Esprit de corps Maart 2015

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

maart 2015 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Hou aan om aan te hou aanhou

Dit is lente in Al-Dabbah >6

>5

>9 mpy-esprit 3 personeel-esprit 16 popcorn-pretblad 18

>16

>10

>19

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

"As ons werk, dan werk ons," is handel se motto. Patrick Nelissen, bo, (Groep HOB en HUB) en Nardus Pienaar (Takbestuurder) pak voorraad uit vir die opening van die Wolmaransstad-tak. Kyk op bl 11 hoe 'n groot sukses dit was.

januarie se

kompetisiewenners wat kan dit wees? Die regte antwoord van die prentjie is rose. Danie Venter (Krediet Bestuurder Wesselsbron) is die wenner van Kinders van die duine. Baie geluk.

wegsteek-kompetisie Julle is gefnuik! Die korrekte aantal suigstokkies wat in die Jan/Febuitgawe wegge­steek was, was 18. Niemand kon al die suigstokkies raaksien nie. Kyk op bl 19 waar hulle weggesteek was. Die nuwe weg­steekkompetisie is op bl 18. Ons hoop julle het meer geluk met dié maand se wegsteeekkompetisie.

dis mos die lewe

inhoud mpy-esprit

Hou aan om aan te hou aanhou 3 Kortliks 4 Nuwe lede voel daai GEES 5 Dit is lente in Al-Dabbah 6 Meganisasie goed toegerus met Equip 7 Assessore en mentors skerp hulle kennis op 7 Wat prut in jou pot? 8 Sas en die boom 8 Dié tak bied iets vir elkeen 9 Vryburg Some guys just don't grow up 10 Vryburg feedstore and fuel team players in action 10 Suksesvolle boeredag op Migdol gehou 10 Wollies gaan groot 11 Suidwes se hand is oop vir die gemeenskap - sportspanne geborg 12

personeel-esprit ek + jy = ♥ 16 Lief en leed 17 Langdienstoekennings 17

popcorn-pretblad Kompetisies en uitslae Maak dit self Sport in aksie

18 18 19

agterstoep Roenel van Heerden ontspan met haar boek, Ter wille van Talita, wat sy met die

Jan Pyramid, Jan Pyramid, Jan Pyramid staan stil

20

'wat kan dit wees?'-kompetisie gewen het.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719 Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

Voorbladfoto: Die twee mannetjies weet reeds dat die beste trekkers blou is. Hulle was by die opening van die Wolmaransstad-tak.


maatskappy-esprit

Hou aan om aan te hou aanhou

E

k ken baie bestuurders wat die vermoë het om prestasiedoelwitte te stel met logiese aksieplanne om daarby uit te kom. Baie van hulle sukkel egter om die doelwitte wat gestel is te bereik, hoofsaaklik weens ‘n gebrek aan deursettingsvermoë (tenacity). Dikwels word die beste planne in die wiele gery omdat die omgewing verander het, die ekonomie verswak of ‘n drie-jaar-droogte, soos tans die geval is, slaan toe. Bestuur verloor geloof in die strategie waarop besluit is en slaan dan sommer ‘n nuwe rigting in. Om nie by hulle goedgekeurde strategie te hou nie, is die grootste fout wat veral landboumaatskappye kan maak. Dit is juis omdat die landbouomgewing so erg aan verandering blootgestel is. Dti is egter juis in tye soos hierdie waar die spreekwoord 'If the going gets tough, the tough gets going!' nagestreef moet word. Ons kan almal moedeloos wees oor die droogte en die verlies aan oeste om ons, maar dit is veral nou dat ons die groter prentjie in gedagte moet hou. Suidwes volg al lank 'n kristalhelder strategie ondanks die moeilike omstandighede van die afgelope aantal jare. Dit is ‘n feit dat ons nie in isolasie funksioneer nie, en dat die omgewing gaan ver­ander, dat ons droogte siklusse gaan ervaar en dat ons moeilike ekonomiese tye gaan hê op ons reis na ons visie. Wat egter

Let me tell you the secret that has led me to my goal: my strength lies solely in my tenacity. – Louis Pasteur baie belangriker is, is dat ons moet glo aan die toekoms en ons strategie. Dan het ons net nodig om dit met deursettingsvermoë te bestuur (tenacious management)/ Die Engelse gebruik ‘n woord – 'relentless'. Dit is om onverbiddelik of meedoënloos te wees. Ons moet 'relentless' wees in ons benadering om die doelwitte wat aan ons gestel is te bereik – selfs al word daar daagliks hindernisse in ons pad gerol. Dit is deursettingsvermoë wat ons elkeen aan die dag moet lê – daagliks! Droogtes kom en gaan en daar sal weer nat jare kom, net soos dit oor die afgelope 100 jaar wat Suidwes bestaan gebeur het. Dis die mense en hul benadering wat egter die maatskappy laat werk. Stel ‘n voorbeeld vir jou kollegas en klante en jy sal sien watter effek dit op julle kantoor, winkel of bedryfspunt e gaan hê.

Characteristics of tenacious managers Tenacious managers are: •

Rigorous in supporting and holding team members accountable for meeting individual performance goals.

Relentless in their pursuit of goal achievement (but always ethical).

Stubborn in resisting setbacks.

Tough in the face of adversity.

Courageous in their willingness to deliver praise and corrective feedback.

Inspire staff to perform to their highest potential: •

Lead by example.

Be genuine.

Know your people and make a real investment in each person’s growth and welfare.

Be an energizing force.

Louis Smit Hoof Uitvoerende Bestuurder

maart 2015

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

kortliks

GOSA-simposium lok groot belangstelling Die Suidwes-graanmanne by die onlangse GOSA-simposium. Die simposium is deur bykans 200 afgevaardigdes bygewoon, wat bestaan het uit graanhanteerders soos Suidwes, Afgri, BKB, Kaap Agri, NTK, NWK, Overberg Agri, OVK en Senwes asook die verwerkings- en distribusiebedrywe, finansierders, insetverskaffers en statutêre rolspelers.

Voor: Johan Welman, Petrus Boshoff, Dries van der Linde, Kobus Theron, Hiram George, Albert Kwang en Ryno Jansen. Agter: Koos van de Venter, Casper Heymans, Cecil Gresse, Thys Visagie, Attie Louw, Willie Botha Jacques Pretorius, Albert Jacobz, Chris Venter, Tos Esterhuizen, Hanno Fourie, Johan Botes en Johan Labuschagne.

Suidwes stel Floppy Sprinkler op internasionale platform bekend

Mohammed Al Falasi (inlas) was deel van 'n paneel wat nuwe ontwikkelings in landbou bespreek het. Hy het 'n aanbie­ding oor Floppy Sprinkler gemaak wat groot belangstelling van die gehoor oor die hele wêreld uitgelok het. Khalil Al Shammari, Louis Smit (HUB), Mnr Otaiba en Mohammed Al Falasi Bo: Die stalletjie was gebou om die Floppy installasie voor te stel. Die stalletjie was by die "Global forum for Innovation in Agriculture" uitstalling in Abu Dhabi gehou. John Kerry (VSA Minister van Buitelandse sake) en Prince Charles (van Brittanje) was die key note sprekers oor volhoubare Landbou. Links: Verskeie Ministers en ander hooggeplaastes het Jenaan se stalletjie besoek

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense


maatskappy-esprit

<aanstellings>

‘n Klompie nuwe personeel is onlangs by Suidwes verwelkom en esprit het met die ‘newbies’gesels om te hoor wat hulle alles verwag en hoe hulle hulle toekoms by die maatskappy sien. Vir Arno de Beer, leerling adviseur by Fin, is die groeimoontlikhede by ‘n groot maatskappy met soveel vertakkinge die groot aantrekkingskrag. “Almal hier se hande is altyd oop en gereed om te help waar hulle kan, dit

is soos ‘n familie hier. Nog iets wat ek hier opgemerk het is dat almal hou van braai!” het Arno gesê. Omdat hy nog ‘n leerling is, is elke dag vir hom ‘n uitdaging en hy weet nooit wat die dag voorlê nie. Hy sien uit na elke dag by die werk. Hy wil graag sukses beleef en ook ‘n bydrae maak tot die sukses van die maatskappy. Arno sê voor hy aansoek gedoen het by Suidwes het hy net geweet dit is ‘n groot maatskappy wat uitreik na

Corné Willers (Rekenmeester Graan)

Hannes Eksteen (Kassier Hoopstad Handel)

Natasha Botes (Junior Rekenmeester Graan)

Neels de Witt (Meganisasie Werkswinkel Werktuigkundige Clocolan)

boere en help waar hulle kan. Arno vertel ook dat hy na Leeudoringstad moes verhuis: “Dit is ‘n klein dorpie,” het hy gesê. Vir Natasha Botes (Jr Rekenmeester Graan) was ‘n pos by Suidwes ‘n geleentheid wat sy met albei hande aangegryp het. “Dit is soos ‘n groot familie hier, jy voel dadelik tuis as jy by die voordeur instap en almal ken jou naam – hier word ek raakgesien vir wie ek is,” het sy gesê. Dit is vir Natasha die heel

Johan Lambrechts (Kassier Hoopstad Handel)

Rahaba Behesi (Leerling Suidwesfin)

lekkerste om in die oggend te sien dat die werk van die vorige dag balanseer. “Dan voel ek sommer trots daarop om deel te wees van so ‘n groot span.” Sy ervaar dat dit nog mens-mense is saam met wie sy by Suidwes werk en hulle laat haar geborge voel. Natasha woon steeds in Bothaville en ry elke dag Leeudoringstad toe. Johan Louw is as ‘n leerling by instandhouding aangestel en sê dat hy baie van die maatskappy weet

omdat altwee sy ouers al lank vir Suidwes werk. Hy beskryf Suidwes met die volgende woorde: “Kleurryk, karaktervol, trots en vooruitstrewend.” Wat hom veral opgeval het by Suidwes is die vriendelike, gemaklike omgeeatmosfeer. Wat hom egter die meeste opgewonde maak oor sy pos is die ondervinding wat hy hier opdoen, “dit spreek boekdele en dit motiveer my geweldig.”

Johan Louw (Leerling Instand­ hou­ding Leeudoringstad)

Carmen Ludick (Kassier Vryburg Handel)

Wally Botha (Graanhanteerder Christiana-silo)

Arno de Beer (Leerling Suidwesfin)

maart 2015

esprit de corps

maatskappy-esprit

Nuwe lede voel daai GEES

5


< stories uit soedan >

soedan

Dit is lente in Al-Dabbah Die projek het die afgelope jaar baie gegroei. Hier het baie sweet en trane geloop om te kom waar ons vandag is. Die sukses van hierdie projek hang van elke werker en bestuurder se toegewydheid af. As die werk dit vereis, werk die manne baie lang ure.

Die trekkerdrywers is baie behendig. Daar is nie een kinkel in die plantry nie. Gerald Dunhin beskou die trekkerdrywers as die beste wat daar is. Hulle het die afgelope jaar baie vaardighede aangeleer en is goud werd vir die projekte hier in Al-Dabbah.

Dis lente hier in Al-Dabbah wat beteken dat dit nou planttyd is. Dit is belangrik om vinnig te plant omdat dit gou warm gaan word. Die planter plant twaalf meter breed en as een lengte van die land geplant is, is 3,2 hektaar klaar geplant. Dit is uit die aard van die saak belangrik dat die trekkeroperateurs reguit moet ry en omdat die rye so lank is, is dit baie moeilik. Rhodesgras is die projek se hoofgewas en baie waardevolle ondervinding is die afgelope jaar opgedoen. Plantdiepte en ‘n ferm saadbed is van die faktore wat voortdurend gemonitor moet word. Dit vat so bietjie meer as ‘n week vir die saad om op te kom en in dié tyd hoop en

6

maatskappy-esprit

die gees van ons mense

bid ons vir ‘n goeie stand. Die winter is relatief kort in Soedan maar die hooiproduksie neem tog af in Desember en Januarie, wat die koudste maande is.
Die temperature het egter reeds begin styg en die lengte van die dae neem toe in Februarie. Ons sien dit natuurlik duidelik in die opbrengste. Die Al-Dabbah projek het 9 460 bale hooi in Februarie gelewer. As gevolg van die besproeiing het die voginhoud van die omgewing begin styg en daar is baie dou in die oggend wat veroorsaak dat die baalproses eers 9 uur kan begin. Daar is altyd ‘n span van die onderhoudsafdeling byderhand om meganiese probleme met die balers so gou moontlik op te los.

Johann Pretorius staan hier by ‘n versamelpunt van die bale. Een so ‘n baal weeg ongeveer 470 kg en gedurende Februarie is meer 4 400 ton voer gebaal wat alles na Abu Dhabi via Port Sudan uitgevoer word.

Die manne moet vining baal sodat die bale uitgery kan word en die besproeiing weer aangeskakel kan word. Voor en na elke sny- en baal- aksie word die besproeiing gestop en dit is belangrik om die periode so kort moontlik te hou sodat die gras gou weer water kry.


maatskappy-esprit

< opleiding >

"Gelukkig glimlag Mario Wolvaardt en Jaco van Niekerk nog na die implimentering van die Equip-stelsel. Sterkte aan Meganisasie met die groot uitdaging," sê Riekie du Preez, opleidingsbeampte.

Kobus Moolman, Louisa Mostert en Jaco van Niekerk is gefokus op die implimentering van die Equip-stelsel.

Na maande se harde werk en beplanning het die oomblik aangebreek dat Meganisasie oorgeskakel het na die nuwe program, Equip. Jaco van Niekerk, die groot dryfveer agter die program, het letterlik nagte deur gewerk om die stelsel so volmaak moontlik te kry. "Ons het harde bene gekou en opleiding ontvang, maar gelukkig is die einde in sig," sê Riekie du Preez, opleidingsbeampte. In November verlede jaar het die implementering van die program by Wolmaransstad Mega­nisasie begin. Dit was in elke opsig ‘n vuurdoop vir die betrokkenes waar hulle die geleentheid gekry het om pro­ bleme en foute te identifiseer en op te los. "Die nuwe stelsel was vir die krediteure en kasboekpersoneel 'n uitdaging maar hulle het dit gou onder die knie gekry.

Die fakture word betaal en die bankrekonsiliasie word gedoen, so ons is op die regte spoor," sê Riekie.

maatskappy-esprit

Meganisasie goed Assessore en mentors toegerus met Equip skerp hulle kennis op

Mentors kry ook opleiding Agter staande is Riekie du Preez, Hiram George, Carla du Bruyn, Emily Mohitlhi, dr Pieter du Bruyn, Marlis de Greeff en Roenel van Heerden. Kloksgewys om die tafel sit Marinda Roets, Anja Meintjes, Leon du Preez, Troffel Johansen en Bennie Enslin.

Die volgende bedryfspunte het reeds oorgeskakel na die nuwe stelsel. 14 - 15 Maart • Bothaville, Makwassie, Leeudoringstad en Wesselsbron, 22 Maart • Schweizer Reneke, Migdol, Stella, Vryburg en Bultfontein,

OPLEIDING MET 'N GLIMLAG Kloksgewys van links voor is Estie Koegelenberg, Martie Kruger, Phillip Oelofse, Joseph Modise, Riekie du Preez, Jaco van Niekerk, Osie Oosthuizen, Werner Henning en Ansie Brits.

29 Maart • Christiana, Hertzogville, Bloemfontein, Clocolan, Hoopstad en Bloemhof. "Ek wil graag die personeel hartlik bedank vir hulle harde werk, dat hulle selfs naweke opgeoffer het om die stelsel te implimenteer," sê Jaco van Niekerk.

LEER JULLE OOK TREKKERBESTUUR? Machiel van den Berg, Jaco van Niekerk, Riekie du Preez, Marlise Wessels, Charles Raymond,Flip Mienie en Tiaan Nieuwoudt

maart 2015

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

betrokke

Wat prut in jou pot? POTJIE-MAAK IS SO SUID-AFRIKAANS soos maroelas en biltong en amper elke man, vrou of kind het al 'n skep stomende potjiekos geproe. En waar daar een of meer Suidwesters bymekaar is, word die vure of gasstofies aangesteek, 'n rondeboom swartpot staangemaak, 'n geheime sous by groente en vleis ingeroer en kort voor lank sweef 'n kosreuk deur die lug. Tydens die NG-kerk se potjiekoskompetisie op Boshof het Heleen van der Merwe (takbestuurder Boshof Handel), Karin Muller en Anel Botha die 'Koöperasie Stories'-tent beman en vir Gerhard van Rhyn - die hoofkok - bygestaan. "Ons het die resep maar aangepas soos ons aangaan, want ons moes vir 16 mense kosgee," vertel Heleen. "Hierdie was maar ons eerste poging, volgende jaar moet hierdie boere mooi staan."

Boshoftak se Koöperasiestorie-pot HOENDERPOTJIE 

 1 kg hoender
 Sout
 Growwe swart peper
 Koekmeel om stukkies in te rol.
 2 middelslag uie fyn gekap Gaar rys
 20 ml botter
 2t fyngekapte gemmer 1 knoffel

Van links is Karin Muller, Anel Botha, Gerhard van Rhyn en Heleen van der Merwe.

Sas en die boom Sas O’Neale (Onderdele Bloemfontein) het vir opwin­ ding gesorg toe hy op ’n golfdag in Brandfort met sy afslaan 'n boom tref en die bal ricochet. Toe hy omkyk om sy bal te volg, lê almal plat op die gras! Sas het die prys gewen vir die moeilikste hou …

Riaan Diedericks, Amil Gordon, Ignatius Janeke, Jenny Marais, Maria O'Neale, Sas O'Neale en Ian Banham op die gholfdag wat Bloemfontein Onderdele geborg het.

8

die gees van ons mense

GROENTE: Aartappels, worteltjies, pampoentjies, sampioene, murgpampoentjie, klein mielies

SOUS
 300 ml Tamatiesous
 50 ml Blatjang
 20 ml Worcestersous 2 ml Tabascosous
 50ml Asyn
 50ml Suiker
 5 ml Mosterdpoeier
 15 ml Paprika
 125 ml Water
 METODE: • Gebruik ‘n nommer 3 potjie. Meng alles goed. • Maak jou pot warm en gooi jou botter by. Braai die fyngekapte uie en Gemmer/Knoffel tot die geur uitkom. • Neem die hoender porsies en geur met fyn sout en peper. Rol die hoender porsies in die koekmeel en voeg by. • Roer braai die hoender porsies goed saam met die uie en olie vir so 10min oop.Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie.
Gooi nou jou sous in en laat jou pot stadig prut. • Kyk gereeld na die pot vir 15 minute.
Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde: Aartappels, Wortels, pampoentjies, sampioene. Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook.
Die pot prut so 2 1/2 uur. Toets vir jou smaakmiddels! En skep op! Heleen van der Merwe (Takbestuurder - Suidwes Boshof)


maatskappy-esprit

‘n Dag vol spesiale aanbiedinge en bekendstelling van produkte is onlangs by Leeudoringstad Handel aangebied. Verskaffers het demonstrasies van produkte gehou en die klante was aangenaam verras met die verskeidenheid reekse wat die winkel aanhou. Ryno Rall (takbestuurder, Leeudoringstad) en die personeel het klante bedien en promosie-items uitgewys. "Hierdie tak se vriendelike en hulpvaardige personeel doen moeite met hulle klante en is tot bereid is om sakke vol aankope na klante se voertuig te dra. Die plaaslike VLU het ligte etes verkoop en die heerlike geure het besoekers telkens na die stalletjie gelok," vertel Sunelle van Rooyen, bemarkings­koördineerder. Leeudo­ringstad Handel is daar vir sy klante op elke moontlike manier.

maatskappy-esprit

Dié tak bied iets vir elkeen Beoordelaars se moeilike keuse Zelda van Reenen, Salome Pieterse en Trudie Badenhorst krap kop om 'n wenner van die inkleurkompetisie aan te wys. Kyk die wenners onderaan die bladsy.

Kunstenaars van die toekoms maak hulle merk

maart 2015

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

Some guys just don't grow up...

uitmuntend

Vryburg handel has a couple of promising tractor drivers ... The guys could not resist taking the four wheel lawn movers for a test drive. Some guys ...!

Alfred Letselebe takes the mower for a test drive.

Caiaphas Mokgara (on mower) gets help from Elias Disebo (left) while James Jwili and Paul Motata (far right) supply running commentary.

Godfrey Taele of the Gardening Department imagines how fast he can go.

Vryburg feedstore Suksesvolle boere­dag and fuel team players in action

The feedstore and fuel team guys are always game for a photograph or two.

10

die gees van ons mense

op Migdol gehou

DIE JAARLIKSE BOEREDAG OP Migdol is soos gewoonlik op Martin Coetzee se plaas gehou. Case, Equalizer, Massey Ferguson, verskeie saadmaatskappye en veemiddelverskaffers het saam met Suidwes Onderdele 'n verskeidenheid produkte ten toon gestel. Die damesklub van Migdol het die manne van spyse voorsien en Alna McIntyre (Onderdele-bestuurder: Meganisasie Migdol) sĂŞ die dames was baie dankbaar vir Koos Bezuidenhout en sy span wat die vuurmaak en vleisbraai behartig het.

Suidwes Onderdele stal by die boeredag op Migdol uit. Die mobiele werkswinkel (regs bo) het baie aandag getrek.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Wollies gaan groot

Die dag toe Wolmaransstad Handel sy deure oopgooi nadat die winkel opgegradeer is, is daar op grootskaal feesgevier. OFM se hitmobile het musiek gemaak en klante, personeel en dorpsmense het saamgekuier. Nardus Pienaar, takbestuurder, sĂŞ hy is baie trots op die personeel wat hard gewerk het om die winkel gereed te kry vir die groot opening. Op die foto hierbo is Nardus (middel) saam met twee omroepers van OFM.

maart 2015

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

betrokke

Suidwes se hand is oop vir die gemeenskap

Suidwes Landbou se hand is oop vir die gemeenskap. Die maatskappy borg vanjaar die eerste sportspanne van die skole in die dorpe waar ons betrokke is. Die skole het elkeen dieselfde bedrag van Suidwes ontvang en kon kies of hulle sportklere of ander items wou ontvang. Sommige skole het verkies om gazebo's, ondersteunershemde en sportsakke, om maar 'n paar te noem, te ontvang. "Ons sien dit ook as 'n bemarkingsinisiatief om die beeld van Suidwes as 'n organisasie wat omgee, uit te dra," sĂŞ Sunelle van Rooyen, bemarkingskoĂśrdineerder.

12

Bloemhof 1ste rugbyspan

Frik Venter (Bestuurder Onderdele Bloemhof), mnr C J Visser (skoolhoof), OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof Handel), JP Lidderd (Silo-bestuurder Kingswood) en Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder Bloemhof) by die eerstespan.

Bloemhof gekombineerde skool Hokkie

Hokkie

Middelry van links is Frik Venter (Bestuurder Onderdele Bloemhof), mnr C J Visser (skoolhoof), OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof Handel), JP Lidderd (Silo-bestuurder Kingswood) en Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder Bloemhof) by die sr-hokkiespan.

Middelry van links is Frik Venter (Bestuurder Onderdele Bloemhof), mnr C J Visser (skoolhoof), OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof Handel), JP Lidderd (Silo-bestuurder Kingswood) en Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder Bloemhof) by die jr-hokkiespan.

Netbal

Netbal

Middelry van links is Frik Venter (Bestuurder Onderdele Bloemhof), mnr C J Visser (skoolhoof), OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof Handel), JP Lidderd (Silo-bestuurder Kingswood) en Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder Bloemhof) by die jr-netbalspan.

Middelry van links is Frik Venter (Bestuurder Onderdele Bloemhof), mnr C J Visser (skoolhoof), OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof Handel), JP Lidderd (Silo-bestuurder Kingswood) en Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder Bloemhof) by die sr-netbalspan.

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

Christiana gekombineerde skool Hokkie

Jan de Meyer (Onderdele), Genevieve Ferris (Suidwes Fin), Theo Gerber (Suidwes Handel), Isabel Hattingh (Versekering), Johan Welman (Suidwes Silo), Paul Bester (skoolhoof).

Genevieve Ferris (Suidwes Fin), Theo Gerber (Suidwes Handel), Isabel Hattingh (Versekering), Johan Welman (Suidwes Silo), Paul Bester (skoolhoof).

maatskappy-esprit

o/19 Rugby

Stellaland Laerskool Rugby

Sokker

Gysia Jansen (skoolhoof), SL Fourie (Suidwes Fin verhoudingbestuurder )en Chris Venter (Silo-bestuurder).

Bultfontein HoĂŤrskool

T.J. Kotze (skoolhoof) ontvang die skenking Suidwes van Andre Olivier (Takbestuurder Bultfontein).

Kleinbroek Laerskool

Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder) Hendrik van Zyl (Suidwes Heelgoedere bemarker) J Grobler (skoolhoof) en Chris Tait (Suidwes Takbestuurder Bothaville).

maart 2015

esprit de corps

13


Bothaville Hoërskool

betrokke

Chris Tait (Takbestuurder Bothaville), Hendrik van Zyl (Heelgoedere Bemarker) Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder) Anton Jordaan (HUB Graan) en P.A.L Wessels (skoolhoof).

Bultfontein Hoërskool Netbal

Chris Tait (Takbestuurder Bothaville), Hendrik van Zyl (Heelgoedere Bemarker) Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder) Anton Jordaan (HUB Graan) en P.A.L Wessels (skoolhoof).

Eben Donges Laerskool Netbal

Auret Basson (Onderdele Bestuurder) en Andre Olivier (Takbestuurder Bultfontein), voor in die middel is die afrigter.

Rugby

Chris Tait (Takbestuurder Bothaville), Hendrik van Zyl (Heelgoedere Bemarker) Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder) Anton Jordaan (Hoof Uitvoerende Beampte Graan) en Johan van NIekerk (skoolhoof).

Rugby

Andre Olivier (Takbestuurder Bultfontein) heel regs is Auret Basson (Onderdele Bestuurder) skoolhoof langs Auret is T.J. Kotze.

14

die gees van ons mense

Chris Tait (Takbestuurder Bothaville), Hendrik van Zyl (Bemarker Heelgoedere Botha­ ville), Johan van Niekerk (skoolhoof), Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder), Anton Jordaan (HUB Graan) en die rugbyafrigter.


Hoopstad gekombineerde skool

Loskuil Laerskool

Rugby

Chris Butler (sportorganiseerder Hoopstad Gekombineerde skool) en Mario Wolvaardt (HUB Meganisasie).

Rugby

Vryburg Hoërskool Netbal

Hendrik van Zyl (Heelgoedere Bemarker), AS Meyer (skoolhoof), Chris Tait (Takbestuurder Bothaville) en Inge Oelfken (Suidwes Fin verhoudingsbestuurder).

Hokkie

Gysia Jansen (Suidwes Fin verhoudingsbestuur­ der) M.B. Fuleni (skoolhoof) en Chris Venter (Vryburg silo-bestuurder).

Wim Grobbelaar (Suidwes Fin Verhoudingsbestuurder) Hanro Steenekamp (Takbestuurder Hoopstad) en Mario Wolvaardt (HUB Meganisasie).

Humansvlakte Laerskool

maatskappy-esprit

Hendrik van Zyl (Heelgoedere Bemarker) Inge Oelfken (Suidwes Fin verhou­ dingsbestuurder) Marietjie Hattingh (skoolhoof) en Chris Tait (Takbestuurder Bothaville).

Hokkie

Sokker

Leeudoringstad Laerskool

Christie Oldewage (Adjunk-hoof) Fanie vd Westhuizen (skoolfhoof) Ryno Rall (Takbestuurder Leeudoringstad) Attie Louw (Silobestuurder Leeudoringstad)

Die trotse sokkerspan en hulle afrigters spog met hulle Suidwes Landbou-sportdrag.

maart 2015

esprit de corps

15


spesiale tye 16

Ons vier Valentynsdag elke jaar sonder om twee keer te dink. As jy by 'n winkel instap moet jy net keer of jy pak jou mandjie vol sjokolade-hartjies in blink rooi papiertjies of laai 'n beertjie met 'n hartjie-magie in jou trollie. Om nie eers van die dosyne rooi rose wat elke jaar bestel word, te praat nie. Die viering van Valentynsdag het 'n tragiese geskiedenis. 'n Roomse priester en martelaar, Valentyn, het paartjies in die geheim getrou omdat keiser Claudius huwelike verbied het! Slegs ongetroude mans kon by die keiser se weermag aansluit en te veel jongmanne het militêre diensplig ontduik deur te trou. Toe Valentyn betrap is dat hy huwelike voltrek is hy ter dood veroordeel. Terwyl hy op die voltrekking daarvan gewag het, het talle jong verliefdes hom glo besoek met briefies oor die verkieslikheid van liefde bo oorlog. Dit laat ’n mens aan die slagspreuk van die vervloë hippiekultuur dink: 'Make love, not war'. Valentyn is op 14 Februarie 269nC tereggestel. Hy het glo net voor sy teregstelling ’n nota aan sy vriendin, die dogter van ’n gevangene, gestuur wat gelui het: 'Van jou Valentyn', ’n frase wat eeue later steeds in kaartjies geskryf word.

die gees van ons mense

WYS ONS GEE OM By Suidwes kry personeel 'n drukkie en 'n bont suigstokkie van die personeelkomitee.


Genevieve se Valentynstroue Genevieve McEntee (Verhoudingsbestuurder: Christiana) is op 14 Februarie met Elrich Ferris getroud. Baie geluk!

personeel-esprit

lief & leed

Ervaar die gees van ons mense Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Derék Linde (Groep Hoof Regsbeampte), Annette Neethling (Produkbestuurder: Handel) en Ludi van Heerden (Bedryfsrekenmeester: Handel) met die verwerwing van hulle MBA-grade • Lanelle Loots (Hoofklerk: Posdienste) het haar sertifikaat vir “Fundamental Management Programme” ontvang. • Sylvia (Hoofklerk: Sekuriteite Leeudo­ ringstad Hoofkantoor) en haar man Ewald Taljaard se tweede dogtertjie is gebore. • Dinah Mothibedi (Hoofklerk: Versekering Hoofkantoor) se seuntjie, Austin, is gebore. • Jaydene de Jager (Finansiële Bestuurder: Graan) het haar GR-eksamen geslaag. Julle is in ons gedagtes: • Hannetjie Smit (Ontvangsklerk Bloemhof handel) se man, Bok, was in die hoësorg­ eenheid opgeneem. • Hannelie Augustyn (Verkoopsassis­tent Hertzogville handel) se skoonma is oorlede. • Hester van der Westhuizen (Beheer­ beampte: Graanadmin), was in Bloemfontein-hospitaal vir ‘n angiogram en toetse opgeneem.

• Katrien Esterhuizen (Admin Beampte Stella Handel), het ’n rugoperasie ondergaan. • Hans van den Berg (Werkswinkel Bestuurder Schweizer Reneke) het operasies aan sy hande ondergaan. • Natasha Botes (Jnr Rekenmeester: Graan) se seun, Gerhard, het ’n operasie ondergaan. • Ria Lotz (Jr-rekenmeester: Graan) het mediese toetse ondergaan. • Lou van Wyk (Werktuigkundige Wolmaransstad werkswinkel) se seun, Lourens, is oorlede. • Wim Grobbelaar (Verhoudingsbestuurder Hoopstad) se oupa is oorlede. • Elna Ross (SAFEX Admin Makelaar Hoofkantoor) het ‘n operasie ondergaan. • Marie de Jager (Aankoper Handel Bothaville) se pa het ’n beroerte gehad. • Lene Wilbers (Sr-adminklerk Bothaville), was in die hospitaal vir die verwydering van haar blindederm. • Magda Groenewald (Eiseklerk Leeudo­ ringstad) se moeder is oorlede. • Koos van de Venter (Silo-bestuurder Schweizer-Reneke) het kankertoetse in Bloemfonteinhospitaal ondergaan.

langdienstoekennings maart 5 Jaar • Mnr PI Janse van Rensburg (Leeudoringstad Buite-depot) • Mnr BJ Enslin (Hoopstad-silo) 10 Jaar • Mev VA Coertze (Bamboesspruitsilo) • Mnr GD Mojaki (Hallatshopesilo) • Me MD Legabe (Liassering) • Mnr P Fourie (Bloemhof-silo) • Mnr GM Setsetse (Bloemhof-silo)

Welkom by ons

langdienstoekennings maart 5 jaar

Dinah Mothibedi se seuntjie, Austin.

Sylvia en Ewald Taljaard se dogtertjie.

15 Jaar • Mev IR Muller (Veroerlogistiek) • Mnr JE van den Berg (Hertzogville Handel) • Mnr MM Msokweni (Leeudoringstad-silo) • Me E Ross (Makelary) 25 Jaar • Mej S Kokonyane (Tosca Handel) 30 Jaar • Mej S Kokonyane (Tosca Handel)

10 jaar

Charles Raymond, regs, (Onderdelebemarker) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Flip Mienie (Werkswinkelbestuurder Hoopstad).

Gys van Wyk, regs, (Werktuigkundige) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Flip Mienie (Werkswinkelbestuurder Hoopstad).

maart 2015

esprit de corps

17


Soek die verskille wenner

Maak dit self

Lawalampie wat kook en borrel Maak jou eie lawalampie met hierdie goedkoop en maklike resep. 'n Mens het al die benodigdhede gewoonlik is jou huis. Benodigdhede: 3 glaswaterbottels met proppies, voedselkleursel, kookolie en Alka Seltzer (enige antisuurbruistablet vir sooibrand sal werk).

Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek is, is dié van Anél Louw (Hoopstad Suidwes). Baie geluk jy wen die boek Groen Ham en eiers met die komplimente van Human & Rousseau Uitgewers. Jou boek sal spoedig aan jou gestuur word.

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie krieketkolf in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Brei saam met Vrouekeur wat deur Lapa Uitgewers geskenk is.

1

1. Maak elke bottel net meer as halfvol met olie.

2

2. Vul dan die res van die bottel met water tot 2cm van bo.

Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel krieketkolwe Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 20 April 2015

wat kan dit wees?

3

3. Voeg nou 10 druppels voedselkleursel van jou keuse by.

wenner

4. Breek die bruistablet in vier stukkies en laat sak dit een vir een in die bottel. Wag totdat die eerste stukkie ophou

Die regte antwoord van die prentjie is rose. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, is dié van Danie Venter (Krediet Bestuurder Wesselsbron). Baie geluk! Die boek Kinders van die duine, sal binnekort aan jou gestuur word. Die korrekte aantal suigstokkies wat in die Januarie/Februarie-uitgawe versteek was, was 8. Niemand het egter reg geraai nie. Die boek Brei saam met Vrouekeur sal weer die maand gewen kan word. Hier is die bladsye waarop die suigstokkies weggesteek was, kyk of jy hulle nou kan raaksien. Bls 1, 4, 9, 10, 12, 13, 19, 20.

18

die gees van ons mense

4

5

borrel voordat jy die volgende een ingooi. As jy te veel van die bruistablette op ’n slag ingooi gaan jou oplos­ sing melkerig word. 5. Kyk nou hoe die lava begin vorm en na bo styg.


popcorn

SPORT in aksie

Roeben Robinson (Anli en Berno Robinson) se seun saam met al sy ander spanmaats. Links skop Raykie van Rooyen 'n allemintige skepskop.

Lihan Dunhin (Bettie Dunhin en Gerald Dunhin) se seun.

Kleuters dra Suidwes met trots Hier pronk die babas en kleuters in hulle T-hemde en borslappies wat hulle ontvang het. Hulle lyk al te oulik!

Carita van Zyl, dogter van Susan van Zyl (Ontvangsbeampte Tosca Handel), wat aan gewigstoot vir die dogter o/14 deelgeneem het. Sy is in Hoërskool Vryburg.

Tiana Taljaard

Annemie Coetzee

Janique Strydom

Lihann Kemp

Mikayla Theunissen

Bongiwe Goliath

Anine en Ruan Robinson Leanie Pretorius

Tlhopho Kgosi

Rico Welman

Anke du Preez

Raykie, Sunelle en Rayner van Rooyen se seun in aksie op die atletiekbaan.

Altyd ’n wenner Wen of verloor jy word beloon by Leeutjieland Kleuterskool in Leeudoringstad. Eilana Kotzé dogter van Analie Kotzé (Terratek Hoofkantoor) het ywerig deelgeneem aan die skool se atletiekdag.

Ewan de Beer

Wegsteek kompetisie - Kyk waar was die suigstokkies weggesteek

bl 1

bl 4

bl 9

bl 10

bl 12

bl 13

bl 19

maart 2015

bl 20

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

wat kan dit wees?

Kan jy raai wat die prentjie is? Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen die boek Eggo’s in die Skimberge wat deur Tafelberg Uitgewers geskenk is.

Jan Pyramid, Jan Pyramid, Jan Pyramid staan stil

D

ie stories wat deur my dae teen my vas waai, soos rukwinde en reënbuie, meer dikwels soos die reuk van water in die Karoo, of my ma wat geruik het na Joyparfuum en leer en Omo, dís vir my meer as die werklikheid. Erger of beter as die alledaagse, seker 'n ontsnapping uit verveling, eentonigheid. Ek is diep, né? Lena was Donderdag in die hof. Sy skei van haar man en hopelik van woede, eensaamheid, die ellende van liefde. Bid vir my, vra sy vroegoggend, dat ek nie huil in die hof nie. Laataand stuur sy 'n boodskap: Ek het op die hof se trappies gehuil omdat Terry Pratchett dood is en daar nooit weer 'n nuwe Discworld-boek gaan wees nie. 'n Ver vriendin vertel van haar 5-jarige Engelse buurvrou. Dié weet te vertelle dat sy 'n Afrikaanse liedjie geleer het. Dit gaan oor Jan. Hy het Egipte toe gegaan. Toe hy terugkom, is sy vrou baie bly om hom te sien. Sy gee vir hom koffie en hy gee haar 'n soen. Jan Pyramid, Jan Pyramid, Jan Pyramid staan stil... Ek het 'n vleiloerie in my tuin gesien, een warm laatmiddag toe ek teen my beterwete nie vir die koelte gewag het om die water aan te sit nie. Ek hoor hom al jare lank in die reënseisoen, maar moes 'n uur lank google voor ek hom kon identifiseer. Bottelvoël, word hy ook genoem, omdat hy klink soos wyn wat uit 'n bottel geskink word. Ons lieflingdogtertjie in Engeland huil omdat haar outistiese boetie nie saamgaan na 'n verjaarsdagpartytjie toe nie. Hy praat nie, maar nou dag het hy 'fruit' gesê toe hy tussen 'n appel en 'n piesang moes kies. En NO vir iets anders. Dalk NOU, sê my blonde broer. Ons is nog nie seker of hy Engels of Afrikaans gepraat het nie. Nou is ek so diep, ek weet nie meer wat die punt is nie. My ma het eenmaal, jare en jare gelede toe Afrikanervroue nog gemaak het of hulle onderdanig is, vir 'n baie, baie belangrike inspekteur, een met 'n knypbord en notas wat haar haar werk en vrede kon kos, gesê: Meneer, ú weet en ék weet ú praat nou st**nt. Ek miskien ook. e

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 20 April 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die April-uitgawe.

Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar ’n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met ’n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en Henk na die Skimberge toe. Maar hulle kry teëspoed: hulle beland in ’n ravyn en verdwaal in ’n woud. Wanneer hulle met die woud se inwoners kennis maak, begin hulle die Skimberge se geheime te verstaan, en die ondersoek word ’n fabelagtige avontuur met verrassende gevolge...

Alle boeke van Tafelberg is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.tafelberg.com


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.