Die Pos 17 November 2017

Page 1

Nóg grondbesetting op Bela-Bela

2

Raad sê die krag bly (vir eers) aan

3

Atlete sweet by gewilde marathon ®

17 November 2017

R6.00

24

Skok ná speaker onverwags bedank Jacques Pauw het ’n hele boek geskryf oor die onderduimse toetrekkery wat daagliks van staatsamptenare en verkose leiers verwag word. Ek sien nie meer kans om aan te hou wegkyk terwyl die munisipaliteit voor ons oë rot en kaal besteel word nie. Elke keer as ek lawaai maak en vrae vra, word ek gedreig met verwydering as speaker. Ek maak dit nou sommer maklik vir almal. Moet my nie meer dreig nie; ek loop sommer self. Ek sal aanbly as gewone raadslid en my stem vandaar af dik maak.

Johann Abrie, speaker van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit. Ronél van Jaarsveld Die nuus dat die speaker van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, Johann Abrie, uit dié pos bedank het, het vandeesweek skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. ’n Rede vir dié besluit is nie onmiddellik gegee nie. Die bom het tydens ’n raadsvergadering wat op Dinsdag, 14 November, gehou sou word gebars. Die vergadering kon egter nie voortgaan nie omdat ANC-raadslede buite

die raadsaal bly sit en geweier het om in te gaan. Die raad het ’n kworum van 50% plus een nodig voordat hy besluite kan neem. Een van die EFF-raadslede was afwesig en die vergadering kon dus nie voortgaan nie. Die DA, EFF en VF+ werk dikwels saam en het dan 15 stemme teenoor die ANC se 13 stemme. ANC-raadslede Klaas Mabunda en Grace Mashitishu het aan Die Pos gesê hulle het geweier om die vergadering by te woon omdat die agenda deur Abrie opgestel en onderteken is, maar die vergadering deur iemand anders gelei sou word. Dit is

volgens hulle nie die korrekte prosedure nie en die agenda moet eers gewysig word. Hulle was ook ongelukkig oor die lae waarde van eiendomme wat glo deur die munisipaliteit verkoop sou word omdat dié geld kan help om die Eskom-rekening te delg. Hulle het gesê hulle is gekant teen van die voorgestelde kandidate vir bestuursposte wat lank reeds aangestel moes word. Dié belangrike poste vir bestuurders is reeds maande vakant. Die reaksie op sosiale media was hewig. Die verwikkelinge is deur inwoners beskryf as ’n “mushroom-strategie” en ’n “pot spaghetti”. Een inwoner wou weet of Abrie vrywillig bedank het en of hy gevra is om te bedank. Nog iemand het gekla dat die publiek in die duister gehou word. Daar was ook ’n vraag of Abrie se kop deur die EFF geëis is. Ander was ontsteld omdat die Eskom-kwessie nie bespreek is nie en sakelui in die donker is oor wat gaan gebeur. Abrie het teen druktyd aan Die Pos gesê: “Jacques Pauw het ’n hele boek geskryf oor die onderduimse toetrekkery wat daagliks van staatsamptenare en verkose leiers verwag word. Ek sien nie meer kans om aan te hou wegkyk terwyl die munisipaliteit voor ons oë rot en kaal besteel word nie. Elke keer as ek lawaai maak en vrae vra, word ek gedreig met verwydering as speaker. Ek maak dit nou sommer maklik vir almal. Moet my nie meer dreig nie; ek loop sommer self. Ek sal aanbly as gewone raadslid en my stem vandaar af dik maak.” Abrie, wat as wyksraadslid vir wyk 11 op Modimolle verkies is, bly in dié hoedanigheid deel van die raad. Die raad sal binnekort ’n nuwe speaker verkies.

Diensverskaffer begaan flater met rekeninge Heelwat inwoners het reeds geld in West Rand se rekening inbetaal. Andries van der Heyde Die Bela-Bela-munisipaliteit het Die Pos verlede week dringend geskakel om inwoners van ’n fout op hul munisipale rekeninge in te lig. Dit kom nadat die diensverskaffer wat die munisipaliteit se munisipale rekeninge hanteer ’n groot blaps begaan het deur die verkeerde munisipaliteit se bankbesonderhede op Bela-Bela-inwoners se rekeningstate te plaas. Die diensverskaffer, genaamd Munsoft, behartig 43 munisipaliteite in die land se rekeninge. Hulle het volgens David Rabololo, BelaBela se munisipale woordvoerder, ’n klomp Bela-Bela-rekeninge verkeerdelik met die West Rand plaaslike munisipaliteit se briefhoof en bankrekeningnommer bo-aan uitgedruk en dié is toe aan Bela-Belainwoners uitgereik. Die Pos verneem heelwat inwoners het reeds geld vir basiese dienste wat hul aan die Bela-Bela-munisipaliteit moes betaal weens dié fout in West Rand se rekening inbetaal. “Die saak is met die diensverskaffer opgeneem en regstellende stappe word gedoen om die geld te verhaal. Die korrekte rekeninge is reeds by die poskantoor afgegee en na die verskeie huishoudings uitgestuur,” het Rabololo gesê. “Belastingbetalers wat die verkeerde rekening ontvang en betaal het, word aangeraai om die invorderingsafdeling van die munisipaliteit te kontak. Die bewys van die verkeerde betaling moet ook saamgebring word sodat die fout reggestel kan word.” Rabololo het namens die munisipaliteit verskoning gevra vir die flater.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.