GERFORMEERDE KERK PRETORIA - BROOKLYN

Page 1

SAAM OP PAD MET

GOD

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

1949-2013

GELOOFSGROEI Die nuwe werklikhede in die gemeente en die eise van die breër omgewing en samelewing het ’n missionale bedieningsbenadering teweeg gebring.


Saam op pad met God

’n Publikasie van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn in dankbare nabetragting van die liefdevolle leiding deur ons almagtige Drie-enige God om sy pad saam met Hom te loop. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen Romeine 11:36.

Februarie 2014

’n Woord... aan Teofilus Hooggeagte... Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ’n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is. Lukas 1:1-4. 2

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


INHOUD 1

VERANDERING EN SEËN

5

2

DIE AANLOOP TOT EENWORDING IN 2003

6

2.1 2.2

Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 1949-2003 Die Gereformeerde Kerke Pretoria-Oos en Pretoria-Sunnyside tot 2003

3

2003: ’N NUWE BEDELING BREEK AAN

12

4

NUWE GELEENTHEDE VIR UITBREIDING VAN DIE KONINKRYK

14

4.1 4.2

Inleidend: ’n missionale bedieningsbenadering Multikulturele bediening: ’n nuwe demografie vra vir ’n nuwe bediening 4.3 Bejaardebediening in Troyestraat: ’n nuwe omgewing vra vir interkerklike samewerking 4.4 Studentebediening: vrymoedige vertroue in God se genade lei tot aktiewe diens in die gemeenskap 4.5 Jeugbediening: begeleiding om daadwerklik saam op pad met God te wees 4.6 Musiekbediening: kragtige lof en aanbidding 4.7 Bedienings vir deurlopende geloofsgroei 4.8 Uitreike 4.9 Werksaamhede van die kerkraad 4.10 Diakonale werk 4.11 Diensgroepe

5 AFSLUITING

34

Redaksie

Medewerkers

Colin Cameron Lidia de Wet Johanna Hellberg Esmé Kruger Louis Kruger Magriet Lee Frieda Sonnekus

Hartlike dank aan almal wat inligting en foto’s aan ons gestuur het. Saam op pad met God ’n Publikasie van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn © Februarie 2014

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

3


VOORWOORD Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk Kolossense 1:17, 18a. Net soos wat die leuse van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie, getuig van God se almag, net so kan die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn getuig dat die gemeenskap van die gelowiges, ondanks aanslae van buite, sal bly voortbestaan en groei. Dit is 10 jaar sedert die eenwording van die drie gemeentes: Pretoria-Brooklyn, Pretoria-Sunnyside en Pretoria-Oos op 30 November 2003. Uit dankbaarheid vir die wonderlike leiding van die Here het daar ’n sterk behoefte ontstaan om die gebeure vir die nageslag op te teken. Die hand van die Here kan duidelik gesien word deur die pad wat die gemeentes geloop het. Hy het bepaal dat ons saam met Hom op pad sal wees en Hy het ons paaie gelyk gemaak. Die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos lê gewortel in die totstandkoming van die Gereformeerde Kerk Pretoria in 1859. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos het op 28 Desember 1930 afgestig van die Gereformeerde Kerk Pretoria. Die afstigting van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn van Pretoria-Oos op 23 Februarie 1949 en die gebeure daarna is deur ouderling Hansie Bingle in die publikasie, Gemeenteblad 1984, bewaar.

In ’n publikasie met die vyftigjarige feesviering van die gemeente in 1999 word die verloop van die meer onlangse gebeure saamgevat (Feesblad Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 1949-1999). Intussen het die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside op 22 Junie 1958 van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos afgestig. Die historiese verloop van sake is belangrik, maar dis belangriker om waar te neem hoe die Here die verloop van die geskiedenis gerig het en ontvanklike gesindhede geskep het om nuwe en omvangryke bedieningsmeganismes te laat ontplooi. Hierdie publikasie fokus op hoe die samesmelting van die drie gemeentes in 2003 die uitbreiding van God se koninkryk op aarde en in ons harte bevorder het en hoe die bedieningsterreine oor die afgelope dekade veranderings ondergaan het.

Dankie aan almal wat so toegewyd hul bydraes onder die inisiatief van Frieda Sonnekus gelewer het. Ek wil ook besondere waardering aan Magriet Lee, Johanna Hellberg en veral Esmé Kruger betuig vir die moeite wat hulle gedoen het om al die bydraes te integreer en in ’n toeganklike formaat te konsolideer.

Colin Cameron

Ek laat die blindes loop op ’n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk Jesaja 42:16.

4

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


Die dorp Pretoria word in 1855 gestig. Van April 1859 is die Gereformeerde gemeente in Pretoria deur ds Dirk Postma (sr) van Rustenburg af bedien.

1. VERANDERING EN SEËN Oor die afgelope dekade het verskeie veranderings en vernuwings in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn plaasgevind. Die onderliggende rede hiervoor is die gemeente se roeping: Saam op pad met God en die gerigtheid om missionaal sy onvoorwaardelike liefde meer en wyer te laat uitkring in Pretoria, die stad waar God die gemeente gevestig en laat groei het. Daar is getuienis van groot ywer in die gemeente om hul vreugde in die evangelie en die groot verwondering oor God en sy onvoorwaardelike liefde en genade verder te laat strek, en om dít waarmee die kerk al eeue lank besig is op die doeltreffendste manier moontlik in die plaaslike omgewing te doen. Die gemeente ervaar groot seën en vrug op hul werk onder die leiding van die Heilige Gees. Die gebeure van die afgelope dekade, waar die gemeente direk gekonfronteer is met ’n nuwe konteks en waar groot verandering in samelewingstrukture en omgewings hanteer moes word, het gelei tot groot seën en geestelike groei – nie net vir die gemeente nie, maar ook vir die breër gemeenskap wat deur die gemeente aangeraak word. Die gemeente is Saam op pad met God en volg Hom soos Hy die pad aandui. Die fokus is om die impak van sy liefde sigbaar te maak in Pretoria. In ’n terugblik op die verlede is die Here se leiding met die vestiging en uitbreiding van sy koninkryk in Pretoria duidelik sigbaar sedert die middel van die negentiende eeu toe Hy sy kerk as formele struktuur hier gevestig het. Die dorp Pretoria word in 1855 gestig. Reeds van April 1859 is die Gereformeerde gemeente in Pretoria deur ds Dirk Postma (sr) van Rustenburg af bedien waar die Gereformeerde Kerk op 10 Februarie 1859 tot stand gekom het. Die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Pretoria is in Desember 1897 in gebruik geneem en is steeds in gebruik.

KLOKTORING VAN GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-OOS IN TROYESTRAAT, SUNNYSIDE

Uitbreiding van die stad en ’n lidmaattal van 1 057 belydende en 960 dooplidmate het gelei tot die afstigting van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos in 1930. Uit hierdie gemeente ontstaan die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn in 1949 en Pretoria-Sunnyside in 1958. Hoewel hierdie drie gemeentes deur die jare elk sy eie karakter sou ontwikkel en verskeie ander gemeentes uit PretoriaBrooklyn sou afstig weens die uitbreiding

van die stad in ’n oostelike rigting, het die Here bepaal dat van die gemeentes weer saamgevoeg word met die eenwording van die drie op 20 November 2003 in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn.

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

5


2. DIE AANLOOP TOT EENWORDING IN 2003 2.1 Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 1949-2003 Omdat die stad so vinnig in ’n oostelike rigting gegroei het, word daar in Junie 1947 ’n versoek gerig dat moontlike afstigting van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos ondersoek moet word. In Mei 1948 word afstigting by die klassis aanbeveel en magtiging word bekom om grond aan te koop. Die bedrag van £2 500 word by afstigting aan die nuwe gemeente, PretoriaBrooklyn, vir hierdie doel beskikbaar gestel. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn stig op 23 Februarie 1949 onder leiding van dr PJS de Klerk af van Pretoria-Oos. Dienste word aanvanklik in die Chemiesaal van die Universiteit van Pretoria gehou en katkisasie in klaskamers van die Laerskool Pretoria-Oos (tans Roosmaryn-koshuis). Die erf vir die bou van die kerk is teen £1 500 bekom. Dr Gert van der Vyver, die eerste predikant van die gemeente, lê op 25 Augustus 1951 die hoeksteen van die kerkgebou. Prof JP Jooste lewer die feesrede. Op die hoeksteen word Efesiërs 2:20 aangehaal: “Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is.”

6

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

Die eerste predikantsvrou van die nuwe gemeente, Lydia van der Vyver, sluit op 9 Augustus 1952 formeel die voordeur van die kerkgebou oop. Die gemeente volg al singend. Prof WJ Snyman lewer die feesrede by die ingebruikneming. Die gemeente se volgende predikant, dr BR Krüger, neem op 21 November 1969 die hoeksteenlegging van die kerksaal waar. Die ingebruikneming van die saal vind plaas van 5 tot 7 Junie 1970 met die viering van die 21ste bestaansjaar van die gemeente. Op 1 April 1979 word die eerste weeklikse Nuusbrief by die erediens beskikbaar gestel. ’n Dagkalender met die jaarprogram vir die gemeente vir 1980 volg asook ’n jaarblad wat ’n lidmaatregister met adresse en telefoonnommers, die name van kommissielede en kommissie-opdragte bevat. Later vind moderne tegnologie inslag met televisie in die moederskamer, ’n internettuisblad, www.gkbrooklyn.org.za, van die gemeente.


Waar inligting oor die gemeente verstrek word, weeklikse Bybelstudieriglyne geplaas word en preke in klanklêers beskikbaar gestel word. Saamkuier Sondagoggende oor ’n koppie tee in die katkisasietyd begin in die tagtigerjare, aanvanklik met kookwater in termosflesse. Gemeente-etes waar daar aan ’n gemeenskaplike tafel geëet word, “osbraaie” en koffie en tee by die pastorie Sondagaande ná kerk dra by tot nadere kennismaking en meelewing tussen lidmate. Aandag word sedert die tagtigerjare aan evangelisering geskenk, veral met betrekking tot Eersterust waar met die hou van eredienste in ’n privaat woonhuis op Sondae begin is. Later word dit in ’n skoolsaal gehou en nog later – deur kombinasie met ander gemeentes – is oorgegaan om ’n eie predikant vir Eersterust te beroep. Onder leiding van dr Gert van der Vyver is die eerste Jongeliede Vereniging in Brooklyn in die vyftigerjare gestig. In die sestigerjare word die Junior en Senior JV baie gewild. Teen die einde van die sewentigerjare word uitgebreide bediening onder die studente noodsaaklik. In Oktober 1981 is die totale getal belydende lidmate 640, van wie nagenoeg 240 studente is. Die eerste twee studentekampe word in 1981 en 1982 gehou. Die bevestiging van dr Theuns Eloff, later rektor van die NoordwesUniversiteit, in 1983 is die begin van ’n tydperk van intensiewe bearbeiding van die studente in die gemeente. ’n Groep kontakpersone, wat as leiers vir Bybelstudie, organisasie en kontakwerk in die koshuise en onder die stadstudente kon optree, word gevorm.

Die naam van die senior JV word in April 1985 na Juventus verander en in Junie 1987 word ’n groep vir “ongetroude, werkende of nagraadse jongmense” gestig. Die “SS en WW’s” (Senior Studente en Werkende Wesens) voorsien in ’n belangrike kommunikasiebehoefte vir hierdie groep lidmate. Bybelstudie maak sedert die negentigerjare ’n belangrike deel van die bediening uit, gegrond op die standpunt dat evangelisering die opdrag aan elke gelowige is en dat individuele evangeliseringstoerusting baie belangrik is. Nog later in 2000 word die kleingroepbediening gevestig en uitgebou. Voortdurende uitbreiding na die oostekant van Pretoria het daartoe gelei dat drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn afgestig het: Silverton in 1958, Waterkloofrand in 1963 en Pretoria-Alkantrant in 1974. Die stigting van die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn is op verskeie geleenthede herdenk: in 1970 word die 21ste herdenking en die ingebruikneming van die kerksaal, wat later die BR Krügersaal sou word, gevier; in 1984 die 35ste met die verskyning van Gemeenteblad – 1984; in 1989 die 40ste; in 1999 die 50ste met Feesblad Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 1949-1999, ’n oorsig van die geskiedenis van die gemeente van 1949 tot 1999. Hierdie herdenkings het gepaardgegaan met eredienste, nagmaalvierings, musiekuitvoerings en gesellige verkeer.

Op 5 November 2000 word ds Johan van Heyningen die eerste predikant wat in hierdie eeu in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn bevestig word. l Vervolg op bladsy 8

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

7


NUWER KERKGEBOU 1953 GEREFORMEERDE KERK PRETORIABROOKLYN IN DUXBURYWEG, HILLCREST

Predikante tot 2009 Dr GCP van der Vyver 1949-1955 Dr BR Krüger 1956-1973 Dr CJ Malan 1974-1979

I Vervolg van bladsy 7

Die twee jaar voordat die kerkgebou in gebruik geneem is, is die dienste in die Chemiesaal van die Universiteit van Pretoria gehou. Van die huidige lidmate van PretoriaBrooklyn is onder andere Colin Cameron in 1937 in PretoriaOos gedoop, Edu Cunze in 1949 in die Chemiesaal en Pieter Heslinga in 1953 in die nuwe kerkgebou.

Dr M Venter 1979-1994 Dr T Eloff 1983-1989 Ds BR Kingma 1990-2000 Dr J le Roux 1995-2007 Ds CJ van Heyningen 2000-2009

8

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

Op 18 Maart 1963 open dr BR Krüger die vergadering waarop die afstigting van Waterkloofrand bekragtig is met die vermaning dat die groei in die gemeente nie aan die voortreflikheid van die mens toegeskryf mag word nie, maar dat God die eer en dank daarvoor moet kry. Hy haal Handelinge 12:24 aan: “Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.”


2.2 Die Gereformeerde Kerke Pretoria-Oos en Pretoria-Sunnyside tot 2003

Vanweë die snelle ontwikkeling van Pretoria sedert die vyftigerjare het die rustigheid van die omgewing in Sunnyside, Arcadia en Muckleneuk verander in ’n woelige omgewing. Woonstelle het opgeskiet sodat die getal lidmate by Pretoria-Oos en Pretoria-Sunnyside vinnig gegroei het en teen 1970 verdubbel het. ’n Groot deel van hierdie lidmate was enkellopend. ’n Hoë Wisseling in gehuurde woonsteleiendomme het meegebring dat tot ’n derde van die lidmate jaarliks verhuis het en deur nuwe intrekkers vervang is. Dit het hoë eise aan die bediening van die gemeentes gestel. In die 1990’s het Suid-Afrika ’n nuwe politieke bedeling binnegegaan. Dit het die demografie van die stad verander en ’n geweldige ommekeer in die kerkomgewing teweeg gebring. Die hoëdigtheidsbehuising van Sunnyside en Arcadia het hierdie demografiese verskuiwing eerste weerspieël. Met die draai van die eeu het dit duidelik geword dat die Gereformeerde Kerke Pretoria-Oos en PretoriaSunnyside nie meer selfstandig sou kon voortbestaan nie.

Die demografie van die stad het verander en ’n geweldige ommekeer in die kerkomgewing teweeg gebring.

Teen 1999 was die getal lidmate in Sunnyside aansienlik minder en teen 2003 het die getal tot slegs 120 lidmate gekrimp. Hiervan het die helfte buite die gemeentegrense gewoon, maar nog steeds met die gemeente meegeleef.

Die Gereformeerde Kerk PretoriaOos se lidmaatsamestelling was anders as dié van Sunnyside met ’n meerderheid van bejaardes in aftreetehuise en slegs ’n klein groepie jongmense vanuit die omligende woonstelle. Hoewel lidmate (oud en jonk) baie aktief was en daar ’n wonderlike wisselen samewerking tussen gemeentelede en ander inwoners in die omgewing geheers het, was dit ook teen 2000 duidelik dat die gemeente nie meer veel langer selfstandig die mas sou kon opkom nie. Gesprekke met buurgemeentes en met die betrokke klassis is deur die Gereformeerde Kerk PretoriaSunnyside geïnisieer I Vervolg op bladsy 10

Die reusetaak wat ds Pieter Kurpershoek met die ontbindingsproses op hom geneem het, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside was sy eerste gemeente. Hy het by wyse van spreke aan boord van ’n sinkende skip gegaan toe hy die beroep aanvaar het. Tog het hy sy werk nougeset en met volle oorgawe gedoen en dit uitmuntend uitgevoer. Soos ’n ervare onderhandelaar het hy die verpligtings en dokumentasie met pynlike presiesheid en konsensieuse bestuursvermoë afgehandel.

Die Gereformeerde Kerk PretoriaOos se lidmaatsamestelling was anders as dié van Sunnyside met ’n meerderheid van bejaardes in aftreetehuise en slegs ’n klein groepie jongmense vanuit die omligende woonstelle. Hoewel lidmate (oud en jonk) baie aktief was en daar ’n wonderlike wisselGEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN en samewerking tussen gemeentelede en ander inwoners in die omgewing geheers het, was

9


Deur die voorsienigheid van die Here het ds Kurpershoek, die destydse dienende predikant van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside, in daardie stadium ’n beroep na die Gereformeerde Kerk Postmasburg gekry en dit aanvaar byna gelyktydig met die ontbinding van die Gereformeerde Kerk PretoriaSunnyside in November 2003. Die Here het weer die gebede om leiding en uitkoms aangehoor. KERKGEBOU IN PRETORIA- SUNNYSIDE

I Vervolg van bladsy 9

en het daartoe gelei dat die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn aangebied het om die bedieningsgebied by sy eie gebied in te sluit. Dit het die proses van ontbinding vir almal vergemaklik en in 2003 kon die eenwording met Pretoria-Brooklyn afgehandel word. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het al die bates en verpligtings van die gemeentes van Pretoria-Sunnyside en Pretoria-Oos oorgeneem sonder enige finansiële las. Dit het die betrokke administratiewe prosesse relatief pynloos laat verloop. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos het as ’n homogene eenheid by PretoriaBrooklyn ingeskakel. Die eredienste is behou sonder veel logisiteke ontwrigting en ds Paul Geertsema, die destydse dienende leraar by Pretoria-Oos, is bevestig as een van die predikante van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn met spesifieke opdrag om om te sien na die bediening van bejaardes, wat dus die destydse gemeente van Pretoria-Oos ingesluit het. Dit het die oorgangsfase van die ou na die nuwe vir die meeste lidmate in Pretoria-Oos makliker gemaak om te aanvaar. Met die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside was dit anders gesteld. Die bedieningsituasie van die ‘nuwe’ Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn sou nie al die predikante wat in diens van die drie gemeentes was ná eenwording kon akkommodeer nie. Dit het beteken dat die Afrikaanse eredienste in die Reitzstraat-kerkgebou beëindig is. Die destydse Sunnyside-gemeentelede moes noodwendig die keuse maak by watter gemeente hulle voortaan sou inskakel. Vir sommige lidmate was dit moeilik om te aanvaar, maar ook hier het die leiding en seën van die Here dit moontlik gemaak dat die proses voorspoedig afgehandel kon word.

Dwarsdeur die proses van ontbinding kon die Here se leiding en seën baie duidelik aangevoel word. Hy was besig met die daadwerklike uitbreiding van sy koninkryk en die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside het ’n beduidende rol in die verloop van sy plan gespeel. Die Here het voorsien dat daar groter dinge in die vorm van ’n multikulturele bediening met sy kerk in die Sunnyside-omgewing gaan gebeur.

10

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


Predikante van Pretoria-Oos Ds FPJ Snyman 1930-September 1931 Dr PJS de Klerk September 1930-1949 Dr TT Spoelstra 1950-1958 Ds HA Louw 1951-1956 Ds JA van Rooy 1956-1963 Ds KS van Wyk de Vries 1958-1978 Ds JJ de Jager 1976-1984 Ds JC Lessing 1979-1985 Ds CJ Malan 1981-1998 Ds N Vorster 1984-1996 Ds HS Coetzee 1987-1990 Ds PG Geertsema 1996-tot met die eenwording met Pretoria-Brooklyn Predikante van Pretoria-Sunnyside Dr TT Spoelstra 1958-1965 Dr VE d’Assonville 1965-1970 Dr PJ de Bruyn 1970-1988 Dr A Lindhout 1976-1984 Ds SD Snyman 1989-1995 Dr HG Stoker 1995-1999 Ds PW Kurpershoek 1999-2003

PREDIKANTE EN HUL GESINNE BO: DS KINGMA EN GESIN MIDDEL: DS GEERTSEMA EN JOUKJE ONDER: DS VAN HEYNINGEN EN SY GESIN

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

11


3. 2003: ’N NUWE BEDELING BREEK AAN Met die beëindiging van Afrikaanse dienste deur die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside op 28 November 2003 het Pretoria-Sunnyside en Pretoria-Oos deel geword van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Nou het daar nuwe en andersoortige geleenthede gekom vir die uitbreiding van die koninkryk van die Here in Pretoria. Die eerste gesamentlike erediens was op 30 November 2003 in die skoolsaal van die St Mary's Diocesan School for Girls, wat net langs die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn geleë is. By hierdie geleentheid word ds Paul Geertsema as medeleraar bevestig om saam met dr Johann le Roux en ds Johan van Heyningen te werk. ’n Aantal kerkraadslede, voorheen van die gemeentes van Pretoria-Oos en PretoriaSunnyside, word ook bevestig.

Drie bedieningspunte, elk met sy eiekarakter en behoeftes

12

Hiermee het die demografie van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn ook verander. Daar is drie bedieningspunte, elk met sy eie karakter en behoeftes: Troyestraat Christelike Sentrum (voorheen Pretoria-Oos), wat meestal uit bejaardes bestaan, New Life City Church in Reitzstraat (voorheen PretoriaSunnyside) met ’n multikulturele bediening en nuwe kerkplanting en Duxburyweg (voorheen die enigste bedieningspunt van PretoriaBrooklyn), wat soos voorheen uit die gesins- en studentebediening bestaan. Dit het dus heelwat herbesinning en beplanning gekos om die gawes wat die Here uitgedeel het sinvol aan te wend. Die gevestigde lidmate van die Gereformeerde

GEREFORMEERDEKerk KERKPretoria-Brooklyn PRETORIA-BROOKLYN het hard gewerk om die

nuwelinge te laat welkom voel en spesiale moeite is gedoen met gemeentefunksies om

heelwat herbesinning en beplanning gekos om die gawes wat die Here uitgedeel het sinvol aan te wend. Die gevestigde lidmate van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het hard gewerk om die nuwelinge te laat welkom voel en spesiale moeite is gedoen met gemeentefunksies om lidmate van die Troyestraat-bedieningspunt na Duxburyweg aan te ry sodat hulle ook deel kan hê aan die jonger lidmate se doen en late. Die lidmate van Troyestraat het sedert eenwording hulleself bewys as ’n groep wat baie aktief aan funksies deelneem en hul pligte nakom. Hulle was van meet af aan by elke aspek van die nuwe saamgestelde gemeente betrokke. Die oggenderedienste by Duxburyweg sowel as by Troyestraat word in Afrikaans op ’n tradisioneel Gereformeerde manier aangebied, die oggend- en aanderedienste van die nuwe kerkplanting in Reitzstraat, New Life City Church, is in Engels en meer tegemoetkomend teenoor die kulturele gebruike van anderstaliges. Die aanderedienste by Duxburyweg word in Afrikaans aangebied in ’n eietydse styl wat tot die studente spreek. Die diverse eredienste is inspirerende geleenthede waar almal saam die lewende God en mekaar in aanbidding ontmoet en deur sy Woord en Gees aangeraak weggaan.


GEREFORMEERDE KERK

PRETORIA-BROOKLYN 18

DUXBURYWEG Belydende lidmate Studente Katkisasiekinders Dooplidmate Lidmate op besoek

Diensgroepe

562 199 50 116 56

9 Jaarlikse gemeentefunksies

68 40

Uitreike binne Pretoria

3 Uitreike buite Pretoria

Troyestraat Christelike Sentrum

New Life City Church Belydende lidmate Katkisasiekinders

6

Studente Dooplidmate

54 43

Belydende lidmate Dooplidmate

Troyestraat Christelike Sentrum en bejaarde lidmate: Ds Fanus Heystek Lidmate ouer as 30 jaar: Dr Fanie van der Schyff Lidmate jonger as 30 jaar: Ds Griffel van Wyk

Die diverse eredienste is inspirerende geleenthede waar almal saam die lewende God en mekaar in aanbidding ontmoet en deur sy Woord en Gees aangeraak weggaan.

Predikante in bediening

PREDIKANTE

83 2

Dr J le Roux 1995-2007

Ds CJ van Heyningen

2000-2009

Ds PG Geertsema

2003-2009

Ds G van Wyk 2007-2014

Dr B de Vries 2009-2013

Dr SP van der Schyff

2009-tans

Ds AS Heystek

2009-tans

Prof D Mashau:

2011-2014

Ds C de Beer 2014-tans

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

13


4.NUWE GELEENTHEDE VIR UITBREIDING VAN DIE KONINKRYK 4.1 Inleidend: ’n missionale bedieningsbenadering Die nuwe werklikhede in die gemeente en die eise van die breër omgewing en samelewing het ’n missionale bedieningsbenadering teweeg gebring. Missionaal beskryf alle aktiwiteite wat deur Christene aangegaan word om deel te neem aan God se werk in hul omgewing.

Paulus gebruik die woord medewerker op ’n hele paar plekke in sy briewe aan die gemeentes. So lees ons in 1 Korintiërs 3:9:

Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. (Lees ook Romeine 16:3; Romeine 16:9; Romeine 16:12-15; Romeine 16:21; 2 Korintiërs 1:24; Filippense 2:25; Filippense 4:3.)

14

Die kerk se taak is om God in geloof dieper in ons wêreld te volg om die goeie nuus van die evangelie in ons gemeenskappe uit te leef. Christus het vir Hom ’n liggaam – die kerk saamgeroep om saam te werk aan die verheerliking van God. Dit behels aktiewe deelname binne die samelewing aan gewone daaglikse aktiwiteite, om doelbewus te luister, te help en te dien met die evangelie. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn se roeping is Saam op pad met God en die gemeente gebruik hierdie riglyn om steeds die onmeetbare liefde van God verder en wyer te laat strek. Hierdie benadering het noodwendig aanpassings in die verskillende bedieningspraktyke meegebring.

Die behoefte aan onderlinge verhoudingsbou, gesamentlike aanbidding, saam luister na God se Woord en die uitreik na buite het daartoe aanleiding gegee dat kleingroepe deel van Brooklyn se bedieningstrategie geword het. In 2013 is daar 22 kleingroepe in die gemeente. Die getuienis in die Nuwe Testament van manlike en vroulike medewerkers wat ouderlinge en apostels in hul dienswerk in die vroeë Christelike kerk bystaan, het aanleiding gegee tot die vestiging van medewerkers in die gemeente. Die medewerkers van die Nuwe Testament was Christene wat kragtens die amp van gelowige hul gawes gebruik het om saam met en onder toesig van die apostels dienswerk in die gemeentes te verrig tot opbou daarvan. Medewerkers in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is belydende manne of vroue wat die gawe, gewilligheid en tyd het om ouderlinge by te staan in hul dienswerk van huisbesoek en die vestiging van kleingroepe onder medegelowiges in die gemeente. Medewerkers werk saam met en onder toesig van die ouderlinge met die spesifieke gerigtheid op onderlinge geestelike versorging van lidmate in die gemeente, maar neem nie die taak en rol van ouderlinge of diakens oor nie en word nie formeel in ’n spesifieke amp bevestig soos ouderlinge of diakens nie. Hulle woon nie kerkraadsvergaderings by nie en het ook nie deel in die regeer-amp van ouderlinge nie. Hulle gee terugvoering aan GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN die ouderling van die wyk waarin daar diens verrig word en sal na gelang van sy of haar kapasiteit lidmate besoek. Dit beteken in die praktyk dat daar sommige medewerkers mag wees met so min as een besoekpunt, terwyl ander dalk baie meer mag hê.


Die medewerkers van die Nuwe Testament was Christene wat kragtens die amp van gelowige hul gawes gebruik het om saam met en onder toesig van die apostels dienswerk in die gemeentes te verrig tot opbou daarvan. Medewerkers in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is belydende manne of vroue wat die gawe, gewilligheid en tyd het om ouderlinge by te staan in hul dienswerk van huisbesoek en die vestiging van kleingroepe onder medegelowiges in die gemeente. Medewerkers werk saam met en onder toesig van die ouderlinge met die spesifieke gerigtheid op onderlinge geestelike versorging van lidmate in die gemeente, maar neem nie die taak en rol van ouderlinge of diakens oor nie en word nie formeel in ’n spesifieke amp bevestig soos ouderlinge of diakens nie. Hulle woon nie kerkraadsvergaderings by nie en het ook nie deel in die regeer-amp van ouderlinge nie. Hulle gee terugvoering aan die ouderling van die wyk waarin daar diens verrig word en sal na gelang van sy of haar kapasiteit lidmate besoek. Dit beteken in die praktyk dat daar sommige medewerkers mag wees met so min as een besoekpunt, terwyl ander dalk baie

meer mag hê. Lidmate bied ook ander gawes aan om as ’n medewerker diensbaar te wees. Die behoefte vir deelname aan God se werk in die omgewing om werklik saam met God op pad te wees, het neerslag gevind in die multikulturele bediening in Reitzstraat, die interkerklike samewerking in Troyestraat en die aktivering van die studente om met ware vrymoedige vertroue in God se genade aktiewe diens in die gemeenskap te lewer. Die jeugbediening het uitgebrei van die oordra van kennis tot begeleiding vir meewerking aan Christus se verheerliking in die wêreld. Die musiekgawes in die gemeente word aangewend om lofprysing en aanbidding kragtig te laat gebeur. Deurlopende geloofsgroei word gestimuleer deur die Dissipelskapkafee, midweekboodskappe en ander bedienings en uitreike binne en buite Pretoria. Die resultaat is lidmate wat passievol gawes aanbied wat liefde laat groei na binne en buite die gemeente tot eer van die Vader, die Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.

4.2 Multikulturele bediening: ’n nuwe demografie vra vir ’n nuwe bediening

Die taalgebruik moes egter aanpas by die multikulturele aard van die Sunnyside-omgewing.

Stedelike sending as teologiese fokus vir ons tyd

As nuwe eienaar van die Sunnyside-geboue, wat die kerk, die pastorie en die kosterswoning insluit, moes die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn besluit oor die verdere gebruik of moontlike verkoop daarvan. Die kerkraad was eensgesind dat die Gereformeerde verkondiging van die evangelie vanuit hierdie strategiese ligging in die digbewoonde Sunnyside moet voortgaan. Die taalgebruik moes egter aanpas by die multikulturele aard van die Sunnyside-omgewing. Dit sluit die bediening aan mense van verskillende Suid-Afrikaanse, Afrika- en ander buitelandse taalgroepe in. Daar is wyslik besluit dat die demografiese samestelling van die omgewing tot voordeel van die uitbreiding van God se koninkryk hier op aarde gebruik sal word. Die voormalige Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside het van vroeg af in sy bestaan ruimskoots tot die sendingaksie by De Hoop in Venda bygedra. Aanvanklik was dit saam met die Gereformeerde Kerk Silverton, maar later

l Vervolg op bladsy 16

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

15


l Vervolg van bladsy 15

is dit ook deur die gemeentes van Meyerspark, Waterkloofrand, Rietvallei en Brooklyn ondersteun. Dit het die pad oopgemaak vir die gebruik van die kerkgebou van 2004 tot 2010 deur ’n Gereformeerde Vendasprekende gemeente, die Reformed Church Tshiavelo, onder leiding van prof Christopher Rabalie. Hulle het ook later die kosterswoning as pastorie gehuur. Die kerkgebou is ook vir etlike jare deur die Engelssprekende Andrew Murray NG gemeente gebruik, waar verskillende anderstaliges ’n tuiste gevind het, onder andere Chinese en selfs Russe. Hoewel die Vendasprekende gemeente aangedui het dat hulle later graag die kerk sou wou koop, het die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn met die ooreenkoms die voorbehoud gestel dat die kerkgebou nie te koop is nie en bestem is vir multikulturele Gereformeerde bediening. Vanaf die staking van Afrikaanse dienste was die bedoeling dat so gou prakties moontlik ’n multikulturele Engelstalige gemeente daar geplant moet word.

Die belangrikheid van stedelike sending as teologiese fokus vir ons tyd is op ’n sendingkonferensie in 2005 by die Gereformeerde Kerk Rietvallei deur prof Rodger Greenway van die USA Presbyterian Church bepleit. Die vinnige verstedeliking in Suid-Afrika en Afrika dui op die groot behoefte vir sendingwerk en kerkplanting in stede en die verwante informele nedersettings. Dit is waar die meeste mense gaan leef en werk en waar die Gereformeerde geloof wyd gevestig moet word Die dryfkrag agter die konferensie was ds Naas Ferreira van die Gereformeerde Kerk Rietvallei, wat in daardie stadium besig was met doktorale studie in stedelike sending by die Westminster Theological Seminary, Philadelphia in Amerika. Op dieselfde konferensie was dr Brian de Vries van Amerika, wat sy doktorale studie oor kerkplanting reeds voltooi het en wat later ’n daadwerklike rol sou speel in die vestiging van ’n multikulturele gemeente in Sunnyside.

Die stigting van die Centre for Reformational Urban Ministry in Africa (CRUMA) in 2007 as dryfveer vir kerkplanting in Sunnyside

Die aktiwiteite van CRUMA behels die volgende:  Die stimulasie van navorsing oor alle aspekte van Gereformeerde bediening, sending en missiologiese sake in die konteks van stedelike Afrika.  Opleiding van predikante, ouderlinge, diakens, sendelinge en alle gelowiges in die nakoming van hul roeping om die evangelie doeltreffender in stedelike gebiede te verkondig. Dit behels alle aspekte van stedelike bediening soos kerkvernuwing, kerkplanting en administrasie.  Die skepping van vennootskappe plaaslik en wêreldwyd waardeur die nodige kennisbasis gedeel en uitgebou kan word deur konferensies, seminare, werkswinkels, publikasies en die elektroniese media.

16

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

Ná die Rietvalleikonferensie het die gemeentes van Brooklyn en Rietvallei besluit om die visie vir ’n stedelike sendingaksie gesamentlik te beplan met as doel die uiteindelike stigting van CRUMA (Centre for Reformational Urban Ministry in Africa) waardeur kerkplanting in Sunnyside gedryf kon word.


Centre for Reformational Urban Ministry in Africa

CRUMA CRUMA het tot stand gekom met die samewerking van kundiges van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) waaronder verskeie predikante soos dr Douw Breed, dr Henk Stoker, dr Naas Ferreira en dr Fritz Kruger, die Gereformeerde Kerke Pretoria-Brooklyn en Rietvallei, die Mukhanyo Teologiese Kollege (prof Flip Buys), die Departement Missiologie van die Teologiese Skool Potchefstroom en die Fakulteit Teologie aan die NoordwesUniversiteit (prof Ben de Klerk, prof Derrick Mashau en prof Fika van Rensburg). Die Gereformeerde Kerk Koster, ’n gemeente wat fondse beskikbaar stel vir verdienstelike koninkrykswerk, is genader vir finansiële ondersteuning van CRUMA. Hulle het in 2007 betrokke geraak en met ruim finansiële ondersteuning van hul kant was die werk van CRUMA van die begin van 2008 vir minstens twee jaar verseker. Die Gereformeerde Kerk Rietvallei het twee jaar studieverlof aan ds Naas Ferreira toegestaan vir die voltooiing van sy doktorale studie en die besteding van 50% van sy tyd aan die vestiging van CRUMA.

Met die registrasie van CRUMA as ’n artikel 21-maatskappy in 2007 is die visie van CRUMA soos volg geformuleer: To seek Christ’s Kingdom by equipping Christians and empowering the global church to glorify God in African cities  by planting and strengthening Christian urban churches,  by proclaiming the Gospel of Jesus Christ in a Reformed and contemporary manner,  by promoting Christian urban ministries of mercy, and  by promoting means for these purposes, such as Christian urban discipleship and education, Christian urban research and publications and Christian partnerships and co-operation.

Dié gemeente het ook van 2008 vir dr Brian de Vries afgestaan vir die kerkplanting in Sunnyside. Dr Flip Buys, stigter en hoof van Mukhanyo Teologiese Kollege, het sedert 2007 opgetree as raadgewer oor die taak van CRUMA en die bevordering van kerkplanting in die stad. Anita Cilliers van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het aangebied om alle administratiewe sake van CRUMA te versorg, terwyl lidmate van die gemeente van Rietvallei steeds van tyd tot tyd behulpsaam is met

finansiële en regsaangeleenthede rakende CRUMA. Die eerste direksie van CRUMA het bestaan uit dr Bingle Kruger van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn (voorsitter), ds Naas Ferreira (direkteur ontwikkeling) en dr Brian de Vries (kerkplanting), met as raadgewers prof Flip Buys (Mukhanyo Teologiese Kollege) en ouderlinge Gerhard Oosthuizen en GertLambert Erasmus ook van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

17


Kerkplanting in

Sunnyside

GEMEENTELEDE TYDENS DIE BEVESTIGING VAN PROF DERRICK MASHAU

Dr Brian de Vries

DR BRIAN DE VRIES

Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het in 2008 in oorleg met die Gereformeerde Kerk Rietvallei die hulp van dr Brian de Vries van die Heritage Reformed Church van Grand Rapids verkry. Hy was reeds sedert 2005 betrokke by die Mukhanyo Teologiese Kollege en by die Engelse bediening van die Gereformeerde Kerk Rietvallei en is ’n kenner op die gebied van kerkplanting. Ná onderhandeling en die steun van die Gereformeerde Kerk Rietvallei en van dr De Vries se kerkverband in Amerika, het die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn hom formeel beroep en as predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika hier ontvang met opdrag om namens die gemeente van Brooklyn ’n multikulturele gemeente in die Sunnyside-kerkgebou te plant. Hy en twee studente, ouderlinge Benjamin Zulu en Malwande Mdonga van Mukhanyo, wat hom drie jaar lank met die werk bygestaan het, is gehuisves in die voormalige Sunnyside-pastorie waar CRUMA sedert 2007 ook gehuisves is. Met skenkings van Brooklyn-lidmate kon eredienste in 2008 begin. Die Engelse multikulturele dienste en die Venda-dienste is op alternatiewe tye op Sondae aangebied en mettertyd is gepoog om die Venda-gemeente, die Reformed Church Tshiavelo, ook deel van die multikulturele dienste en CRUMA se visie en missie te maak. Dit was egter nie suksesvol nie en die Venda-gemeente het in 2010 na ’n geriefliker omgewing verskuif. Hoewel dr Brian de Vries reeds in Januarie 2008 by die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn begin het, is hy weens die lang onderhandeling met die Heritage Reformed Church in Amerika eers op 25 Januarie 2009 as leraar van Pretoria-Brooklyn bevestig. Sy opdrag word van Januarie 2011 aangepas van Sunnyside-kerkplanting na hoof van Mukhanyo Teologiese Kollege ná die aftrede van dr Flip Buys. Hy bly op hierdie wyse verbonde aan die Gereformeerde Gemeente Pretoria-Brooklyn totdat hy op 16 Junie 2013 bevestig is as predikant van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Annlin met die opdrag om ’n Engelstalige gemeente te vestig.

PROF DERRICK MASHAU

18

Prof Derrick Mashau In Januarie 2011 besluit die Teologiese Skool Potchefstroom en die Departement Missiologie aan die Noordwes-Universiteit om ’n personeellid, prof Derrick Mashau, op hul koste beskikbaar te stel om saam met CRUMA navorsing te doen oor kerkplanting in die nuwe stedelike konteks. Die Sunnyside-kerkplanting sou betrek word by hierdie navorsing. Onder die leiding van prof Mashau en met die goedkeuring van die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn sou GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN die Reitzstraat-bediening voortaan bekend staan as New Life City Church. Dit sou steeds deel wees van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn en van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.


PROF MASHAU MET DS GRIFFEL VAN WYK (LINKS) EN DR FANIE VAN DER SCHYFF (REGS)

Prof Derrick Mashau In Januarie 2011 besluit die Teologiese Skool Potchefstroom en die Departement Missiologie aan die Noordwes-Universiteit om ’n personeellid, prof Derrick Mashau, op hul koste beskikbaar te stel om saam met CRUMA navorsing te doen oor kerkplanting in die nuwe stedelike konteks. Die Sunnyside-kerkplanting sou betrek word by hierdie navorsing. Onder die leiding van prof Mashau en met die goedkeuring van die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn sou die Reitzstraat-bediening voortaan bekend staan as New Life City Church. Dit sou steeds deel wees van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn en van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Prof Derrick Mashau se koms na Pretoria val saam met dr Flip Buys se aftrede by die Mukhanyo Teologiese Kollege aan die einde van 2010 en dr Brian de Vries se aanstelling in die plek van dr Buys van Januarie 2011. Dit bied aan die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn die geleentheid om prof Mashau te beroep om bo en behalwe sy navorsingsopdrag ook die kerkplanting in Sunnyside van die begin van 2011 voort te sit vanuit die ou pastoriegebou waar die Mashaugesin ook sedertdien inwoon.

FOTOBEELD

BEVESTIGING VAN PROF MASHAU

DR BINGLE KRUGER

Aanvanklik behou prof Mashau van sy klasse by die Teologiese Skool Potchefstroom, maar hy beëindig dit in Januarie 2012 waarna hy voltyds by CRUMA en die kerkplanting betrokke raak. Hy aanvaar ook 'n missiologiepos by UNISA waardeur hy finansieel selfonderhoudend is. Die gemeente het só gegroei (tot ongeveer 165 teen die middel van 2013) dat dit voorberei om in 2014 te versoek om as ’n multikulturele Engelstalige Gereformeerde gemeente ’n selfstandige lid van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika te word. [Die klassis het daartoe ingestem en New Life City Church het op 9 Augustus 2014 formeel ’n onafhanklike kerk van die GKSA geword.]

IGNESIA MASHAU

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

19


4.3 Bejaardebediening in Troyestraat: ’n nuwe omgewing vra vir interkerklike samewerking Sedert die eenwording met die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het die swaartepunt van die versorging van bejaarde lidmate na die Troyestraat-bediening verskuif. Hierdie bedieningspunt staan algemeen bekend as die Troyestraat Christelike Sentrum, ’n bedieningspunt van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, omdat dit nie net eredienste in die kerkgebou insluit nie, maar ook die bediening van die inwoners van die verskillende behuisingseenhede wat deel vorm van die Residentia Stigting in Troyestraat. Die Troyestraat-kerkgebou is geleë op ’n terrein langs die Sunnyside-skema van die Residentia Stigting, voorheen die Gereformeerde Stigting van Suid-Afrika. Die Residentia Stigting is 'n Christelike diensorganisasie vir die verskaffing van die volhoubare versorging van bejaardes, die gestremdes en die jeug. Die Residentia Stigting se Sunnyside-oord fokus op die versorging van bejaardes en bestaan uit die Residentia-aftreeoord en die Karmelversorgingseenheid. Die Troyestraat-bediening sluit egter ook talle ander aftreeoorde in die omgewing in soos Fleurenville,

Harmoniehof, Kronendal, Rosendal en Prestige Park Soos die kerkraad van die ou Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos dien die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn tans in die raad van die Sunnyside-skema. Die huidige voorsitter, ds Fanus Heystek, is ook ’n direkteur van die Residentia Stigting. Gereformeerde eredienste in die Troyestraat-kerkgebou op die terrein het daartoe gelei dat talle inwoners uit ander kerkverbande as ‘gaste’ by die dienste ingeval het. Sondae en op kerklike feesdae word eredienste in samewerking met die Hervormde Kerk in die kerkgebou gehou. Daarna verkeer lidmate gesellig saam oor ’n koppie tee en word geleentheid vir ‘spreekkamer’-behoeftes geskep. Hierdie informele spreekkamergeleentheid, wat ook elke Woensdag beskikbaar is, word baie goed benut.

Die Troyestraat-bediening dien as ’n voorbeeld van die Here se bystand en onderskraging van die liefdevolle samewerking van kerke en Christene van verskillende kerkverbande tot die bevordering van sy koninkryk.

Benewens die dienste wat deur die Gereformeerde kerkverband aangebied word, bied die bestuur van die Residentia Stigting elke Woensdag en sekere Sondagaande ’n interkerklike diens aan vir al die inwoners. Leraars van die Afrikaanse kerke word uitgenooi om 'n boodskap te bring.

Die samewerking tussen die Residentia Stigting, die verskillende tehuise en kerkverbande geskied op 'n gesonde basis met wedersydse respek. Die Residentia Stigting huisves tans ietwat minder as 400 inwoners van verskillende kerkverbande.

20

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


In 2013 is daar nagenoeg 83 lidmate wat vanuit Troyestraat bedien word. Talle van hulle is bedlêend of so siek dat hulle net in hul kamers geestelik versorg kan word. Tog word spesiale moeite gedoen om hulle met die Woord en die sakrament van die nagmaal te bedien. Weekliks word ’n kort oordenking oor luidsprekers in die gange uitgesaai en daar word gepoog om lidmate op ’n baie gereelde grondslag met Bybelstudie geestelik te versterk. Die Bybelstudie funksioneer in praktyk soos ’n kleingroepbediening. Ds Paul Geertsema, met die steun van sy vrou, Joukje, het die Troyestraatbediening stewig gevestig en ná eenwording voortgebou op hul werk as predikantspaar van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos. Hulle het gedien tot 2009 toe ds Geertsema ’n beroep na Worcester aanvaar het. Daarna het ds Nico Vorster vir ’n paar maande die werk voortgesit en tans sien ds Fanus Heystek en sy vrou, Susan, om na die wel en wee van die Gereformeerde lidmate. Hy bedien Sondae die Woord en hou ook die weeklikse Bybelstudie. Aktiwiteite Wat die ‘werk’ in die gemeente betref, was die lidmate van die Troyestraat-bediening nog altyd ’n baie aktiewe groep.

As ’n mens by Troyestraat lidmaat word en dink jy gaan nou lekker rus sodat die jongetjies die werk kan doen, kom jy met ’n skok agter dat jy, as 75- of 80-jarige, nou self die ‘jongetjie’ is. En daar kry jy sowaar ’n tweede asem en word die saamwerk en die saamkuier heerlik (Joukje Geertsema).

Ná samesmelting met die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn het daar behalwe die bestaande sosiale en ander funksies waarby hierdie groep lidmate betrokke was, ook nuwe uitdagings en moontlikhede ontstaan. Troyestraat het nou ook by die verskillende werksaamhede van Duxburyweg se kommissies, diensgroepe en uitreike betrokke geraak. Die bou van ’n sterk band tussen die Troyestraat- en Duxburyweg-bedieningspunte was belangrik en het baie aandag gekry. Die handgebreide beertjies, gerestoureerde speelgoed en ander handgemaakte items wat deur die Troyestraat-lidmate vervaardig word, het deur die uitreike van die jonger lidmate hul weg gevind na die President Kruger-kinderhuis op Reddersburg, die Koningskinders, KwaMhlanga, Shongwe in Swaziland en Phuthaditjhaba by Harrismith. Dit maak die Troyestraat-lidmate op ’n direkte of indirekte manier by hierdie aksies betrokke. By Duxburyweg se doopplegtighede word ’n handgebreide beertjie saam met ’n Bybeltjie aan dopelinge oorhandig. Omdat die meeste Troyestraat-lidmate enkellopendes is, word gepoog om soveel moontlik geleenthede daar te stel sodat hulle uit hul kamers of woonstelle kan kom om gesellig saam met ander te verkeer. Fondsinsamelings word met vreugde en blymoedigheid aangepak en met harde werk en baie pret uitgevoer. Dit bevorder boonop die onderlinge gemeenskap tussen lidmate.

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

21


TROYESTRAAT CHRISTELIKE SENTRUM Ek staan in verwondering en dankbaarheid dat die Here ons so geseën het, en ek bring hulde aan al die lidmate, vriende en familie wat jare lank só hard gewerk het en veral waar die meeste 75 jaar en ouer was en selfs oor die 90 jaar! Ek het die voorreg gehad om met wonderlike en onbaatsugtige leermeesters saam te werk (Joukje Geertsema).

Ek wil U lof verkondig, my God en Koning. Ek wil U Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof, ek wil U Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik Psalm 145:1-3.

DS FANUS HEYSTEK EN SY VROU, SUSAN, SIEN OM NA DIE WEL EN WEE VAN DIE GEREFORMEERDE LIDMATE.

Ek kon leer dat die Here engele op jou pad plaas om jou te onderskraag as jy dit die nodigste het (Joukje Geertsema).

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ’ n Pragtige deel is vir my afgemeet, Ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi Psalm 16:5-6.

4.4 Studentebediening: vrymoedige vertroue in God se genade lei tot aktiewe diens in die gemeenskap

Studentebediening in die gemeente is ’n besondere fokus wat deur die loop van jare baie kosbare tradisies opgebou en behou het, maar ook aangepas het soos omstandighede en die konteks van die bediening dit vereis het. Studentebediening was en is steeds vir die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn ’n besondere prioriteit, juis omdat dit, menslik gesien, die leiers van môre voorberei. Ds Johan van Heyningen het die studente bedien tot met sy vertek na Stellenbosch in 2007 waarna ds Griffel van Wyk in Desember 2007 bevestig is met studentebediening as spesifieke fokus.

22

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


Kampe

Verskeie kampe maak deel uit van die studentebediening. Leierskapontwikkeling en karaktervorming van die studente kry veral aandag op die Visiekamp aan die begin van elke jaar. Jaarliks word ’n eerstejaarskamp en Mootskoolverlaterskamp gehou. Die Mootkamp word vir die graad 10- tot 12-leerlinge aangebied en studente word as reëlingskomitee en groepleiers gebruik. Dit het ’n groot geleentheid geword waar die studente ook kan bedien en nie net bedien word nie. Winterkamp word gedurende die eerste naweek ná die Junie-vakansie gehou.

Die studentebediening van die gemeente staan sedert 1985 bekend as Juventus en steeds groei Juventuslede geestelik saam, kuier lekker, reël kampe, uitreike en word gelei om aktief die pad saam met God te loop.

Op hierdie kamp bou die studente weer onderlinge bande en kry geestelike pitkos voordat die kwartaal begin. Die Juventuskamp, nader aan die einde van die jaar, is meer gerig op ontspanning en net saam kuier. Die sogenaamde PG (persoonlike gesprek) waar ’n leier met ’n kampganger ’n intensiewe persoonlike gesprek het en BB (Bidbuddies) waar studente twee-twee, veral op kampe, telkens ’n ander persoon leer ken en saam bid, het ook ’n belangrike komponent van studentebediening geword.

Bedieningsaspekte Die karakter van die studentelewe verander voortdurend en toenemend en vereis aanpassings aan sekere aspekte van die studentebediening. Al hoe minder studente in die gemeente woon deesdae in die universiteitskoshuise. ’n Voorbeeld hiervan is dat daar op die eerstejaarskamp van 2011 net sowat vyf manstudente van die 40 in die groep was wat koshuis toe sou gaan. Waar almal saam in ’n koshuis min of meer een sosiale kalender gedeel het en maklik groepeerbaar en bereikbaar was, woon studente vandag regoor Pretoria met elkeen ’n eie vriendekring, subkulturele deelname, sosiale agenda en dagboek wat spesifieke logistieke uitdagings skep. Die voordeel hiervan is dat die goeie nuus wat aktiewe lidmate uitleef baie verder as die koshuise ervaar word. l Vervolg op bladsy 24

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

23


l Vervolg van bladsy 23

Die kleingroepe word nie gesteur deur die geraas van ’n koshuissitkamer nie omdat hulle eerder in woonstelle of kommunes bymekaarkom. Dit is in so ’n opset ook makliker om niegelowiges of soekende vriende na ’n kleingroep te nooi omdat die interne mededinging tussen koshuise en groepvorming nie so ’n groot probleem is nie. Alle studente van 18 jaar oud, nie net Christene nie, het reeds baie blootstelling, vooropgestelde idees en oortuigings en is nie meer die ‘skoon bladsye’ waarop net geskryf kan word nie. Al het die meeste studente wat hier as Gereformeerdes land reeds belydenis van hul geloof afgelê, het baie van hulle nog ’n groot gebrek aan vrymoedigheid in hul vertroue in God se genade in Christus en die lewende geloofslewe wat daaruit voortvloei. Allerlei vrae en onsekerhede dra by tot hierdie twyfel. Sake soos evolusionisme, ateïsme en ander filosofiese lewensbeskouings van niegelowige kennisse en vriende in hul sekulêre omgewing en leefstyl dra by tot ’n gebrek aan vrymoedigheid. Weer eens het dit ’n positiewe en negatiewe dinamika. Dit bring huiwering en groot uitdagings vir elkeen wat as Christen-student wil leef, maar positief gesien, bied dit juis geleentheid om begeleiding te bied deur ’n effektiewe apologetiekbediening wat die afgelope jare gevestig is. Openbare debatte tussen Christene en ateïste en Skrifkritici is gereël. Toerusting word ook gegee aan lidmate deur hierdie bediening van hoe om te getuig in so ’n pluralistiese konteks. Die volgende aspek van die studentelewe wat die bediening raak, hou verband met die informele en oop karakter van studentelewe wat aanpassings geverg het met die aard van die aanderedienste. Die musiekbediening van die aanderedienste word so ingeklee dat

dit vir die hoofsaaklik studentegehoor bydraend sal wees tot hul geloofsbelewenis en uitlewing. Hierdie verandering het met groot vrug plaasgevind oor die afgelope paar jaar en ongetwyfeld baie bygedra tot die informeler karakter van die aanderedienste. Dit was nie verandering ter wille van verandering nie. Die dinamiese dienste is ’n geleentheid waarheen baie studente hul vriende nooi én waar die evangelie en Gereformeerde leer onbeskaamd verkondig word in die konteks van die studente se leefwêreld.

Missionaliteit as bedieningsbenadering behels aktiewe deelname aan die gewone daaglikse aktiwiteite van betrokkenes, maar ook om doelbewus te luister, te help en te dien met die evangelie. Dit beteken byvoorbeeld dat opknappingswerk gedoen word waar gekamp word, dat ’n dit vir die hoofsaaklik studentegehoor gemeenskapshuis wat opheffingswerk bydraend sal wees tot hul doen, geverf word om liefde tasbaar te geloofsbelewenis en uitlewing. Hierdie wys, dat lentedag saam gevier word verandering het met groot vrug sodat nuwe mense ontmoet kan word help mense plaasgevind oor die afgelope paar jaar en luister eerder as om net te waarsku teen die dienend ontmoet ongetwyfeld baie bygedra tot die doelbewu bandeloosheid daarvan en dat daar s informeler karakter van die doelbewus in kuierplekke gekuier en aanderedienste. Dit was nie verandering skouers geskuur word met mense wat ter wille van verandering nie. Die 24 GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN God se genade in Jesus Christus nie dinamiese dienste is ’n geleentheid waarheen baie studente hul vriende nooi ken nie. én waar die evangelie en Gereformeerde

gedoen word waar gekamp word, dat ’n gemeenskapshuis wat opheffingswerk doen, geverf word om liefde tasbaar te wys, dat lentedag saam gevier word sodat nuwe mense ontmoet kan word eerder as om net te waarsku teen die bandeloosheid daarvan en dat daar doelbewus in kuierplekke gekuier en skouers geskuur word met mense wat God se genade in Jesus Christus nie ken nie. Dit is juis hierdie studente wat môre en oormôre uit die Brooklyngemeente vertrek om as Christusvolgers tot eer van God te lewe. Die studentebediening wil in die toekoms steeds die kosbare karakter wat opgebou is behou, maar ook voortdurend aanpas soos omstandighede en die konteks van die bediening dit vereis sodat alles steeds uit Hom, deur Hom en tot Hom sal gebeur.

aktiewe

deelname


4.5 Jeugbediening: begeleiding om daadwerklik saam op pad met God te wees

Die KSDOU-

Praktiese dienswerk BUITE die gemeente

RAAMWERK

Bybel-feite en Lesinhoud

UITREIK

LUISTER na mekaar HELP mekaar

OMGEE

Praktiese dienswerk BINNE die gemeente

Gedagtig aan die roeping van die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn, naamlik Saam op pad met God, is die jeugbediening aangepas om die jeug te begelei om daadwerlik saam met God op pad te wees. Jeugbedieners gebruik met ’n oop gemoed, biddend en met die Skrif as riglyn, al die hulpbronne tot hul beskikking om hierdie uiters belangrike taak in God se koninryk in die moderne samelewing uit te voer. Daar word deurentyd gepoog om aan die veranderende behoeftes van ons jeug te voorsien. Enersyds word gefokus op die oordra van kennis, begeleiding tot geloofsvertroue en die aansporing om te doen wat jy weet en glo en om ’n deeglike kennisfondament vir die kinders te lê. Andersyds word biddend gepoog om kinders Skrifgetrou te lei tot deelname aan God se werk in die wêreld.

KENNIS

DIENSWERK

SPIRITU-ALITEIT

Enersyds word gefokus op die oordra van kennis, begeleiding tot geloofsvertroue en die aansporing om te doen wat jy weet en glo en om ’n deeglike kennisfondament vir die kinders te lê. Andersyds word biddend gepoog om kinders Skrifgetrou te lei tot deelname aan God se werk in die wêreld. Die jeugkleingroepe wat as katkisasiestyl aangewend word, is die logiese uitvloeisel van die kleingroepstrategie in die gemeente wat gevestig is om die beginsel van ‘mekaarbediening’ te bevorder. Klem word gelê op

Sang, gebed en Getuienis

verhoudingsbou – die omgee vir mekaar. Die ontwikkeling van spiritualiteit (sang, gebed en getuienis), praktiese dienswerk binne sowel as buite die gemeente en die kweek van omgee-gedrag (luister na mekaar en help mekaar) word gedryf deur die

Kennis-, Spiritualiteit-, Dienswerk-, Omgee-, Uitreik-benadering, die KSDOU-benadering soos dit bekend geword het.

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

25


 Insig  Bereidwilligheid  Verantwoordelikheid In die belydenisklasse word die jongmense se geloofsontwikkeling afgerond deurdat hulle die jaar gelei word om dit wat hulle elkeen van kleins af in die katkisasieproses ‘geleer’ het (hoofsaaklik die Kennis-gedeelte) verder gestalte te gee in hul eie geloofslewe deur die verstaan van hoe Diensbaarheid, Uitreik, Omgee en Spiritualiteit in ’n persoon se geloof inpas. Uiteindelik bely hulle voor die gemeente nie net hul geloof nie, maar ook hul insig en bereidwilligheid om verantwoordelikheid te neem vir hul eie geloofslewe en geloofsgroei. Die Modkats-benadering (moderne kategese), gegrond op beginsels soos visuele aanbieding, interaktiwiteit, verhoudingsvertroue, relevansie, Skrifgefundeerdheid, koninkryksgerigtheid en diensbaarheid word met vrug toegepas. Die handleidings, werkboeke, DVD’s, ens. is gestruktureerd en doelgerig, maar verleen alternatiewe aanbiedingsgeleenthede vir jeugbegeleiers. TAB (Tiener Aksie Brooklyn) bied sosiale geleenthede waar die jongmense saam kan kuier. Baie geleentheid word gegee vir verhoudingsbou en daar word

26

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

gedurig gesoek na jeugrelevante besprekingsonderwerpe. Daar word gewerk om die konsepte van veral diensbaarheid en uitreik praktiese gestalte te gee. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is geseën met ’n relatief konstante getal kinders wat die jeugaksies meemaak. In 2013 bestaan die jeuggroep uit ’n totaal van 75 kinders. Dit is ook interessant dat daar gereeld nuwe (veral senior) jeuglede by die groep aansluit – so vind ons dat die belydenisklas (graad 11) die afgelope twee tot drie jaar gereeld met lede van buite ons gemeente aangevul is. Dit is waarskynlik vanweë die geesdriftige manier waarop die predikante hul missiologiese roeping uitleef. Die 3- tot 5-jariges en die 6- tot 8-jariges word gedurende die erediens op hul onderskeie vlakke binne die kleuter- en kinderkerkbedienings begelei. Katkisasie vir die laerskooljeug word op Sondagoggende aangebied vir graad 1- tot 3-leerlinge en ook vir graad 4- tot 6-leerlinge. Katkisasie vir hoërskoolleerders word Sondagmiddae aangebied.

 Jeug  Tieners  Kleuters


Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is ’n singende kerk en saam met die Woordbediening vorm dit ’n integrerende deel van ons Gereformeerde belewenis en belydenis. Sang en musiek is ’n kragtige middel om die hele gemeente op te roep tot lof, aanbidding en boetedoening. In 2008 is die eerste musiekdirekteur aangestel wat as sameroeper alle fasette van musiekbediening beplan, koördineer en bestuur. Daar vind weeklikse beplanningsessies oor die musiek en liturgie van die eredienste in oorleg met die predikante en ander betrokkenes plaas. Dit bevestig die eenheid, maar ook die diversiteit van die onderskeie eredienste deurdat ’n unieke styl vir elke erediens daargestel word. Die musiekdirekteur koördineer die groep musiekbedienaars, meestal studente, wat in 2013 uit 32 talentvolle lidmate bestaan het wat vrywillig en onbaatsugtig hul talente aangebied het. Die musiekdirekteur is verantwoordelik vir die organiseer van kerklike spesiale

eredienste soos Lydenstyd, Hemelvaart, Advent en Kersfees. So is ’n kultuur van lofprysing en aanbidding gevestig en uitgebou wat die klassieke kerkmusiek tot sy reg laat kom, maar ook ruimte bied vir die moderne geestelike lied. Die speeltafel van die orrel is tot voor in die kerk verskuif om groter eenheid te bewerkstellig tussen instrumentaliste, sangers en die orrelis. Dit verseker ’n groter samehorigheid en suiwer klank wat tot voordeel van die hele gemeente strek. Saans tree ’n orkes, bestaande uit verskeie instrumentaliste, saam met die orrel op, wat ’n besondere atmosfeer aan die diens verleen. Die musiekbedieningsgroep het ten doel om die musiekgawes wat in die gemeente beskikbaar is, te gebruik om lofprysing en aanbidding op te roep en aan te vul. Dit sluit in die aanvul van die orrel tydens die kerkdienste met spesifieke instrumente asook ’n begeleidingsgroep wat tydens die aanddienste optree.

4.6 Musiekbediening: kragtige lof en aanbidding

DIE ORRELIS SPEEL ’N BELANGRIKE ROL MET DIE VERTOLKING VAN DIE INHOUD, KARAKTER OF BOODSKAP VAN ELKE PSALM OF LIED OP SO ’N WYSE DAT DIE GEMEENTE GELEI WORD TOT ’N INNIGE BELEWENIS VAN DIE INHOUD DAARVAN. DEUR DIE JARE WAS DAAR VERSKEIE ORRELISTE WERKSAAM IN DIE GEMEENTE WAT HIERDIE SAAK BAIE ERNSTIG OPGENEEM HET.

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

27


Bid asseblief vir die ouderlinge en diakens sodat hul werk sal bydra tot die eer van ons Here en toenemende geloof en vertroue by ons lidmate vestig.

4.7 Bedienings vir deurlopende geloofsgroei DISSIPELSKAPKAFEE Die Dissipelskapkafee het in 2011 tot stand gekom met die doel om geloofsgroei onder gemeentelede te stimuleer deur geleenthede te skep waar hulle weer van nuuts af dissipelskap kan ontdek, daaroor kan besin en hulleself daarin kan verdiep. Dit vind plaas op ’n interaktiewe en informele wyse, maar tog met ’n spesifieke fokus en struktuur. Kenners tree as gespreksleiers op en lei ’n spesifieke onderwerp in en die groep gesels dan hieroor. Onderwerpe varieer van die karaktereienskappe van ’n dissipel, die aard en samestelling van die Bybel, gebed as antwoord op God se Woord tot strategieë vir geloofsgesprekke.

MIDWEEKBOODSKAPPE ’n Kort onderskragende en ondersteunende boodskap word sedert 2008 weekliks per e-pos aan gemeentelede gestuur.

4.8 Uitreike KWAMHLANGA EN SHONGWE Hannes Pieters, wat sedert 2004 lidmaat van die gemeente is, het as ’n “homebased care worker” in KwaMhlanga as deel van die Mukhanyo Community Development Centre (MCDC) gewerk. Die gemeente het gou hierby betrokke geraak met dag- en naweekuitreike om behulpsaam te wees met die werksaamhede van MCDC. Later het Hannes na die Thembalethu Home-based Care Centre by Shongwe-sendingstasie net noord van Swaziland geskuif en met dieselfde werk voortgegaan, waar hy steeds as evangelis werk.

SWAZILAND Daar is in 2004 gekyk na moontlikhede om die evangelie oor grense heen uit te dra. So is daar met die El Shaddai-sending naby Piggs Peak in Swaziland kontak gemaak. Dit is ’n sendingstasie wat as kinderhuis vir ongeveer 35 kinders dien. Daar is ’n skool, kerk en boerdery op die sendingstasie. Ds Johan van Heyningen, dr Johann le Roux en 13 studente en jongwerkendes het in April 2004 op die eerste van tientalle uitreike vertrek waartydens ’n goeie verhouding opgebou is met Kallie en Charmain Coertzen, die inwonende sendelinge, asook met die kinders en die mense wat rondom El Shaddai woon. Die betrokkenheid by El Shaddai gaan nog volstoom voort en sommige jare word tot vyf besoeke aan El Shaddai gebring.

28

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

4.9 Werksaamhede van die kerkraad As ’n mens die Kerkorde sou naslaan, sal ’n mens waarskynlik agterkom presies wat die pligte en verantwoordelikhede van ’n kerkraad is. Maar prakties gesproke is dit tog duidelik, naamlik om die kudde van die Here te voed en te versorg soos ’n skaapwagter. Die bron van voeding is die Woord en liedere – en dit is die eerste prioriteit: om te sorg dat die Woord en wil van die Here gereeld en suiwer aan die gemeente, maar ook daarbuite, verkondig word. Die roeping, versorging en broederlike ondersteuning van die predikante en hul gesinne is dus belangrik. In die praktyk verg dit dan ook voorsiening van geskikte behuising, instandhouding van geboue, reëlings vir vervoer asook beskikbaarstelling van elektroniese geriewe, deeglike beplanning op alle terreine en ’n doeltreffende administratiewe struktuur. Baie van hierdie take is aan kommissies gedelegeer of word deur diensgroepe behartig. Al hierdie aktiwiteite kan egter net plaasvind danksy die bekwame werk van administratiewe personeel asook verskeie toegewyde en betroubare kosters en werkers oor dekades heen. Maar dit is net een kant van die saak. Die ander is om die lidmate geestelik en waar nodig materieel te versorg. In die verlede was dit nogal ’n hiërargiese proses en huisbesoek is amper as ’n ‘inspeksie’ gesien – wat sy meriete gehad het want ouderlinge dra, soos wat in die bevestigingsformulier verwoord word, die verantwoordelikheid om te sorg dat die sakramente heilig gehou word. Die fokus val nou ietwat anders en die begrip van ‘liefdevolle onderlinge versorging’ kry voorkeur. Met die implementering van medewerkers speel alle lidmate en al hoe meer susters ’n toenemende rol.


Eerste vroue op 13 April 2003 in die amp van diaken bevestig 4.10 Diakonale werk

MARIANNA DU PLESSIS, WINA CAMERON EN SOEKIE KRUGER

verskeie toegewyde en betroubare kosters en werkers oor dekades heen. Maar dit is net een kant van die saak. Die ander is om die lidmate geestelik en waar nodig materieel te versorg. In die verlede was dit nogal ’n hiërargiese proses en huisbesoek is amper as ’n ‘inspeksie’ gesien – wat sy meriete gehad het want ouderlinge dra, soos wat in die bevestigingsformulier verwoord word, die verantwoordelikheid om te sorg dat die sakramente heilig gehou word. Die fokus val nou ietwat anders en die begrip van ‘liefdevolle onderlinge versorging’ kry voorkeur. Met die implementering van medewerkers speel alle lidmate en al hoe meer susters ’n toenemende rol.

DIE DIAKENS SE PLIGTE WORD VOLGENS DIENSGROEPE GESTRUKTUREER SODAT ELKEEN SY GAWES TEN BESTE KAN AANWEND.

Barmhartigheid is die grootste roeping van die diakonie en finansiële steun word ruim uitgedeel. ’n Mens kan nie anders nie as om telkens verstom te staan oor God se voorsienigheid. Dit gebeur soms dat finansiële tekorte die diakonie in die gesig staar, maar dit lyk of die fondse soos die weduwee se kruik is – hoe meer gehelp word, hoe meer is daar om uit te deel! Op Sondag 13 April 2003 is die eerste vrouediakens in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn bevestig. Van toe af het die gesig van die diakonie stadig maar seker verander en tans bestaan die diakonie uit 50% vroue. Diakonale diensgroepe Die barmhartigheidsdiensgroep hanteer gevalle waar hulp benodig word, hetsy kos, klere, verblyf of finansiële hulp. Finansiële steun word op ’n gereelde grondslag aan die teologiese studente, die President Kruger-kinderhuise en Eljadahuis gegee. Ander versoeke vir finansiële steun word op ’n ad hoc-basis hanteer. President Kruger-kinderhuise (Pretoria en Reddersburg) word finansieel ondersteun, aangesien die huidige ontwrigtende sosiale en ekonomiese omstandighede al hoe meer kinders vir hul versorging en toekomsverwagting op die kerk aangewese maak. Speelgoed, finansiële bystand, kuiertjies, uitstappies en persoonlike belangstelling vorm deel van die bediening. l Vervolg op bladsy 30 Eljadahuis, wat in die Daspoort-omgewing aan die westelike kant van Pretoria geleë is, voed daagliks sowat 45 hawelose mense, bied opleiding aan werklose mense, doen Bybelstudie met die betrokkenes en bied berading aan. Daagliks werk daar 10 tot 15 mense vir voedsel vir hulleself en hul gesinne. Die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn verskaf maandeliks nie-bederfbare kos, wat aangekoop en deur gemeentelede geskenk word. ’n Klerebank en kosbank versamel klere, kos en ander noodsaaklikhede wat deur die diakonie versprei word na mense in nood. Wat nie versprei word nie, word by Troyestraat se klereverkopings van die hand gesit. Die "Share and Care"-diensgroep is veral betrokke by kinders in nood by hospitale en GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN 29 behoeftige kleuterskole asook ander instellings vir kinders. Die diensgroep help soos nodig, afhangende van die behoefte.


l Vervolg van bladsy 29 Eljadahuis, wat in die Daspoort-omgewing aan die westelike kant van Pretoria geleë is, voed daagliks sowat 45 hawelose mense, bied opleiding aan werklose mense, doen Bybelstudie met die betrokkenes en bied berading aan. Daagliks werk daar 10 tot 15 mense vir voedsel vir hulleself en hul gesinne. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn verskaf maandeliks nie-bederfbare kos, wat aangekoop en deur gemeentelede geskenk word. ’n Klerebank en kosbank versamel klere, kos en ander noodsaaklikhede wat deur die diakonie versprei word na mense in nood. Wat nie versprei word nie, word by Troyestraat se klereverkopings van die hand gesit. Die "Share and Care"-diensgroep is veral betrokke by kinders in nood by hospitale en behoeftige kleuterskole asook ander instellings vir kinders. Die diensgroep help soos nodig, afhangende van die behoefte. Die bejaardes in die gemeente word bedien deur besoeke en die verskaffing van preke vir dié wat nie meer eredienste kan bywoon nie. ’n Projek wat begin is as ’n uitreikprojek na huishulpe het nuwe beslag gekry as ’n multikulturele uitreik en sluit ook lidmate van New Life City Church in. Die begrafnisdiensgroep voorsien toebroodjies en bedien koffie en tee vir die familie en vriende ná begrafnisdienste. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is verantwoordelik vir besoeke aan Gereformeerde lidmate van buite Pretoria wat in die Little Company of Mary-hospitaal, die Astrid-kliniek, die Pretoriaharthospitaal, die Zuid-Afrikaanse Hospitaal en die Momentumsentrum-kliniek opgeneem word. Die siekebesoekdiensgroep probeer ook om lidmate wat ’n gesondheidskrisis ervaar of wat langtermynterapie moet ondergaan, te besoek. Daar word kwartaalliks ’n verwelkomingsbyeenkoms deur die nuwe intrekkers-diensgroep vir nuwe lidmate gereël om hulle in te lig oor aktiwiteite in die gemeente en die geleentheid te skep vir die nuwe lidmate om betrokke te raak binne die gemeente. Hiermee word gepoog om nuwe lidmate tuis te laat voel en medelidmate te leer ken. Vervoer na en van die kerk en kerkfunksies word deur die vervoerdiensgroep gereël soos nodig.

30

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

4.11 Diensgroepe

Agapé-diensgroep Dié diensgroep is hoofsaaklik verantwoordelik vir liefdesdiens en gemeentesamesyn. Pligte sluit in die reël van teeskink ná die diens, ’n verjaarsdagtee elke kwartaal, nagmaaletes, ’n lentetee, die pasga-ete, die kerrie-en-sjerrie-aand, gemeentepieknieks, asook besoeke aan senior lidmate, verwelkoming van nuwe intrekkers, die bestuur van die kosbank en die versameling, aankoop en aflewering van kos by Eljadahuis in Daspoort. Beertjiediensgroep Hierdie diensgroep brei nie net beertjies as troetelspeelding vir kinders in nood en vir dopelinge nie, maar daar word ook ywerig kindertruitjies, kniekombersies, bedsokkies, serpe en pette gebrei en speelgoed en verskillende hand- en naaldwerkitems gemaak om vir barmhartigheidsaksies aan te wend. Oor die jare is letterlik duisende beertjies na talryke instansies en na baie lande wêreldwyd versprei. Net ná die samesmelting is 545 beertjies in Duxburyweg se kerksaal vertoon as deel van ’n uitstalling om die gemeente se verskillende diensgroepe en ander aktiwiteite uit te beeld. Bemarkings- en kommunikasiediensgroe p Hierdie groep gee aandag aan die kerk se beeld en

 Kerrieen-sjerrieaand  Lentetee  Pasga-ete  Nagmaaletes  Verjaarsdagtee  Gemeentepieknieks


’n Verskeidenheid aktiewe diensgroepe dryf die verskillende bedienings. Die bedieningskommissie, die bedieningsbedryfsarm van die kerkraad, vervul ’n koördinerende rol tussen die bedienings en diensgroepe en besin en beplan saam die bedrywighede.

Bemarkings- en kommunikasiediensgroep Hierdie groep gee aandag aan die kerk se beeld en kommunikasie na buite sowel as na binne die gemeente deur te let op die voorkoms en inhoud van kommunikasiestukke soos die webwerf (http://www.gereformeerdbrooklyn.co.za), die weeklikse gemeentenuusbrief (Hart & Hand) en die kwartaallikse gemeenteblad, Brooklyn Brokkies. ’n Jaarprogram van die gemeentebedrywighede word jaarliks aan almal beskikbaar gestel.

Diensgroep: Projekte Diensgroep: Projekte se doelwit is om fondse te genereer deur funksies soos konserte, die biltongfees en gholfdae vir barmhartigheidsdiens binne sowel as buite die gemeentegrense. Daar word staat gemaak op die geesdriftige deelname van die hele gemeente deur hulp, kaartjieverkope en skenkings om van sodanige pogings ’n sukses te maak. Die jaarlikse biltongfees stap weg as die wenner wat die grootste inkomste genereer.

Sestigplussersdiensgroep Almal wat bietjie vroeër in die vorige eeu gebore is, kuier gereeld saam, besoek interessante plekke en onderneem allerlei projekte. Die Sestigplussers het ontstaan weens ’n behoefte wat deur lidmate geïdentifiseer is. Daar was geen stigtingsvergadering nie - dit het net gebeur. Daar is ook nie ledelyste, notules of verkiesing van ampsdraers nie, die onderlinge samesyn is die fokus.

IT-, visuele en klankdiensgroep Hierdie diensgroep versorg die gemeente se webblad, inligtingstegnologiefunksies en die klankversorging tydens die eredienste vanuit ’n tegniese oogpunt.

Troyestraat-bediening Hierdie diensgroep het ten doel om die gemeenskap van gelowiges in Troyestraat Christelike Sentrum te bevorder deur middel van dienslewering op alle terreine. Hulle versorg en ondersteun bejaardes en hanteer die gemeentesake van dié bedieningspunt.

Die webblad is te kry by http://www.gkbrooklyn.org.za en benewens inligting oor die gemeente, word daar ook gereeld preke in klanklêers geplaas sodat mense wat Afrikaans magtig is, internasionaal daarna kan luister. Eredienste wat by Duxburyweg plaasvind, kan op aanvraag in CD-formaat bekom word. Berigte en inligting word ook gereeld deur middel van SMS’e aan lidmate gestuur.

Tuinediensgroep Die diensgroep sien om na die terrein en tuine by die kerkgeboue en die pastorieë. Verjaarsdagdiensgroep Alle lidmate ontvang ’n SMS- en/of ’n e-pos-boodskap van gelukwense met hul verjaarsdag. Alle lidmate wat Troyestraat se eredienste bywoon, ontvang ’n geskenkie en Duxburyweglidmate wat bo 70 jaar is, ontvang ’n kaartjie van gelukwense.

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

31


PREDIKANTE 1949 - 2009

32

Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn stig op 23 Februarie 1949 onder leiding van dr PJS de Klerk af van Pretoria-Oos.

DR GCP VAN DER VYVER

DR BR KRÜGER

19491955

19561973

DR CJ MALAN

DR M VENTER

19741979

19791994

DR T ELOFF

Ds BR Kingma

19831989

19902000

DR J LE ROUX

DS CJ VAN HEYNINGEN

19952007

20002009

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


BRAAI EN KUIER NÁ

Kampe en die dominees is aan die werk

NAGMAAL

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

33


5. AFSLUITING Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God

Ons beskou dit as ’n groot genade en besondere voorreg dat ons SAAM OP PAD MET GOD kon kyk na die eenwording van die Gereformeerde Kerke Pretoria-Brooklyn, Pretoria-Oos en PretoriaSunnyside op 30 November 2003 en dat medegelowiges dit met ons kan deel.

Ons vind ook aansluiting by Prediker 3:15:

Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds, God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.

1 Korintiërs 3:5-9.

34

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN

35


36

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-BROOKLYN


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.