BolandMedia_JobbingWN_May2013

Page 3

Winederous 25 April, 2013

3

Die Nuyvallei vier fees! Ervaar die pragtige Nuyvallei in al sy herfs-glorie oor die naweek van 11 – 12 Mei wanneer daar fees gevier word soos net dié vallei kan. Die Nuyvallei is alombekend vir sy bekroonde wyn- en olyfprodukte. Die fees word geborg deur die Worcester Wyn-en-Olyfroete en die deelnemende plase – Leipzig Country House, Nuy Kelder, Willow Creek-olyflandgoed en Conradie Family Vineyards – bied elkeen ’n propvol program aan wat pret en plesier aan die hele gesin sal verskaf. Die feestoegangsgeld is slegs R40 per persoon, ’n wynglas kos R20, en kinders onder 18 is gratis. Besoek die feeswebwerf www.nuyvalleyfeast.co.za vir die volledige feesprogram en inligting oor akkommodasie. Vir enige navrae, skakel Anne-Marie by 084 585 5557. ) Skryf in vir die feeskompetisie en wen groot pryse deur hierdie maklike vraag te beantwoord: In watter maand word die Nuyvallei -fees gehou? Epos jou antwoord met jou naam en kontakbesonderhede na info@nuyvalleyfeast.co.za.

WILLOW CREEK Willow Creek se gewilde bergfietsresies bied ’n roete vir elkeen met ’n fiets – van die “ligte” 10 km tot die uitdagende 60 km. En met meer as R100 000 se pryse op die spel, is dit net nóg ’n groter plesier om deur die olyfboorde en wingerde te ry! Vir dié sonder fietse is daar die Pure Boland-plaasmark, drie wynkelders wat hul wyne te proe aanbied en Willow Creek se bekroonde olywe en olyfolie om te sorg dat almal ’n heerlike dag op die plaas geniet. Saterdag 11 Mei . Computer Mania/Willow Creek MTB resies . Olyfolie en olyfprodukte te proe . Wyne uit die vallei, insluitend De Wet Kelder, te proe en te koop . Pure Boland-plaasmark . Willow Creek Shoppe . Bistro oop vir ontbyt, koffie en koek, kaasborde en middagete . Musiek deur André Combrink . Pluk jou eie olywe om in te lê . Olyfpit-spoegkompetisie . Kinderaktiwiteite . Olyfolie aanbieding deur Louise Rabie. Sondag 12 Mei 2013 . SAMA-wenner STERLING EQ lewer ’n skemervertoning om 18:00. Kaartjies beloop R120 pp. Bespreek by Willow Creek 082 096 3789 of e-pos info@willowcreek.co.za

CONRADIE FAMILY VINEYARDS NUY KELDER Smaaklike kos, kwaliteit wyne en die vrolike klanke van Romanz is genoeg om enigiemand in ’n feestelike luim te kry. Vir oud en jonk is daar iets om te eet, te drink, en te bewonder. Saterdag 11 Mei . Op die spyskaart: Roosterkoek, sosaties, potjiekos, afval, burgers, biltong/droëwors, cuisine pizzas, kaasborde. . Te drinke: Nuy Kelder se wyne te proe en koop teen kelder pryse; Olof Bergh Brandewyn. . Vir die kinders: Rodeo-bul, springkasteel, waterwurm, spookasem, gesigverf en nog vele meer. . Musiek: Forest sorg vir musiek deur die dag en Romanz se vertoning begin Saterdagaand om 19:00. Kaartjies is R120 pp. Skakel 023 347 02721 vir navrae of stuur ’n epos aan admin@nuywinery.co.za.

Kom verlustig jou aan die asemrowende natuurskoon van die Nuyvallei wat in die herfstyd op sy heel mooiste is. Ontspan op die grasperk onder die koeltebome langs die rivier en geniet hierdie moedersdagnaweek by Conradie Family Vineyards saam met die hele gesin. Saterdag 11 Mei . Op die spyskaart: Vingerlek-lekker tradisionele disse soos bobotie en hoenderpastei, asook hamburgers en aartappelskyfies, sushi, koffie en verskeie kindermaaltye. . Te drink: Bodemlose wyn vir slegs R50. Kroeg beskikbaar. . Aktiwiteite: Muurklim, putt-putt, 4-wiel motorfiets en ander ritte, wandelroetes deur die wingerde, musiekoptrede deur Small Room Sunday en groot skerm TV. . Kampering: Beskikbaar teen R80 per persoon per nag. Vir besprekings, skakel 023 342 7025.

LEIPZIG COUNTRY HOUSE Kom draf saam met ons en geniet die Nuyvallei se natuurskoon. Die wedloop begin om 07:30 vir sowel die 5 km en 10 km. Om 08:00 word ’n voëlkyk-uitstappie aangebied. Vir die kunsliefhebber is daar fresco-kuns in historiese geboue om te bewonder. Kom besoek ons gerus, hier is beslis iets wat jou aandag gaan trek. Saterdag 11 Mei . Aktiwiteite: Die 5 km en 19 km pretdraf begin om 07:30. . Kosdemonstrasie: Aangebied deur die Gourmet Princess Ilse Fourie om 10:30 en 12:30. Toegang is gratis. . Musiek: Optrede deur Classics to Cabernet (C2C) van 11:00 tot 15:00. . Te drinke: Wyn en Birkenhead bier. . Op die spyskaart: Tradisionele Duitse kos met Suid-Afrikaanse smake, soos Gammon Brötchen (vars broodrolletjies volgeprop met ham, soet mosterd en slaai), Flammkuchen (papierdun platbrode met roomkaas, uie, knoffel en parmesankaas), soet botterskorsie-en-lemoensop met ’n skop (bevat kaneel en kerrie en word bedien met vars plaasbrood), goudbruin hoender schnitzelvingers met soetrissie mayonnaise en aartappelskyfies, Suid-Afrikaanse bratwurst-rolletjie (bedien met soet mosterd en sauerkraut), en Belgiese wafels met heuning, stroop of sjokoladesous (die perfekte nagereg!). Sondag 12 Mei 2013 . Moedersdagete: Om 12:00 – bring die moeder in jou lewe om te kom ontspan en geniet ’n heerlike middag in die hartjie van die Nuyvallei.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.