troyestraat-dagboek: 

Woensdag:

18:00 Diakonie vergader in die konsistorie 19:00 Kerkraad vergader in die moederskamer

DAGBOEK Gemeentesake Voorbidding – Iran Bid dat die Here huiskerke en -leiers wysheid en krag sal gee, sodat hulle die voortdurende agteruitgang van die ekonomie en die dreigemente deur die regime teen gelowiges vanuit ‘n Moslem-agtergrond wat in huiskerke bymekaarkom, sal kan teenstaan.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisis, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Johanna Goodchild is Dinsdagnag oorlede en Woensdag in Middelburg begrawe. Sy was 94 jaar oud en het die laaste tyd in alle opsigte baie verswak. Haar heengaan was vir haar ‘n verlossing. Sy is versorg deur medewerker Kees van Dijkhorst en oudl Bingle Kruger.

Siekte Daar is baie verswaktes in Karmel. Tog woon van hulle (in rolstoele) steeds die eredienste by. Daar word baie aandag aan hulle gegee sedert ons medewerkers aangestel het, naamlik Sakkie Coetzee (2de vloer), Tros en Annemarie Bekker (die ander 3 vloere). Liza Terblanche (073 588 6907) gaan Maandag vir ’n voetoperasie aan albei voete. Ons bid haar krag en sterkte toe.

 

Sondag 10:00: Erediens by Fleurenville. Tema: Vergewe en tog moet ons bly bid vir vergifnis – waarom? Woensdag 12 Junie: Bybelstudie om 10:30 in Karmel (1 Petrus 2) Woensdag 19 Junie: Bybelstudie/kleingroep Harmoniehof (10:30)

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Vervoer Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041 of Hannes Welman by 082 850 1473, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Kosbank Ons kosbank is op die oomblik dolleeg en daar is siekes en behoeftiges wat gehelp moet word. ’n Vriendelike dog dringende beroep word op lidmate gedoen om ons hiermee te help. Enige geregte wat gevries kan word, sal verwelkom word. Bring dit Sondag saam kerk toe en sit dit in die yskas of gee dit aan Erna Kruger (012 361 3761) of enige van die Agapé-lede.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Storielyn Bybelverse Datum Josef Die beker is weg Gen 44:1-9 10 Jun Die beker is in Gen 44:1011 Jun Benjamin se sak 17 Juda pleit vir Gen 44:1812 Jun Benjamin 34 Josef vertel wie Gen 45:1-11 13 Jun hy is Josef laat sy pa Gen 45:1214 Jun kom 28


Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum 10 17 21

Biltongfees, biltongfees! 16 Augustus 18:30 – 19:00 Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook vir veral makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong. Ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of inligting oor besonderse kaas teen besondere pryse natuurlik! Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer. Ons sit mos maar bietjie wyd en staan gereeld op vir nog biltong! Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir studente en R50 vir skoolkinders. Dit is beskikbaar by Marga op Sondae in die kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda, Bets, Frikkie, Harm, Danie Eloff en die kerkkantoor. Baie dankie en ons hoop almal voel opgewonde om hierdie funksie te laat slaag!

Tema

Aanbieder

Geen dissipelskapkafee Moet ons nog ons sonde bely, as Jesus reeds betaal het? Skole sluit

Fanus

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode, konfyt + vriende = BILTONGFEES Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel. Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk saam daaraan!

Biltonggroete!


Gelukwense

’n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af. Spreuke 16:1 9/6 9/6 10/6 10/6 10/6 10/6 11/6 11/6 11/6 11/6 11/6 12/6 12/6 13/6 14/6 14/6 15/6 15/6 15/6 15/6

Hendri Tanita Eduard Edu Werner Ruan Erna Delene Esté-Marié Leandra Thea Josef Chris Kennan Fanie Coenie Muller Nico Sarel Laria

Kruger van Heerden Cunze Cunze Nagtegaal Roberts Guillaume Murray Pieterson van de Pol van der Walt Nienaber Prinsloo Cameron van der Schyff Welman Brink Heystek Lee Stravast

082 452 5251 082 823 9640 078 305 2196 083 441 2784 082 567 0898 082 303 0319 083 417 7497 083 311 1228 083 738 7041 084 694 9820 084 952 0391 083 283 1300 082 333 7641 012 348 2598 083 446 6096 071 493 5388 083 526 9334 012 332 1322 Karmel 084 626 3437

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in gemeente is nie, of as daar name op verjaardaglys verskyn en u weet die persone uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF inligting aan die kerkkantoor.

die die het die

Ingekom met attestaat: Gert F Snyman Hartlik Welkom!

Rooihuiskraal

Eljadahuis Met die winterkoue is daar ’n dringende behoefte aan komberse vir die mense by Eljadahuis. Daar is ook ’n tekort aan veral enkelbed-matrasse. Indien daar dalk mense is wat gebruikte of nuwe goedere kan skenk, sal dit baie waardeer word.

Covenant College Zambian Trust (TOPIAbesoek – Maart tot Mei 2013: Deel 2) Stap saam met TOPIA op ’n reis van verandering. Sien die impak van ’n bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Vir foto’s en ’n vollediger weergawe van ons besoek, lees asseblief die Voetspore van Hoop-blog. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir CCZT se dienswerk en vir kerke en kerkleiers in Afrika. Dank God vir tweedegeslagfasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Dank die Here vir ons beskerming tydens hierdie besoek aan Botswana, Zambië, Malawi en Mosambiek. Voetspore van Hoop-blog – teken in vir nuus en foto’s: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-pos-besonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging – Indien God jou roep om by TOPIA ’n koninkryksbelegging te maak: ABSA-tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319. CHRISTUS HET OPGESTAAN – IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)

Reëlings Datum

Plek

Diensbeurt

Kollekte

Skinkbeurt

9 Junie

Duxbury

Ouderling Matthys van der Hout

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Gerda

Diaken Esté-Marié Pieterson

9 Junie

16 Junie

16 Junie

Troyestr

Duxbury

Troyestr

Dienste deur die Hervormde Kerk Ouderling Jozef Henning Diaken Fanus Nortje Ouderling Colin Cameron

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uireikfonds

082 971 2725 mashautd@gmail.com Brian de Vries (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Esther

Daar is mense wat hulle oë so knaend daarbo op die Hemel gevestig hou dat hulle nie sien hoe min goed hulle hande hieronder op die aarde doen nie. - C.J. Langenhoven


ADVERTENSIEBLAD 1. WOONSTELKAMER TE HUUR

6. TUINWOONSTEL TE HUUR

teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

Oopplan-tuinwoonstel, met aparte badkamer (stort, wasbak en toilet). Eie binnehof, met ingeboude braaiplek. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in R3 100 per maand. Gemeubileerd met 'n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed (alles nuut). Ideaal vir mediese student of werknemenr by Steve Bikohospitaal, 500m van hospitaalingang. 1 maand deposito. Baie trappe. Beskikbaar 1 Junie 2013. Kontak Mathilda du Preez by 083 657 7007.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS open 1 Junie vanjaar in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

7. MABULA: LUUKSE TYDDEEL TE HUUR/TE KOOP Junie/Julie-vakansie Marshall Eagle: Luukse 4-slaapk (slaap 8 mense) beskikbaar, baie naby aan hoofkompleks, maar baie privaat. Sluit 32+ gratis wildritte vir die week in. Kontak Contessa by 082 464 26909.

8. OPTIMALE GESONHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van "moderne medisyne" met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelprosesse om so die beste vir 'n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

9. OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.