Willie Nel Portfolio: Waterberg Agri 2019

Page 1

GRATIS bylae eksklusief tot Die Pos

WATERBERG

JUNIE 2019

Diversifisering: Beskerm jouself teen die finansiële wip

Franse

flair

’n tikkie

in die Bosveld


WATERBERG AGRI 2019 | 02

Junie 2019

Junie 2019


WATERBERG

Redaksioneel

5

indeks Voorbladfoto: Marietjie Steenkamp

Diversifiseer om te oorleef se heil lê in 5 Boere diversifisering 7 Persprag en laventelgeur Jong boer met baie 10 ysters in die vuur

13 bied jou meer

Bosveld Diesel

Waterberg Agri-span Advertensiewerwing: Maria Oberholzer Lesley Barnard Petro Greeff Beriggewing:

Ronél van Jaarsveld Marietjie Steenkamp

Ontwerp en uitleg:

Willie Nel

Drukwerk: Northern Media Group Polokwane Tel: (014) 736-2723. E-pos: diepos@icon.com

9de uitgawe

JUNIE 2019

Die Pos Koerant

Web: diepos.co.za

DISCLAIMER: Waterberg Agri is created and distributed by Die Pos/The Post, 7 Minnaar Street, P.O. Box 16, Bela-Bela 0480, Tel: (014) 736-2723, Fax: (014) 736-3428. This publication is free and not for sale. The reproduction, broadcast or storing in a retrieval system without written permission of any material published in Waterberg Agri is forbidden and expressly reserved to Upfront Events Two (Pty) Ltd, under section 12(7) of the South African Copyright Act, 1978 and any amendment thereof.

Diverse boerdery bring uitkoms in onvoorspelbare markvooruitsig

Mense byt nie sommer maklik aan iets wat onbekend is nie. As ’n mens boonop nog ’n boer is wie se siel aan jou eie stuk grond vasgegroei is en jy ken niks anders as die ritme van werk, ploeg en plant nie, is dit nog moeiliker om jou denke te vernuwe — veral as daar al ’n paar dekades se somers agter jou lê. Maar boerdery is, in die woorde van die Springbokvlakte-boer Willem Groothof, ’n “fynbeplande spel waar ’n mens risiko’s versprei deur te diversifiseer en sodoende stabiliteit in die boerdery te verseker.” Om ekonomies te oorleef het boere deesdae nie ’n keuse as om te diversifiseer nie en daarom het Waterberg Agri se redaksiespan twee plase in die Waterberg-omgewing besoek waar die boere nie huiwer om met nuwe gewasse én boerderymetodes te eksperimenteer nie. En dit wil voorkom asof veral die jonger boere nie bang is om vining aan te pas by veranderde omstandighede nie. Wie sou nou kon raai dat die dorre Bosveld in ’n Franse landskap omskep kan word waar die laventelbosse soos pers golwe in die droeë winde van die Springbokvlate dans? Marietjie Steenkamp het besoek afgelê by die De Beers van Liefland in die Roedtan-omgewing om uit te vind hoe dié familie suksesvol boer met laventel, bloubessies, vye, granate én katoen. Ronel van Jaarsveld het weer besoek afgelê by die veelsydige Vlakteboer Willem Groothof. Dié suksesvolle boer deel nie net ’n paar boerderylesse met Waterberg Agri se lesers nie, maar op die koop toe ook ’n lewensles of twee. Groothof gee ’n mens sommer hoop vir die land en sy positiwiteit is aansteeklik. Positiwiteit is immers vir hom die hart van sukses en hy glo dat daar steeds ’n blink toekoms op landbou wag. Geniet die lekker leesstof in die Die Pos se Waterberg Agri-bylae en ondersteun gerus die adverteerders wat trots is om hulle dienste aan boere én aan die breër gemeenskap, in dié mooi bylae bekend te stel.

Junie 2019

7

Liefland Laventelboerdery die pers bederf van die Springbokvlakte

10

Dewald de Beer nie sommer enige vyeboer nie WATERBERG AGRI 2019 | 03


BOREHOLE WATER

DETECTION

AQUA LOCATING S E R V I C E S

River -F

ALS AQUA LOCATING SERVICES

- 90% Accurate - Specialized German Device - Detection of underground water bearing aquifers Aqua Locating Services makes use of different divining methods, including the use of an imported water detection device designed by a German Engineering Company. This device has proven to be 85% – 90% accurate in determining underground water sources.

LOOD: 082 753 0803 Lodewyk Vorster

WATERBERG AGRI 2019 | 04

Junie 2019


Boere se heil lê in

diversifisering

Beriggewing en foto: Ronél van Jaarsveld Die Springbokvlakte se herfsgoud blink vroegoggend. Wanneer jy afdraai op die grondpad, staan die manna en sorghum weerskante in netjiese blokke. ’n Ent verder wink rooi soetpepers vanuit hul kiertsregop rye. Die bonkige Bonsmara-bulle kyk lui op van hul vretery as die voertuig ’n dun stofstreep opskop. Willem Groothof glo boerdery is ’n fynbeplande spel waar ’n mens risiko’s versprei deur te diversifiseer en sodoende stabiliteit in die boerdery verseker. Dit is duidelik dat boer nie net sy werk is nie, maar sy passie. “Dit maak ekonomies sin om te diversifiseer en verskillende gewasse te plant om jouself teen pryswisselinge te beskerm. Deur deeglik te beplan kan jy jou boerdery verskans teen die land se markskommelinge. As daar byvoorbeeld baie sonneblomme geplant is, plant sorghum,” het hy raad gegee. “Wisselbou is nodig vir verhoogde opbrengs — sorghum, sonneblom en manna kan afgewissel word. Die sonneblom het ’n penwortel wat baie vog uit die grond trek teenoor sorghum se bywortel wat nie soveel vog onttrek nie.” Boere moet ook bereid wees om aan te pas by veranderinge. “Daar word deesdae minder mielies op die Springbokvlakte verbou omdat die saad duur geword het en dit ’n hoërisikogewas is. Die droogte het ’n groot impak gehad. Sorghum, wat droogtebestand is, vaar baie beter.” Junie 2019

Groothof is die derde geslag wat op die grond boer. “My oupa het met mielies op braakgrond begin boer, maar in die 1960’s het dit siektes begin kry en hy het wisselbou begin toepas. Sonneblom en sorghum is toe geplant. “In die 1980’s was die Springbokvlakte meestal net droëlanderye en boere het begin om te besproei om hul risiko te verlaag. Die besproeiing het stabiliteit in hul boerderye gebring omdat hulle kon diversifiseer en ook saadbone en groentes begin plant het,” het hy gesê. Volgens Groothof kan diversifisering ook op kleiner skaal toegepas word, solank dit ekonomies vatbare eenhede is. “Die hoeveelheid beskikbare water in ons omgewing het afgeneem en daarom is groter hoeveelheid grond nodig. ’n Groter hoeveelheid hektaar bring groter stabiliteit,” het hy dié wetenskap verduidelik. Om suksesvol te boer, moet jy op jou voete kan dink en aanpasbaar wees. “Die manier waarop grond bewerk word, het die afgelope 30 jaar verander en die konvensionele metode is wyd laat vaar ten gunste van geen bewerking, oftewel “no till”. Daar is minder afloop van water, beter infiltrasie en meer vog beskikbaar wat ’n hoër opbrengs beteken. Elke druppel word doeltreffend benut.” Groothof sê kultivarkeuse is net so belangrik. “Ons plant ’n aantal proewe om te sien watter kultivar die beste in hierdie omstandighede vaar. As jy die regte kultivar kies, beteken dit hoër opbrengste.” Sy beeste, glo hy, verseker verdere stabili-

Willem Groothof glo dat diversifisering in landbou ’n vangnet vir boere is teen skommelinge in die mark.

teit en benut boonop die stoppels op die lande. “Ons maak gebruik van besproeiing, ’n deel droëland en beeste. Boere in die Alma/Vaalwater-omgewing het weer gediversifiseer deur uit te brei na eksotiese wild, ekotoerisme en selfs krokodille,” het hy gesê. Elke fasset van boerdery is belangrik — ’n mens kan nie net op een ding fokus nie, maar moet aandag gee aan die bestuur van arbeid, finansies en algemene plaasbestuur om sukses te verseker. Hy glo dat georganiseerde strukture in landbou belangrik is. “Ons is gelukkig genoeg dat dit gevestig is — mense wat met hul hart en siel landbou wil laat werk.” Groothof is self betrokke by die bestuur van GraanSA. Oor ander uitdagings wat boerdery in die gesig staar, is hy positief. “Deur ingelig te wees oor boerdery deur middel van sosiale media en tydskrifte, kan jy bou aan ’n visie en sinvolle besluite neem. Positiwiteit is die hart van sukses — selfs in moeilike tye in landbou kan ons opgewonde raak oor die baie ontwikkelings wat nuwe deure open. Daar is tegnologiese en chemiese ontwikkelings en talle nuwe kultivars wat boer opwindend maak. Ek glo daar wag ’n blink toekoms op landbou. Ons is uiteindelik net rentmeesters op die grond. Dit word vir ons vir ’n tyd lank gegun om te bewerk — elke dag is ’n voorreg.”

Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 05


Besproeiingstelsels enige besproeiingsbehoefte met kundige advies

Spesialiseer in die opmeting en ontwerp van: • Spilpuntstelsels • Mikro • Drup • Sprinkelstelsel • Nethuise • Pompstelsels Verskaffing van: • Alle tipe pype (PVC, HDPE, LDPE, Glav en PVC Boorgatpype) • Volledige besproeiingstelsels • Tegniese ondersteuningsdienste op alle besproeiings-toebehore Valley Handelaar Limpopo Streek • Valley Spilpunt onderdele en spesiale pakkete op vervaning van ou model pype

Mookgopong 014 743 1162 Modimolle 014 717 1865 Vaalwater 014 719 9121 Bela-Bela 014 736 2172 Settlers 014 719 9121

vir die LIEFDE van die LAND |www.vkb.co.za Hoofkantoor | Chief Albert Luthulestraat 90 |Posbus 29 | Modimolle | 0510 | Tel. 014 719 9211 | ntk@ntk.co.za VKB Landbou (Edms) Bpk is ‘n goedgekeurde Finansiële Diensteverskaffer met Lisensienommer 4813

Schalk Kruger 083 710 8200 • Janneman Henn 082 802 8959 • DW Buys 083 304 0249 WATERBERG AGRI 2019 | 06

Junie 2019

Junie 2019


Die pragtige Ralien De Beer is mooi genoeg om op die voorblad van ’n Franse tydskrif te kan pryk. Maar dié plaasnooi voel meer tuis in haar ma se laventellanderye as enige ander plek ter wêreld. Sy is die dogter van Phlippie en Rolette de Beer van die plaas Liefland in die Roedtan-omgewing. Sy studeer B.Com aan die Noordwes-Universiteit op die Potchefstroom-kampus. Sy is ’n kranige perderuiter en het al wêreldwyd aan perdrykompetisies deelgeneem. Foto: Marietjie Steenkamp

Persprag en laventelgeur

in die Bosveld Beriggewing en foto’s: Marietjie Steenkamp

Junie 2019

Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 07


Laventel is ’n baie veelsydige plant. Dit word gebruik in skoonheidsprodukte, potpourie en kan selfs geëet word.

Die pad van Mookgophong na Roedtan is vol slaggate en ’n mens moet mooi korrel om dit mis te ry. By Roedtan draai ’n mens links en net ’n entjie verder op die bekoorlike Springbokvlakte is die indraai na Liefland Laventelplaas. Voordat besoekers nog die pers blommeprag sien, slaan die reuk van laventel uit die grond op en laat ’n mens sommer verlang na jare gelede se 4711-parfuum. Rolette de Beer is die vrolike boervrou WATERBERG AGRI 2019 | 08

wat Die Pos met ’n stywe druk en heerlike bloubessiedrankie begroet. Die De Beers is gesoute boere op die Vlakte en het ’n paar jaar gelede hulle boerdery begin diversifiseer. Rolette behartig die laventelboerdery terwyl haar man, Phlippie, die finansies en die bloubessieboerdery behartig. Hul seun, Dewald, hanteer die vye, granate en katoen. “Alles wat ek weet van laventel, het ek by my ma, Ralie Duvenage, geleer. Sy is ook die een wat al die rome en produkte van laventel

Junie 2019

maak. Laventel is baie veelsydig,” het Rolette aan Die Pos gesê. Sy het agt jaar gelede begin om ’n halwe hektaar laventel aan te plant en hoewel die plante eintlik net vir drie jaar mooi bly, het sy steeds van die oorspronklike bosse wat nog pragtig blom. Die grootste gedeelte van die plante in Rolette se landerye is Franse laventel wat vir snyblomme gebruik word. Volgens Rolette is laventel een van die beste plante om in ’n tuin te hê omdat dit so veelsydig is. Junie 2019


Rolette het ’n paar variëteite aangeplant waaronder: • Margaret Roberts wat tot die Engelse groep behoort en wat ook as snyblomme gebruik kan word. • Nog ’n Engelse variëteit, wat as Super bekendstaan, bevat nie kamfer nie en word hoofsaaklik gebruik in die distilering van olies. • Die Hollandse laventel word tot ’n meter hoog as dit nie gesnoei word nie, maar dit dra geen blomme nie. Dit het wel ’n ongelooflike lekker geur. Hulle gebruik die takkies om potpourie te vervaardig en ook produkte wat ’n mens tussen linne en klere gebruik. Die reuk hou vir jare omdat dit deurtrek is met geurige olie. • Spaanse laventel. • Franse laventel word uitgeken aan die gekartelde blaartjies en is ideaal vir snyblomme. • Die Australiaanse laventel het nie baie mooi blomme nie, maar het ’n heerlike geur.

Die pragtige pers laventelblomme is genoeg om enige vertrek op te kikker.

Ma en dogter, Rolette en Ralien de Beer.

Franse laventel. Junie 2019

Dié plante moet egter gereeld gesnoei word. ’n Derde van die plant word weggesnoei en dan stoot hulle weer vinnig blomme. Rolette het al die plante met steggies geplant. Die plante hou van kalkagtige, sanderige grond en het nie baie water nodig nie. Drupbesproeiing werk die beste. “My laventel staan in die turf en groei pragtig, maar dit is omdat daar kalk in die grond is,” het sy gesê. Laventel is eetbaar en kan in fyngebak en geregte gebruik word. “Jy kan net die blommetjies distilleer of die

blomme en blare saam distilleer. Indien net die blare gebruik word, is die gehalte van die kamfer baie hoog” het Rolette se pa, Hennie Duvenage, vertel terwyl hy die distillasieproses gedemonstreer het. Ongeveer 5 ml suiwer olie word verkry uit ’n sinkbad vol blomme en blare. Hoe suiwerder die olie, hoe duurder is dit. Die gedistilleerde water word gebruik vir sproei, want dit ruik ook heerlik. Liefland is deesdae ’n gewilde plek vir vroue om tussen die persprag en laventelgeur klein gesellighede te hou.

Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 09


Jong boer met baie ysters in die vuur

Dewald De Beer tussen sy vyelanings. Saam met hom is sy vriendin, Nadine Schumyn. Sy is ’n veelsydige entrepreneur en binnehuisversierder, grimeerkunstenaar én fotograaf. Sy en Dewald is ’n gedugte span en ondersteun mekaar se projekte.

Berigewing en foto’s: Marietjie Steenkamp Dewald De Beer is ’n jong boer van Roedtan wat saam met sy ouers boer. Hy is ’n finalejaarstudent in bedryfsingenieurswese aan Unisa, maar ’n boer in murg en been. Die De Beers is groot katoen- en suikerboonboere, maar het onlangs ook met bloubessies, laventel, vye en granate begin boer. Dewald hanteer saam met sy pa, Phlippie, die droëland katoenboerdery en hy, die besproeiingsgedeelte van die katoen. Die vye en granate is ook sy ‘baba’ en die De Beers is baanbrekers op die gebied van vye aangesien hulle die eerste boere in die omgewing is wat dit aangeplant het. Dewald het die plante vanuit die Wes-Kaap gekry en op 8 ha geplant. Die pragtige perskleurige vye staan bekend as die Evitavariëteit. WATERBERG AGRI 2019 | 10

Junie 2019

Junie 2019


Die vye en granate is sy ‘baba’ en die De Beers is baanbrekers op dié gebied.

Die plante word met drupbesproeiing benat. Dié tipe beproeiing is meer doeltreffend as ander besproeiingsmetodes. “Die grond moet goed kan dreineer en moet ook ’n lae soutgehalte bevat,” het hy aan Die Pos gesê. Dewald het nie enige bemesting gebruik nie, maar sou dit wel aanbeveel. Insekteplae is nie volgens hom ’n groot probleem nie, maar swamme kan ’n groot invloed op die vye hê. “Wanneer die voëls begin pla, is die vrugte reeds te ryp, maar ons pluk dit net op die regte tyd; dus is die voëls nie ’n probleem nie,” het hy gesê. Tradisioneel is die vye van Februarie tot April gereed vir oes, maar in die klimaat waarin

Die vye wat geoes word is bekend as die Evita-variëteit. Junie 2019

hulle geplant is, kan daar tot einde Mei nog vrugte wees. Volgens Dewald neem dit drie jaar om in volle produksie te kom en is die insetkoste laer as die 10 ha bloubessies wat hulle aangeplant het. Die bloubessies is onder kontrak en is hoofsaaklik vir die uitvoermark bestem. Hulle pluk ná 18 maande reeds van die vye en ry dit weekliks aan mark toe. Dié vye is nie net gewild om te eet en in geregte te gebruik nie, maar dit is heerlik om konfyt mee te kook. Die granate is ook ’n nuwe aanplanting waarvan hy ongeveer 16 ha geplant het. Hy is versigtig optimisties oor dié boerdery aangesien dit maar eers onlangs begin is.

Hierdie heerlike vyekelkies is genoeg om enige mond te laat water. Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 11


24 H rs Service with a Smile

Huge Savings on your Running Costs iesel has Bosveld D i Moly u q i L t h g i the r r You product fo

Liqui Moly has a complete lubrication package for all vehicles from cars & bakkies to trucks, tractors and yellow machines! Liqui Moly voted the best oil brand eight years running in Germany: The readers of Auto Bild, Auto Motor und Sport, Auto Zeitung and Motor Klassik voted LIQUI MOLY as the best oil brand of 2018.

Bosveld Diesel Now Provides Cleaner Fuel Which Guarantees Long Run Savings Diesel Breather Filtration

Diesel Polisher

Supplied by Ithabiseng Filtration - Bela Bela

S 24 52' 33" GPS Coordinates E 28 18' 52" www.facebook.com/bosvelddiesel WATERBERG AGRI 2019 | 12

Junie 2019

Plot 43 Route 101 Buiskop, Bela Bela

bosvelddiesel@gmail.com 086 667 6098 014 112 0077 Junie 2019


PROMOSIE

Beskerm masjinerie met Liqui Moly se smeermiddels Foto: www.segroup.com

Swaar toerusting wat ingespan word vir boerdery-, mynbou- én handelsdoeleindes het behoorlike smering nodig. Doeltreffende smering waarborg ekonomiese en betroubare diens op die langtermyn. Veral vragmotors wat deur sakeondernemings gebruik word om lang afstande af te lê, behoort ’n aanwins vir sake-eienaars te wees. Boere belê groot bedrae in implemente en masjienerie om hul boerderye lewensvatbaar te maak. Geen boer kan dus bekostig om sy implemente te verwaarloos en geld te bestee aan herstelwerk wat voorkombaar is nie. Liqui Moly is Duitsland se voorste vervaardiger van smeer- en bymiddels en spog met ’n reeks wat uit meer as 4 000 doelgemaakte produkte bestaan. Soos van Duitse maatskappye verwag kan word, is die tegnologie wat in Liqui Moly-produkte gebruik word van wêreldgehalte. Daar is natuurlik ook verskeie toetse en proewe wat deur Liqui Moly gedoen word om te bewys dat besparing moontlik is indien ’n hoëgehalte olie gebruik word. Boere en vlooteienaars wat hul somme noukeurig maak, sal besef dat duurder smeermiddels dikwels op die langeduur tot groot besparings kan lei. Die enjins van bakkies en motors lewer met gemak twee keer soveel krag as enjins van 30 jaar gelede en daarom het die samestelling en gehalte van smeermiddels ook verander omdat beskerming van die allergrootste belang is. Liqui Moly voldoen aan al die vereistes Junie 2019

om hoë enjintemperature en druk binne die enjin te reguleer. Ceratec is byvoorbeeld ’n olie-bymiddel wat keramiektegnologie gebruik om wrywing binne enjins te voorkom. ’n Wye reeks produkte vir voertuie wat vir handels- en landboudoeleindes gebruik word, kan by Bosveld Diesel op Bela-Bela gekoop word. Bosveld Diesel verskaf diesel wat deur ’n uiters doeltreffende Donaldson- filtersisteem skoongemaak word. Hierdie moderne stelsel word deur Ithabiseng Filtration in Bela-Bela voorsien en verseker dat die diesel wat in ’n voertuig getap word, selfs skoner is as toe die diesel daar afgelewer is. Skoner diesel verseker natuurlik beter verbranding wat op sy beurt beter verbruik en verminderde besoedeling tot gevolg het. Hoe skoner die ontbranding, hoe skoner sal die olie ook bly wat weer die enjin se leeftyd verleng. Donaldson is een van die wêreld se grootste filtervervaardigers met 42 aanlegte wêreldwyd. Verskeie vervaardigers gebruik Donaldson om hul oorpronklike filters te vervaardig, maar plaaslik is daar ’n wye reeks filters beskikbaar vir handelsvoertuie, landbou en mynboutoerusting. Enige enjin se doeltreffendheid en betroubaarheid word drasties verbeter deur filters gereeld met nuwe gehalte filters te vervang. Diesel-, lug-, enjin- en hidroliese oliefilters van uitstekende gehalte kan deur Bosveld Diesel of Ithabiseng Filtration verkry word. Boere en eienaars van swaarvoertuie en toerusting kan Drummond van Bosveld Diesel bel by tel. 076 013 8261. Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 13


Aggenee! TE LAAT OM TE

ADVERTEER? Moet dan nie ons volgende uitgawe in 2020 misloop nie. WATERBERG

WATERBERG AGRI 2019 | 14

Junie 2019

Junie 2019


WILLEM CRONJE (FOUNDER)

+27(0) 83 321 5662 willem@huntlink.co.za

Junie 2019

Junie 2019

WATERBERG AGRI 2019 | 15



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.