VELDBRAND MAFUBE

Page 1

FREE!

04 NOVEMBER 2022

072 757 0514

info@veldbrandmediasa.co.za

060 405 8979

NOW YOU KNOW!

Veldbrand

FRANKFORT | VILLIERS | TWEELING | CORNELIA

‘n Boer maak ‘n plan!

■ FRANKFORT

Foto’s: Vrystaat Landbou (Facebook)

Die toestand van ons paaie hier in die Oos-Vrystaat het al ‘nagmerrie’ status bereik en daar is onlangs in die media berig van twee voorvalle, waarin daar in een van die voorvalle, ‘n voertuig op die R34-pad tussen Memel en Vrede ‘n slaggat getref het en in die aangrensende landerye langs die roete beland het, dít nadat die voertuig verskeie kere gerol het. Soos

wat daar verder berig word, slaan die staat nie ag oor die talle klagtes wat ontvang word oor die toestand van die paaie nie. Ongelukkig is dit nie net die gewone motoris wat hierdeur negatief geraak word nie. Boeredery, veral hier in die OosVrystaat, word ook daardeur geraak. Juis nou, gebruik boere ook die paaie baie meer. Vrystaat Landbou kon hulself onlangs tot sosiale media wend, om te wys, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg’ of liewer, ‘ons boere sal ons eie plan beraam. Vrystaat Landbou

skryf op Facebook: “Met die reënseisoen op hande, het boere en werkers van die Van Reenenskop boerevereniging hier in die Frankfort-area self ingespring om hul grondpaaie reg te kry vir die besige seisoen wat voorlê. "Ons paaie was so sleg, ons moes maar self inspring".

Mafube dalk weer binnekort in hof oor water - 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.