FRANKFORT & VILLIERS REKORD

Page 1

Rekord FREE!

04 February 2022

072 757 0514

rekord@rekordmediafs.co.za

NOW YOU KNOW!

FRANKFORT | VILLIERS | TWEELING | CORNELIA

Afgryslike ongeluk eis lewe van VF+ Raadslid Jan Oost MAFUBE | DAWN ELS Jan Oost (46), VF Plus-raadslid van Mafube munisipaliteit in Frankfort, is op slag dood in 'n verskriklike ongeluk waar 'n vragmotor wat glo met bakstene gelaai is, met sy motor gebots het en bo-op sy motor beland het. Oost se vrou Sandra en hul twee seuns, Eben en Jan, was ook in die motor maar kon bevry word. Sandra en Jan jnr. Is in 'n kritieke toestand in die Unie-hospitaal in Alberton, Gauteng, opgeneem. Eben, ook ernstig beseer is in 'n hospitaal in Frankfort opgeneem. Daar het dokters ontdek dat sy blaas gebars het en hy is ook na die Unie-hospitaal oorgeplaas. Die tragedie het Maandag sowat 17:00 op die R54 pad tussen Villiers en Vereeniging plaasgevind. Luidens beriggewing sê Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, dat 'n vragmotor vermoedelik vir 'n slaggat Moes uitswenk en kop-aan-kop met Oost se motor gebots het. Nooddienste sou tot laat gewerk het om die oorledene uit die motorwrak te kry.

VF+ betreur afsterwe van gewilde gemeenskapsman en raadslid MAFUBE | JAN VAN NIEKERK - VF PLUSPROVINSIALE LEIER: VS Die VF Plus betreur die afsterwe van ʼn geliefde raadslid en kollega, Jan Oost, wat op Maandag, 31 Januarie, in ʼn motorongeluk tussen Villiers en Vereeniging verongeluk het. Oost was vir 11 jaar betrokke by die party en dien sedert 2016 as ʼn raadslid in die Mafube-plaaslike munisipale raad. Hy was ook lid van die VF Plus se Vrystaatse dagbestuur. Sy ervaring en betrokkenheid in die raad en gemeenskap sal geweldig gemis word. Hy het uit sy pad gegaan om in belang van die gemeenskap op te tree en was altyd hard aan die werk om munisipale diensleweringsprobleme aan te spreek. Jan was ʼn omgee-mens en was altyd gereed om mense by te staan. Hy het elke oproep afgesluit met: "Sê as ek jou kan help met iets.“ Hy was ʼn vriend, uitstekende raadslid en ʼn pa wat alles vir sy vrou en kinders sou opoffer. Jan het voluit geleef, die lewe geniet en elke oomblik benut om mense te laat lag. Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met sy ouers en gesin, en bid sy vrou, Sandra, en seuns, Jan jnr. en Eben, ʼn vinnige herstel & vertroosting toe.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
FRANKFORT & VILLIERS REKORD by Frankfort Rekord - Issuu