Carletonville Herald 16-09-2011

Page 4

4

Carletonville Herald

SMS

jou mening/your opinion

• Carletonville Hoërskool onderwysers het julle niks beter om julle mee besig te hou as om inspeksie van leerlinge se hare te hou nie. • Dit lyk vir my eerder asof ouers niks weet van die hoërskool se dissiplinêre stelsel nie. Het die leerling dalk nie ‘n strafbrief gekry oor sy arrogante hou­ ding toe hy gebid het nie? Ouers moet tog ophou om “gehoorsaam” aan hulle kinders te wees en alles te glo wat hulle by die huis vertel van dit wat by die skool gebeur het, want julle hoor net die halwe waarheid. Aan die ouers van gehoorsame kinders: Welgedaan, julle kan met reg ware Fochies genoem word! • Net vir die rekord, Hoërskool Fochville het honderde tevrede ouers en leerlinge. Hulle is net te besig om ‘n vol lewe te lei om elke week negatiewe SMS’e te stuur. Ons sal bly wees as ons hoof as Mevrou aangespreek word en nie sy of suurstofdief nie. Ons gewone mense respekteer haar en sal bly wees as jy dit ook doen. • As Fochville se “musical” halfpad so puik soos hul kultuur-aand is, kyk ek dit met ‘n glimlag ongeag wat die naam is. • Ek is self deel van ‘n huiskerk en daar is geen sulke stories van kontrak teken nie. Ek betwyfel nie dat dit wel so is nie want ek kom uit so huiskerk. En die Here het vir my gewys ek moet daar uit kom. • Ja Leon, ek stem ‘n hond is ‘n beter ­vriend as meeste mense, maar wat gebeur met ‘n hond as ‘n mens nie van honde hou? Shorty. • Thank you to Mrs Tiquin, the staff and teachers at Carleton Jones High School for the example you set and the extra mile you go to for our children. Carleton Jones lives

up to its reputation as a school that strives for excellence. Well done to the students, they always look smart and walk with dignity. God bless you all, may you go from strength to strength. Cornelis and Michele Koetsier. • Aan Carletonville Munisipaliteit. Hoe kan ons ‘n water en ligte rekening kry as die meterlesers nie moeite doen om krag te kom lees nie, maar dan kry ons ‘n re­ kening met groot bedrae. Sal julle dit asb opvolg. • Sal die “niks anders om te doen” ouers in Fochville wat nou oor nietighede van die Hoërskool kla asseblief hul kinders neem en gaan. Ons het regtig nie negatiewe mense nodig nie. Lafhartig om naamloos te bly! Judi Kotze. • Ouma wat musiek beheer het, by Mnr en Mej Callies, wat die dogters en ouers so vuil uitgekyk het, ek daag jou uit om my so vuil uit te kyk! • Die mense wat so kla oor swak diens by hospitale. Wees dankbaar julle kom lewendig daar uit om te kan kla. Ek weet van mense wat sterf terwyl die staf sit en porn kyk in die nag, en dit in ICU. • Ek as gemeentelid van die NG kerk wil net weet waarvoor staan NG kerk. ‘Net Geld’? Of waarvoor word die geld ge­ bruik? Om die kerk te onderhou of om vir die dominee elke maand ‘n nuwe kar aan te koop. Ontstelde lid. • Ek vra net die munisipaliteit moet die bos in Coronationstraat (skuins oorkant Savoy kafee) kom tot niet maak. Ons honde is al vier keer vergiftig en dan gaan kruip die boewe in die bos weg. Ons noem dit al die crime bos. Die uwe has been.

16 September 2011

SMS 45517

SMS’e kos R1,50

Die Herald behou die reg om nie SMS’e te plaas nie. Voorkeur sal gegee word aan SMS’e wat handel oor aktuele sake.

• Kla wil ek nie kla nie, ek wil net vra: Die mense wat in die verlede vullissakke op Dinsdae uitgesit het hier onder in die dorp. Dit is nou Maandae. Dan wil ek die Merafong stadsraad vra wanneer gaan julle plan sien met die straatligte wat al vanaf Oktober 2010 dag en nag brand daar skuins oorkant die taxirank? Of is Fochville nie ook verantwoordelik om krag te spaar nie? Kry ons dit vanaf ‘n onuitputlike bron? Ook sal ek wil weet waarom skoolleerlinge punte vir take kry wat ouers by die huis doen? Kan hul maar liewers take by skool doen, dan sal ons sien of die gehalte nog soos pa en ma s’n lyk? Dalk sal die outjie wat sy eie handewerk inhandig dan ook kan mee­ ding? Meisie. • Dankie tog ons skool is ook weer in die Herald geplaas. Hoekom word net die een skool altyd bevoordeel? Ons is nie so arrogant om te sê ons is die beste nie, maar ontwikkel wel die beste uit elke kind. Soos deur ons prestasies gesien kan word. Gun die son ook oor ander te skyn, op die ou einde is ons almal opvoeders wat dieselfde liefde vir kinders het. Fochville gemeenskap - julle moet leer om saam te staan soos ons bure oor die bult en

nie so behep te wees met die een kleur beter as die ander. Plain “common” man.

• Die trane rol op die winderige lenteoggend. Nee ek huil nie, ek lag lekker vir die SMS’e wat ek lees. Dankie Herald vir die geleentheid wat julle aan al julle pragtige funny lesers verskaf.

• Hier is die nuutste oor die gewilde Deelkraal. Tans is hulle besig om nuwe waterpype en watermeters in te sit. Hulle kom grou gate in jou erf en sypaadjie, maak ‘n groot gemors en dan los hulle dit net so. En as hulle klaar is, dan is daar eers baie waterlekke. Jy kan dit dan rapporteer so veel jy wil, die dames in die kantoor stel net nie belang om na klagtes te luister nie. Al wat hulle wil hoor is hoeveel geld jy betaal. Ek kan nie sien hoe ons vir water moet betaal wat lek nie, dit is mos die eienaar se verantwoordelikheid tot al die lekke reggemaak is. Is ek reg of verkeerd? Gee jou mening en voorstel.

• Standard Bank personeel wat van die parkeerarea agter die bank gebruik maak. Sies julle! Betaal die motorwag of niks tot R30 per maand.

Tasja Babbel Natasha Kriel

Laat die kindertjies kom Natasha Kriel Hierdie week het ek een van daardie SMS’e gekry wat jy vir twee miljoen mense moet stuur en dan sal jou toon ophou pyn. Gewoonlik ignoreer ek hierdie tipe SMS’e maar vir een of ander rede het ek hierdie een gelees. Dit was niks spesiaal nie maar dit het nogal by my gebly. Die SMS lui iets soos onthou jy toe jou beste vriende vreemdelinge geword het. Toe suigstokkies in sigarette verander het. Toe hoog beteken het jy swaai. Toe jou pa se skouers die hoogste plek in die wêreld was. Toe jou ma jou held was. Toe jou grootste vyand jou boetie of sussie was. Toe jy net kon seerkry as jy van jou fiets af val. Toe totsiens net beteken het tot more. Toe jy nie kon wag om groot te wees nie. Verlede week het my sussie se kind by die huis gekom en vir my gesê dat hy wens hy was al groot. Sy rede was omdat die kinders by die skool hom gespot het. Die Herald het hierdie week SMS’e ontvang oor ‘n kleuterskool wat nie mooi na hul kindertjies kyk nie. Ek kon myself dit nie indink nie. My familie is my eerste prioriteit en my klein nefie is my wêreld. Soms kyk ek na hom dan dink ek, as ek hom so lief het, hoe lief gaan ek my eie kinders eendag hê? Die SMS oor die kleuterskool het my ontstel want gewoonlik dink ek myself in sulke situasies in al weet ek ek moet nie, dan wonder ek dadelik wat ek sou doen as dit

Die DA en Johan Jooste betuig hiermee dank aan die kiesers van Fochville, Greenspark, Mphahla Village en Joseph Ditsele Skool wat op 7 September 2011 Wyk 21 Merafong met hul stemme aan die DA toevertrou het. It is a privilege to serve the voters of Merafong Ward 21 and we shall do our utmost to do so with distinction. We also thank the DA supporters who have, ceaselessly, toiled to canvass votes and ensure a victory for the DA. Baie dankie aan die talle Wesrandse DA raadslede, -bestuurslede, -ondersteuners en selfs Parlementslede wat ons onvermoeid onderskraag het. Sonder u sou ons die pyp nie rook nie! Voters are welcome to contact me on 018-787 2593 (H), 018 787 4126 (W) and 082 376 6520.

my kind was wat in daardie skool was. Op een van my nefie se skool se omsendbriefies het ek onlangs die mooiste ding gelees. Die tien gebooie van ‘n kind. Onder andere sê hulle daar dat mammas moet geduldig wees en kinders moet gelukkig wees. Dit breek my hart wanneer ek agter iemand ry en die klein seuntjie of dogtertjie staan op die voorste sitplek. Of jy loop in die dorp en jy sien hoe ‘n grootmens op ‘n kind skree en hom of haar rondpluk. Toe ek jonk was wou ek graag ‘n maatskaplike werker geword het want ek wou mense help. Ek wou ‘n doel in die lewe hê en ‘n verskil maak. My pad het nie soontoe geloop nie, of so het ek gedink. Nadat ek by die Herald begin werk het het ek vir die eerste keer gesien wat swaarkry is. Ek het besef hoeveel daar is wat ek kan doen om ander te help. Ek het gesien hoeveel kinders in ons dorp elke aand honger gaan slaap. Kinders wat nie klere het nie. Kinders van vier vyf jaar oud wat op straathoeke staan en bedel. My passie en liefde lê by klein kindertjies, dalk omdat hulle vir my so weerloos en onskuldig is. Dit is tog vir my te mooi om te sien hoe ‘n jong ma, iemand wat self nog haar hele lewe voor haar het, alles in ‘n oogwink sal opgee vir die klein bondeltjie liefde in haar arms. My wens is dat alle mammas en pappas so kon wees. Wanneer ek vir daai klein dingetjie in ons huis kyk en ek sien hoe slim en groot hy word, kan ek nie dink hoe iemand iets so kosbaar kan verniel of opgee nie. Ek lê in die aande wakker en droom die mooiste drome vir my klein nefie want die wêreld se potensiaal lê voor hom. Dit wat hy eendag bereik in sy lewe goed of sleg word bepaal deur die liefde en aandag wat ek hom vandag gee. ‘n Onbekende skrywer, Stacia Tauser het eendag gesê: “We worry about what a child will become tomorrow, yet we forget that he is someone today.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.