Esprit de corps Sept/Okt 2016

Page 1

Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

sept•okt 2016 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Jockeying around on Casual Day >15

Die veelkantige wêreld van Suidwes

>5 mpy-esprit 3 personeel-esprit 24

>5

>12

>20

>16

popcorn

26

agterstoep

28


Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

moenie d it misloop nie! bespre ek sommer n ou

inhoud mpy-esprit

esprit is hierdie maand in pienk geklee om vroue wat met bors­kanker gediagnoseer is, te ondersteun. Die pienk strikkie is deel van die wêreldwye bewusma­ kingsveldtog teen die behandeling, voorko­ ming en vroeë diagnose van borskanker. Ons dink ook aan ons kollegas wat met die siekte gediagnoseer is en dit oorwin het.

agustus se

kompetisiewenners wat is die prentjie?

Die prentjie is van 'n gebuigde koeldrankstrooitjie. Johan van der Watt (aankoper/ stoorman het reggeraai. Komplot, deur André Kruger, sal binnekort aan jou gestuur word.

wille woordesoek Maria Maripa (algemene werker, Hertzogville Kontreiwinkel) het die woorde raakgesien. Die twee woorde was slappap en maatla. Maria, jy sal binnekort jou prys ontvang. Corrie Oldewage met haar boek Bielie Bybelpretboek 2 wat sy gewen het.

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za

Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saam­gestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

Lorraine Samaai skryf: "Hierdie boek noem ek 'n wonderbare geskenk. ’n Boek so na aan ’n vrou se hart. Ek glo ek sal die boek baie geniet. Dankie aan die Esprit de Corps-span." Lorraine was die wenner van die boek Vroue van die Bybel.

Uit die lede, vir die lede 3 Kortliks 4 Die veelkantige wêreld van Suidwes 5 Gesels-gesels deur die gebied 6 So leer on mekaar ken en verstaan 7 Sy vind balans tussen die boere, die ‘baas’ en die begroting 8 Die vrou wat elke dag vasgryp – Carpe Diem 9 ‘n Jaar van deeglike opleiding 10 Gulde geleentheid vir opkomende boere 10 Harde werk beloon 10 All work and some play at Vryburg 11 Nuwe stuurman aan die stoor 11 Jongboertjiedae bly steeds gewild 12 Die Mario’s marsjeer 13 Loslitdag 2016 14 ‘n Rooi ballon vir omgee 20 Leef in volkleur 21 Emmers vol genade 22

personeel-esprit Sy nuuskierigheid word toe ‘n boerdery 24 Kleurvolle erfenis 24 Ons groet ‘n kollega 24 Lief en leed 25 Langdienstoekennings 25

popcorn-pretblad

Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za

Wegsteek-kompetisie 26 Uitslag van kompetisies 26 UItblinkers in krieket 27 Thomas in aksie 27 Tegnologiese genot! 27

Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za

agterstoep

Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za

‘Finding’ Matsie Kompetisie: wat sê die prentjie?

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za

Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Yvandre Scholtz – yvandres@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

28 28


Uit eie bodem uit die lede vir die lede

maatskappy-esprit

"Soos baie ander landboubesighede in Suid-Afrika, ervaar Suidwes die heeltyd druk om aan te pas by omstandighede. Die fokus vir die bestuur is om binne die raamwerk van die visie en missie van die Maatskappy, strategieë en planne te ontwikkel wat Suidwes sal posisioneer om groter, sterker en beter te word. Dié proses gaan ’n positiewe impak op ons aandeelhouers hê, hulle risiko verminder en horisonne verbreed. " Herman van Schalkwyk Hoof Uitvoerende Beampte

D

ie nuwe kernstrategie vir

die toekoms van Suidwes Landbou is die gevolg van ’n strategiese beplanningsessie wat die direksie vroeër vanjaar gehou het. Hierdie strategie word verwoord in die nuwe leuse: “Uit die lede vir die lede”. Die leuse gee gestalte aan die unieke waardes, doelwitte, die visie en die kultuur van die Maatskappy. Gedurende die werksessie het die direksie ook ’n oorhoofse raamwerk, met die beginsels vir strategiese planne vir elke afdeling en filiaal van die Maatskappy, bespreek. "Die tyd is ryp vir die heroorweging van die Maatskappy se strategiese rigting," sê Herman van Schalkwyk (Groep HUB) “Ons visie vir die Suidwes Landbou van die toekoms is om een van die beste landboubesighede in die land te wees, wat binne- en buitelandse geleenthede ontgin om te groei en risiko te verskans. Die Maatskappy moet opnuut geposisioneer word om die ’Eerste Keuse’ vir lede, kliënte en personeel te wees. Suidwes gaan alles doen om die beste waarde-vir-geld-diens en -produkte te

lewer en deur volgehoue vernuwing aan die voorpunt van dienslewering te bly.” Die direksie het ook realistiese uitdagings, oor die korter en lang termyn, vir wins voor belasting en die aansporingskortingskema voorgestel. Die idee is om die Maatskappy se koöperatiewe karakter te behou, terwyl daar deurgaans na vernuwing gestrewe word. Hier­die koöperatiewe kultuur moet verseker dat lede en hulle belange altyd voorrang geniet.

Ander sake wat ook aandag gekry het is: • Onderskeid moet getref word tussen die missie- en visiestellings vir die landbouen Africum-bene van die Groep. • Uitbreiding, aankope en samewerkings­ ooreenkomste sal voortdurend oorweeg word om die veranderende landskap ten volle te benut. • Ambisieuse groei van alle ondernemings van die Maatskappy sal ’n fokus bly en die nie-winsgewende besigheidseenhede sal omgedraai word om ’n bydrae tot die Maatskappy se groei en sukses te lewer. e

september•oktober 2016

esprit de corps

3


<kortliks>

kortliks

GROEI is Suidwes se oogmerk Hansie Viljoen, voorsitter van die Suidwes-direksie.

Die Algemene Jaarvergadering is op 21 September in die Boeresaal op Leeu­ do­ringstad gehou waar die Jaarverslag in Afrikaans en Engels bespreek is.

"Met my verkiesing as voorsitter van die direksie en dr Herman van Schalkwyk as die nuwe Groep Hoof Uitvoerende Beampte, word ’n nuwe era ingelui vir Suidwes," sê Hansie Viljoen (voorsitter van die Suidwesdireksie) in sy boodskap in die Jaarverslag wat in September by die Algemene Jaarvergade­ ring bespreek is. "Die direksie en die bestuur is hard aan die werk met nuwe strategieë en planne om Suidwes te herposisioneer om tot voordeel van sy eienaars te groei." Hansie sê plaaslike en internasionale geleenthede word geïdentifiseer en groei­ geleenthede vir Suidwes word ontleed vir moontlike toetreding. "As ’n landboumaatskappy bly Suidwes beginselvas geskoei op sy koöperatiewe oorsprong en beginsels en word alle nuwe inisiatiewe ondersoek en ontleed om vas te stel hoe dit die medeeienaars van die besigheid sal bevoordeel."

Boer van Stella wen sleepwaentjie

Hennie van Staden van Industria Steel (borg en vervaardiger van die waentjie), Herman van Schalkwyk (HUB), Hans le Roux (wenner) en Hannes Heroldt (Takbe­ stuurder Stella Kontreiwinkel) by die oorhandiging van die waentjie.

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

in die FeedX-promosie wat gedurende Junie en Julie aangebied was, kon ’n gelukkige klant ’n sleepwaentjie ter waarde van R21 000 wen. Hans le Roux, ’n boer van Stella, was die man wat breed geglimlag het toe hy as die wenner aangewys is! Hennie van Staden van Industria Steel het die waentjie vervaardig en geskenk. "Die inskywings het letterlik ingestroom om die waentjie te wen. Suidwes bedank graag vir Hennie vir sy groot skenking, dit het die promosie ’n goeie hupstoot gegee," sê Annette Neethling (Produkbestuurder).

maatskappy-esprit

Die Suidwes Bunker (direk langs Senwes Silokompleks) in Wesselsbron is so amper propvol.

Suidwes skenk meubels

Sunelle van Rooyen (agter, tweede van regs) oorhandig meubels aan die Disability Centre in Kgakala namens Suidwes.

Jannie aan die stuur van Meganisasie

Jannie Louw (besturende direkteur van Agrifriend) is as die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte: Meganisasie aangestel.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Die veelkantige wêreld van Suidwes

Kleurvolle Rubik-kubusse en baniere met die nuwe slagspreuk in die voorportaal van die hoofkantoor verteenwoordig Suidwes se nuwe beeld en strategie.

D

ie wat nog wonder hoekom daar sulke groot bont blokke in die voorportaal van die hoofkantoor staan, kan ontspan. Suidwes Landbou gaan nie in ’n speelpark verander nie – hoewel daar wel soms by die werk ’gespeel’ word. "Dit is deel van die nuwe energie wat die Maatskappy soos ’n tsunami vorentoe sal dryf," het Herman van Schalkwyk (HUB) by inligtingsvergaderings wat regoor die bedieningsgebied gehou is, verduidelik. ’Uit die lede vir die lede’, die nuwe slagspreuk van Suidwes, en die baniere wat Suidwes visueel uitbeeld, gaan in die toekoms gebruik word. Suidwes se voetspoor strek nou van Tosca in die Noordwes provinsie tot in Humansdorp in die Wes-Kaap. "’n Wyer voetspoor versprei die Maatskappy se risiko en die groter omset lei tot meer bedingingsmag vir rabatte en ander korting by verskaffers," het hy gesê.

Handel wil waarde toevoeg

Die uitdaging vir Suidwes se han-

delsafdeling is om in verafgeleë dorpe steeds standhoudend besigheid te doen. Volgens Patrick Nelissen, HUB: Handel, kan die Kontreiwinkels nie net pryse met ’n persentasie verhoog om wins te maak nie, dit moet waarde toevoeg. “Ons versprei tans ons risiko deur in ander gebiede betrokke te raak. Ons fokus byvoorbeeld ook op aktiwiteite soos besproeiing in die regte gebiede en het ook ’n loodsprojek begin om te kyk of winkels binne swart woongebiede lewensvatbaar kan wees. Verder het ons ’n proses begin om eenvormige produkte en reekse in al ons Kontreiwinkels aan te bied. So kan ons ekonomie van skaal toepas en beter pryse beding. Die winkels het nou 80% eenvormige produkte.” Ander projekte waarmee Handel tans besig is: • Kunsmis: Kunsmis word direk van Gavilon aangekoop en aan die boere verskaf. Gavilon is ’n Amerikaanse maatskappy wat self ’n mengeenheid in Suid-Afrika opgerig het. Hulle

het Suidwes genader om die bemarking te hanteer. • Nuwe handelstakke: ’n Splinternuwe besigheidskompleks word in Bothaville opgerig met ’n Kontreiwinkel, onderdelesentrum, werkswinkel en finansieringskantore op die nuwe perseel. Dit behoort in Maart 2017 te open. Die nuwe handelstak in Delmas open in Desember 2016 sy deure.

Rubik se kubus, wat nou deel is van Suidwes se nuwe veldtog, dui op die komplekse en veelkantige wêreld waarin Suidwes sy bestaan maak. Die kleure en blokkies beeld die ekonomie, politiek, tegnologie, personeel, lede, klimaat en ander omgewingsfaktore uit. Die Maatskappy vorm die kern, of die as, van die kubus en verander, soos die kubus, voortdurend in ’n dinamiese omgewing waarin verskuiwings en aanpassings gemaak moet word om by die nuwe uitdagings aan te pas.

Meganisasie – sterker en groter

Die Meganisasie-afdeling van Suidwes het ’n nuwe leier. Jannie Louw, die nuwe HUB: Meganisasie, het by die inligtingsvergaderings gesê dat hy opgewonde is oor die pad wat Suidwes en Agrifriend saam gaan stap. Met die New Holland en die Case-handelsmerke in die stal, kan ons mededingend handel­ dryf en diens lewer, veral wat werkwinkels betref. Jannie glo dat hy tans ’n klein, maar goeie personeelkorps het met goeie interne produkte en goeie

boere wat slim werk – daarmee behoort hulle sukses te bereik. Hy het boere aangemoedig om met hom kontak te maak, sodat knelpunte uitgestryk kan word. Dit is duidelik dat Suidwes Landbou, selfs in die huidige swak klimaatstoestande, steeds strategieë in werking stel om boere, kliënte, personeel en aandeelhouers te bedien. Die direksie en uitvoerende bestuur van Suidwes het ’n plan vir elke gebeurtenis. e

september•oktober 2016

esprit de corps

5


maatskappy-esprit bothaville

fokus

Gesels-gesels deur die gebied Personeel kon as’t ware die kaalkop waarheid uit die perd(e) se bek hoor by personeelvergaderings wat onlangs gehou is. Herman van Schalkwyk (HUB) en sy span bestuurders is besig om al die personeel op hulle tuisgrond te besoek. Die besoeke het op 9 September op Hoopstad begin en hulle maak die laaste

draai op 28 Oktober op Tosca. Nogal by die Ascot Kuiergat op Tosca, ’n baie gepaste plek om die laaste groot gesels te hou! "Ons wou graag die personeel persoonlik ontmoet en informeel gesels terwyl ek die nuwe strategie oordra," sê Herman. Elke hoofuitvoerende beampte het oor sy afdeling gesels en die nuwe koers wat Suidwes inslaan,

verduidelik. "Ons is opgewonde oor die nuwe leuse wat ons vir Suidwes ontwikkel het en kan sien dat die boere, personeel en ander kliënte dit positief ontvang het," vertel Herman. ’Uit die lede vir die lede’ is die nuwe tref­ reël en slagspreuk vir Suidwes. Dit vat die visie en missie van die maatskappy vas.

hoopstad

Baniere met die nuwe trefreël, Uit die lede vir die lede, is in lokale waar personeel bymekaar gekom het, vertoon. leeudoringstad

christiana

wesselsbron

wolmaransstad hertzogville en boshof

6

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

So leer ons mekaar ken en verstaan Hoopstad

Die Uitvoerende komitee het die nuwe visie en missie van Suidwes Landbou op ’n ’road trip’ geneem en personeel, aandeelhouers en kliënte op 18 dorpe in Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap en Mpumalanga toege­spreek. Daar is afgeskop met Bethal en Delmas in Mpumalanga en die twee dae is baie goed deur boere uit die omgewing ondersteun. "Ons is reeds ’n geruimte tyd besig met finansiering en graanverkryging in dié gebiede en is opgwonde oor die goeie verhouding wat daar reeds bestaan tussen Suidwes en ons klante bestaan," sê Herman van Schalkwyk (HUB).

’n lekker stukkie steak en pap en sous. "Die inligtingsdae bied ’n waardevolle geleentheid vir Suidwes-bestuur en aandeelhouers om relevante en toespas-

like inligting uit te ruil en mekaar beter te leer ken," sê Herman. e

Bethal

Boere luister na Herman van Schalkwyk se aanbieding. Baniere met die nuwe trefreël, Uit die lede vir die lede is in die lokaal vertoon. Herman van Schalkwyk (HUB) en Jan Grey.

Delmas

Patrick Nelissen spreek die gaste op Bethal toe.

Bennie Labuschagne (boer), Herman van Schalkwyk, Patrick Nelissen en Ruan du Plessis.

Hannes (jnr) en Hanners De Beer (snr) boer by Middelburg.

George Potgieter, Ray Coetzee, Thys Strydom en Matthys Erasmus.

Besigheidstrategie bekendgestel

Tydens die inligtingsdae het Herman ’n oorsig gegee oor die Suidwesbesigheidstrategie wat deur Graan, Handel, Finansiering en Megani­ sasie gevolg word. Daarna het die gaste gekuier met

september•oktober 2016

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

fokus

Sy vind balans tussen die boere, die ’baas’ en die begroting

Smit, ontmoet en in hulle gesprek het hy haar aangemoedig om aansoek te doen sou ’n bestuurs­ pos by Reivilo beskikbaar word. "Die hele gedagte was vir my intimiderend, maar sowaar, daar word die pos geadverteer en ek doen aansoek," vertel sy. Sy het soveel moontlike landbou­kennis en -inligting in die hande probeer kry en was baie opgewonde en dankbaar toe sy die pos kry. Sy is in November al drie jaar in dié pos en het baie geleer en ’n liefde vir landbou ontwikkel. Dit wys net ’n mens kan elke dag nuwe dinge leer en ervaar.

Uitdagings

Simone de Villiers het in die drie jaar by Reivilo ’n liefde vir die landbou gekry, sy moes hard werk om in die manswêreld van boerdey aanvaar te word. Bo: Die netjiese en treffende uitstallings in die winkel is sprekend van ’n vrou se oog vir detail.

A

lle mense het stories, maar Simone de Villiers, takbestuur­der by Reivilo Kontreiwinkel, se storie is baie interessant en laat ’n mens net weer besef dat met ’n droom en harde werk enigiets moontlik is.

Van stadsmeisie tot plaasmeisie

As student wat Verbruikers­ wetenskap by die Universiteit van Pretoria studeer het, was landbou glad nie deel van Simone se toekomsplanne nie. Sy was deur en deur ’n stadsmeisie, wat as

8

die gees van ons mense

geleentheidskoördineerder in Johannesburg gewerk het, toe sy met Albert de Villiers (ja, die einste Hardus Vogel van Mollie en Wors) begin uitgaan het. Met Albert se pa se onverwagte afsterwe moes hy die boerdery (ongeveer 60km van Reivilo af) oorneem. Die twee het toe ’n langafstandverhouding gehad. Met hul troue het Simone plaas toe getrek en so ’n plaasmeisie geword.

Toevallige ontmoeting...

Simone het die vorige HUB, Louis

Sy vertel dat dit ’n uitdaging was, en steeds is, om die boere se vertroue te wen. Dit het baie harde werk en deursettingsvermoë gekos om in die manswêreld aanvaar te word - die boere moes eerstehands ervaar dat sy wel bevoeg was om die werk te doen. Mettertyd is sy aanvaar en het selfs die kompliment gekry dat sy meer georganiseerd is as die manlike bestuurders! “Dit was vir my wonderlik om te sien dat ek en die boere werklik saam kon werk en verhoudings bou.” Dis vir haar ’n kompliment wanneer ’n boer na haar as sy persoonlike PA verwys, want dit wys hy waardeer haar en voel dat sy waarde tot die boerdery kan toevoeg. Personeelbestuur is ook ’n uitdaging. Vir Simone is dit belang­ rik om personeel gemotiveerd te hou en seker te maak hulle gee ook hul beste en werk saam as ’n span, want dis al hoe die klante goeie diens kan ervaar. Dit bly ook ’n uitdaging om altyd die klante te probeer help. Omdat plattelandse takke ver van verskaffers is, beteken dit dat daar dikwels planne gemaak moet word om goedere vinnig te kry.

Eienskappe van ’n goeie bestuurder

Op ’n vraag wat sy dink oor watter eienskappe ’n goeie bestuur­ der moet beskik, antwoord sy baie nederig dat sy voel sy het

esprit doen ’n reeks oor vroue wat in ons maatskappy bestuurs­rolle beklee. In geen spesifieke volgorde nie, gesels ons in elke uitgawe met twee van ons kollegas om uit te vind hoe hulle sukses bereik het en wat hulle ’geheim’ is. Ons kuier in hierdie uitgawe by Simone de Villiers en Trudie Badenhorst. nie genoeg ervaring om vir ander mense advies hieroor te gee nie. “Wat vir my werk, is om balans tussen wat die boere, die ’baas’, my kollegas en die begroting, wat van jou verwag word, te vind. Dis nie maklik nie, maar dit leer ’n mens geduld en deursettingsvermoë.” Op ’n verdere vraag oor die voordele wat vroue bo mans in bestuursposisies het, antwoord sy dat vrouens ingestel is op detail en dinge raaksien wat mans soms mis. Vroue kan ook organiseer en vinnig planne maak om dinge vir klante gereël te kry.

In haar vrye tyd ...

Muurbal en tennis is vir Simone baie ontspannend. Sy doen ook graag verskillende soorte kunshandwerk en hou ook van bak. Kosmaak is egter vir haar iets wat net gedoen moet word om darem aan die lewe te bly. Haar groot passie is egter om mooi rokke en klere te maak en as sy groot kan droom dan sal dit wees om haar eie klerereeks1 te skep en te verkoop.

Op haar droomlys

“Ek wil graag nog Argentinië besoek en die beesboere daar se stories hoor. Ek wil die Wilde Weste in Amerika besoek, perdry in hulle platteland, stoordans (barn dancing) doen en net daardie wonderlike natuur en interessante mense beleef en geniet. Enige nuwe aktiwiteit of ervaring is vir my opwindend.” Dit lyk tog of die stadsmeisie werklik in haar hart ’n plaasmeisie geword het! Zelda van Reenen Medewerker

e


Sy is mal oor visvang “want dis die enigste tyd wat ek kan sit en niks doen sonder om skuldig te voel”.

Die vrou wat elke dag vasgryp – Carpe Diem

maatskappy-esprit

e.

maatskappy-esprit

Deon, Trudie, Carlien en Henco by Port Macquarie in Australië waar hulle gaan walvisse kyk het. Links: Dit was nog altyd op Trudie se droomlys om ’n koalabeer te vryf en ’n kangaroe te voer. Tydens die gesin se besoek aan Australië vroeër vanjaar kon sy die droom bewaarheid. Nou droom sy daarvan om eendag ’n regte “gorilla in the mist” te sien, ’n pandabeer te vryf en op ’n olifant te ry … Inlas: Deon en Trudie is buitelugmense, hier roei hulle op die Vaalrivier.

D

ie gesegde: "As jy iets gedoen wil kry, moet jy ’n besige mens vra", is waar van Trudie Badenhorst, Assistent Groepsekretaris. Haar motto is nie verniet Carpe Diem nie. As jy haar vra, sê sy gou dat haar lewe maar baie oninteressant is, maar dit is alles behalwe die geval. Trudie leef werklik elke dag voluit. (Haar motor het selfs ’n plakker, Carpe Diem, op).

Van juffrou tot Assistent Groepsekretaris

Trudie het ’n BA(Ed) en Honneurs in Afrikaans en diplomas in Minimale Breindis­funksie en het vir baie jare skool­gehou. Daarna was sy by volwasse-opleiding betrokke voor sy die pos by Suidwes aanvaar het.

Werk vroue harder?

Trudie glo dat vroue tog harder

as mans moet werk, want die opvatting in die manswêreld bestaan dat vroue nie dieselfde werk as mans kan doen nie. "Vroue moet hulle eers ’n paar maal bewys voordat hulle ernstig opgeneem word. Ons moet buiten die werk wat ons doen, nog ons gesin en huis organiseer en bymekaar hou – hierdie verantwoordelikhede verdwyn nie tydens werksure nie," sê Trudie.

Eienskappe van ’n goeie bestuurder

Trudie glo dat dit baie belang­ rik is dat bestuur­ders na hulle mense moet kan luister en altyd aan hulle kant wees, hulle motiveer en toerus om te groei en presteer.

Besig buite die werksmure

Trudie is al 25 jaar met Deon, Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie, by Suidwes getroud. Hulle twee kinders studeer albei aan die NWU: Henco is in sy finale jaar as onderwysstudent en Carlien is ’n tweede jaar Joer­ nalistiek en Sielkunde-student. Die Badenhorsts is ’n baie hegte gesin wat die buitelewe geniet en daarvan hou om saam die

wêreld om hulle te ontdek. In die weinige niksdoen-tye wat Trudie het, doen sy graag handwerk – veral mosaïek. (Sy maak die mooiste geskenke vir familie en vriende.) "Ek is ook mal daaroor om Mandalas in te kleur," sê sy. Sy ry ook graag fiets en het al vier keer die Argus gery, waarvan een op ’n tandem saam met Deon was. "Die tandem kom glo standaard saam met ’n skeibrief, so maak seker jou huwelik is sterk genoeg," skerts sy. Asof dit nie genoeg is nie, is sy ook nog besig met nagraadse stu­dies: “Vir my meestersgraad in Taalkunde aan die NWU, doen ek navorsing om die rede vir spelprobleme onder eerstejaarstudente te bepaal en hopelik ’n oplossing daarvoor te vind.” Ek wonder of daar iets is wat sy nie doen nie en sy antwoord baie vinnig dat sy niks, maar niks, van kosmaak hou nie - sy eet dit net graag!

Inspirasie

Mense wat hulle drome, om ’n verskil in die wêreld te maak, najaag en dit regkry om steeds dieselfde mense te bly, inspireer vir Trudie. “Ek het vir Rolene

Strauss in die laerskool skoolgehou en sy het toe al geweet sy wil eendag Mej Wêreld wees en ’n verskil maak. Dit is heerlik om haar te sien groei en vandag te weet sy is in haar hart nog presies dieselfde Rolene.”

Op haar droomlys

Op my vraag oor wat sy graag sou wou doen as sy sonder enige beperkings kon droom, antwoord sy: “Ek sou genoeg tyd en energie wou hê om vir soveel mense as moontlik, oud en jonk, kinders en ouers, te verduidelik hoe uniek hulle elkeen bedraad is." Die boeke op haar bedkassie bevestig hoe belangrik hierdie ’bedrading’ van elkeen se denke vir haar is. Herbedraad jou denke (Joyce Meyer), Different children, different needs (dr Charles F Boyd) en Kopskuiwe (dr Melodie de Jager), met darem een fiksieboek, Rogue Lawyer van John Grisham, is tans langs die bedlampie. Trudie tree gereeld as spreker by geleenthede op en bevestig telkens dat elke mens uniek is. "As jy nie jouself gaan wees nie, e wie gaan jy wees?” Zelda van Reenen Medewerker

september•oktober 2016

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

geleenthede

’n Jaar van deeglike opleiding Suidwes lei jaarliks leerlinge op met die oog op die Nasionale Sertifikaat in Graanhanteringsprosesse. "Vanjaar het permanente personeel die geleentheid gekry om die leerDanny Viljoen in die proses om Petrus Morake, Jacob Modise en Daniel Notwane te asseslingskap te volg," vertel Riekie du seer terwyl hulle die trokstoter nagaan. Preez (Opleidingsbeampte). Die studente leer maandeliks ’n nuwe eenheidstandaard aan en praktiese en teoretiese toetse word afgelê. Die foto’s hierby is op 26 Augustus geneem waar hulle besig is om die praktiese been van ’Roetine instandhou­ ding van tegniese en terreintoerusting’ te doen. Die studente moes in hierdie toets ’n trekker, trokstoter en siwwe nagaan en inspekteer om seker te maak dat daar geen olielekke of foute is nie. Die leerlingskap duur twaalf maande en aan die einde van die program word die vorderingsverslag na AgriSeta gestuur wat dan Sien die foute raak – mooi kyk manne!!! die toepaslike sertifikate uitreik. e

Daniel Pelele en Jacob Lekwakwe inspekteer die siwwe.

Simon, Ernst en Michael gaan die trekker na vir foute terwyl Dawid Senatle (met die blou baadjie) die proses assesseer.

Harde werk beloon

Gulde geleentheid vir opkomende boere Suidwes het geld van AgriSeta ontvang om opleiding aan 20 opkomende boere te verskaf. Na suksesvolle voltooiing van die program ontvang hulle die ’NQF 2: Nasionale Sertifikaat in Gemengde Boerdery’. "BathoPele Development Institute het reeds so ’n program ontwikkel en daarom

10

die gees van ons mense

bied hulle die opleiding aan. Die eerste opleidingsessie het in Augustus begin en eindig in Maart 2017," sê Riekie du Preez (opleidingsbeampte). Malcolm Moore (Takbestuurder Bos­ hoff) het die openingsdag bygewoon en Suidwes aan die boere, wat van Boshoff en omgewing afkomstig is, verwelkom

en meer oor Suidwes Landbou vertel. Die opleiding word in die Boshoff-omgewing aangebied. Die studente ontvang opleiding in basiese boerderybestuur, infrastruktuur, hulpbronbestuur en veeproduksie. "Ons wens hulle sterkte toe en glo dat hulle die program leersaam sal vind," sê Riekie.

Israel Seleke (Jnr graanhanteerder Leeudoringstad-silo) het sy leerlingskap voltooi en ontvang sy sertifikaat van Danny Viljoen (Silobestuurder).


maatskappy-esprit 1

vryburg

3 maatskappy-esprit

3

All work and some play at Vryburg

2

4

When Vryburg Country Store does stock taking, they do it in style and go all out! Every staff member has a part in this very important, but often tedious, task. "No clock watchers here!" says Robbie Dawes (Branch manager) proudly. However, it was not all work and no play. The staff took a well-deserved lunch break to replenish their strength. 1. Tommie en Percy van Vryburg-tak is gereed vir ’n stewige middag­ ete na ’n lang dag se tel. 2. Marita voel versterk na middagete en is gereed vir die tweede skof. 3. Chris Wentzel van Vryburg dink diep oor die tweede porsie. 4. Wellboy, David, Vusi en Kagiso lê weg aan die heerlike kos. 5. Susan van Zyl (Tosca) en Bully Bruwer is die enigstes wat werk! 6. Oom Alfie kyk dat Katty mooi tel. 7. Sara waarvoor of vir wie kruip jy weg? “You can run, but you cannot hide …” 8. Lynn Eksteen van Vryburg help vir Herriet Nicodemus van Bloemhof om tuis te voel by ons. 9. Elizma het al haar kos opgeëet en is gereed vir ’nagereg’. 10. "Wat kom nou weer na tweehonderd-drie-en-vyftig?" Alet en Marita hard aan die tel. 11. Edwin, het hulle jou alleen tussen die rakke agtergelaat? 12. Eugan Badenhorst geniet die dag weg van die rybaan af. 13. Jerome het weer baie te sê! "Jy moet reg tel, hoor!" 14. ’n Weermag is nodig om al die koper-bybehore te tel. Sterkte, ouens! 15. Felicity en Given geniet die tellery. "Sy laai in en hy tel."

5

6

8

9

7

12 10

11 15

Nuwe stuurman aan die stoor Tommie Pretorius is die nuwe stoorbestuurder by Vryburg. "Hy het die groot taak om duisende tonne veevoer, landboutoerusting en boumateriaal uit die Vryburg stoor te verkoop," sê Robbie Dawes, Takbestuurder.

13

14

september•oktober 2016

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

Jongboertjiedae bly steeds gewild

WOLMARANSSTAD

jongboertjies

Soos gewoonlik is die Jongboertjiedae uitstekend bygewoon. Twee jongboer­ tjiedae is onderskeidelik op Wolmaransstad en Bultfontein gehou. Die fokus van die dae was op Entrepreneurskap en die Braaikuikensprojek het groot aftrek gekry. Suidwes doen moeite om die kinders aan die groter wêreld van landbou en boerdery bekend te stel. ’n Vol program wat onder andere skaap­skeer, groente plant en wolsorteer insluit, word vir die toekomstige jongboertjies aangebied. Hulle ontvang elkeen ’n rugsak met die jongboertjie-logo op en die magies word vol gehou met heerlike versnaperinge en ’n middagete.

BULTFONTEIN

Die jongste Jongboertjies is aan boerdery bekendgestel.

So maak mens jou hande vuil.

Die lesing oor wolsortering lok groot belangstelling uit. Jongboertjies leer om saailinge oor te plant.

Elke jongboertjie droom oor so 'n trekker!

12

die gees van ons mense

Rugsakke met die Jongboer­ tjie-logo is aan elke gas gegee.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Die mario's marsjeer KORPORATIEF/SEKRETARIAAT se kleurvolle, prettige Mario Bros.-kostuums en hulle uitbundige gees het aan hulle die trofee vir die algehele wenners van Loslitdag besorg.

Nicolize Coetzee (middel) ontvang die prys vir die 'mees engergieke' kollega! Bridgitte Mathews sê sy het haar dogehou en nie een keer het sy die hokkiebal en -stok gelos nie!

Lezelle van Zyl (PA Korporatiewe Finansies) ontvang die trofee namens die afdeling van Franjo Viljoen, voorsitter van die personeel­komitee, (links) en Bridgitte Mathews (direkteur).

Jandrie Roux het die toekenning ontvang vir die kollega wat beste in karakter gebly het.

'Koning' Aubrey Marais en 'Koningin' Talita Verwey is onderskeidelik as die besgeklede man en vrou aangewys.

Patrick Nelissen (regs) het die prys gewen vir die karakter wat die moeilikste was om mis te kyk! Volgens Bridgitte was Pooh Bear (regs) ook die gewildste karakter.

september•oktober 2016

esprit de corps

13


omgee 14

ma

Let the fun and games begin! Get ready for the biggest, baddest Casual Day ever! On your marks, get set and go… it’s Casual Day 2016! Great footballs of fire, what to wear for Casual Day? That was the question in the minds of Suidwes staff. As usual, they wanted to go big – or not at all! "Paint your face in the colour of your team, get out your bats, racquets, balls and wacky hats. Pump up the volume, feel the need for speed, keep the score, get your game on and head for the winning post. Keep the flag flying to show your commitment to improving the world for persons with disabilities. Whatever you do, don’t let the side down," was the message on the website of Casual Day 2016. And Suidwes upped their game – in a big way! The Mario Brothers, hockey teams, tennis players, royal chess players, race horses and jockeys, netball teams and casino gamblers joined in this most worthy cause on 2 September. Casual Day is South Africa’s foremost fundraising campaign for persons with disabilities and is the flagship project of the National Council for Persons with Physical Disabilities in SA (NCPPDSA). This day has become a firm favourite on the calendar of many of South Africa’s businesses as a corporate social investment initiative. Approximately 4 500 companies, 100 schools and 400 organizations rendering services to persons with disabilities are participating. It is an excellent opportunity for corporate team building, whilst also making a contribution to one of the country’s most vulnerable sectors of society; persons with disabilities.e

die gees van ons mense

netball dolls


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

jockeying around

moush-tannies september•oktober 2016

esprit de corps

15


maatskappy-esprit

omgee

it's-a me, mario!

place your bets

six love!

16

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

maak jou skuif

skaakmat september•oktober 2016

esprit de corps

17


maatskappy-esprit

omgee

let the games begin ...

vryburg

socks and stoks 18

die gees van ons mense

VRYBURG SE ’MEISIES’ WYS BEEN >> Robbie Dawes, Chris Wentzel en Bully Bruwer sit die beste voetjie voor.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

olympic gold hertzogville

ALMAL NEEM DEEL>> Personeel van Hertzogville Kontreiwinkel en Meganisasie is opgetof vir Loslitdag. Agter: Jim Mofadi, Jacob Mhlotshana, Johan van der Watt en George November Middel: Wynand Brits, Alti Roos, Alma Meintjies, Maria Maripa, Edith de Koker en Daniel Horniet Voor: Barry de Wet, Christelle de Wet, Mariaan van Dyk, Sam Baan, Job Sehloho en Willem Bosha

september•oktober 2016

esprit de corps

19


maatskappy-esprit

’n rooi ballon vir omgee "Jou eerste woorde was in my hart Al was ek jare baie diep verward Het jy ’n woord gesê en hier diep in my hart kom lê ..."

omgee

Dit is die woorde uit ’n liedjie wat die sangeres, Cordelia, geskryf het, terwyl sy deur moeilike persoonlike uitdagings moes werk. Cordelia het by die damesoggend, wat ná die pret van Loslitdag aangebied is, as gaskunstenaar opgetree. Sy het nie net gesing nie, maar ook vertel van haar landswye ’Rooiballon-projek’. "Ek het hierdie projek, waar rooi ballonne aan mense uitgedeel word, aangepak omdat ek glo dat

tyd en omgee meer werd is as geld," verduidelik sy. Hierdeur wil Cordelia Suid-Afrikaners aanmoedig om vir iemand wat eensaam, hopeloos of siek is, ’n rooi ballon – en hulle tyd – te gee. “Ek verstaan daar is fisieke uitda­ gings en finansiële nood, maar mense het emosionele behoeftes ook en dit is waarop ons wil fokus, om liefde en omgee te wys. Dit is iets wat geld nie kan koop nie.” Die gedagte agter dié projek is dat die kleinste gebaar die grootste verskil kan maak. “Ek is mal oor ballonne, dit is vrolik en bring hoop. Rooi simboliseer liefde," sê sy. Cordelia het almal teenwoordig aangemoedig om ’n "Gee net jou tyd en stap ’n pad saam rooi ballon vir iemand, wat op die oomblik swaar kry of met mense wat ondersteuning nodig moedeloos is, te gee. e het." – Cordelia

Rooi ballonne en pragtige tafelversierings skep ’n vrolike, vroulike atmosfeer vir die damesoggend waar die sangeres, Cordelia, en Dalene Nel, ’n motiveringspreker, die vroue vermaak en toegespreek het.

Die jongste dametjie by die geselligheid was ’n droom van haar mamma, Martine Vermeulen wat waar geword het.

20

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Leef in VOLKLEUR

Dalene Nel, motiveringspre­ker en lewensafrigter, glo dat die potensiaal om elkeen van jou drome waar te maak, binne jou eie bereik is. Dit was ook die boodskap van haar praatjie wat sy by die damesoggend in Leeudoringstad aangebied het. Dalene het beklemtoon dat ons ons lewens in volkleur kan leef deur ’n paar aanpassings te maak. "Gee jouself ’n punt uit tien – hoe gelukkig is jy regtig? As jy nie met oortuiging minstens ’nege’ kan antwoord nie, is iets besig om jou geluk te steel," sê sy. Dalene het haar eie suksesverhaal as inspirasie gebruik om as voore beeld te dien.

Sunelle van Rooyen open met skriflesing en gebed.

Die geheim om in vol­ kleur te leef, sê Trudie Badenhorst, begin met ’n aksie. En daarvoor moet jy ’n plan hê, sê sy. Trudie het die damesoggend, wat na die Loslitoptog gehou is, geopen en die sprekers aan die gaste bekend gestel. "Ons het elkeen drome wat ons graag wil verwesenlik, maar hoe kan ons dit bewaarheid? Hoekom gebeur dit dat daar niks van ons voornemens kom nie?" Volgens Trudie is daar twee redes hiervoor: Eerstens besef ons nie dat ons denke moet verander voordat enigiets

anders kan verander nie, daarom is Efesiërs 4:23 so belangrik, sê Trudie. “Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink.” (Die Boodskap) Tweedens dink ons dat ons nie die vermoë het om ons denke te verander nie. In Joyce Meyer se boeke, verduidelik sy dat ons wel aktief kan werk aan ons manier van dink in plaas daarvan om ons negatiewe gedagtes net passief te aanvaar. (2 Kor 10:5 “Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.”) “Die brein is ’n spier wat geoefen moet word

om nuwe paadjies te vorm,” vertel Trudie wat ook ’n kundige op breinfunksie en –profiele is. “Ons negatiewe gesindheid is soos ’n pap motorband, as jy dit nie omruil nie, gaan jy nêrens kom nie. As ons dus passief bly, gaan ons denke steeds negatief bly. Niks gaan verander nie.” Daag jouself uit om van nou af jou drome daadwerklik en met ’n plan na e te volg.

september•oktober 2016

esprit de corps

21


maatskappy-esprit

spesiaal

Emmers vol genade

By die onlangse Seisoene Damesoggende wat onder andere op Wolmaransstad, Christiana en Vryburg gehou is, het ons kollega, Trudie Badenhorst, oor genade gesels en dit aan die hand van hierdie staaltjie omskryf: In Washington staan 'n klein seuntjie op 'n dag voor die bekende Washing­ tonmonument. Dit is vir hom vreeslik mooi en hy vra die sekuriteits­wag wat daar staan of hy nie die monument by die wag kan koop nie, hy het 34 sent by hom. Die wag lag net, en sê vir die seuntjie dat die 34 sent heeltemal te min geld is vir so 'n monument. 'n Bedrag van $34 miljoen gaan dit nie eens kan koop nie. Die jong mannetjie is erg afgehaal. "Maar hoekom wil jy betaal vir die monument," vra die wag, "jy is dan 'n Amerikaner, die monument behoort reeds aan jou – dit behoort aan alle Amerikaners." So is genade ook, het Trudie vertel, as jy aan God behoort, is genade reeds joune. Genade kan nie verdien word nie, kan nie gekoop word nie, dit is bloot God se guns aan Sy kinders. Daar word 173 keer na genade in die Bybel verwys en God se laaste woorde aan ons in Openbaring 22:21

22

is: "Die genade van die Here Die saal op Wolmaransstad is sprokiemooi versier. Jesus sal by almal wees." Aan die hand van nog 'n staaltjie het Trudie verduidelik dat genade in baie vorms na ons toe kom. Die staaltjie vertel van 'n ou vroutjie wat net 'n stukkende gieter gehad het om haar tuin mee nat te maak. Aan die einde was haar tuin die mooiste in die dorp omdat sy orals tussen die put en die tuin water uit die stukkende gieter gemors het. "Ons almal probeer altyd die mooiste en beste in alles Jannie Moolman is gewillig om saam met die gaste vir foto’s te poseer. kies en wees, maar dis juis daardie gietertjies vol gate, wat wyer kan besprinkel, as die perfekte gieters," het Trudie vertel. Die damesdae het 'n vol program gebied wat 'n handwerkprojek ingesluit het. Gaste het geskenkies ontvang en hulle verlustig in die goue stem van Jannie Moolman, een van SuidAfrika se talentvolste en gewildste sangers. Bo en onder: Dit verg groot konsentrasie terwyl die kreatiwiteit blom. Die wenners van die gelukstrekkings het geskenk­ pakke van Jack's Paint ontvang. Die Seisoene Damesklub bied lede groot voordele soos lewenslange lidmaatskap, afslagkoepons, 'n tweemaandelikse tydskrif, gereelde tuinboudae, be­ derfoggende en vele meer.e

die gees van ons mense

wolmaransstad

Jack's Paint het geskenkpakke geborg.

Juwele, ingemaakte produkte en ander items is uitgestal en het groot aftrek gekry.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

vryburg

Engeli le Roux begelei Jannie Moolman op die klawerbord. Marita Burger oorhandig 'n geskenkpak van Jack's Paint aan Jeanette Rossouw.

christiana

Jannie Moolman beweeg tussen die gaste deur terwyl hy sing.

Jannie Moolman knoop ’n geselsie aan met ’n aanhanger.

Robbie Dawes heet die gaste welkom.

Annette Neethling, Jaydene de Jager, Trudie Badenhorst en Bridgitte Mathews was van die sprekers.

Bo links: Drupmatjies met die tema 'Emmers vol genade' is van die geskenke wat die dames ontvang het

Bo: Jack’s Paint het 'n verfdemonstrasie gehou en die items geborg.

Bo: Sunelle van Rooyen oorhandig ’n geskenkpak aan ’n gelukkige wenner. Gaste het elkeen 'n bordjie met die woorde 'Geloof Hoop Liefde' ontvang wat hulle kon verf. Jack's Paint was die borg van die verf, kwaste en bordjies.

Heleen van der Merwe (regs) en Simone de Villiers (heel regs) was gassprekers.

september•oktober 2016

esprit de corps

23


personeel-esprit

Sy nuuskierigheid word toe ’n boerdery

kollegas

Chris Kotze (Plaagbe­ heerdien­ste) se nuuskie­ righeid het in ’n lonende besigheid ontwikkel en hy kan nie voorbly om die sampioene wat hy kweek, te lewer nie. Chris het deeglik navorsing gedoen voordat hy besluit het om oestersampioene te kweek. Hy vertel ons meer van dié interessante boerdery. Oestersampioene is vir die eerste keer in 1871 deur ’n Duitser met die naam Paul Kummer, gekweek. Dit is die eerste keer kommersieel deur die Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog as ’n voedselaanvul­ling gegroei. "Ek het verlede jaar begin met die oprigting van die gebou waarin ek die sampioene kweek," vertel Chris. Die hele gebou is geïsoleer om die regte omgewing vir groei te skep en Chris kan nou heeljaar sampioe­ne groei. Die humiditeit moet tussen 80% en 85% gehou word afhangende van die groei­

stadium waarin die sampioene is. Ou lug moet vier tot agt keer per uur vervang word omdat hoë vlakke van koolstofdioksied in die groeiproses vrygestel word. Die groeiproses neem drie tot vier weke. Oestersampioene groei op mieliereste, koringstrooi, houtsaagsels, koffiemoer of papier. Chris-hulle gebruik koringstrooi wat fyn gesny en gesteriliseer word. Die spore word met die strooi gemeng en in sakke geplaas waarin gate gesny word. Na die sampioene vir ’n tyd in ’n inkubasiekamer was, word dit na die groeikamer geneem. Dit neem vier tot sewe dae voor die eerste sampioene geoes kan word. "Na baie swoeg en sweet is dit nou by sekere supermarkte beskikbaar. Ons moet nog baie bemarking doen omdat mense nie die produk ken nie," sê Chris. Kontak Barbara by 076 150 5154 vir bestellings.

Kleurvolle erfenis

Chris Kotze verpak die sampioene so en bemark dit onder die handelsnaam Mushgrow.

Die gebou waarin die sampioene gekweek word, voldoen aan spesifieke voorskrifte.

Die sampioene groei deur die gate wat in sakke gesny is. Die sakke bevat die spore wat met fyngesnyde koringstrooi gevul is.

Ons groet ’n kollega Venessa Matlawe (Admin Christiana Kontreiwinkel) het op 6 September tragies verongeluk. Venessa was van Desember 2015 deel van die Suidwes-span. Ons gaan haar lewenslustige geaardheid baie mis en ons harte gaan uit na haar familie in die moeilike tyd.

Ons groet ’n kollega My dierbare vriendin, jy wat altyd bekkig was het in my hart kom kruip. Jy met jou hart van goud. Jou verhouding met God was vir my besonders, op jou reguit manier het jy ons almal op die regte pad gehou.

24

die gees van ons mense

Op Erfenisdag het drie kollegas in tradisionele drag werk toe gekom. Elizabeth Lenyora, Joyce Mogotsi en Emily Kgosi lyk pragtig in hulle helder­kleurige uitrustings. Regs: Elizabeth Lenyora – Sesotho

Met jou weggaan Christiana toe het ons jou gemis, ons het telefonies kontak gehou. En altyd sê jy, "Onthou tannie, ek bid vir jou." Vir jou was reg, reg. En verkeerd, verkeerd. Jy het swaar aangepas, Christiana was soms ’n las. Tog het jy nie afgewyk.

Bo: Emily Kgosi – Seswati Regs: Joyce Mogotsi – Izulu)

"Ons harte is seer oor ’n groot verlies. Venessa het ’n baie diep spoor in ons harte gelos, sy was altyd daar met ’n glimlag of ’n woord van bemoediging. Sy het almal altyd laat lag dat die trane loop. Venessa was baie spesiaal en ons gaan haar baie mis." Petra Steyn (Ontvangsbeampte: Leeudoringstad Handel)

Die regte manier was al manier, tone het jy soms blou getrap maar jy het geen snars gewyk. Ek onthou nog jou sêgoed waarvoor ons so kon lag. Daar was nooit ’n vaal dag met jou in die rondte. Ons gaan jou mis, vriendin, mag jy in vrede rus. Annetjie Marx (Admin Handel Leeudoringstad)


g. ne ns

Haak die knoop deur Danny Viljoen (Silobestuurder Leeudo­ ringstad) en Adri Muller het die knoop deurgehaak. esprit wens hulle alles van die beste toe vir ’n lang en gelukkige huwelik.

Ervaar die gees van ons mense

langdienstoekennings • sept/okt

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan sunellevr@suidwes.co.za Ons is bly saam met: • Danny Viljoen (Silobestuurder Leeudoringstad) en Adri Muller is op 3 September getroud. • Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) se seun, Raykie, is vir die Westelikes-krieketspan gekies. • Ben (Bestuurder: Eiendomme) en Dalene Lubbe (Kredietbestuurder: Maandrekeninge) se seun, Jean-Pierre, is vir die A-krieketspan van die KOSHdistrikte, gekies. Julle is in ons gedagtes: • Katrien Esterhuizen (Admin-beampte Stella Kontreiwinkel) se ma is oorlede. • Tos Esterhuizen (Silobestuurder Bloemhof) was in die Anncronkliniek in Klerksdorp opgeneem met longontsteking. • Thys Visagie (Snr Assist. Silo-bestuurder Hallatshope) was in Wilmedparkhospitaal Klerksdorp. Toetse het getoon dat daar bloedklonte in sy long was. • Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) se ma is in die hospitaal opgeneem. • Casper Heymans (Snr Silobestuurder Bamboesspruit) het ’n hartomleiding ondergaan.

20 jaar

• Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) se ouma is oorlede. • Bettie Dunhin (Snr Bestuurder: Verhandeling) se ma, Rina Maritz, is oorlede. ONS GROET ’N KOLLEGA: • Venessa Matlawe (Admin Christiana Kontreiwinkel) het op 6 September verongeluk.

5 Jaar • Mnr ND Mabankwe (Wolmaransstadwerkswinkel) • Mev PRM Potgieter (Bloemhof-silo) • Mnr W Salomane (Migdol-silo) • Mnr D Grobler (Nvirotek) • Me E Keyser (Nvirotek) 20 jaar • Mnr Donald Maolwane (Verkoops-asst) • Mnr Thomas Mahlatsi (Graanhanteerder Hoopstad) 10 Jaar • Mnr MK Mokoene (Wolmaransstadwerkswinkel) • Mnr JL Beukes (Hoopstad-werkswinkel) • Mev MP Mashoko (Wolmaransstad Kontreiwinkel)

10 jaar

10 jaar

Johnny Brown (Rekenmeester Krediteure) oorhandig aan Joyce Mogotsi (Sr klerk Krediteure) haar 10-jaar dienssertifikaat.

5 jaar

John Modisadife (Assist Silobestuurder) ontvang sy 10-jaar dienstoekenning van Willie Botha (Silobestuurder Hoopstad).

5 jaar

Edward Mohajane se dogter, uitgevat in tradisionele drag, het by haar pa in die winkel op Wesselsbron ingeloer.

20 jaar Donald Maolwane (Verkoopsassistent) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Martie vd Westhuizen (Winkelbestuurder).

M Mahugala (petroljoggie Hoopstad) ontvang sy 20-jaar dienssertifikaat van James Wille (Takbestuurder).

Thomas Mahlatsi (Graanhanteerder Hoopstad) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Willie Botha (Silobestuurder Hoopstad).

10 jaar

15 jaar

Johnny Brown (Rekenmeester, Krediteure) met sy 20-jaar dienssertifikaat.

• Me MJ Mogotsi (Handel: Krediteure) • Me Gladys Motsamai (Hoofklerk, Krediteure) 15 Jaar • Mnr MT Mothibi (Migdol Kontreiwinkel) 20 Jaar • Mnr Johnny Brown (Rekenmeester, Krediteure) • Mnr M Mabugola (Hoopstad Kontreiwinkel) 25 Jaar • Mnr KH Seiphetlho (Bloemhof-silo) 40 Jaar • Mnr A Olifant (Christiana Kontreiwinkel)

personeel-esprit

. s

lief & leed

Matebesi Mothibi (Junior Klerk) ontvang sy 15-jaar dienssertifikaat van Naudé Maree (Takbestuurder Schweizer-Reneke).

Gladys Motsamai (Hoofklerk, Krediteure) ontvang haar 10-jaar dienssertifikaat van Johnny Brown (Rekenmeester, Krediteure).

september•oktober 2016

esprit de corps

25


EEK! Weet jy wat dit kan wees?

Raai wat is die antwoord? Verbind die syfers en kleur die prentjie in.

Begin by nommer 1 en eindig by nommer 90 om die prentjie te voltooi.

Ken jy die storie in die bybel van Jona? Gaan lees die boek Jona in die Bybel weer en vul dan die blokkiesraaisel in. 1 2

3

4

wegsteek-kompetisie 5

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie sampioentjie in esprit verskyn (hierdie een uitge­ sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Mosaïek Jou volledige gids, wat deur LAPA uitgewers geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel sampioentjies Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 15 November 2016

Die korrekte aantal varkies wat in die Augustus-uitgawe versteek was, was 28. Niemand het al die varkies raakgesien nie. Hier is die bladsye waarop die varkies weggesteek was. Daar was 6 pers, 7 oranje, 8 turkoois en 7 bruin varkies versteek.

26

die gees van ons mense

6

Dwars

AF

2. 4. 5. 6.

1. Waarheen God vir Jona gestuur het. 3. Waarheen Jona wou vlug.

Hoeveel dae was Jona in die vis se maag? Jona het dit onder in die skip gedoen. God het dit gestuur oor die see. God het dit gestuur om vir Jona in te sluk.


Raykie van Rooyen, Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) se seun, is vir die Westelikes-krieketspan gekies.

Jean-Pierre Lubbe, Ben (Bestuurder: Eiendomme) en Dalene Lubbe (Kredietbestuurder: Maandrekeninge) se seun, is vir die A-krieketspan van die KOSH-distrikte, gekies.

Tegnologiese genot!

popcorn

Uitblinkers in krieket

Thomas in aksie

Thomas Middleton (Graanhanteerder Vryburg-silo) is onlangs gekies as heelagter vir die Luiperds. Profert Oliënpark in Potchefstroom is die tuisveld van die Luiperds Rugby-unie. Thomas het 12 van sy span se 27 punte met die skopskoen aangeteken in die wedstryd teen Griekwas. Die Luiperds het met 27 /23 geseëvier. Die Luiperds sal die volgende paar naweke te staan kom teen die Blou Bulle, die Limpopo Blou Bulle en Botswana.

Soos die meeste millennium-kinders, is Hennie van Zyl, Cas en Jeanette Rossouw se kleinseun, heel bedrewe met elektroniese toerusting. Of dit nou ’n rekenaar, slimfoon of tablet is, hierdie knaap verstaan! Hy wys gou vir mens hoe om ’n speletjie te speel – kyk hoe geniet hy dit – die ene konsentrasie.

september•oktober 2016

esprit de corps

27


agterstoep

’Finding’ Matsie

kompetisie wat sê die prentjie?

M

atsie is weg. Spoorloos. Nou moet ek vir haar instaan. Ek is glo die mees verantwoordelike een en die mees ’able bodied’. Ons, dit is nou hoofsaaklik ek, moet Matsie vind. Milla is te emosioneel, sy is tans hopeloos – nog nooit oor die laaste twee dae opgehou huil oor Matsie nie. Mens sou sweer Matsie is reeds ’oorskot’ gerapporteer. Ek het lanklaas iemand met soveel oorgawe sien treur oor iemand wat vir seker nie oorskot is nie. Iemand wat so geweldig moerig is, soos Matsie was toe sy laas gesien is, gaan nie ’iets onverskilligs’ doen nie, in elk geval nie aan haarself nie. “… en wat van gekaap en aangerand en lê iewers in ’n stegie in die middestad?”, kerm-kla Milla deur die trane. “Niemand in die ganse middestad is onnosel genoeg om ’n bemoerde tier in ’n stegie te probeer vaskeer nie.” Ek het met die suster by die hospitaal gepraat – die laaste persoon wie Matsie gesien het. Dié het oor haar laaste oomblikke met Matsie só vertel: “Ek sou nie eens met haar oor die foon wou praat, al het sy my uit die C-Max se eensame afsondering gebel nie, nee ek het nog nie ’n mens gesien wat in so ’n kort tyd só boosaardig kon raak nie.” Nou ja, ek was laas by die rede waarom ek die uitverkorene is om die Bennie Griesel (lees Deon Meyer) van hierdie verhaal te wees. My vriend, aldus die Prins, soos Matsie hom tot onlangs nog genoem het, is onkapabel – dit is hy wat in die hospitaal lê, waar Matsie hom gaan besoek het toe sy laas gesien is. Dit was ’n baie kort, intense besoekie. So, die Prins kan nie die speurwerk doen nie, die Erfgenaam lê sy beendere in die son en braai iewers aan die weskus van Afrika op ’n strand – “Waar daar geen selfoonopvangs is nie!” Milla huil konstant. Dus is niemand anders beskikbaar vir speurwerk nie. Logies het ek die spoor by die hospitaal begin volg, nie lank na Matsie daar uit is nie. Lank genoeg egter om geen spoor van haar in die hospitaal of die paarkeerterryn te sien nie, maar kort genoeg om nog die gemoedsvakuum in die witgeskrikte Saal D van die Harthospitaal te beleef. In Saal D hou hulle veral ouens aan wie se senuwees hulle harte oor ’n lang genoeg tydperk koggel dat die harte die lywe aanval. So vind ek my vriend die Prins in Saal D. Spierwit in sy hartgeteisterde wange. Die ’swoesj’ van Matsie se uittog hang steeds in die siekesaal. Al ses die manne daar se oë is steeds groot en hulle kneukels klem nog spierwit aan hulle lakens toe ek daar instap. Duidelik was daar pas ’n orkaan hier deur of ’n EFF-rally oor “White males must fall”. Voor ek verder gaan, laat ek myself net vir die rekord in die rede val, ek is blindlojaal aan my vriende. Maar, die Prins, sy saak lyk maar dun. In ’n hof sou die ’defence’ baie mooi moes verduidelik. Die Prins verduidelik baie mooi aan my toe ek hom uitvra oor die orkaanskade in Saal D. En ek verstaan wat hy sê, maar selfs ek, in my staat van blinde lojaliteit, kan die gate in die verdediging se saak sien. Verstaan eers die volgende: Soos hulle in die ’movies’ sê – VEERTIEN MAANDE GELEDE: Die Prins verruil ’n baie blink, lonende, standhoudende, stabiele loopbaan vir ’n baie klein, riskante, potensiëel lonende eie besigheid. Teen Matsie se gesonde behoefte aan ’n tweede blink, lonende, standhoudende, stabiele loopbaan in die gesin, gaan Prins voort en bedank. So hoop die spanningsvlakke op, die Prins se senuwees koggel sy hart totdat sy hart sy lyf aanval en daar lê hy in Saal D, waar hy vir ten minste een week ’onder medikasie en senubehandeling MOET RUS’ – dokter se orders. En dis waar Matsie Saal D instap. Daar waar die Prins bleek van die toestand waarin hy verkeer lang sy bed staan en met bewerige hande op sy skootrekenaar aan die werk is, finansiële state oor die hospitaalbed gestrooi en sy selfoon tussen sy skouer en oor vasgeknyp ... e

28

die gees van ons mense

Wat sê die prentjie? Stuur ’n snaakse byskrif vir hierdie foto. s Die snaaksste byskrif wat uit die hoed getrek word, wen die boek Komplot wat deur Human en Rosseau-uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sluitingsdatum: 15 November 2016 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die weninskrywing in die Desember-uitgawe.

Die Russiese intelligensie­dienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hulle kontak in SuidAfrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugte­ring van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf ... Komplot is ’n ambisieuse spanningsverhaal waarmee Krüger bewys hoekom hy as een van die beste spanningskrywers in Afrikaans gereken kan word. Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf: www.luxverbi.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.