Hart & Hand Hand 2 Junie 2013
Saam op pad met God
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Meer as genoeg Fanie van der Schyff Jesus gee meer as genoeg! Uit Sy oorvloed vra Hy dat ons onsself aan Hom sal gee. Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang! Aanddiens
Jou gawes is nie jou gawes nie Griffel van Wyk 1.Petrus 4:10 (1983) As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. Troyestraat
Waarom bid vir vergifnis as ons reeds in Christus vergewe is? Ds Fanus Heystek Kol 1:14 lees: “...in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes”. Die verlossing beteken vergifnis van al ons sondes – van die verlede, hede en toekoms. En dit het almal wat glo reeds. Waarom bid ons dan nog elke dag om vergifnis?
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Handelinge 20:17-37 (:35)
Sang: Lb 69:1, 2, 3 Sk 9-2:1, 2 / 8, 9 Ps 116a:5, 7, 8, 10 Ps 150a:1, 2, 3 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk
Skriflesing: 1 Kor 12:7-10 Efesiërs 4:12-16 1 Petrus 4:10, 11
Sang Sang word tydens die erediens op die borde vertoon.
Karmel: 09:00 Troyestr: 10:00 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Mat 6:11-12 en 1 Jo 1:510 Sang: Ps 23:1, 2 Sk9-3:1 Sk10-2 Lb203:1, 3 New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau