Esprit de corps junie julie '16

Page 1

Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

junie•julie 2016

>18 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Mieliereste is soos goud in die hand

Mooiste >19 herfsfoto’s

>7

Building trust in the workplace

Botshepegi mo Badiring >5 >16 mpy-esprit 3 personeel-esprit

20

pitkos 24 popcorn 26

>19

>8

>12

agterstoep 32


Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

inhoud maart/april se kompetisiewenners

wegsteekkompetisie

wat sê die prentjie?

Die korrekte aantal sonneblommetjies wat in die vorige uitgawe versteek was, was 21. Chantel de Lange (Hoofklerk: Suidwesfin) is die wenner van die boek, Jou geldsake. Jy sal binnekort die boek ontvang.

Merie Crafford (Admin klerk: Bloemhof) wen hierdie maand die boek Vir ewig en altyd saam wat deur Lux Verbi geskenk is. Dit sal bin"jislaaik Suzy, you nekort aan outdone yourself. jou gestuur It even brings out word.

my eye colour!"

mpy-esprit Die soet sukses van samewerking 3 Kortliks 4 Botshepegi mo Badiring/ Building trust in the workforce 5 Waar daar water is ... 6 Mieliereste is soos goud in die hand 7 Amalia neem die meel na die mense 8 Spanwerk beloon 10 Hulle blaas ons beuel 11 Bly te kenne 11 Die Rande rol in by NAMPO 12 Betrokke: Hoopstad • Vryburg 16 Alles vir Ma by dié Kontreiwinkel 17 Boeredag vir basiese boerderybeginsels 17 Wen R500 koopbewys 18 Goue lidmaatskap vir elite studente 19 Raai-raai riepa ... en wen 'n prys 19

personeel-esprit Vakansiefoto’s 20 Herfsfoto’s 21 Lilla se mylpaal by Suidwes 22 Langdienstoekennings 22 Danny, jou doring 22

pitkos Vat 'n breek – vat 'n KitKat >> By 'n esprit-vergadering werk die medewerkers nie net hard nie, ons neem ook 'n blaaskans. Agter is Zelda van Reenen, Nici Harmse, Annie Modiakgotla, Herman van Schalkwyk (net daar vir die KitKat), Riekie du Preez, Talita Verwey, Elrina van Heerden en Analie Kotze. Voor is Marlis de Greeff, Yvandre Scholtz en Sunelle van Rooyen. (Annemarie Fouché was nie beskikbaar vir die foto nie, sy ruil nog doeke om tuis.) Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za

Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za

2

Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za

agterstoep

Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za

Wanneer jy twee glase wyn in het ... Kompetisie: wat is die prentjie?

Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za

Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Yvandre Scholtz – yvandres@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

24 24 25 25 25

popcorn-pretblad Soek die verskille Uitslag van kompetisies Besige kinders is gelukkige kinders

Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign

die gees van ons mense

Die sluipmoordenaar Dit raak die mense om jou ook Wat is depressie? Simptome van depressie Dis hoe dit voel ...

26 26 27 28 28


maatskappy-esprit

"Ons moet juis streef na maksimum kruisbestuiwing tussen afdelings onderling en ons bedryfspunte."

Die soet sukses van samewerking

E

k het geleer dat ’n goeie span nie noodwendig ’n wenspan is nie. Op papier kan jy ’n goeie, of selfs ’n uitstekende span saamvoeg, maar die wedstryd is lank nog nie gewen nie – die antwoord lê in die spanwerk. Jy kan al die regte name, die topspelers in die sport, in ’n span saamgooi en sleg verloor teen ’n span met minder van die ’voorste’ spelers net omdat die wenspan ’spanwerk’ as ’n strategie gehad het. Ons het onlangs ongelukkig die resultate hiervan ervaar – dink aan die Springbokke se verloor teen Japan tydens die wêreldbekertoernooi. Gestel die voorry is van mening die agterlyn is te swak en besluit om die bal net voor by hulle te hou; of die senters besluit om nie die bal na die vleuels te laat gaan nie. Sal daar sinergie in so ’n span wees en sal hulle kan wen? Hierdie beginsels geld ook in ’n besigheid.

’n Groot maatskappy soos Suidwes, met kantore oor ’n groot gebied versprei, kan maklik ’silo’s’ begin vorm waar die individu slegs op sy afdeling fokus. So ’n ’silo’ sal nooit daaraan dink dat ander afdelings moontlik voordeel kan trek uit samewerking nie. Juis omdat hierdie silo-vorming so teenproduktief is en spanwerk teenwerk, moet Suidwes baie meer fokus op samewerking tussen afdelings. Inligting moet uitgeruil word en ons moet juis streef na maksimum kruisbestuiwing tussen afdelings onderling en ons bedryfspunte. Ons fokus is immers op ons klante en kliënte wat die beste diens verdien. Ons kan dit soveel beter doen wanneer ons as ’n goed-ingeligte span saamwerk. Ons gaan begin deur ons wydverspreide afdelings gereeld vir vergaderings bymekaar te bring. Die idee is dat ons mense hier inligting

met mekaar moet deel sodat nuwe idees die lig kan sien waarmee Suidwes-aksies geloods kan word. Daar is reeds rolbalspanne uit verskillende afdelings saamgestel om in sommige dorpe toernooie te speel. So word geleenthede vir kollegas geskep om mekaar beter te leer ken en dit stig ook sommer beter betrokkenheid in die gemeenskap. As ons saam lag, word die familie hegter en die Suidwesbasis sterker. Dit maak omgee ook makliker. Suidwes se wortels is stewig in die gemeenskap geanker en berus op koöperatiewe beginsels. Dit is ons fondasie en deur dit te versterk maak ons, ons wegspringblokke vir volgehoue groei beter. Kom ons maak hierdie baie goeie Suidwes­ span ’n wenspan deur in ons koöperatiewe basis te belê. e Suidwes Groete

Herman van Schalkwyk (Groep HUB)

junie • julie 2016

esprit de corps

3


<kortliks>

kortliks

Suidwesfin aan Raddix verkoop Africum Beperk het sy versekeringsbesigheid Suidwesfin aan die Raddix-Groep verkoop en is in die proses om ’n meerderheidsbe­lang in die Groep te verkry. Die Raddix-Groep is in 2012 gestig en bied advies- en tussengangersdienste vir: • korttermynversekering, • oesversekering, • mediese fondse en • kredietlewens en finansiële beplanningsdienste in die Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng en Oos-Kaap. Die Raddix-Groep is ’n geregistreerde Nakomingspraktyk en verskaf nakomingsdienste, besigheidskonsultasie-, finansiële-, menslike hulpbronne- en informasiebestuursdienste aan die finansiële dienstesektor in Suid-Afrika. Besoek die webwerf vir volledige inligting. www.raddix.co.za

Agrifriend Equipment word deel van Suidwes Groep Africum Beperk, 'n volfiliaal van die Suidwes Groep, het ‘n meerder­heidsbelang in Agrifriend Equipment bekom. Hierdie meganisa­ sie­besigheid het kantore in Douglas, Kimberley, Hartswater, Prieska, Humansdorp, Cradock en Golden Valley in die Oos-Kaap. Agrifriend het die Rovic & Leers-agentskap bekom en is tans die grootste Rovic & Leers-agentskap in Suid-Afrika, met produkreekse van Kuhn, Krone, Seko en verskeie ander uit die Rovic & Leers-stal. Agrifriend het ook onlangs die CASE-agentskap in Douglas en Prieska bekom . Die personeel van Agrifriend beskik oor wye kennis en ondervin­ding in die meganisasiebedryf, asook oor ‘n gevestigde kliëntebasis. "Ons beoog om ons huidige kleinhandelprodukte en -dienste verder in die Agrifriend-besighede uit te rol. Suidwes se finansierings­produkte sal ook aan die Agrifriend-kliëntebasis beskikbaar gestel word. Die transaksie pas perfek in by ons langtermynvisie om Suidwes se voetspoor te vergroot en brei ons bedieningsgebied na die Noord- en Oos-Kaap uit," sê Herman van Schalkwyk (HUB). Agrifriend Commodities, wat onlangs gestig is, fokus op die verkryging van graan en die verskaffing van insetmiddele in Agrifriend se bedieningsgebied.

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

maatskappy-esprit

Suidwes Groep behaal uitstekende wins In die 107 jaar wat Suidwes Landbou al bestaan, het die Suidwes Groep die grootste wins in die geskiedenis getoon. In vergelyking met die vorige finansiële jaar is 'n groei van 57.9% behaal. "Wat hierdie resultaat meer merkwaardig maak, is dat ons 40% minder graan as die vorige seisoen ontvang, opgeberg en bemark het," sê Herman van Schalkwyk (HUB). Verdienste per aandeel het met 57.8% toegeneem. ‘n Finale dividend van 13 sent per aandeel is deur die Direksie verklaar, wat op 22 Julie 2016 aan die aandeelhouers uitbetaal word. Die totale dividend vir die jaar beloop 28 sent per aandeel (2015: 10 sent), wat ‘n toename van 180% beloop. Die Opsommende Geouditeerde Finansiële State is beskikbaar op die Suidwes webblad: www.suidwes.co.za.

NviroTek brei diens uit NviroTek het gedurende die afgelope paar maande die tegnologie in plek gestel om dierlewers en -bene te ontleed. Die resultate word deur veeartse vir diagnostiese ondersoeke gebruik. Die sisteem is eers met die hulp van Onderstepoort getoets en die eerste Sablelewers is van ’n veearts in Kroonstad ontvang. Die volgende besending lewers word ontleed vir ’n veearts wat met nagraadse studies besig is. Die inisiatief is geloods om die dienste wat NviroTek aanbied, uit te brei.

Wesselsbron-bunker operasioneel sedert Mei Die Suidwes-bunker op Wesselsbron is opgerig om 40,000 ton mielies te ontvang en sal operasioneel wees teen 20 Mei 2016. Die bunker is opgerig om graan van kliënte uit die Wesselsbron-gebied te ontvang en dan per spoor na kopers te versend. Sodoende kan Suidwes die volledige pakket van dienste aan produsente bied om kompeterend te bly in die gebied.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Botshepegi mo Badiring

Building trust in the workforce

Go le gantsi botsamaisi bo botsa gore re aga jang botshepegi mo badiring, le gore re efoga jang go latlhegelwa ke botshepegi? Ka jalo tsotlhe di tshimologa kwa godimo, mo eleng gore gotshepagala le go tshepiwa go tla diragala fa fela botsaimisi bogolo botla bontsha sekai, mme bo age sekai seo mo lefapheng le karolo nngwe le nngwe.

Management often asks: “How can we build trust in the workforce, and how can we avoid losing it?” Well, it all starts at the very top, since trustfulness – and trustworthiness – can exist only if top management sets the example, and then builds that example into every department and unit.

Seo se ka tlholwa jang Ka go tshimolola le go tshwarelela mo nneteng

Ke motheo wa tshepo mo setheong sengwe le sengwe. Botshepegi bo tshwanetse go tshimolola kwa godimo mme bo ye kwa tlase. Se se raya go tshegetsa di tshepiso le go bua nnete ka gale, go sa kgathalatsege gore go tla nna thata go le kana kaeng. Fa batho ba setheo ba na le boikanyego, setheo se ka dumelwa.

Bua ka pono le dikakanyo

Puo e botlhokwa, mo eleng gore e neelana ka tsela ya tshedimosetso le nnete. Ka go bua dikakanyo tsa setheo, botsamaise bo nna mo seemong sa go tlhalosa ko bo yang teng.

Go tsaya tsia tekatekanyo ya badiri jaaka balekane

Tshepo e tshimololwa ke fa mothapiwa yo moshwa, wa nakwana, kgotsa yo a duelwang letseno le le kwa tlase a ikutlwang a le botlhokwa le go nna karolo ya setlhopa. Se se tshimololwa ke botsamaise kwa ntle ga go nna kgakajana, mme ka go tswela kwantle go kopana le ditlhopa.

Tsepamisa mogopolo mo go aroganeng, gona le go fitlhelela maikaelelo a bongwe

Ha badiri ba ikutlwa gore mongwe le mongwe o goga mmogo go fitlhelela pono e e arogantsweng, gona le motseletsele wa maano a bongwe, dipholo e nna boitshepo. Se ke mowa wa go dira mmogo. Ha setlhopa se dira ka nnete, batshameki ba a tshepana.

Dira se se siameng, go sa kgathalatsege kotsi ya bongwe Ba rotlhe re a itse ka tlhago gore ke eng se se siameng mo seemong sengwe le sengwe. Go latela botlhale jwa tlhago, le go ikgatholosa ditlamorago tsa bongwe jwa rona, seo ka gale se tlhola tlhompo mo go bao ba re potapotileng. Go tswa mo go se, tlotlo e tla nna nnete. Letlhogonolo Senatle

How to build trust Establish and maintain integrity

Integrity is the foundation of trust in any organisation. Integrity must begin at the top and then move down. This means, among other things, keeping promises and always telling the truth, no matter how difficult it might be. If it’s people have integrity, an organisation can be trusted.

Communicate vision and values

Communication is important, since it provides the artery for information and truth. By communicating the organisation’s vision, management defines where it is going. By communicating the values, the methods for getting there are established.

Consider all employees as equal partners

Trust is established when even the newest rookie, a part-timer, or the lowest paid employee feels important and part of the team. This begins with management not being aloof, as well as getting out and meeting the troops. This should be followed by leaders seeking opinions and ideas (and giving credit for them), knowing the names of employees and their families and treating one and all with genuine respect.

Focus on shared, rather than personal goals

When employees feel everyone is pulling together to accomplish a shared vision, rather than a series of personal agendas, trust results. This is the essence of teamwork. When a team really works, the players trust one another.

Do what’s right, regardless of personal risk

We all know intuitively what’s “right” in nearly every situation. Following this instinctive sense, and ignoring any personal consequences will nearly always create respect from those around us. From this respect will come trust.

junie • julie 2016

e

esprit de corps

5


< droogtehulp >

droogtehulp

Waar daar water is ... ’n Vragmotor met waterbottels wat deur ’n skool in Boksburg geskenk is.

S

odra ons die woord ’droogte’ hoor, dink die meeste van ons mos aan landerye en weivelde wat vergaan onder ’n skroeiende son, diere wat swaarkry en soms vrek. Dit is al erg genoeg vir die meeste mense, maar dan raak dit so droog dat selfs dorp- en stadsmense aan wolke en gietende reën dink die oomblik wanneer hulle die woord ’water’ hoor. Gaan die krag af, steek jy ’n kers of lampie op en haal die primus en gasstoof uit, maar as die water opraak, is daar nie ’n alternatief wat jy uit ’n kas kan haal nie. ’n Mamma wat met ’n kleintjie op die heup, kleuter aan die hand en ’n kan water op die kop aansukkel huis toe, maak die Barmhartige Samaritaan in die meeste van ons wakker. Ons Barmhartige Samaritaan, in die vorm van ’n skool in Boksburg, wat graag anoniem wil bly, het ’n groot skenking gemaak! Agri Schweizer het bottels vol water in groot houers, op bakkies, in JoJo-tenks en in afleweringstrokke van Benoni af aangery. Die water is tussen die besighede op die dorp verdeel om in Schweizer-Reneke en Ipelegeng te versprei. Boere met watertenks op vragmotors en trekkers het ’n algemene gesig geword. Die meeste huis­ houdings het ook nou watertenks en drukpompe naby die huis. Jeanette Rossouw

Kassier: Schweizer-Reneke

6

maatskappy-esprit

die gees van ons mense

Groot en klein help water aflaai.

Adele Deal van Ligpunt Elektriese kontrakteurs, se motorkattebak is vol gelaai met bottels water wat hulle besigheid versprei het.

Daniel Seloge (vurkhyserdrywer) laai van die water, wat Agri Schweizer van Benoni af aangery het, by die Kontreiwinkel op die dorp af.

Selfs die plaaslike Polisie het met die verspreiding gehelp.

Een van die vele tenks vol water wat op die dorp aangekom het.


maatskappy-esprit

Groot vragte mieliereste is gratis deur DHL-Global Forwarding na Vryburg, Hertzogville en Wolmaransstad vervoer. Die ernstige droogte het die vermoëns van landbou en boer­ deryverwante bedrywighede negatief beïnvloed. Die gebrek aan reën veroorsaak dat verskeie boere direkte ondersteuning nodig het om te verseker dat hulle vee voldoende voedsame voeding ontvang. Suidwes Landbou en DHL Global Forwarding het onlangs in vennootskap getree om by

die huidige droogtetoestand betrokke te raak en die proble­ me aan te spreek. Boere in die Douglas-area, in samewer­king met Agrifriend, is genader om hulle mieliereste beskikbaar te stel vir droogtehulp. Suidwes het trekkers, balers en perso­ neel na Douglas verskuif om die mielie­reste te baal. Die doel is om 5 000 ton mielie­reste te baal, maar Suidwes het hulp nodig gehad met die aflewering daarvan. DHL Global Forwarding het Super Link-trokke beskikbaar gestel om voerbale na die Vryburg Veevoerdepot en die silo’s op Hertzogville en Wolmaransstad te neem.

maatskappy-esprit

Mieliereste is soos goud in die hand

DROOGTEHULP BEKLINK >> Hansie Viljoen (Voorsitter: Suidwesdireksie), Gert Malherbe (Direkteur), Patrick Nelissen (Groep HOB), Herman van Schalkwyk (HUB) en Ciaran Wheeler (DHL Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie) Voor: Daniella De Pauw (HUB: DHL Global Forwarding ) en Frans Marx (Ondervoorsitter)

Bo: Meganisasie se mobiele werkwinkel­ bakkies was deel van die aksie.

Bo en onder: Suidwes het personeel, trekkers en balers na die Douglasomgewing gestuur om die mieliereste te baal. Bo: Ten spyte van die reën het die laai van die bale voortgegaan. Onder: Nog ’n vrag mieliereste gereed om vervoer te word.

junie • julie 2016

esprit de corps

7


< Suidwes >

maatskappy-esprit

vooruitgang

Amalia neem die meel na die mense Die meule by Wolmarransstad is aanvanklik opgerig vir omruilmaal en het op 1 Augustus 2015 heeltyds begin maal. Die gerealiseerde wins vir die 2015/2016 finansiële jaar was 42,66% beter as wat verwag is met ’n 35,36% opbrengs op kapitaal geïnvesteer. Die meule het aanvanklik net ’super’-meel gemaal, maar maal nou ook ’special’-meel vir die kommersiële mark. Die uiteindelike doel is om 35% van maalkapasiteit van die meule vir omruilmaal te benut en die restant vir kommersiële maal. Die Maatla-handelsmerk is reeds in die mark gevestig en die meel word by Suidwes se handelstakke en silo’s verkoop.

Die foto’s op hierdie bladsy is by die meule op Wolmaransstad geneem waar produksie volstoom aan die gang is.

Bo: Beskermende drag is belangrik om die veiligheid van personeel te verseker.

Bo en onder: Cornelius Sakeng is die behendige vurkhyseroperateur wat die sakke meel na die trokke aanry waar dit netjies gelaai word – gereed om na die afsetpunte vervoer te word.

Seiso Moeketsi (masjienoperateur) hou ’n oog oor die masjiene.

8

die gees van ons mense

Jan Diphela (links) en Samuel Phakedi by die saktoewerkmasjien.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

amalia

Bo, regs en onder: Pensioentrekkers kom elke maand om hulle pensioen te kom haal. Die silopersoneel van Amalia-silo vervoer sakke meel met bakkies na die pensioenbetaalpunte en verkoop dit net daar. "Ons Maatla-meel is baie gewild en die mense waardeer dit baie dat Suidwes dit na hulle toe aanry," sê Hiram George (Silobestuurder: Amalia-silo). Dit is wat ’n mens klantediens noem! Bring die Kontreiwinkel na die koper.

Bo: Groot reklameborde dui die pryse van die verskillende hoeveelhede meel aan. Die borde is strategies geplaas om ook van die pad af sigbaar te wees. Die Maatla-handelsmerk is al goed gevestig en die navraag na die meel groei stewig.

junie • julie 2016

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

resultate

Spanwerk beloon

STELLA

Herman van Schalkwyk en Patrick Nelissen het die gesogte Handelstoekennings by ’n spesiale funksie aan die presterende takke oorhandig. Baie geluk aan elke personeellid wat meegewerk het om hierdie prestasies moontlik te maak. Dit is die resultaat en sukses van effektiewe spanwerk. “Toegewyde personeel en sterk leierskap maak sulke prestasies moontlik. Suidwes kan so die ’Eerste Keuse’ by produsente en klante bly,” sê Herman.

LOUWNA Hoogste omset 2015/2016 : HANNES HEROLDT ontvang die toekenning.

WOLMARANSSTAD

Beste Jag en Slag Uitstalling - A Tak: Pieter Rossouw neem die prys in ontvangs.

TOSCA Hoogste netto wins 2015/2016, Beste groei: Winkel 2015/2016 en ook Beste groei: Stoor 2015/2016: LOURENS KRIEL ontvang die toekenning.

LEEUDORINGSTAD

Beste Jag en Slag Uitstalling – B tak: Tosca: LOURENS SCHOLTZ neem die prys in ontvangs.

REIVILO

Beste groei in Brutowins persentasie 2015/2016 : RYNO RALL ontvang die toekennig.

10

die gees van ons mense

Beste Jag en Slag Uitstalling – C Tak: SIMONE DE VILLIERS neem die prys in ontvangs.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Hulle blaas ons beuel Die eerste indrukke wat mense van 'n maatskappy kry, is dikwels blywend. Daarom is die openbare gesig van enige maatskappy uiters belangrik en die kommunikasie na buite behoort die produk te wees van 'n weldeurdagte en effektiewe strategie. Suidwes is reeds 'n bekende landboumaatskappy en ons naam is goed gevestig. Maar soos met enige lewende produk, is dit nodig om van tyd tot tyd nuwe lewe in te blaas, die beeld af te stof en hier en daar plastiese snykunde toe te pas.

Hou die bemarkingsballe in die lug

Die beeldpoets, bemarking en kommunikasie is die taak van 'n bemarkingsafdeling en die Suidwes Direksie het goedkeu­ ring gegee vir die vestiging van so ‘n afdeling. Vir die laaste sewe jaar het Sunelle van Rooyen en

haar span gespook om al die bemar­kingsballe in die lug te hou terwyl die verskillende divisies elkeen hulle eie inisiatief moes gebruik om produkte en dienste te bemark. Van 1 Julie vanjaar lyk die prentjie heelwat anders. Onder leiding van Herman van Schalkwyk (HUB) en die UK is nuwe doelwitte gestel en ‘n nuwe bemarkingsafdeling gebore. Deon Badenhorst, wat hoofsaaklik die bemarking vir die Handelsdivisie gedoen het, is nader getrek en saam met Sunelle van Rooyen, George Mabiletsa en Lazarus Medupe vorm hulle die nuwe Korporatiewe Bemarkingsen Kommunikasie-afdeling.

Korporatiewe identiteit onder die mooimaak-mes “Ons is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging. Die bemar­ kingsarena het in die laaste jare

Sunelle van Rooyen, George Mabiletsa, Lazarus Medupe en Deon Badenhorst is die nuwe Korporatiewe Bemarkings- en Kommunikasie-afdeling wat van 1 Julie die beeld en bemar­ king van die maatskappy hulle besigheid gaan maak.

geweldig verander en nuwe denkwyses en geleenthede gaan ondersoek word. Die optimale benutting van tegnologie is seker die grootste uitdaging. Ons Korporatiewe identiteit gaan ook weer afgestof word en daar word reeds beplan aan ‘n nuwe reklameveldtog,“ sê Deon.

Doeltreffende bemarking begin by elke werknemer

Die Bemarkings- en Kommunikasie-afdeling gaan baie staatmaak op insette en terugvoer van die personeel. Doeltreffende bemar­ king begin by elke individu in 'n

maatskappy. Deon sê omdat die personeel elke dag met Suidwes se kliënte te doen het, is hulle bewus van die uitdagings en behoeftes op grondvlak.

Personeel gaan meer betrek word

“Ons gaan ook seker maak daar word meer gereeld met die personeel gekommunikeer en die eer­ ste reeks personeelvergaderings word vir Augustus en September beplan. Die nominasies vir die personeelkomitee is ook ontvang en die name sal eersdaags bekend gemaak word,” sê hy. e

Bly te kenne Leeudoringstad Laerskool se Leerlingraad het onlangs kom kennis maak met Herman van Schalkwyk (HUB). Die kinders was vol vrae en na aanleiding van al die ’oees’ en ’aaas’ was dié jong leiers erg beîndruk. "Hulle het my vreeslik uitgevra oor alles en nog wat," sê Herman. Die groep het heerlik saam gelag en gekuier in die Raadsaal wat spesiaal vir hulle bespreek is. Die kinders het vir Herman ’n skoolkepsie gegee en Suidwes het aan elkeen ’n maatskappykepsie gegee.

AANGENAME KENNIS >> Agter is Johan Roux, Drieckus van Heerden (hoofseun), Christie Oldewage (onderwyser), Winé Marais (hoofdogter) en Herman van Schalkwyk (HUB). Voor staan Madelein Mulder, Carla Snyders, Azelle Kotze, Natasha Holtzhausen en Stephan Coetzee. Azelle is Lorraine Kotze (jnr Safex Adminmakelaar: Graan) se dogter. Natasha is Adele Holtzhausen (Beampte: Sekretariaat) se dogter. Drieckus is Elrina (Admin beampte: Silo’s) en Ludi van Heerden (Bedryfsrekenmeester: Handel) se seun.

junie • julie 2016

esprit de corps

11


< NAMPO >

maatskappy-esprit

sukses

Die Rande rol in by NAMPO Suidwes-Kontreiwinkels doen goeie besigheid

O

WATTER GROOTTE MENEER? >> Hantie Marais van Ruggedwear help ’n besoeker om die regte grootte klere uit te kies.

12

die gees van ons mense

ndanks die demper wat die heersende omgewingstoestande op die landbousektor plaas, het Graan SA se 50ste NAMPOoesdag weer vanjaar die gemoedere gelig deur vir lekker landbou-afleiding te sorg. Graan SA sê hulle vierdag-handelskou het vanjaar 75 116 besoekers gelok – ’n rekord. ’n Totaal van 685 uitstallers het vanjaar kom kamp opslaan in Bothaville se groot jaarlikse trekpleister en uitstallers was baie positief oor die goeie besigheid wat hulle daar gedoen het. "Die NAMPO-oesdag het ’n vlak van hoë internasionale status bereik. Van die beste uitstallers ter wêreld volg jaarliks

die pad na Bothaville om hulle produkte en dienste bekend te stel. Suidwes is een van daardie beste uitstallers. Dit is vir ons belangrik om aan ons produsente te wys waarom Suidwes Die Eerste Keuse is," sê Herman van Schalkwyk (HUB).

aan produsente en ander klante voor te stel en te verkoop. Twee vlieë met een klap. Ons hooffokus was hierdie jaar op handel en die gesig van Suidwes – ons Kontreiwinkels," sê Herman. Met dié doel voor oë om Handel en spesifiek die Uitstekende Kontreiwinkels te bemark, bemarkings­geleentheid het Deon Badenhorst en ’n span lank voor die tyd "Suidwes se uitstalling ’n strategie en ontwerp verander van jaar tot jaar. Spesifieke behoeftes word vir die stalletjie bymekaar gesit. elke jaar geïdentifiseer Sunelle van Rooyen, en die uitstalling word George Mabiletsa en daarvolgens ontwerp. "In die verlede het Suidwes se Lazarus Medupe was aan stalletjie op die bemarking die stuur van die oprigting van inligting en dienste van van die stalletjie. Hulle was soos gewoonlik, die die maatskappy gefokus. staatmakers wat baie lank Maar ons het vinnig besef na sluitingstyd nog besig dat hierdie ’n uitstekende geleentheid is om produkte was. Al die personeel wat


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit TROTS SUIDWES >> Agter: Debbie Engelbrecht, Riaan de Lange, Anton Jordaan, Patrick Nelissen, Herman van Schalkwyk en Martin Ehlers. Middel: George Potgieter, Derek Linde en Thys Neethling. Voor: Ben Lubbe

KLANTEDIENS MET ’N GLIMLAG >> Petro Barnes en Rientjie Joubert staan hulle plek vol agter die verkooptoonbank.

die stalletjie beman het, het hulle voete seer geloop en gestaan terwyl hulle letterlik honderde besoe­kers gehelp het. Anize, Rientjie, Petro en Petra was die kassiere wat moes bontstaan om al die transaksies te hanteer. Hierdie jaar het Suidwes soos ’n span saamgewerk en kollegas van NWET en Graan het met verkope gehelp. Ian

Anette Neethling (regs op die foto) neem haar beurt om die klere-uitstalling te beman, ernstig op. Sy sorg dat elke kledingstuk netjies uitgestal bly. Ruggedwear se klere was baie gewild en klante was beïndruk met die uitgebreide produkreeks.

Vermeulen (NWET) moes gereeld voor klante kniel en help met die aanpas van skoene!

Regte produkte teen die regte prys

"Uit die hoeveelheid produkte wat ons oor die vier dae verkoop het, het dit baie duidelik geblyk dat ons Kontreiwinkels die regte produkte teen die regte pryse verkoop en ons

was aangenaam verras oor hoe goed ons produkte verkoop het. Met tye was die toeloop na die stalletjie oorwel­digend," het Deon gesê. Dit was ’n uitstekende oefening vir die bemar­king van die Kontreiwinkels. Bo-en-behalwe die goeie verkope is baie navrae tydens die vier dae, maar ook telefoniese navrae na

>> 14

Sniper- en Freestyleskoenbokse staan hoog gepak. Die Sniper-kinderstewels, nuut in Suid-Afrika, het uitstekend verkoop. Oupas en oumas het tougestaan om dié oulike stewels aan te skaf.

junie • julie 2016

esprit de corps

13


< NAMPO >

maatskappy-esprit

<< 13

sukses

afloop van NAMPO, ontvang. Volgens Deon is die Suidwesstalletjie ideaal geleë en hulle het baie blootstelling aan mense wat buite Suidwes se bedieningsgebied woon, gehad. Die strategie was om te fokus op klere, handgereedskap, buitelewe- en leeritems en produkte vir kinders. "Die Sniper-kinderstewels het veral uitstekend verkoop. Die reeks is splinternuut in Suid-Afrika en ons het hordes oupas en oumas bedien wat dié stewels vir hulle kleinkinders gekoop het". Hi-Tec- en Freestyle-skoene was ook goeie verkopers saam met leer skooltasse. Agrinet se Kaufmann-buitelewereeks was baie gewild en bokse vol vlekvryestaal waterbottels en -glase

is verkoop. Dit het ’n klomp harde werk en goeie beplanning geverg om verkope glad te laat verloop. Daar is baie agter die skerms geskarrel om deurlopend voldoende voorraad beskikbaar te hê. "Ons het baie uit kopers­gedrag geleer wat ons sal help met ons beplanning vir 2017 se NAMPO. Volgende jaar gaan ons nog groter!" sê Deon. Suidwes se tradisionele inligtingstoonbank het ook heelwat navrae hanteer, veral oor finansieringsprodukte, meganisasieoplossings en graanhantering. "Die sukses van hierdie jaar se NAMPO is duidelik uit die aantal navrae en verkope wat elke dag e gedoen is," sê Herman.

NAMPO AFGEHANDEL >> Tyd vir uitspan en ontspan met ’n koue drinkding in die hand. Van links is Petra Steyn, Charlie de Beer, Anize van Wyk, Darius Blommerus, Deon Badenhorst, Morné Steenkamp, Sunelle van Rooyen en Petro Barnes. Jonas Moetlo (NWET) installeer die rekenaarstelsel by die betaaltoonbank. NWET sorg ook dat die betaalpunte met die stelsel gekoppel is.

Die NviroTek-spasie neem vorm aan. Van links is Lazarus Medupe, Frans Sebueng en George Mabiletsa. Die besondere beligting het baie aandag op die stalletjie gevestig.

... van niets tot iets ... Die proses om die Suidwesstalletjie op te slaan het drie dae van kophou en deurdruk geverg. Die stalletjie het ses staanplekke opgeneem. Die plasing van kragpunte en -kabels, beligting, rakke en stoorplek vir voorraad is noukeurig beplan. NWET was verantwoordelik vir die rekenaarkoppelling by die verkoops­ punte. "Die verskillende afdelings het soos een span saamgewerk," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkings­ koördineerder).

14

die gees van ons mense

"Nwet het ’n groot rol gespeel in die sukses van Nampo. Hulle maak elke jaar seker ons het toegang tot die internet sodat Graan ongehinderd Saffex-verhandelings kan doen. Baie dankie Nwet-manne, vir julle harde werk met die voorbereiding van ons stalletjie en gedurende NAMPO en die ekstra myle wat julle geloop het tydens die skou," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder).


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Die strategie om met produkte soos klere, buitelewe- en leerprodukte, handgereedskap asook kinderprodukte op die wyer publiek te fokus, het vrugte afgewerp. Agrinet se Kaufman-buitelewereeks was veral gewild. Suidwes se stalletjie het gewemel van

belangstellende kopers en goeie verkope is gedoen. "Ons het baie uit kopers­gedrag geleer wat ons sal help met ons beplanning vir 2017 se NAMPO. Volgende jaar gaan ons nog groter!" sê Deon Badenhorst.

... en daar was lig Die manne van Instandhouding het 'n reusetaak gehad om goeie en doetreffende beligting vir die stalletjie te installeer. Vir George Delport, links, (Elektrisiën) en Daniel Mohakane was geen uitdaging te groot nie, vertel Sunelle van Rooyen. "Hulle moes baie kreatiewe planne beraam en die goeie beligting het 'n groot impak op ons stalletjie gehad. George en Daniel was baie ywerig en selfs die laatnag werkery kon hulle nie onderkry nie. Dankie julle!" sê Sunelle.

Dit verg geweldige goeie beplanning om ’n stalletjie van hierdie grootte aanmekaar te sit sodat dit effektief funksioneer wanneer die voete jou drumpel deurtrap. Na die beplanning gedoen is, is dit eenvoudig vastrap, min slaap en deurdruk.

junie • julie 2016

esprit de corps

15


< Suidwes gee om >

maatskappy-esprit

hoopstad

betrokke

Kollegas op Hoopstad se hande staan vir niks verkeerd nie. Regs is Alna mcintyre (Bestuur­der: Onderdele) besig om die vloer te mop terwyl Lukas Mahlwane (Junior Bemarker ), regs, breed glimlag terwyl hy besig is met voorraadbestuur, want hy was die vorige dag die ’mopbestuurder’.

vryburg By now we are used to the antics of our Vryburg colleagues, but esprit is certain that this one tops them all! Kagiso Khwele (left) and Wellboy van Wyk (below right) see if they can measure up to the best of the bulls.

Taking the bull by the horns (or snout) >> Kagiso Khwele and Wellboy van Wyk of the Vryburg Country Store ’model’ the top selling calf nose rings.

16

die gees van ons mense

GO FOR GOLD >> Sara Paul (Cashier) receives a R500 Shoprite voucher from Robbie Dawes (Branch manager Vryburg Country Store). She won this prize for processing the most transactions during April – 4857 tansactions! Well done, Sara!


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Alles vir Ma by dié Kontreiwinkel Die Kontreiwinkel op Schweizer-Reneke het suksesvolle promosies vir Moedersdag aangebied. Die uitstallings in die winkel het ook die aandag gevestig op toepaslike produkte vir vroue. Die leerprodukte, handsakke en skoene, was gewilde geskenke. "Snappy Chef en Freestyle het pryse geborg wat ons aan twee gelukkige wenners oorhandig het. Snappy Chef het ’n demonstrasie in die winkel gehou en heerlike slaptjips gemaak. Baie klante was dankbaar omdat ons hulle aan Moedersdag herinner het," vertel Rientjie Joubert (Vloerbemarker).

Garreth Mulder (Snappy Chef) trek die wenner van ’n messestel se naam uit die boks.

Rientjie Joubert (Vloerbemarker) oorhandig ’n leerhandsak van Freestyle aan De Wet.

Naudé Maree (Takbestuurder) trek die wenner van die handsak. Rientjie Joubert en Gina Motlhabi (Kassier) sit hand by.

Die reuk van slaptjips vul die winkel terwyl Garreth die Snappy Chef-kastrolle demonstreer.

Boeredag vir basiese boerderybeginsels ’n Voermolboeredag is op Kleinjan Gasekoma ( huidige Voermol Boer van die Jaar) se plaas naby Reivilo gehou. Ongeveer 80 mense het die boeredag bygewoon en daar is baie gekonsentreer op basiese boerderybeginsels en veral op veldbestuur om beginnerboere te help om genoeg wyding in droogtes te hê.

Van links is Clement en Kleinjan Gasekoma saam met Jan snr. (vorige Voermol Boer van die Jaar) en Jan jr. van Zyl van Kroonvee.

Die roosters kreun onder die braaivleis.

junie • julie 2016

esprit de corps

17


maatskappy-esprit

kompetisie

Suidwes • Koopbewys • Voucher • Voachara sa •

Neelana ka leina! Ons kort 'n naam We need a name Re neve leina la setswana lebentlele leo re tla go le bulang mo motseng wa rona, o nne le tshono va go ikgapela caochara sa makgolo a le matlhano R500 a diranta! Help us with a suitable name in Tshwana for our new Suidwes retail shops in our townships. Stand a chance to win a R500 Suidwes voucher! Help ons om 'n treffende naam in Tshwana vir die Suidwes kleinhandelwinkels in ons townships uit te dink. Jy kan 'n R500-koopbewys van Suidwes wen!

18

die gees van ons mense

kel in die Die eerste win d township Leeudoringsta mber 2016! open in Septe

You can send as many entries as you wish to: 082 881 7461 or deonb@suidwes.co.za or esprit.kompetisie@gmail.com 1. Mark your entry 'Township'. 2. Include your name and contact details with your entries. Closing date: 10 Augustus 2016


maatskappy-esprit

Om vir ’n Golden Key genomineer te word, is 'n groot eer. Nie minder nie as drie van ons kollegas se kinders is uitgenooi om deel van die wêreld se grootste elite akademiese gemeenskap te word. Jana de Lange, Elaine de Greeff en Johesma van der Linde studeer al drie aan die NWU in Potchefstroom. Net 1 150 NWUstudente van die 22 000 is genooi om aan te sluit. Lidmaatskap word slegs op uitnodiging aan die top 15% studente aan kolleges en universiteite van regoor die wêreld aangebied. Nominasies geskied alleenlik op grond van akademiese prestasie. Internasionale organisasie Die Golden Key is ’n internasionaal-erkende nie-winsgewende organisasie wat by meer as 400 kolleges en universiteite regoor die wêreld ingeskakel is. Golden Key is in 2000 in Suid-Afrika ge­ stig en het 14 aktiewe takke met meer as 70 000 lede. Aartsbiskop Desmond Tutu, regter Edwin

Jana de Lange, Riaan (CIO) se dogter, studeer Grondslagfase Onderwys en is ’n tweedejaarstudent.

Elaine de Greeff, Marlis (Bestuurder: Administrasie en Diensbillikheid) se dogter, studeer B.Com. Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge, sy is ’n tweedejaarstudent.

Johesma van der Linde, Dries (Snr Silobestuurder Wolmaransstad) en Melanie (Snr Bestuurder Admin: Graan) se dogter, is ’n derde jaar BEd Snr en VOO-student.

Cameron, Trevor Manuel, Naledi Pandor, Tito Mboweni en Clem Sunter tel onder die Suid-Afrikaanse lede. Wêreldwyd is daar

meer as tweemiljoen lede. Die funksie van hierdie gemeenskap is hoofsaaklik om erkenning aan aka­demiese

uitblinkers te gee en professionele en sosiale kontakte binne die netwerk van akademiese instel­ lings te vestig. e

maatskappy-esprit

Goue lidmaatskap vir elite studente

Raai-raai riepa ...

en wen 'n prys

Ons het dié foto van een van ons bestuurslede ontvang. Herken julle hom? Stuur dan jou antwoord na die e-posadres hieronder en staan 'n kans om 'n prys te wen. Stuur ou foto’s van jouself of jou kollegas en laat almal kopkrap. Ons ontvang graag julle ou baba-, kleuter-, laerskool-, hoërskool-, universiteits-, verlo­wings- of troufoto’s sodat ons almal saam kan giggel en nostalgies raak. Stuur aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk jou inskrywing: Raai-raai riepa Sluitingsdatum: 10 Augustus

junie • julie 2016

esprit de corps

19


vakansiefoto’s

spesiale oomblikke

Kragtiger as die gedruis van baie water

personeel-esprit

Riekie du Preez (Beampte: Opleiding) was met vakansie Knysna toe en het hierdie pragtige foto’s gestuur. "Dit was ongelooflik lekker gewees. Ek wil net altyd daar bly," sê sy. Die woorde “Mightier than the thunders ..." is op ’n rots by The heads in Knysna aangebring. "Toe ek die woorde lees, het ek weer eens besef hoe groot en magtig ons Vader is. Niks en niemand kan SY grootheid verander of oorheers nie. Die lekkerste was om so na aan die natuur te wees, om op die grond en rotse te sit en voor my uit te staar en te weet dit is sterker as die sterkste mens. Dit bring so ’n kalmte en rustigheid oor ’n mens," vertel Riekie. Regs bo: Die bekende posboom in Mosselbaai – die Portugese skeeps­kaptein, Pedro d’Ataide, oppad na die Ooste, het ’n brief in ’n skoen aan dié melkhoutboom opgehang. Die brief het die boodskap oorgedra dat Bartholomeu Dias se skip ter see vergaan het. Links: ’n Jellievis op die rotse Onder: ’n Replika van die karveel waarmee die seevaarders gevaar het in die Bartolomeu Diasmuseum in Mosselbaai. ’n Karveel was ’n klein, ligte en vinnige seevaartuigie.

20

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

yn yl die son nog sk Sing vir my terw in fre re we met ’n lied van die le n van gister se so ie os em g in Dit br id wat kom En die werklikhe re en klank oorde van kleu Skryf vir my w vensterbank jo meprag op u om bl e di n oo rt Ve erval sproei in die wat Wys vir my die ag w se gister En ek dink aan is Herfs of en die kleur Nou het als verd ig sterf ad st er m t die So Dit vertel my da ons lê om ggies sy arms Die wind kom sa sê or per dit vo Dis hoe die Skep

herfskleure

Die herfs het kollegas inspireer om die mooi kleure af te neem. Geniet die foto’s.

Deon Badenhorst se pragtige foto van ’n park in Ashburten naby Christchurch in New Zealand. Hy en sy gesin het onlangs daar gaan kuier.

Bo: Petro Vermeulen het hierdie pragtige boom in Wolmaransstad afgeneem. "Dit was vir my so mooi en lyk nes ’n treurwilger," sê Petro. Onder: Talita Verwey se aalwyne blom vrolik in hulle wintertuin.

Carlien Bates (Senior Klerk Schweizer-Reneke-silo) se twee foto’s wys die herfskleure. Die verskillende kleure van die blare is ’n prentjie op sy eie.

"En die vroëe winter hang sy rooi mantel oor die takke," Hannetjie van der Linde (Betaalmeester).

SOMMER NET MOOI

Gerhardt Schonken vang die sonsondergang mooi vas.

junie • julie 2016

esprit de corps

21


personeel-esprit

spesiale oomblikke

langdienstoekennings • mei/junie

Aninda Schonken (Rekenmeester: Korporatief) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Lilla Grobbelaar (Hoofklerk: Graanlogistiek), word deur Anton Jordaan (HUB: Graan) gelukgewens met 40 jaar diens by Suidwes. Lilla, baie geluk met hierdie groot prestasie!

Lilla se mylpaal by Suidwes Dit is ’n baie spesiale soort mens wat vir vier dekades by dieselfde maatskappy werk. Lilla Grobbelaar (Hoofklerk: Graanlogistiek) het onlangs haar 40-jaar mylpaal by Suidwes bereik. Dit wil gedoen wees! Esprit het met Lilla gesels oor haar hartsdinge en loopbaan. Lilla is ’n gebore en getoë Noordwester, sy is op Wolmaransstad gebore en was daar in die laer- en hoërskool. In Februarie 1976 het sy by die graanafdeling begin werk nadat sy vir twee jaar tydelike werk op Bamboesspruit en Wolmaransstad gedoen het. ’n Mens kan jou indink watter veranderings sy by Suidwes beleef het – waarskynlik genoeg om ’n boek vol te skryf. “Die veran­derings by Suidwes het egter die maatskappy verbeter,” vertel sy. Lilla heg groot waarde aan lojaliteit en bedag­saamheid by haar kollegas

en bestuur. "Dit is omdat ek geniet wat ek doen en die aangename werksomstandighede hier dat ek vir 40 jaar al by Suidwes werk," sê sy. Lilla is baie lief vir die natuur en haar gunstelingplekke is die Weskus en Namibië – veral wanneer dit daar groen is, sê sy. Haar troeteldierkinders is uit die Dachshund-ras (wors­hond), Lilly, Rizzo en Mishca en ’n verskeidenheid slange. “Ek is mal oor mu­siek, veral boeremusiek, seekos, baie koffie en ’n hanepootjie,” sê Lilla toe ons haar uitvra oor haar smaak in die ’alledaagse dinge’. Lilla en haar lewensmaat, Jo, is vir 29 jaar reeds ’n paartjie en hulle geniet dit om saam voëls te kyk en verkies die rustige lewe op die platteland. Dié twee ken mekaar van skooldae af. “Ons gaan in Augus­tus vir ons ’n huisie by die see uitsoek,” vertel sy van hulle plan vir die toekoms. Lilla se raad aan nuwe toetre­ ders tot die werksmark is: "Wees pligsgetrou en leer so veel as moontlik, en nie net oor jou eie e werk nie."

Links: Mishca is die nuuskierige een en het haarself leer sit.

22

die gees van ons mense

Anél Marx (Bestuurder: Graanadministrasie), ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Kollegas, familie en vriende van Graan het by Die Sterretjies Kombuis op Klerksdorp gekuier om die langdiensmylpale te vier.

Lorraine Kotze (Jnr SAFEX Admin Makelaar) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Danny, jou doring! Danny Viljoen (Silobe­ stuurder Leeudoringstad), regs, het sy MMP-kursus by die NWU op Potchefstroom geslaag. Attie Louw (Snr Silo­ bestuurder Leeudoringstad) wens hom geluk.


lief & leed langdienstoekennings • mei/junie

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan sunellevr@suidwes.co.za Ons is bly saam met: • Riaan (Graanverkryger) en Isabel Janse van Rensburg het ’n kleinseun ryker geword. Hulle seun Wikus en sy vrou Alet, is die trotse ouers van Ruan, hy is op 2 Junie gebore. • Dries (Snr Silobestuurder Wolmaransstad) en Melanie van der Linde (Snr Bestuurder Admin: Graan) se dogter, Johesma. Sy het die gesogte Golden Key-toekenning ontvang. Julle is in ons gedagtes: • Cornelius Scheepers (Assist Silobestuur­der Makwassie) se broer is oorlede. Ons dink aan sy gesin in hierdie moeilike tyd. • Thys Visagie (Snr Assist. Silobestuurder Hallatshope) het ’n groot operasie ondergaan waar sy maag weens kanker verwyder moes word. Thys se familie het laat weet dat hy baie rustiger is en lekker slaap. Sy medikasie is aangepas en die dokter is optimisties dat hy sal herstel. Hy sal moontlik oor ’n paar weke ’n hartomleiding ondergaan. Vir Thys en sy gesin lê ’n moeilike pad voor en ons vra dat julle die hele gesin in julle gebede sal hou. • Thys Visagie (jnr) se vrou se ouma is

• •

• •

• •

ook baie kritiek in die hospitaal. Ons dra die Visagie-familie in ons gebede op. Motlatsi Finger (Kredietkontroleur: Graan Sentrale Kantoor) se ouma het ’n hartaanval gehad en is in die Klerksdorphospitaal. Haar toestand is tans stabiel. Ons dra julle in ons gebede op. Werner (NWET) en Elna Ross (Safex Makelaar: Graan) se stiefpa is na ’n lang siekbed oorlede. Johan Labuschagne (Snr Silobestuur­ der Migdol) en sy vrou Hannelie Labuschagne (Snr Klerk Migdol Silo). Johan se neef, Hans Badenhorst, is aan lewerkanker oorlede. Betsie van Niekerk (Snr Klerk Wolmaransstad-silo) se skoonpa is oorlede, ons dink aan haar en haar gesin. Emmanuel Tlhagaswane (Silobestuurder Wesselsbron-bunker) se moeder is oorlede. Ons innige simpatie met die groot verlies. Louis Botha (Verhoudingsbestuurder) se pa is oorlede. Ons innige simpatie en gebede gaan uit aan hulle as familie Retha Rheeder (Hoofklerk: Wesselsbron) se ma is in die hospitaal opgeneem.

• Mnr MP Mbalula (Hoopstad-silo) • Mej EF Oosthuizen (Christiana Kontreiwinkel) • Mnr IF Baesi (Hoofkantoor Leeudoringstad) • Mev H Thiart (Hertzogville-silo) 15 Jaar • Mnr E Seekoei (Christiana-silo) 25 Jaar • Mev JM Pretorius (Leeudoringstad-silo) • Mnr KH Seiphetlho (Bloemhof-silo) 30 Jaar • Mev KE Ganthusi (Bloemhof-silo) • Mev DJ Mohale (Hoopstad-silo) 40 Jaar • Me L Grobbelaar (Hoofklerk: Graanlogistiek)

personeel-esprit

Ervaar die gees van ons mense

5 Jaar • Mev E Van Wyk Marais (Vryburg Onderdele) • Mnr MG November (Hertzogville Kontreiwinkel) • Mnr PM Melamu (Migdol-silo) • Mnr TC Nieuwoudt Christiana (Onderdele) • Mev SA Geldenhuys (Finansiële Krediteure: Handel) 10 Jaar • Mnr JD Nell (Migdol Kontreiwinkel) • Mev AC Kruger (Migdol Kontreiwinkel) • Mev V Oldewage (Versekering Bothaville) • Mej J Janse van Rensburg (Versekering: Christiana)

25 jaar Marietjie Pretorius (Admin: Leeudoringstad-silo) ontvang haar 25-jaar dienssertifikaat van Danny Viljoen (Silo-bestuurder Leeudoringstad).

Blinknuwe baba-bondeltjies 5 jaar

5 jaar Suzette Geldenhuys (Hoofklerk: Graanlogistiek) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Wikus en Alet Janse van Rensburg se seuntjie, Ruan, is op 2 Junie gebore. Ousus Inge is duidelik baie in haar noppies met haar kleinboet. Wikus is Riaan (Graanverkryger) en Isabel se seun.

Corney Nell (Kassiere Handel Christiana) se seuntjie is op 10 Junie gebore, hy het almal so bietjie verras want hy moes eintlik eers op 23 Junie sy eerste skree gegee het.

Donald Maolwane (Verkoopsassistent Schweizer-Reneke Kontreiwinkel) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Martie van der Westhuizen (Winkelbestuurderes).

5 jaar

10 jaar Frans Baesi (Skoonmaker Leeudoringstad) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).

Yvonne Kamele (Algemene werker Reivilo) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Simone de Villiers (Takbestuurder: Reivilo Kontreiwinkel).

junie • julie 2016

esprit de corps

23


pitkos

leersaam

Die sluipmoordenaar Depressie – vir baie is dit ’n vreemdheid, ’n soort

’kopsiekte’ waaraan die swakkeres onder ons ly. Vir die wat dit aan hulle eie vel beleef het, is dit ’n stadige dood – ’n sadistiese sluipmoordenaar wat op jou afsluip met die oog daarop om jou oor tyd te vermink en eers later die doodskoot te gee. Die grootste probleem met depressie is die stigma daaraan verbonde – dit word ’n ’geestes­siekte’ genoem. "Malhuis toe", sal mense sê wanneer iemand vir psigiatriese behandeling gaan. En tog is daar baie mense wat daaraan ly – een uit elke drie mense, volgens ’n ondersoek wat in 2014 al deur die Sunday Times gedoen is. Die ’South African Depression and Anxiety Group’ verduidelik depressie soos volg: Dit is ’n ’hele liggaam’ siekte, wat jou liggaam, gemoed en gedagtes insluit. Dit affekteer die manier hoe jy eet, slaap, oor jouself voel en die manier hoe jy oor dinge dink. Dit is nie ’n blou Maandag-gevoel nie. Dit is ook nie ’n teken van persoonlike swakheid of ’n toestand wat net weggewens kan word nie.

Dit is dus ’n siekte

’n Gevaarlike siekte, nie net omdat dit die depressielyer kan dood­ maak nie, maar omdat dit soveel skade kan aanrig in mense se lewens. Dit kan verhoudings vernietig, mense se vermoë om te werk beïnvloed en sodoende het dit ’n invloed op produktiwiteit en inkomste.

Daar is baie oorsake

Dit is die resultaat van ’n ingewikkelde interaksie tussen sosiale-, sielkundige- en biologiese faktore, sê die Wêreld Gesondheidsorga­

24

die gees van ons mense

nisasie op hulle webwerf. Mense wat deur trauma­tiese gebeure soos werkloosheid, dood van geliefdes of ernstige siekte geraak word, is meer geneig om depressie op te doen. Depressie as ’n siekte kan dan weer tot meer stres en verlies aan produktiwiteit aanleiding gee wat die situasie verder vererger – ’n aaklige spiraal wat die slagoffer verder insuig. Ons almal voel soms nie lus om seker aktiwiteite aan te pak nie, maar wanneer hierdie gevoel in ’n roetine verval en dit verhoed dat jy ’n gesonde en normale lewensstyl volg, moet jy liefs professionele hulp gaan vra. Daar is baie hulp beskikbaar. Die keuse bly egter joune en die eerse stap na ’gesond word’ is om self te besef dat dit nie goed gaan nie en dat hulp binne jou bereik is en – dis nie ’n skande nie. e

Dit raak die mense om jou ook Depressie laat nie net die depressieleier swaarkry nie, dit het ook ’n geweldige invloed op die mense naaste aan hom/haar – die gesin, familie, vriende en kollegas word geraak. Dit is dikwels moeilik vir die naaste om geduld met die depressielyer te hê indien hy nie verstaan wat dié siekte behels nie. Indien jy vermoed dat ’n kollega of gesinslid aan depressie ly, is dit die moeite werd om te gaan uitvind waardeur die persoon in sy ’binnewêreld’ gaan. Daar is baie inligting op die internet beskikbaar. Ondersteuning van die mense om die persoon met depressie kan die persoon al baie nader bring aan genesing of hom help om beheer oor sy siekte te kry. Dit is ’n groot aanpassing en uitdaging om met iemand met depressie saam te leef. Dit verg elke greintjie liefde.


pitkos

pitkos

Wat is depressie? Die ’South African Depression and Anxiety Group’ verduidelik depressie soos volg. “Depressie is ’n ’hele liggaam’ siekte, wat jou liggaam, gemoed en gedag­tes insluit. Dit affekteer die manier hoe jy eet, slaap, oor jouself voel en die manier hoe jy oor dinge dink. Dit is nie ’n blou Maandag-gevoel nie. Dit is ook nie ’n teken van persoonlike swakheid of ’n toestand wat net weggewens kan word nie. Sonder die nodige behandeling kan depressie vir weke, maande, selfs jare duur. Met die nodige hulp kan die meeste mense wat depressie ervaar, gehelp word.”

Dit is om elke dag met ’n vrees vir geluk te leef. Jy is bang om gelukkig te wees want jy weet dit hou nooit nie. SIMPTOME VAN DEPRESSIE Simptome van depressie kan baie van mens tot mens verskil en sluit die volgende in: • Gevoelens van oorweldi­ ging, hopeloosheid en pessimisme. • Afname in energie. • ’n Konstante gevoel van moegheid en tamheid. • Volgehoue hartseer of ’n leë gevoel. • Ongeïnteresseerdheid in stokperdjies en aktiwiteite wat jy vroeër geniet het, insluitend seks. • Gevoelens van skuld, waardeloosheid, hulpeloosheid en selfverwyt. • Insomnia of hipersomnia, vroeë-oggend-ontwaking of verslaping.

• Verloor eetlus en gewig, of ooreet en tel gewig op. • Toename in die gebruik van alkohol en medikasie (dit kan met depressie geassosieer word, maar is nie ’n kriteria vir diagnose nie). • Selfdoodgedagtes, gedagtes oor die dood of selfdoodpogings. • Rusteloosheid, geïrriteerdheid, vyandigheid. • Ondervind probleme met konsentrasie, memorisering en besluitneming. • Aanhoudende fisiese simptome soos hoofpyne, spysverteringsversteurings en chroniese pyn. • Agteruitgang van menseverhoudinge.

Dis hoe dit voel ... Een van ons kollegas het met esprit gesels nadat 'n gesins­ lid met depressie gediagnoseer is. Met toestemming van die gesins­lid plaas esprit hierdie brief van die persooon se belewenis van depressie.

"D

epressie is ’n baie algemene gemoedstoestand, maar min mense besef hoe ernstig dit kan wees. Baie mense het ’n idée wat dit is, of ken iemand wat aan depressie ly. Maar geen enkele geval is dieselfde nie. Dit is om elke dag met ’n vrees vir geluk te leef. Jy is bang om gelukkig te wees want jy weet dit hou nooit nie. Jy weet daar kan enige oomblik iets gebeur wat jou weer onseker en emosioneel kan los. Vir my is dit soos om ’n duisend stemme in jou kop te hoor en jy is onseker oor watter een jou eie is. Jy kan letterlik nou die gelukkigste persoon onder die son wees en dan kan daar iets so eenvoudig soos ’n ou herinnering, letterlik die wind uit sy seile slaan. Dan maak dit nie saak hoe baie jy dit probeer verduidelik nie, dit voel asof niemand jou kan verstaan nie. Ek is bekommerd om te lewe met die wete dat ek deel van die ge­ broke generasie is, die generasie wat tot dusver die hoogste persentasie depressielyers het. As jy daaroor wonder, kan jy net ’n bietjie rondom jou kyk. Jy kan oral rondom jou gelukkige gesigte met glimlagte sien, maar as jy bietjie nader kyk, sal jy in die gelukkige gesigte se oë die storie van ’n sielsvernielde persoon sien wat emosioneel baie swaarkry. Jy is nie iemand wat net aan ’n siekte ly nie, maar eerder ’n soldaat, ’n soldaat wat elke dag die grootste geveg van sy of haar lewe veg en dis als in die oorlog in jou kop. Daar is nie ’n klinkklare teken wat wys dat iemand depressie het nie. Dit is maar die persoon se eie besluit om daaroor te praat en daardeur hulp te kry. Dit lyk vir my asof daar soveel kinders is wat aan depressie ly, maar niemand doen iets daar­ omtrent nie, want ouers voel hulle kinders word te sag groot, of het die lewe soveel makliker as toe hulle nog kinders was. Kinders wil ook nie uitkom en erken hulle het ’n probleem nie, want dit voel asof jy jouself verneder deur uit te reik vir hulp. Ek stap die pad al ’n paar jaar, jy kan in ’n vertrek vol geliefdes wees en jy kan steeds eensaam voel, jy dra die seer van die wêreld op jou skouers, maar het nie een enkele bewys van die pyn nie en slegs jy weet van die brawe soldaat wat in jou gemoed besig is. Een van die belangrikste hulpmiddels vir iemand wat aan depressie ly is ’n vriend, ’n ware vriend met wie jy openlik kan deel hoe jy voel sodat jy nie eensaam voel nie. Dit is baie belangrik om altyd besig te bly, want die oomblik wat jy begin rustig raak, begin jou brein besig raak. Doen klein dingetjies om jou besig te hou – een van my gunste­ ling aktiwiteite is om musiek te skryf of vryevers-gedigte te skryf. Jy moet diep delf en besef presies wie jy is, jy moet onthou dat die lewe jou nie vorm nie, maar jy jouself vorm."

Anoniem Maart 2016

junie • julie 2016

esprit de corps

25


Winter

Soek die verskille

Nou lê die aarde nagtelang en week in die donker stil genade van die reën, en skemer huise en takke daeliks bleek deur die wit mistigheid en suising heen. Dis alles ryk en rustig van die swaar geheime wasdom wat sy paaie vind deur warm aarde na elke skeut en blaar, en ver en naby alles duister bind in vog en vrugbaarheid en groot verlange; tot ons ’n helder middag skielik sien die gras blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis? NP van Wyk Louw

Verbind die nommers, en kleur Kallie kameelperd in.

Hoeveel verskille kan jy kry? Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen die boek Bielie Bybel-pretboek 2 met die komplimente van Lux Verbi Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit.kompetisie@gmail.com. Merk in die onder­ werplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sluitingsdatum: 10 Augustus 2016

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n

weg.

Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie vlammetjie in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Vroue van die Bybel wat deur Lux Verbi geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onder­ werplyn: Hoeveel vlammetjies Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sluitingsdatum: 10 Augustus 2016

26

die gees van ons mense

Die korrekte aantal sonneblomme wat in die Maart/April-uitgawe versteek was, was 21. Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek was is, Chantel de Lange (Hoofklerk Suidwesfin. Hier is die bladsye waarop die sonneblomme weggesteek was. Bls 2, 7(2), 8, 9, 11, 13, 14, 15, 16(2), 18(2), 19, 20, 22(2), 23, 24, 30, 31.


O

uers sit dikwels met hande in die hare om woelige kinders besig te hou. Hier is ’n klompie lekker idees wat jou nie ’n arm en been gaan kos nie en wat die kleingoed ure lank sal besig hou. Skep ’n bende-kuierplek Indien die kinders reeds ’n geheime bymekaarkomplek het, laat hulle dit versier. Verf die mure, maak meubels van kartonbokse, gebruik lakens of komberse om ’n tent te maak. Niemand het gesê ’n tent moet net in die buitelug wees nie. Beplan ’n skattejag Maak leidrade wat op stukkies karton geskryf of geteken word – sluit breinspeletjies en raaisels in. Nooi maats om te kom kuier en kyk hoe hulle dit geniet. Onthou die ’skatte’! Verander die erf in ’n hinder­ nisbaan Gebruik huishoudelike- en tuingereedskap om ’n hindernis­ baan te ontwerp. ’n Kruiwa, kroegstoeltjies, asblikke (op hulle kop gekeer), creepy crawly-pype, tuinstoele, groot handdoeke ens kan ingespan word.

popcorn

Besige kinders is gelukkige kinders

Lees weer en weer Kinders is mal daaroor om stories oor en oor te hoor – veral kleiner kinders hou daarvan omdat dit voor­spelbaar is. Byt maar vas en lees die gunstelingstorie nog ’n keer terwyl julle in ’n snoesige kombers toegedraai is. Die tv-kamer word ’n fliekteater Beplan ’n fliekmaraton met hulle gunsteling films – die Star Warsreeks kan hulle lank besig hou. Bedien springmielies en koeldrank soos in die regte fliek, maak mooi springmielieboksies en gebruik papierkoppies vir die koeldrank. Ons plaas ’n patroon vir ’n springmie­ lieboks wat jy maklik kan maak. Leer iets nuuts Daag die kinders uit om ’n vaardigheid aan te leer wat dalk nie tradisioneel by hulle hoort nie. Seuns én dogters kan leer brei, knope aanwerk, muffins bak, portrette ophang, gate boor, die tuinslang herstel of muurproppe aansit. Word kombuis-slim Leer bak en brou met resepteboeke of YouTube-video’s. Bak koekies, beskuit of koek en bederf die res van die gesin daarmee.

Benodigdhede: • A3-karton • Skêr • Gom • Plakkers (sterretjies, kolletjies ens) Aanwysings: 1. Vergroot die patroon met ’n fotostaatmasjien om op ’n A3-karton te pas. 2. Knip die patroon op die soliede lyne uit 3. Vou op die stippellyne. 4. Smeer gom aan die bodemflappies en plak die boksie aanmekaar. 5. Versier met die plakkers en skryf die ’fliekgangers’ se name op die boksie.

voulyn kniplyn

Patroon vir springmielieboksies

junie • julie 2016

esprit de corps

27


agterstoep

kompetisie wat is die prentjie?

Wanneer jy twee glase wyn in het ...

W

anneer jy twee glase wyn in het, klink dit soos ’n uitstekende plan: Verhuur die woonstelletjie twee treë van jou voordeur af vir ’n ekstra inkomstetjie en betaal die kind se kunsklasse, drama-opleiding of vliegtuigkaartjie Londen toe daarmee. As jy heel nugter met ’n ondertekende huurkontrak in jou hand staan, is dit ’n heel ander storie. Die huurder is brandasem om in te trek, maar dink jy nie die plek moet eers geverf word nie? Sjoe, en miskien moet die matte darem skoongemaak word. Gelukkig word Chrissie nooit dikbek nie, maar sy klik wel haar tong omdat alles van bo tot onder met ontsmettingsmiddel gewas moet word. Jy klik jóú tong omdat die huurder sy neus kreukel omdat alles na Dettol ruik. Dan kom die verhuringsagent daar aan en sê alles ruik na Dettol, is dit werklik nodig dat die huurder ’n volle deposito moet betaal? Gelukkig is die Ridder in die omtrek en hy sit sy voet neer: Ja, ’n volle deposito. Vóór die sleutel oorhandig word. Die verhuringsagent het dit oorweeg om halsoorkop op die Ridder verlief te raak, maar nou kreukel sy haar neus omdat hy ’n geldwolf in chinos is en die huwelik word gered. (Toe jy dit vir die Ridder sê, lag hy honend en sê: Daai girltjie, nee wat, seker haar adenoids wat haar so deur haar mond laat asemhaal. Huwelik weer gered.) Dan trek die huurder in en al is hy ’n afgetrede dokter wat ’n boek oor koolhidrate en die alkaliniteit van die liggaam geskryf het, het hy nie gordyne nie. Ook nie veel meubels nie. Maar hy het darem ’n kamerjas wat hy kuis aanhou as hy ná donker sy ligte aansit en jy tot in sy diepste binnekamer kan sien as jy nie vinnig genoeg jou gordyne toetrek nie. Jy lees die generiese huurkontrak van hoek tot kant deur om te sien of jy hom kan dwing om gordyne te koop. Jy kan nie. Jy swets want hy rook in jou nuutgeverfde, geskropte woonstel. Kan jy hom daaroor uitsmyt? Jy kan nie. Die woonstel ruik nie meer na Dettol nie. Hoe rym dit dat iemand so gesteld is op die alkaliniteit van sy liggaam dat hy die reuk van Dettol nie kan verduur nie, maar dan rook hy soos ’n skoorsteen? Toe vergeet die Ridder om die huurder se kragrekening te betaal. Dit is AL wat hy moet doen (en hy sê JY moes dit gedoen het), maar jy raas nie, want die huurder se elektrisiteit word Vrydag laatmiddag afgeskakel en skielik hoop jy hy gaan hom bloedig vererg, sy deposito terugeis en trek. Al wat gebeur is dat hy 60 uur lank elke halfuur kom vra wat julle beplan om aan sy kragsituasie te doen. Wat julle doen, is om die meriete van jou besluit om die woonstelletjie te verhuur in die fynste besonderhede te ontleed en tot die gevolgtrekking te kom dat dit ’n HELSE FOUT was en jou oordeelsvermoë jou FINAAL IN DIE STEEK GELAAT HET, want jy wou mos nie vir die Ridder hoor nie en NOU LY ONS ALMAL DAARONDER. Selfs die kat kyk jou verwytend aan. Maandagoggend agtuur staan die Ridder in die ry om die kragrekening, ’n boete, ’n afslui­ tingsfooi én ’n aansluitingsfooi te betaal sodat die huurder se siel tot ruste kan kom. Genadiglik het jy ’n ekstra inkomstetjie om dié ekstra uitgawetjies te dek.

28

die gees van ons mense

Wat is die prentjie? Die prentjie is vergroot, wat dink jy kan dit wees? Die regte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen die boek Komplot wat deur Human en Rosseau-uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sluitingsdatum: 10 Augustus 2016 Merk jou inskrywing so: esprit: wat is die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die weninskrywing in die Julie/Augustus-uitgawe. Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hulle kontak in SuidAfrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugte­ ring van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf ... Komplot is ’n ambisieuse spanningsverhaal waarmee Krüger bewys hoekom hy as een van die beste spanningskrywers in Afrikaans gereken kan word. Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf: www.luxverbi.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.