Esprit de corps Maart 2015

Page 20

agterstoep

kompetisie

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

wat kan dit wees?

Kan jy raai wat die prentjie is? Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen die boek Eggo’s in die Skimberge wat deur Tafelberg Uitgewers geskenk is.

Jan Pyramid, Jan Pyramid, Jan Pyramid staan stil

D

ie stories wat deur my dae teen my vas waai, soos rukwinde en reënbuie, meer dikwels soos die reuk van water in die Karoo, of my ma wat geruik het na Joyparfuum en leer en Omo, dís vir my meer as die werklikheid. Erger of beter as die alledaagse, seker 'n ontsnapping uit verveling, eentonigheid. Ek is diep, né? Lena was Donderdag in die hof. Sy skei van haar man en hopelik van woede, eensaamheid, die ellende van liefde. Bid vir my, vra sy vroegoggend, dat ek nie huil in die hof nie. Laataand stuur sy 'n boodskap: Ek het op die hof se trappies gehuil omdat Terry Pratchett dood is en daar nooit weer 'n nuwe Discworld-boek gaan wees nie. 'n Ver vriendin vertel van haar 5-jarige Engelse buurvrou. Dié weet te vertelle dat sy 'n Afrikaanse liedjie geleer het. Dit gaan oor Jan. Hy het Egipte toe gegaan. Toe hy terugkom, is sy vrou baie bly om hom te sien. Sy gee vir hom koffie en hy gee haar 'n soen. Jan Pyramid, Jan Pyramid, Jan Pyramid staan stil... Ek het 'n vleiloerie in my tuin gesien, een warm laatmiddag toe ek teen my beterwete nie vir die koelte gewag het om die water aan te sit nie. Ek hoor hom al jare lank in die reënseisoen, maar moes 'n uur lank google voor ek hom kon identifiseer. Bottelvoël, word hy ook genoem, omdat hy klink soos wyn wat uit 'n bottel geskink word. Ons lieflingdogtertjie in Engeland huil omdat haar outistiese boetie nie saamgaan na 'n verjaarsdagpartytjie toe nie. Hy praat nie, maar nou dag het hy 'fruit' gesê toe hy tussen 'n appel en 'n piesang moes kies. En NO vir iets anders. Dalk NOU, sê my blonde broer. Ons is nog nie seker of hy Engels of Afrikaans gepraat het nie. Nou is ek so diep, ek weet nie meer wat die punt is nie. My ma het eenmaal, jare en jare gelede toe Afrikanervroue nog gemaak het of hulle onderdanig is, vir 'n baie, baie belangrike inspekteur, een met 'n knypbord en notas wat haar haar werk en vrede kon kos, gesê: Meneer, ú weet en ék weet ú praat nou st**nt. Ek miskien ook. e

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 20 April 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die April-uitgawe.

Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar ’n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met ’n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en Henk na die Skimberge toe. Maar hulle kry teëspoed: hulle beland in ’n ravyn en verdwaal in ’n woud. Wanneer hulle met die woud se inwoners kennis maak, begin hulle die Skimberge se geheime te verstaan, en die ondersoek word ’n fabelagtige avontuur met verrassende gevolge...

Alle boeke van Tafelberg is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.tafelberg.com


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.