CARLIE BOSHOFF - zine

Page 1

CARLIE BOSHOFF die

opsommende tydskrif

CARLIE BOSHOFF

Laat ek nou vir julle vertel, dat hierdie een van die mooiste voorwoorde is wat ek nog die voorreg het om te skryf. 'n Hele minitydskrif toegewy aan 'n

hiper, finominale, spesiale vrou. Carlie Boshoff. Dis alles in haar naam. Sterk. Vroulik. Sag Energiek. Diplomaties. Sy is 'n juffrou - sy is 'n vrou - sy is 'n "legal eagle" - sy is 'n sussie en 'n vriendin. In elkeen van haar rolle, gee sy haar hart vir haar mense, sonder terug-verwagting.

Carlie verdien die wêreld. Sy kan beskryf word as 'n helder sonneblom, wat haar gesig na die sonskyn van haar Skepper draai. Sy kan ook verteenwoordig word deur 'n helder oranje roos, met 'n donker randjie, sterk, uitgesproke, maar sag, aanmekaar geweef deur 'n Perfekte-Hand.

Carlie se karakter het 'n sterk aroma van Kersfees-kruie, dis die 5-spices wat jy in 'n warm-tuiste sou vind, wanneer dit buite sneeu, en jy binne wil kom vir gluhwein en 'n plek vir jou hart om te rus. Daar's dae waar sy soos 'n seebriese voel, lig, helder, gemaklik, sy vloei deur jou huis, soos 'n kind se klokkielag.

Hoekom skryf ek hierdie zine aan julle, liewe, belangrike lesers? Wel - dis 'n lewensviering van nog 'n jaar waar Carlie aan die aarde geleën is. Ons klink ons glasies, oor VOL HARTE, oor jubel-en-juig gedagtes, want ons lewe het haar in. Daarom, liewe leser, gaan jy nou meer kan lees oor Carlie as VROU, Carlie as ENTREPRENEUR en die parfuum-projek wat dit is om 'n nuwe vriendin te leerken. Ek hoop jy geniet elke sin, en dat jy deur dit, vir Carlie so liefraak soos ek het.

Wat is ons wens, as publikasie vir Carlie se jaar? Ons wens is dat sy meer van haarself sal ontdek, leerken en liefhê hierdie jaar. Dat sy haar mooiste eienskappe sal kan uistraal na die wêreld om haar. Dat haar swaar-dae draaglik sal wees en dat die mense om haar, haar sal kan optel en dra wanneer hulle nie is nie.

Dankie liefste leser, dat jy ook, nes ons, haar beste belange op die hart het. Dat jy haar oë wil sien vonkel, haar helder glimlag stem oor 'n voicenote wil hoor, dat jy haar lekker kos wil eet, en dat jy haar ook eer, respekteer en waardeerl. Lekker lees!

VOLUME I OPSOMMENDE TYDSKRIF 1

Om'n"NUWEVRIENDIN" temaak

deur Charlize Herman (soon to be Odendaal)

Wanneer mens nuwe reukwater koop, ruik jy dit een keer, en die aroma los 'n definitiewe JA of NEE gevoel

binne jou So-ook is 'n eerste-indruk van 'n nuwe-vriendin blywend Dan, elke keer wat jy weer met haar in aanraking kom, spuit jy meer en meer van haar energie, haar passies, haar hart, swaarkry, seerkry, haar opgewondenheid, haar idees en drome, en alles van haar aan. Sy word elke keer 'n klein bietjie meer deel van jou, as jy dit toelaat Dis ook 'n parfuum-projek, waar jy en sy saamsmelt, om 'n nuwe aroma van vriendskap te vorm Dis 'n tipe saamdans, van gedagtes deel, herinneringe verf in pastel-kleure. Dis twee unieke mense wat stories van kinderdae moet herroep Dis twee mense wat hul harte aan mekaar moet ontbloot. En iewers word hierdie vriendin vir jou 'n parfuum , iets wat jy nie kan wag om weer aan te spuit nie En elke keer, vang dit jou onkant, want dis so vars, so vrolik. Dit kan jou mooi laat voel - dit kan jou bemagtig - dit kan vir jou deurskynende vlerke gee, want iemand glo in jou, iemand ken jou, iemand hoor jou

Jy deel nie jou parfuum met almal nie, jy hou dit naby aan jou hart Jy sit dit ook nie elke liewe dag aan nie, jy hoef ook nie Net so - is 'n kosbare en nuwe vriendin, iemand wat jy per geleentheid in jou lewe inlaat, en dan is daar 'n blomme-bos van geur en kleur wat jou hart se elke kamer volmaak Die parfuum-projek van CARLIE, was presies dit, 'n kans om 'n nuwe aroma van vriendskap saam met iemand te skep, dis 'n storie en 'n geur wat nog met tyd, net beter sal word

Carlie,diemooisteblomuitGodsetuin

OPSOMMENDE TYDSKRIF 2
' n nuwe vriendin, is soos nuwe reukwater, dit vang jou onkant in die mooiste manier.

CARLIE AS ENTREPRENEUR

Agter die talentvolle lens van COME HONEY, staan Carlie, 'n vrou wat towerkuns van haar foto's maak. Dames en here, hou vas aan julle hoede, want hier kom 'n ding. Nee-nee, hierdie vrou werk nie net voltyds nie, sy bou nie net community nie, sy is nie net 'n "hands-on" vrou vir haar man en "super-sassy-dog-mom" nie, sy's nie net 'n student wat haar regs-drome gaan verwesenlik nie - NEE sy is ook 'n suksesvolle entrepreneur wat vanjaar haar maatskappy na nuwe hoogtes geneem het. Haar Come Honey rebrand het behoorlik golwe in die mark gemaak en haar foto's is (for a lack of a better Afrikaans word) A-FREAKIN-MAZING! Carlie BEDERF paartjies met talle PRAG-FOTO'S waar sy hulle HARTE vasvang.

@CHRIS-HET-GEHELP

Ons hoof-skrywer en redaktrise van hierdie bekende publikasie (Mevrou amper-Odendaal) was ook al voor die lens van Come Honey en in haar eie woorde: "JOH SY'S NEXT LEVEL GOED " Come Honey het 'n geleentheid om werklik die beste leefstyl fotograaf in Suid Afrika te word, en elke paartjie wat voor haar lens staan is hiper bevoorreg. Kom ons klink 'n glasie op elke hart wat Carlie deur haar foto's raak, elke bruid wat nog gaan huil oor die perfek vasgevangde momente, op elke screensaver, profile picture, tydskrif voorblad en meer, wat aan Come Honey toegeken kan word. Carlie Boshoff het tasbare towerkuns hier beet.

OPSOMMENDE TYDSKRIF 3
OPSOMMENDE TYDSKRIF - CARLIE SE "ESSENCE"

dankie, Carlie

H E R M A N

Vir jare en jare - hoor ek van jou "jy moet haar ontmoet, want jy gaan van haar hou" 'n sterk vrou, met Chris se hart by haar Alles wat hul gesê het, was toe rerig waar

'n Rooikop warrelwind, 'n perfekte simfonie 'n vriendin, vrou en mens, vol passie en visie. 'n Entrepreneur, Kobe-ma en juffrou en flip-hulle was so reg, dat ek van jou sou hou.

Jy's 'n vuurvreet vrou, wat weet wat jy wil hê jy's sag en diep, in dit wat jy sê en ook nie sê Jou ja is jou ja, jou nee is jou nee En jy's daai tipe mens wat absoluut alles gee Ek bewonder jou tevredenheid, introspeksie ook ek sien uit om saam met jou te eet, brei en kook Ek sien uit na Kobe oppas, jou baba se doek ruil en dat jy daar is as ek afstap met my wit-mooi-veil

Dankie dat julle deel is, van ons nuwe lewe saam dankie vir al my mooiste foto's in elke liewe raam. Julle beteken vir ons die wêreld, ons eer julle vandag Dankie vir al die diepte, roomys en al die lekker saamlag.

Jy's 'n "power-house" vrou, wat berge gaan versit en ek gaan vanaand vir jou prag lewe vorentoe, bid Ek kan nie wag vir dit wat ons vrienskap inhou nie, en al wat ek regtig wil sê is dankie, liewe Carlie

OPSOMMENDE TYDSKRIF - GEDIGGIE TEN SLOTTE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.