Kommuniek Junie 2015

Page 1

Junie 2015

`n handelsmerk van

Mieliemark sal waarskynlik volatiel bly tot nรก die oes

GWK se Landzicht-wynkelder palm nasionale toekennings vir wyn en muskadel in Sidi Parani se vloeibare Opti-reeks nou `n leierproduk die kunsmismark GWK Direkte Insette bied `n 360 grade diens aan produsente


GWK Versekering . . .

Welvaartbestuur deur spesialiste Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,


JUNIE 2015

OP DIE VOORGROND

LANDBOUSAKE

26

7 6

Redaksioneel

7

Geestelike akker

8

Damme en temperature

26 Spesialisprodukte Lanorma-aartappelkultivar uiters gewild by verbruikers.

10 Agrikalender 12 Landbouwenke

28 Spesialisprodukte Candia-katoenkultivar toon uitstekende opbrengste in NK. 30 Spesialisprodukte Die verbruik en vraag na neute styg steeds jaarliks.

VOORBLAD

34 Presisieboerdery Uie uiters sensitief vir soute.

14 14 Aktueel Mieliemark sal waarskynlik volatiel bly tot nรก die oes. 20 Aktueel GWK se Landzicht-wynkelder palm nasionale toekennings vir wyn en muskadel in. 22 Ons besigheid Sidi Parani se Opti-reeks nou `n leier in die kunsmismark. 24 Ons besigheid GWK Direkte Insette bied `n 360 grade diens aan produsente.

GEORGANISEERDE LANDBOU

42 42 Kongresse RPO Noord-Kaap kom byeen.


JUNIE 2015

WEES INGELIG

VROUE

36 36 Ontmoet ons spesialiste Produksiebestuurder by De Aarabattoir ken sy storie. 38 KliĂŤntefokus - Struktuurveranderinge in OosVrystaat aangebring. - Posisionering in GWK se besigheid vir Graanbemarking ge doen.

ONTSPAN

54 46 Vir die jongspan Help die kalkoen om by die mielies uit te kom. 54 Agterblad Die ontvanger wag weer.

4

48 48 Leefstyl Kies `n fantastiese familie. 50 Gesondheid `n Handvol neute per dag . . . kan dalk die dokter laat wag. 52 Vleis vir die jagseisoen Gemarineerde wildsboud.


tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe

Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Risikobestuur John Bell 076 430 5615

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163

5


Redaksioneel My eerste Noord-Kaapse winter lê reeds agt jaar in die verlede. Ek was een oggend stilverstom toe ek opstaan om my eende kos te gee en nie kans gesien het om dit buite die deur te waag nie. Daardie windkoue oggend het my laat besef ons woon in `n besonderse plek met groot uiterstes. Terwyl die koue ons saans binnenshuis dwing, kan ons lesers met `n vuurwarm tydskrif ontspan. Ons kyk na die mieliemark, wat volgens vroeë aanduidings waarskynlik volatiel sal bly tot ná die oes. Ons doen aan by die Landzicht-wynkelder wat onlangs met twee nasionale toekennings vir sy wyn en muskadel vereer is. Net die regte ding om `n koue wintersaand op te warm. Dan kuier ons by Sidi Parani, GWK se kunsmisbesigheid, wat nou `n leier in die mark is met sy Opti-kunsmisreeks. GWK Direkte Insette vertel van die 360 grade diens wat hulle aan

produsente lewer en ons kom meer te wete oor die Lanorma-aartappelkultivar wat eksklusief deur GWK bemark word. Hierdie kultivar se diverse gebruik maak dit so gewild onder verbruikers dat die vraag op die oomblik die aanbod oortref. By GWK se katoen-pluismeule op Modderrivier is die span hard besig om die oes te verwerk, terwyl die Candia-kultivar weer vanjaar uitstekend vaar in die Noord-Kaapse klimaat. Ons kyk na die situasie in die Chinese pekanmark en is ook opgewonde oor die jaarlikse groei in die vraag en verbruik van neute wat aan ons

produsente uitstekende geleenthede bied. Die dames leer vandeesmaand hoe om `n gelukkige gesinslewe te kies en hoe `n handvol neute per dag die dokter kan laat wag! Ons maak `n gemarineerde wildsboud en sit dan saam met Piet af Kimberley toe waar die ontvanger weer op hom wag . . .

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za

Hoofkantoor GWK Bpk.

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628

Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers.

Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420

E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730

VOORBLADFOTO Conrad Borman

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes hiernaas met `n slimfoon te skandeer. iPhone-gebruikers kan die QRReadertoepassing aflaai. Android-gebruikers kan die QR Droid Code Scannertoepassing aflaai.

6

Lekker lees!

ler

Carien Grob

Redakteur

De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za Kommuniek

Facebook


depositphotos

Geestelike akker God, ons A TOT Z Johan het met `n diep sug op sy bed gaan lê. Die twee maande sonder sy gesin in die buiteland het vir hom in `n hel ontaard. Hy het geweet dat hy in die verlede sy gesin afgeskeep het, maar het steeds gehoop dat sy huwelik nie vir ewig verby was nie . . . Jare lank het Johan geglo dat sy enigste plig teenoor sy gesin was om hulle materieël te voorsorg. Hy het dit goed gedoen. Wat hy egter nie besef het nie, was dat hy sy vrou se emosionele behoeftes begin afskeep het. Dit was só erg dat sy haar later na haar vriendinne gekeer het om haar emosionele behoeftes te vervul. Toe sy Johan meedeel dat sy wou uittrek, het dit hom soos `n hamerhou getref. Meteens het hy besef dat sy materiële voorsiening nie genoeg was nie. Sy het `n maat gesoek met wie sy kon gesels. Terwyl sy vrou en die kinders alleen met vakansie vertrek het, het hy oorsee vertrek om twee maande daar te gaan werk. Hulle is op slegte voet uitmekaar. `n Paar weke later het Johan geskok na die egskeidingsbriewe gestaar wat sy vrou se prokureur oorsee aan hom gestuur het. In daardie stadium het `n gevoel van magteloosheid gedreig

om die selfstandige en onafhanklike man te oorweldig. Sy enigste uitweg was om vir die eerste keer ernstig en met `n opregte hart na God te draai. Daar in die buiteland het hy geleer om God daagliks vir krag te vertrou omdat dit Hy is wat `n mens deur swaar tye dra. Toe Johan se vrou hom bel om te vra of hy na die skikkingsvoorstel gekyk het, het hy kortaf geantwoord: “Ek weet jy het weke tyd gehad om dit te beplan. Ek het steeds op `n versoening gehoop. Ek wil nie in `n blik gedruk word nie en sal daarom vir jou terugvoer gee sodra ek dit verwerk het.” Sy hart was seer. Haar antwoord hierop was dat sy nou éérs seker was dat sy nie meer met hom getroud wou wees nie. Die finaliteit van haar besluit het Johan gebreek. `n Maand lank moes Johan hard veg om nie in te gee en huis toe te bel nie. `n Paar weke later het Johan weer moedeloos op sy bed gaan lê terwyl hy sy vrou en kinders intens gemis het. Hy wou hulle met sy hele wese terughê, maar sy vrou se laaste oproep het hom oortuig dat dit verby was. Weer het hy ernstig met God gepraat: “God, my hart is seer. Ek verlang na my gesin. Asseblief, ek smeek U om my opnuut te kom versterk.” Johan het net klaar gebid toe hy `n SMS op sy foon ontvang. Dit was van

sy vrou. Met bewende hande het hy begin lees: “Ek mis jou vanaand. Wat het met ons gebeur?” Hierdie was die eerste van vele SMS’e wat oor die volgende paar weke voor Johan se terugkeer na Suid-Afrika tussen hulle gestuur is. Albei het besef dat God besig was om in hulle lewens te werk. Terug in Suid-Afrika het Johan en sy vrou mekaar weer gevind en `n nuwe verhouding begin bou – met God as hulle fondament. Wanneer familie of vriende hulle vra hoe hulle dit reggekry het om weer versoen te raak en só gelukkig saam te wees, is hulle antwoord eenvoudig: “Dit was `n Goddelike ingryping.” Lukas 18:27: “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.” Verkeer jy in `n situasie wat vir jou onmoontlik lyk? Onthou God het die laaste sê! Hy is ons A TOT Z! Vader God, baie dankie dat U altyd die laaste sê het en dat niks vir U onmoontlik is nie. Ek gee vandag elke situasie in my lewe aan U met die wete dat U alles ten goede sal laat meewerk. Amen. Benescke Janse van Rensburg Uit Ontdek God in die stories van mense, uitgegee deur Lux Verbi. 7


Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

30.0

93 81 100

25.0

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

75 65 21 27

15.0

Hartsrivier

Spitskopdam

76

Rietrivier

Kalkfonteindam

16

Modderrivier

Krugersdriftdam

58

Oranjerivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Vaalrivier

20.0

10.0 5.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Barkly-Wes

Rietrivier

Vaalharts

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 April tot 22 Mei 2015 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nuts

40

40

30

30

20

20

10

10

0

0

Hopetown Lilydale

Barkly-Wes Ulco

40

40

30

30

20

20

10

10

0

0

MAANDELIKSE VOORSPELLING

Jun-15

Maandelikse voorspelling Junie 2015

Rietrivier 40 30 20

M

10 0

Maksimum

Maksimum langtermyn

8

Minimum

Minimum langtermyn


GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanprodukte by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Veilingskalender en Veilingspryse Diamant Dorper-veiling Staak-veiling, Prieska

27 Julie

Springbok-veiling

conrad borman

15 Julie 22 Julie

Veilingspryse vir lewendehawe – Mei 2015 18/05 - 22/05

11/05 - 15/05

25/05 - 29/05

1/06 - 5/06

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R16.50

Slagosse

R16.50

Slagosse

R16.50

Slagosse

R15.50

Slagkoeie

R14.60

Slagkoeie

R14.60

Slagkoeie

R14.50

Slagkoeie

R13.80

Maer beeste

R12.50

Maer beeste

R12.50

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R11.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.30

Swaar kalwers (201-250kg)

R20.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.50

Swaar kalwers (250kg +)

R18.50

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R26.00

Slaglammers

R26.00

Slaglammers

R25.00

Slaglammers

R22.50

Stoorlammers

R26.00

Stoorlammers

R26.00

Stoorlammers

R25.00

Stoorlammers

R22.50

Kruislammers

R24.00

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R22.00

Kruislammers

R20.00

Slagooie

R17.50

Slagooie

R17.00

Slagooie

R16.00

Slagooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R15.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R26.00

Klein bokkies

R26.00

Jong bokke

R26.00

Jong bokke

R26.00

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R22.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R16.00

10


GWK Veilings innoverende veeverhandeling Hoofbestuurder: GWK Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za Bedryfshoof-Noord, Kimberley Deon Klopper 053 832 5227 082 802 8483 deonk@gwk.co.za

GWK Veilings doen aktief sake in die Vrystaat, Noord-, Oos-, en Wes-Kaap. Die besigheid fokus deurlopend daarop om die afsetgebied vir Suid-Afrikaanse produsente se vee te vergroot met ons groot- en kleinveeveilings, stoetveilings en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente is ook deel van ons veeverhandelingsdiens. Kontak GWK Veilings vir innoverende veetransaksies.

Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za lewendehawe@gwk.co.za Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za Kimberley Koos Visagie (Afslaer) 053 832 5227 083 680 8929 koosv@gwk.co.za

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Landbouwenke Koring

Pekanneute

Plantdigtheid moet volgens

Grondmonsters vir nuwe aan-

tifiseerde saad word geplant. Kort groeiers kan verkieslik later planttyd aangepas word: - 75-100 kg/ha vir vroeë aangeplant word. plantings (begin tot einde Junie). As verdigtingslae voorkom, - 110-130 kg/ha (begin tot einde kan dit opgehef word deur Julie). tandimplemente met `n roller Plant vlak om goeie seilvermoë agter te gebruik wat weer die en opkoms te verseker. `n Klein grond effens vasdruk. Dit verseker persentasie van die saad wat bo dat die grond nie te los is nie om die grond lê, is `n aanduiding vrotpootjie te beperk. van die korrekte plantdiepte (nie Werk reste in aangesien baie dieper as 15mm). reste op die grondoppervlak Maak seker goeie gehalte geserFusarium kan bevorder.

plantings moet nou geneem word.

Maak saadbeddings vir saad wat

Aartappels Aartappels moet geoes word

plaas. minstens vier tot vyf weke nadat dit Maak seker die grond is doodgeryp het of doodgespuit is. goed “geseël” om skade deur aartappelmot te voorkom. Skilontwikkeling vind in hierdie tyd

Erte

Erte kan nou geplant word. Die ideale stand is 400 000-

vanaf Julie tot September geplant kan word. Saad word 20 mm diep met die punt skuins na onder geplant en 100 mm uitmekaar. Plant minstens twee keer soveel saad as die bome wat benodig word sodat swak onderstamme voor enting verwyder kan word. Pekanneute groei optimaal in goed gedreineerde gronde met `n klei-inhoud van 10-35%. Geen beperkende lae moet binne 3m van die grondoppervlak af voorkom nie. Deurlugting word beperk in grondlae met `n digtheid groter as 1500kg/m³.

Meerjarige weiding

materiaal; dit moet tot die minimum beperk word. Maak die grond nat tot veldkapasiteit tot 60 cm diepte voor plant. `n Breë riglyn vir bemesting is as volg: 300-500 kg/ha 2:3:4 (30) met plant.

Nuutgeplante, meerjarige wei-

dings, naamlik Raaigras en Swenkgrasmengsels, is in `n jong stadium. Begin eers 12 weke ná plant met beweiding as grasse sowat 20cm hoog is. Bewei lig tot 15 cm; dit stimuleer stoeling. Met die tweede beweiding kan die gras van ±20 cm tot ±8 cm bewei word. Stikstofbemestingsriglyn: - November tot Julie: bron van stikstof waar die pH Uisaailinge is in `n jong stadium. 80-120kg/ha. effens hoog is. Dit bevat ook Topbemesting van 150kg/ha - Oktober: 60kg/ha. swael wat voordelig is vir uie. KAN kan op ses tot sewe weke ná - Februarie: 80kg/ha. opkoms toegedien word. Spuit saaduie voorkomend teen - April: 60kg/ha. Onttrekkingsnorme van uie swamsiektes met kopermiddels. Hierdie weidings kan ± een tot gebaseer op `n 70t/ha-opbrengs Volg die kunsmisprogram volgens twee maande per jaar gerus is as volg: N=249; P=44; die grondontleding om akkurate word om te herstel. K= 272. en koste-effektiewe toedienings te Saamgestel deur GWK Presisieboerdery Ammoniumsulfaat is `n goeie doen.

450 000 plante per hektaar. Saadbehandelingsmiddels wat swamdoder en mikro-elemente bevat, kan vooraf op saad toegedien word. Erte is gevoelig vir organiese

Uie en saaduie

12


GWK Meganisasie Werkswinkel en Onderdele DOUGLAS Onderdele: Johan Buys : 053 298 8306 Werkswinkel: Chris Lewis: 053 298 8408

Spesiale aanbieding vir Julie en Augustus. Inhuis diens korting beskikbaar vir John Deere trekkers, Ingesluit ‘n gratis evaluering van u trekker.

PRIESKA Onderdele: Neil Havenga : 053 353 115 Werkswinkel: Kobus Dames: 053 353 1151 HOPETOWN Onderdele: Petrus van Niekerk: 053 298 8255 Werkswinkel: Pieter van Schalkwyk: 053 298 8255 LUCKHOFF Onderdele: Gawie Jonker: 053 206 0071 Werkswinkel: Booi Teise: 053 206 0071 MODDERRIVIER Onderdele John Kirsten: 053 581 0037 Werkswinkel Cobus van Schalkwyk: 053 581 0037 Barkley Wes: Onderdele: Renier Oosthuizen: 053 531 0503 Werkswinkel: Jaco Strumpher: 053 531 0503

www.gwk.co.za

innoveer landbou


14

conrad borman


Aktueel

Ederich Prinsloo Bestuurder: Verhandelingskamer

Mieliemark sal waarskynlik volatiel bly tot ná die oes

I

n rugbykringe word gesê dat die Curriebeker nie in Mei gewen word nie. As `n mens die graanmark in Meimaand ontleed ontstaan die vraag of dit nie te gou is nie. `n Volatiele mark het die afgelope tyd veroorsaak dat

die Julie 2015-witmielieprys van R2 620 tot so hoog as R2 900 gestyg het. Verder bestaan vroeë gerugte in die mark dat opbrengste swakker is as verwag. In die media gons dit die afgelope tyd oor die invloed wat `n moontlike tekort op die mielieoes kan hê en Safex-

vlakke van R3 500 op witmielies doen die rondte. Die algemene gevoel is dat die mieliemark volatiel sal bly totdat die oes `n werklikheid is. Om te bepaal of Meimaand se skerp opwaartse beweging te gou of net tydelik is, moet `n mens `n paar faktore in gedagte hou:

1400 1300 1200 1100 1000 900 800 700 600 500 400 300 200 100 0 -100 -200 -300 -400 -500 Auto 1999

2000

2001

2002

1990

Grafiek 1. Witmielies / corn.

2003

2004

2005

2000

2006

2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013 2014

2010

2015

2016


3.4 3.3 3.2 3.1 3 2.9 2.8 2.7 2.6 2.5 2.4 2.3 2.2 2.1 2 1.9 1.8 1.7 1.6 1.5 1.4 Auto O N D J M A M J J A S O N D J F M A M J J A S O N D J F M A M J J A S O N D J FM AM J J A D O ND J FM AM J J A S O ND J F M A M J J A S O N D J F M A M J J A S O N

2006

2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013

2014

2015

Grafiek 2. Ethanol. Internasionaal Met die skryf van hierdie artikel teen einde Mei 2015 was Amerikaanse mielieprodusente reeds grootliks klaar geplant en alles dui daarop dat die beplande hektare wel geplant sal word. Volgens die weeklikse opkomsverslae is 56% reeds op, wat 19% beter as die vyfjaar-gemiddeld is. Met Amerika se rekordoes van verlede jaar bestaan voldoende oordragvoorraad van 44.3 miljoen ton en met wêreld-eindvoorraad wat van 173.8 miljoen tot in 2013/14 na 192 miljoen ton gegroei het, lyk die lig in die tonnel maar flou. Daarbenewens moet `n mens ook in gedagte hou dat Argentinië en Brasilië ook baie goeie oeste gehad het en is dit goedkoper om mielies van hier in te voer as van Amerika. 16

Met ons plaaslike oordragvoorraad wat op April vanjaar op 2 miljoen ton gestaan het, kan ons met groot sekerheid sê dat alles daarop gedui het dat pryse eerder op uitvoerpariteitsvlakke moes verhandel as waar dit op die oomblik verhandel. Die is ook duidelik sigbaar op Grafiek 1 tussen witmielies en corn waar die witmielieprys met die aanvang van 2015 R150/t duurder was as die internasionale prys en op die oomblik R1 150/t duurder is. Die enigste rede vir hierdie groot swaai tussen die twee pryse, was die skade wat die plaaslike midsomerdroogte veroorsaak het. Opwaartse prysbewegings sal weens “short covering” en probleme met die weer voorkom, maar dit lyk nie of een van hierdie verskynsels binne die afsienbare toekoms sal realiseer nie.

Ethanol, olie en skeepsvrag Die produksie van ethanol as hernubare brandstof beslaan sowat 4050% van die mielieverbruik in Amerika. Vir die doel van hierdie artikel is dit belangrik om daarop te let dat ethanol op rekord-laagtepunte verhandel (Grafiek 2). Daarbenewens is ethanol en Brent ru-olie direk met mekaar verbind. Laasgenoemde het van $115/vat van middel 2014 geval tot so laag as $45/vat in 2015 (Grafiek 3). Skeepsvrag verhandel verder ook op rekord-laagtepunte (Grafiek 4). As `n mens hierdie groot kommoditeitsmark op `n skaal van ekonomie gooi, kan jy met sekerheid die aanname maak dat die skaal wat op die oomblik net na die eenkant toe getrek is, in die langtermyn reggetrek kan word. Dit kan opwaartse kom-


110 105 100 95 90 85 80 75 70 65 60 55 50 Auto 16 03 17 01 16 01 16 03 17 02 16 01 18 01 16 01 16 03 17 01 16 01 16 02 16 01 16 01 18 02 16 02 16 03 07 03 07 01 16 01 16 02 16 01 16 01 18 01 16 01 16 03 17 01 16 02 16 02 16 02 16 01 16 01 18 01 16 01

Q32012

Q42012

Q12013

Q22013

Q32013

Q42013

Q12014

Q22014

Q32014

Q42014

Q12015

Q22015

Grafiek 3. Brent ru-olie. moditeitspryse veroorsaak, wat `n positiewe invloed op ons graanpryse kan hê. Daarmee saam moet die Amerikaanse groeitydperk en vordering baie nougeset dopgehou word. Mielies in Suid-Afrika Die 2015/16-mielieseisoen het baie goed begin en met 2014 se rekordoes van 14.3 MT was alle vroeë aanduidings dat ons pryse nader aan uitvoerpariteit sou verhandel en dat heelwat nuwe uitvoermarkte sou ontstaan. Ons het selfs nog teen einde Januarie 2015 met Julie Safex-pryse gesit wat onder R1 950 verhandel het. Die buiteperd waarmee rekening gehou moes word, was die midsomer-droogte. Dit het in minder as twee weke die appelkar omgegooi en pryse op witmielies met meer as R1 000/t laat styg. Die groot onsekerheid wat op die oomblik in die mark heers, handel

oor die werklike grootte van die oes. Sommige rolspelers in die mark meen dat die oesgrootte nader aan 10 miljoen ton is en moontlik selfs groter, terwyl ander meen dat dit nader aan 9.2 miljoen ton is. Die vierde oesskatting wat deur die Nasionale Oesskattingskomitee gepubliseer is, raam dit op 9.76 miljoen ton (Tabel 1). Nietemin is dit baie duidelik dat ons `n jaar met groot prysbewegings kan verwag. Slegs die tyd sal leer of die beweging op- of afwaarts sal wees. Die foutspeling is baie klein en dít is presies wat in die vroeë weke van Meimaand met die opwaartse prysbewegings gebeur het toe die vroeë lewerings se opbrengste swakker was as wat verwag is. Met die skryf van hierdie artikel is dit nog te vroeg om hierdie swak opbrengste te veralgemeen, aangesien `n mens hoor van opbrengste van in die Wes-Vrystaat van 9.5t/ha op droëland.

Om aannames te maak, moet `n mens na Tabel 2 kyk wat die vraag en aanbod van mielies uiteensit. Soos die oes op die oomblik daar uitsien en met die laaste oesskatting van 9.76 MT, kan `n mens duidelik heel regs op die tabel sien dat daar net 1.06 MT (459k wit en 601k geel) oordragvoorraad teen einde April 2016 is. Scenario 1 Sou dit gebeur dat die oes nader aan die 10 MT of hoër is, sal dit beteken dat daar voldoende oordragvoorraad is en dat pryse onder druk sal kom (in ag geneem dat 540 000 t invoere gaan realiseer). Op die oomblik is 33 128 t Argentynse mielies vir die 2015/16-oesjaar ingevoer. Vroeë gerugte doen die rondte dat rekening ook gehou moet word met ons koringinvoere, asook mielieinvoere en of ons hawens/logistiek dit sal kan hanteer. In die Kaap lyk dit nie of dit `n pro-


10 500 10 000 9 500 9 000 8 500 8 000 7 500 7 000 6 500 6 000 5 500 5 000 4 500 4 000 3 500 3 000 2 500 2 000 1 500 1 000 Auto Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1 Q2 Q3 Q4 Q1

2001

2002

2003

2004

2005

2006

2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013

2014

2015

Grafiek 4. Skeepsvrag. bleem kan wees nie, hoewel berging probleme kan veroorsaak. Nietemin blyk dit dat 250 000 t se invoere reeds bespreek is. Hou ook in gedagte dat witmielies van Zambië ook `n opsie in sekere basisgebiede raak.

Dit kan beteken dat witmielies na binnelandse invoerpariteit moet neig wat op die oomblik in die omgewing van R3 300/t is. Geelmielies se situasie lyk heelwat beter as die van witmielies. Uiteraard moet die invoerpariteit van geelmielies `n mens se normaanwyScenario 2 ser wees, maar op die oomblik sien Hierdie scenario is wat die hele mark ons dat geelmielie-pryse ver hoër is vrees en presies die rimpel-effek wat as die teoretiese invoerpariteitsbereons in Meimaand gesien het toe vroeë kening en word dit dan eintlik saam opbrengste swakker was as verwag. met wit opgetrek. Ek verfris my geheue na toe ons in Op die oomblik is die verskil tussen Maart 2014 `n mielieprys van wit- en geelmielies R387/t. R3 800/t gesien het wat selfs hoër Na my mening sal die prys van witas koringpryse was. mielies geel saamtrek totdat geelmieIn Tabel 2 heel links (2013/14-seilies teen binnelandse invoerpariteit soen) kan gesien word dat die oorverhandel, sou dit gebeur dat witmiedragvoorraad op witmielies 274 000 t lies opwaarts neig. en geelmielies 315 000 t was. Uit die bogenoemde twee scenario’s Dit het meegebring dat daar nie eers kan `n mens duidelik waarneem dat voldoende pyplyn-voorraad was nie die mieliemark op die randjie van en dat pryse die hoogte ingeskiet het. groot bewegings is en dat die foutspeAs `n mens daardie seisoen met die ling baie klein is, veral met `n afhuidige seisoen vergelyk, beteken dit waartse aanpassing op die oesgrootdat witmielies met meer as 185 000 te. ton en geelmielies met 286 000 t afwaarts aangepas moet word – dan is Opsommend die mieliemark in `n swakker situasie Ongeag of die skielike styging in Mei as in die 2013/14-seisoen. te vroeg was, is die gevoel steeds dat 18

ongekende prysstygings benut moet word. Die beginsel bly altyd om die berekening van winsgewendheid te maak en konserwatiewe tonne in `n opgaande mark te prys. Onlangse lopies na R 2 470 op geelmielies en R2 900 op witmielies moet benut word om voorseisoen-kontraktering af te handel. Ons beveel steeds aan dat produsente 70% tot 80% geprys moet wees. Die tyd sal leer wat die werklike oesgrootte sal wees, maar sou dit op `n kleiner oes afloop, sal die aanbeveling wees om met `n witmielie-strategie te gaan. In GWK se primêre bedieningsgebied sal ek aanbeveel dat produsente geelmielies vir die komende seisoen plant, omdat beter premies op geelmielies beding kan word, en dan eerder `n witmielie-strategie aan te gaan. Gesels met GWK se spesialiste oor die verskillende maniere om in hierdie moontlik opgaande mark deel te neem. GWK se naseisoen-bemarkingsplan is `n integrale deel van die strategie. Bespreek dit gerus met die graanverkryger in u streek. Deelname sluit 30 Junie 2015.


April 2015 Western Cape Northern Cape Free State Eastern Cape Kwa-Zulu Natal Mpumalanga Limpopo Gauteng North West TOTAL

2015/16 WM YM 450 3800 3500 46000 710000 510000 2600 14000 40000 45000 154000 315000 28500 21000 44000 65000 465000 185000 1448050 1204800

TOTAL 4250 49600 1212000 18600 85000 475000 52000 110000 650000 265850

2015/16 WM YM TOTAL 4050 34200 38250 35000 611800 646800 2165500 1683000 3848500 15600 84000 99600 218000 270000 488000 800800 1559250 2360050 156750 126000 282750 193600 173000 466600 1069500 462500 1532000 4658800 5103750 9762550

Difference 2nd and 3rd estimate WM YM TOTAL 0 0 0 -1750 13800 12050 0 0 0 0 0 0 -2000 0 -2000 46200 63000 109200 -14250 0 -14250 -8800 0 -8800 0 0 0 19400 76800 96200

Tabel. 1. Navrae Barkly-Wes en Vaalharts Kobus Beetge 082 805 0885

Luckhoff Thys Ellis 083 661 1667

Modderrivier en Rietrivier Dewald Burger 082 900 8736

Douglas Franco Geldenhuys 071 401 2487

Noord-Wes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705

Oos-Vrystaat Esperansza van der Walt 082 805 9911

Hopetown Steven Storey 082 906 1676

Prieska Wimpie Grobler 082 882 2609

Oos-Kaap Eben Vermeulen 072 805 5322

MARKETING SEASON Opening stock (1 May) Producer deliveries Imports Total Supply Commercial usage of maize Human Consumption Animal & industrial On farm and sundries Total domestic consumption Exports: Africa (incl products) Deep sea Total export demand Closing Stokcs Hectares (‘000) Tons (‘000) Yield

WM 757 5342 0 6099 4770 4118 652 46 4816 819 190 1009 274 1617 5607 3.5

13/14 YM 660 5650 80 6390 4527 464 4063 324 4851 304 920 1224 315 1164 6204 5.3

TOTAL 1417 10992 80 12489 9297 4582 4715 370 9667 1123 1110 2233 589 2781 11811 4.2

WM 274 7527 0 7801 5850 4350 1500 130 5980 625 6 631 1190 1551 7710 5.0

14/15 YM 315 6137 100 6552 3980 480 3500 300 4280 250 1250 1500 772 1137 6540 5.8

TOTAL 589 13664 100 14535 9830 4830 5000 430 10260 875 1256 2131 1962 2688 14250 5.3

WM 1190 4549 40 5779 4650 4300 350 130 4780 540 0 540 459 1448 4659 3.2

15/16 YM 772 4784 500 6056 4930 480 4450 295 5225 230 0 230 601 1205 5104 4.2

TOTAL 1962 9333 540 11835 9580 4780 4800 425 10005 770 0 770 1060 2653 9763 3.7

Tabel. 2. Vrywaring: GWK neem geen verantwoordelikheid vir enige aksies of verliese wat mag voorkom as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

19


Mnre. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) en Ian Sieg (Bestuurder: Wyn) met GWK se rooi muskadel en Cabernet Sauvignon Reserve 2012 wat onlangs met nasionale toekennings bekroon is.

Ons besigheid Leana Coetzee

GWK se Landzicht-wynkelder palm nasionale toekennings in

G

WK se Landzicht-wynkelder is onlangs met twee nasionale toekennings vereer. Muskadel SA het op 21 Mei 2015 `n goue toekenning aan Landzicht oorhandig vir die kelder se rooi muskadel. Mnr. Ian Sieg (Wynbestuurder) en mev. Gerda Meades (Bemarker: Verpakte Wyn) het die toekenning tydens 20

die oorhandigingsgeleentheid in die Paarl namens Landzicht ontvang. Landzicht se Cabernet Sauvignon Reserve 2012 is met `n silwer medalje op die 2015 Old Mutual Trophy Wine Show bekroon. Die oorhandiging het op 27 Mei 2015 in Kaapstad plaasgevind. Tydens hierdie kompetisie is die groei in die gehalte van veral SuidAfrikaanse rooiwyne opgemerk.

Volgens Sieg dra die Noord-Kaapse kalkryke grond by tot die gehalte van Landzicht-wyne en word druiweprodusente deurgaans deur spesialiste van die kelder bygestaan om druiwe van `n uitsonderlike gehalte te lewer. Landzicht-wyne, met kelders op Douglas en Jacobsdal, is eg NoordKaaps en word gemaak van druiwe uit die gebiede rondom Douglas, Prieska en Modderrivier.



Die gehaltebeheer-laboratorium op Douglas verseker dat die chemiese en fisiese gehalte van Sidi Parani se produkte bo standaard is.

Ons besigheid Leana Coetzee

Sidi Parani behaal groot suksesse met produkgehalte

K

ommuniek het `n jaar gelede berig oor die opgradering by Sidi Parani, GWK se kunsmisaanleg, om die gehalteverbetering van kunsmisprodukte te bewerkstellig. Sidi Parani is trots dat die veranderinge volledig en selfs bo verwagting suksesvol geïmplementeer is. Die verbeteringe aan die produkte en aanlegte is deel van Sidi Parani se fokus om die leier in die kunsmismark te wees. Volgens mnre. Cas Prinsloo (Uitvoe22

rende Bestuurder: Sidi Parani) en Johan Koster (Bemarkingsbestuurder: Sidi Parani) is die faktore wat die grootste rol in die sukses van Sidi Parani speel die gehalte van die vloeibare kunsmis en die daaglikse monitering van gehalte om te verseker dat klante altyd `n produk ontvang wat die industrie-standaard oortref. Die verbetering betreffend produkgehalte word duidelik weerspieël in Figuur 1, wat `n indeks is waarvolgens enige afwyking in gehalte gemonitor word.

“Ten einde vir ons klante maksimumopbrengs op hul kunsmisbelegging te verseker, fokus Sidi Parani voortdurend op die individuele behoeftes van ons klante,” sê Prinsloo. `n Voorbeeld van hierdie fokus is die wye reeks vloeibare kunsmisprodukte wat aangebied word. Een van die vloeibare reekse, die Opti-produk, is volgens Sidi Parani beslis die leier-produk in die mark, om die volgende redes: � Die helder produk met `n hoë pH-faktor is nie-korrosief en dus


baie toerustingvriendelik. � Die helder vloeistof beteken dat die onderhoud op toerusting soos spilpunte en pompe baie laag is. � Die polifosfate in die vloeistof is agronomies voordelig omdat dit beter in die grond beweeg en gemakliker deur die plant opgeneem word. � Die uitmuntende fisiese en chemiese kwaliteit van die produk verseker kommerlose hantering, toediening en resultaat. Volgens mnr. Riaan Buitendag (Direkteur: Agraforum SA) is opnameverbeteraars `n plant- en omgewingsvriendelike produk wat ontwerp is om die opname van chemikalieë, soos bemestingstowwe, in die plant te verhoog. Dit funksioneer as draer wat eers die chemikalieë insluit of pak en dit dan teen `n hoër tempo oor plantmembrane vervoer. Oordrag word dus nie slegs van buite na binne oor wortels en blare versnel nie, maar ook na ander dele binne die plant. Die bestanddele word dan gemetaboliseer en so word molekules intersellulêr vrygelaat (Figuur 2). Behalwe vir hierdie innovering, is Sidi Parani se Opti-reeks ook aangepas vir verskillende gewasse en grondsoorte, sê Prinsloo en Koster. Dít verseker dat die produsent `n produk gebruik wat optimaal in sy boerdery funksioneer. Prinsloo en Koster noem ook dat die besigheid deurgaans innoveer. Die gehaltebeheer-laboratorium op Douglas verseker dat die chemiese en fisiese gehalte van produkte bo standaard is. Van die innoverende produkte wat op die oomblik nagevors word, sluit in `n plantstresbeheer-produk met natuurlike planthormone en steroïedes, `n half-organiese enkelkorrel-produk wat grondgesondheid bevorder, asook unieke kunsmiskorrelbedekkings wat onder meer natuurlike plantsteroïedes insluit.

Gehalte-afwykings

2012

2013

2014

2015

Figuur 1. Indeks van produkgehalte.

Die opname-verbete herken en in die hele p opgeneem. Die chem in die plantselle opge

Figuur 2. Die opname-verbeteraars word deur die plant herken en in die hele plant (wortels, stingels en blare) opgeneem. Die chemikalieë word dan vrygestel en in die plantselle opgeneem. 23


Ons besigheid Leana Coetzee

Direkte Insette bied `n 360 grade diens aan produsente

G

GWK aan die produsent kan bied. WK se Direkte Insette-be- Verder word daarop gefokus om sigheid is vier jaar gelede klanteverhoudings te vestig en te verbegin om `n 360 grade stewig, want die klant bly die maatdiens aan produsente te lewer. skappy se grootste bate. In die laaste Dit beteken as’t ware om in elke vier jaar het GWK Direkte Insette behoefte van die produsent te voordie funksionaliteit van die besigheid sien, probleme op te los, op te volg gegroei en verbeter. en terugvoer te gee, asook om advies Die stelsels is aangepas volgens produsente se behoeftes, die besigaan te bied oor enige bystand wat 24

heid hanteer nou enige versoeke en navrae van kliĂŤnte, fasiliteer transaksies tussen produsente en verskaffers en dien as verlengstuk vir alle ander besighede binne GWK. Hierdie hele proses is om een rede geĂŻmplementeer, naamlik om produsente-intimiteit te verhoog. Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Direkte Insette) bestuur `n


span van sewe Bemarkingsbestuurders en vyf bemarkingskantore in verskillende streke, wat daagliks in kontak bly met GWK se produsente. Elkeen van hierdie bestuurders is verantwoordelik vir `n spesifieke streek en ry elke maand soms so ver as 5 000 km om besoeke by produsente af te lê. Insig oor elke produsent se boerdery en kennis van alle produkte en dienste wat GWK lewer, is die dryfveer agter die sukses van hierdie span. Die bestuurders werk baie nou saam met verskaffers om waarde vir die produsente te ontsluit en verwys na hul kennis van die landbou-omgewing en GWK om raad te gee wat op feite gebaseer is. Langtermyn-verhoudings word dus gevorm op grond van wedersydse vertroue en lojaliteit. Dié besigheid verseker dat in samewerking met GWK se voorkeurverskaffers aan produsente se insetbehoeftes voldoen word. Die fokus val op kunsmis, saad en chemikalieë. GWK Direkte insette is daarop gefokus om kliënte te leer ken, hul behoeftes te verstaan en waardevolle oplossings te bied. Vir navrae, kontak die bemarkingsbestuurder in jou streek:

Veronica Stevens Hartsvallei, Barkly-Wes en Vaalharts (Noord-streek) 082 567 8772 Derick Payne Modderrivier, Kimberley en Petrusburg (Oos-streek) 082 884 4584 Jacques de Klerk Douglas,Groblershoop, Prieska en Marydale (Sentrale en Wes-streek) 082 884 4588 Louisa Thomas Hopetown en Luckhoff (Suid-streek) Sel: 071 680 6805 Gavin Dry Cradock en Humansdorp (Oos-Kaap) 076 981 3967 Willem Halliday Christiana, Stella en Vryburg (Noordwes) 082 884 4140 Hennie van der Walt Ficksburg en Clocolan (Oos-Vrystaat) 079 511 4547 Japie Lombard Bestuurder: Administrasie 082 808 3848

GWK Kontrakteurs . . . innoverende oplossings Wilber Rudman Bestuurder: GWK Katoen Sel: 082 881 2281 E-pos: wilberr@gwk.co.za

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Omdat die Lanorma-kultivar nog nuut, maar so gewild is, oortref die vraag na die moere op die oomblik die beskikbaarheid daarvan.

Spesialisprodukte Leana Coetzee

Lanorma-aartappelkultivar uiters gewild by verbruikers

O

p Dinsdag 3 Mei 1966 het mev. Joyce Botes `n dagboekinskrywing gemaak waarin sy kleurvol beskryf hoe hulle in die Douglas-omgewing met aartappels boer. Sy noem dat haar man se liefde vir die boerdery baie dieselfde is as haar opregte liefde vir hóm en beskryf die ritueel waartydens haar man die hoeveelheid aartappels aan elke stoel bepaal. Sedertdien het aartappelverbou26

ing met rasseskrede gegroei om `n suksesvolle, winsgewende besigheid te wees. GWK se primêre bedieningsgebied het die afgelope dekade goeie produksiejare beleef wat talle produsente na dié bedryf gelok het. Mnr. André Coetzee (Bestuurder: GWK Aartappels) sê dat dié gebied se klimaat sy sterk en swak punt is. Die warm somers dra positief by tot lae virus- en vektor-tellings tydens aartappelproduksie, maar beteken

ook `n kort groeiseisoen. Om hierdie rede is kultivarnavorsing so belangrik om `n kultivar te vind wat ideaal is vir hierdie klimaat. GWK is ook by kultivar-ontwikkeling betrokke. Europese kultivars word van Nederland en Duitsland ingevoer, sowel as nuwe teellyne vanaf Skotland. Die kultivars/lyne word in die verskillende proewe oor Suid-Afrika heen getoets. Dit neem sewe jaar en langer van


die eerste invoere totdat `n kultivar kommersieel getoets kan word. `n Voorbeeld van só `n kultivar is die Lanorma-aartappelkultivar wat een van sewe kultivars is wat eksklusief deur GWK bemark word en in 2011 op die variëteitslys geregistreer is. Hierdie aartappel se gladde, roomwit voorkoms maak dit baie gewild by verbruikers en is ideaal vir kook, bak en enige skyfies, veral sagte aartappelskyfies. GWK Aartappels spesialiseer ook in die verbouing en voorsiening van hoëgehalte aartappelmoere. Hulle beskik oor kundige personeel om hierdie unieke vermeerderings saam met en namens aartappelmoerprodusente te bestuur en te bemark. Die proses behels die bestelling van plantjies vir die kweekhuis, produksie in die kweekhuis, produksie by kernmoerkwekers en dan finale produksie by GWK se moerkwekers. Dit neem drie tot vier jaar voordat die finale kommersiële moere aan produsente verkoop word, wat dan die totale oes aan markte, verwerkers ensovoorts verkoop. Die Lanorma-kultivar het `n 85-90 dae groeitydperk. Die totale oes van die kernmoerkwekers word geplant en ongeveer 30% van `n moerkweker se aartappeloes word bemark as moere om weer aan te plant – die res word aan die verbruikersmark gelewer. Omdat hierdie kultivar nog nuut, maar so gewild is, oortref die vraag

Nadat die aartappelmoere geskei is van die aartappels wat na die verbruikersmark gaan, word dit gewas en gesorteer. na die moere op die oomblik die beskikbaarheid daarvan. GWK Aartappels beplan om oor drie jaar deur toenemende vermeerdering en uitbreiding van hektare hierdie tekort uit te skakel om aan hierdie aanvraag van Lanorma-moere te voorsien. Suid-Afrika is een van die min lande ter wêreld wat dwarsdeur die jaar vars aartappels produseer. Daarom moet iewers in die land elke maand moere geplant word om aan die behoefte te voorsien. Die aanplanting in die somermaande kan plantgereed moere voorsien van Augustus tot Maart. GWK Aartappels het reeds na Kwazulu-Natal uitgebrei waar aartappels vanaf Februarie geoes word en plantgereed is van Mei tot November. Op die oomblik word gewerk aan nuwe moerproduksie om plantgereed moere vanaf Maart tot Junie aan

hierdie mark te voorsien. Dié uitbreidings maak dit moontlik om enige tyd van die jaar aan die markaanvraag te voldoen. Volgens Coetzee en mnr. Sallie Herbst (Bedryfshoof: Aartappelbemarking) moet `n groot kapitale investering gemaak word om met aartappelproduksie te begin. Verder is die produksiekoste baie hoog. Die gewas vereis dat produsente `n langtermynplan moet hê om elke jaar te plant en sodoende die toerusting te kan aankoop en onderhou. Ten spyte van die koste is aartappelmoer-produksie waarskynlik die gewas wat die potensiaal het om die grootste marge per hektaar te lewer, sowel as die grootste marge per millimeter water besproei. GWK Aartappels staan moerprodusente by om risiko’s te beperk en suksesvol aartappels te verbou. Aartappelprodusente word ook geondersteun met uitgebreide fasiliteite, insluitend koelkamers, store en die aartappelkweekhuis. Die kapasiteit van hierdie fasiliteite laat toe dat die berging en hantering van moere effektief en veilig geskied. Navrae André Coetzee 082 906 2374 andrec@gwk.co.za Sallie Herbst 082 805 5515 sallieh@gwk.co.za


Omdat die Lanorma-kultivar nog nuut, maar so gewild is, oortref die vraag na die moere op die oomblik die beskikbaarheid daarvan. GWK Katoen se grootste uitvoermark is Indonesië, maar voer ook katoen uit na Mauritius, China, Taiwan, Korea, Viëtnam, Italië en Pakistan.

Spesialisprodukte Leana Coetzee

Candia-kantoenkultivar toon uitstekende opbrengste in NK

K

atoen word gebruik in die vervaardiging van `n verskeidenheid produkte wat strek van klere, tente, seile, pleisters en verbande tot kosmetiese produkte. Hierdie gewas kan reeds in die eerste jaar van verbouing `n wins toon. Katoenprodusente is sedert April druk besig met die oes en volgens mnre. Johann Viviers en Deon Marais, eksterne kontrakteurs vir GWK Katoen, 28

blyk dit `n baie goeie jaar te wees. Viviers en Marais, albei voorligters in verbouingspraktyke, noem dat katoen ál meer as wisselbou-gewas aangeplant word, om verskeie redes. Een hiervan is die nuwe katoenkultivar, Candia, wat eksklusief deur GWK bemark word. Ná baie navorsing om `n geskikte katoenkultivar te vind wat optimaal sal aanpas in ons klimaat, is besluit om Candia-saad vanuit Australië in

te voer. Hierdie kultivar floreer in die NoordKaapse klimaat met sy kort seisoen, omdat die Candia-kultivar `n korter groeitydperk (165 dae) het. Mnr. Nico Swart (Bedryfshoof: Katoenverkryging) verduidelik waarom katoen `n ideale wisselbou-gewas is: “Waar ander gewasse vlak wortelstelsels het, het katoen `n penwortelstelsel wat die grond diep penetreer. Dit dra daartoe by dat die grond


deurlug word. Omdat katoen minder water benodig, beteken dit ook dat minder soute en ander chemikalieë in die grond ingewerk word,” sê Swart. Hy noem ook dat produsente wat katoen vir wisselbou aanplant, al tot een ton mielies en twee ton koring per hektaar meer geproduseer het. Die Candia-kultivar word al drie jaar lank beproef en twee jaar lank kommersieel aangeplant. Opbrengste het sedertdien verhoog van `n gemiddeld van 5,4 t/ha hektaar na `n gemiddeld van 7,5 t/ha en soms tot soveel as 8 t/ha hektaar. Die lang dagliglengte in die NoordKaap dra ook by tot die hoë gehalte en goeie vesellengte van die katoen wat hier geproduseer word. Katoenaanplantings in droëland-gebiede neem ook vinnig toe. Marais noem dat veral in Noordwes in katoen vir wisselbou belê word. Dít is `n nuwe ontwikkeling van omtrent 4 000 ha vir GWK. Katoen presteer goed in droogtetemperature teenoor ander gewasse, te danke aan die diepte van die penwortelstelsel. Die ideale groeitemperature vir katoen is in gebiede met `n minimum van 20°C en `n maksimum van 42°C. Daarom word katoen winsgewend in die Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo geproduseer. GWK besit op die oomblik `n 66%markaandeel in katoenverbouing in Suid-Afrika en `n 85%-aandeel in katoenbemarking. GWK se pluismeule op Modderrivier verwerk die katoenmodules deur dit te suiwer en dan in veselbale te verpak. Die pluismeule is ontwerp met spasie vir ekstra verwerkingstoerusting om die kapasiteit van hierdie aanleg te vergroot. Swart voeg by dat GWK die enigste maatskappy is wat katoen as uitvoergewas tot drie jaar vooruit kan verskans. Die besigheid se grootste uitvoermark is Indonesië, maar katoen word ook uit na Mauritius, China, Taiwan, Korea, Viëtnam, Italië en Pakistan uitgevoer. Foto: Conrad Borman


Spesialisprodukte

Andreas Snyman Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute

Die verbruik en vraag na neute styg steeds jaarliks

E

k het Hong Kong onlangs besoek en met vyf van die belangrikste kopers daar oor pekanneut-uitvoere onderhandel. Ek het ook kopers in België en Nederland besoek en die Internasionale neut en droëvrugte-raad (INC) se kongres in Antalya, Turkye bygewoon. Sowat 1 000 afgevaardigdes het maatskappye van oor die wêreld heen verteenwoordig. Hier het ek met ses kopers van Hong Kong en China onderhandel. 30

Die gebeure in China, waartydens 33 Chinese vir die insmokkeling van neute in hegtenis geneem is, is tydens een van die besprekingsessies in diepte bespreek aangesien China een van die grootste kopers van neute en droëvrugte ter wêreld is. Die doel van hierdie artikel is om aan die produsente `n oorsig van die situasie te gee en te wys op hoe dit die produsent se beplanning beïnvloed. Hoewel die owerhede aanvanklik die bogenoemde individue vir die smok-

kel van verskillende goedere in hegtenis geneem het, het dit later aan die lig gekom dat veral neute in China ingesmokkel is sonder dat invoerheffings betaal is. Neute is byvoorbeeld as rubber verklaar en geen heffings is betaal nie. Beslag is ook gelê op neute in `n groot pakhuis. Fabrieke kon slegs neute bekom as hulle bewys van eienaarskap kon toon, asook dat die heffings betaal is. Die eerste drie verdagtes is onlangs op borgtog vrygelaat, terwyl die an-


conrad borman

der steeds in aanhouding is. By die Sial Shanghai-skou is `n verhandelaar in die eerste week in Mei op die vloer in hegtenis geneem. Die gerug doen die rondte dat die ander neut- en droëvrugte-handelaars só groot geskrik het dat hulle skielik verdwyn het. Hierdie inhegtenisnemings staaf die siening van sommige spelers in die mark dat die owerhede op soek is na nóg `n paar groot verdagtes en slegs `n paar vrygelaat het as lokaas om die groot visse te vang. Die meeste handelaars in Hong Kong verkoop FOB Hong Kong en doen nie uitvoere na China nie. Hulle het dus op dié manier vervolging vrygespring. Dit wil lyk asof meer as 90% van die neute en droëvrugte volgens die grys roete in China ingegaan het. Berigte het gelui dat 200 skeepshouers of meer terug is na Amerika. Dit is nie die houers wat gestop is voordat dit verskeep is nie. Een koper noem dat sy 40 skeephouers met pekanneute in Amerika voorgekeer het. Dit laat haar kontantvloei nou vasdraai. Die grootste probleem is dat die hele aksie tot `n groot kontantvloei-probleem by kopers en fabrieke lei. Kopers wat reeds produkte gekoop het, moet dit nou op die wettige manier in China inneem. Dit beteken dat hulle nou die volle invoerheffing moet betaal. Die huidige invoerheffing op Makadamianeute is 19% plus 16% BTW en nog 3%. Op pekanneute is die heffing 10% (verlaag van 24% verlede jaar) plus 16% en 3%. Die produk moet dus nou teen 29% meer in China verkoop word as wat aanvanklik beplan is. Die meeste individue met kontrakte verloor dus baie geld as hulle neute wettig in China inneem. Om hierdie rede het talle kopers weggestap van die produkte wat reeds op pad was en moet die eienaar of fabriek dan die prys verlaag en dit aan iemand anders verkoop of dit na China

terugneem. Die grootste probleme het by okkerneute voorgekom. Hierdie neute moet onmiddellik in koelopberging geplaas word om galsterigheid te voorkom. Die koelkamers staan egter vol vars produkte wat in dieselfde situasie was. Die fabrieke in China het op verskeie maniere kontantvloei-probleme ontwikkel. Van die fabrieke het deposito’s betaal op produkte wat op pad was. Die koper aan wie hulle dit betaal het, sit egter in die tronk. Hulle is dus hul produkte en geld kwyt. Sommige fabrieke besit ook voorraad waarop beslag gelê is. Hulle wil dit nie opeis nie, uit vrees dat hulle ook uitgevang sal word. Hierdie gebeure het die banke ook senuweeagtig gemaak wat veroorsaak dat hulle nie maklik geld gee vir nuwe lenings nie. Talle kopers het aanvanklik gesê dat die situasie sal oorwaai en dat hulle slegs later sal verskeep. Die situasie bly egter gespanne en die enigste uitweg is om die produkte wettig in China in te neem. Die gevolg hiervan is dat dit druk van 10% tot 29% op pryse plaas. Dit beteken dat neutpryse nie noodwendig opgaan nie, maar eerder kan afkom of op sy beste sywaarts beweeg. `n Verdere probleem is dat kopers in Amerika wat voorraad besit en wettig die land inneem, die onbeplande koste en heffing moet betaal. Talle kopers speel wag-en-sien-speletjies. Ander kopers beplan om aanvanklik die groen roete te volg en hoop om wins te maak as hulle later in die seisoen weer op `n grys roete `n paar houers kan deurglip. Verbruik het vir die oomblik afgeneem, aangesien internetmaatskappye (wat die meeste neute verkoop) hul promosies en advertensies heeltemal onttrek het. Die probleem is dus baie groter as wat talle produsente en verwerkers in Suid-Afrika gedink het. Die vraag na pekanneute is egter steeds groot. Die enigste volhoubare plan is om die wettige roete te volg. Dit sal pryse

waarskynlik met 10% verlaag of minstens verhinder dat dit soos in die verlede styg. Kopers het ook in die verlede maklik 10% tot 30% aan deposito’s betaal. Vanjaar wil die meeste kopers dit nie betaal nie. Dit beteken dat GWK (of ander verwerkers) se debiteurerisiko verhoog, wat veroorsaak dat GWK en ander verwerkers eerder minimum-waarborgpryse teen 80% of 90% van die waarde moet skryf en dan die res uitbetaal as die geld in die bank is. Die produsent neem dan saam met die verwerker die debiteur-risiko. Ingeval die koper dan “default” en nie die produk opneem nie, kan die verwerker dit teen diskonto aan die volgende koper verkoop. Verwerkers is te lig om die debiteure-risiko te neem as die kopers nie deposito’s betaal nie. `n Illusie het ook by produsente ontstaan dat verwerkers groot marges neem en dat hulle meer geld sal maak as hulle hul neute self bemark. Dit is egter nie die waarheid nie. As produsente die uitvoer as produsente-groep self doen, lyk die werklike transaksie as volg: Die produk moet steeds teen `n koste versamel word en na `n verwerkingsfasiliteit aangery word. Die verwerkingsfasiliteit moet steeds die produk teen `n tarief verwerk waar die verwerkingsfasiliteit sy verlangde opbrengs en kapitaal kry. Al hierdie aksies moet in Suid-Afrika deur iemand gekoördineer word en die bemarking namens die produsente gedoen word. Dit gebeur alles teen `n koste. `n Maatskappy lê steeds geld uit om die produkte in China te bemark. Die maatskappy gaan koste aan en het waarskynlik ook `n verlangde opbrengs op kapitaal. Ek kan dus geen plek sien waar `n produsent in hierdie model kan wen nie. Wat wel duidelik is, is dat die produsent meer risiko dra vir geen ekstra inkomste nie. Wanneer gehalte-eise en debiteure nie betaal nie, is die vet in die vuur. Die produsente het reeds direkte be31


lang in die volledige ketting. GWK bemark produsente se produk kollektief. GWK bied die volgende : � Volume-voordeel aangesien ons `n groot volume bemark; � GWK se eie verwerking wat wêreldklas is; � Naspeurbaarheid en voedselveiligheid; � Bemarkers waarvan die koste met ander bedrywe gedeel word; � Koste-effektiewe logistiek vanweë die volume-voordeel wat die lusern-, katoen- en grondboon-uitvoere aan ons gee; � Bestuur van buitelandse valuta en risiko’s wat hiermee gepaardgaan; � `n Goeie bemarkingsnetwerk; en � Aandeelhouers deel in die volle wins wat in die waardeketting gemaak word. Nadat state geoudit is, word die wins na die produsente terugverdeel. Hierdie proses is deursigtig en die produsent kan die volle wins sien wat GWK gemaak het. Wat staan produsente te doen? � Kies `n Suid-Afrikaanse koper wat jy vertrou. Die risiko is vanjaar te groot en produsente moet seker maak dat hulle hul geld ontvang. Ook op die laaste vrag. Gesels gereeld met jou koper en maak seker dat jy op hoogte van sake is. � Vermy dit om jou produk aan verskeie kopers aan te bied. Hierdie kopers bied die produk in China aan. As al die produsente dit doen, skep dit die indruk dat Suid-Afrika heelwat meer pekanneute het as wat in werklikheid die geval is, m.a.w. byvoorbeeld 30 000 tot 40 000 t pleks van 8 000 t. Hierdie illusie druk pryse af en veroorsaak later teleurstelling by kopers in China wat nie die neute kan kry nie. � Maak seker dat jou koper jou neute eerlik en deursigtig gradeer. Dit help nie om `n goeie prys en 32

� �

40% over size te kry as die koper 10% vir vreemde materiaal en dowwe neute aftrek nie. Daarop kry die produsent R0. Kies daarom `n koper met wie jy in die langtermyn wil sake doen. Kontrakteer 75% van jou neute teen `n goeie prys. `n Mens kan dan risiko op die laaste bietjie neute neem. As die produsent egter baie skuld het, is dit wys om 100% vroeg op `n vasteprys-kontrak te kontrakteer. Neem eerder R60 as wat die koper nie die laaste gedeelte betaal nie. Teen R70 vir “over size” maak die produsent goeie geld. Sit dit in die bank by jou ander geld. Hierdie is nie die jaar om die laaste druppel bloed uit die klip te tap nie, maar eerder om teen onnodige risiko’s te waak. Huidige pryse is reeds op rekordvlakke. Teen $7 kan Chinese kopers 40 000 t/jaar koop. Teen $5 kan hulle 100 000 t aankoop. Die huidige pryse vir “over size” is op dieselfde vlak as wat Amerika se Desirable- en Stuart-pryse is. Dit is jumbo-grootte neute wat met tyd `n sterk naam opgebou het. Die pryse vir ekstragroot en groot neute uit Amerika is reeds teen laer pryse as Suid-Afrikaanse pryse in die mark. Produsente kan verwag dat “over size”-pryse op huidige vlakke sal bly, maar dat groot- en ekstragroot-pryse sal afbeweeg. Sowat die helfte van die kopers waarmee ons onderhandel het, wil net “over size”-neute koop. Selfs die wisselkoers is onvoorspelbaar en hoewel ek dit nie aanbeveel nie, kan die produsent met geld eerder die wisselkoers later vasmaak, maar die dollarprys so gou as moontlik.

Hierdie opsomming van die situasie in die pekanmark is op my eie mening gegrond, maar nadat ek baie tyd in onderhandelings gespandeer het, dink ek tog dat hierdie jaar groot

risiko’s inhou. Die mark is steeds daar en sal wel ons neute opneem. Die toekoms lyk vir die volgende paar jaar rooskleurig. Neute is gesog en staan bekend as “power food” en “miracle food”. Die wêreld wil dit graag hê! Die verbruik en vraag na neute styg met tussen 8% en 12% per jaar. Dit maak `n mens opgewonde. Dit sal in ons belang wees as die Chinese met alle invoere die wettige pad loop. Kortpaaie beteken dalk nou en dan meer geld, maar die Amerikaanse kopers het so pas baie geld in China verloor en ons moet keer dat ons nie dieselfde fout maak nie. Oor die Europese mark kan ek die volgende sê: Ek is positief dat groot geleenthede vir die bemarking van uitgedopte pekanneute in die mark bestaan. Dit sal harde werk vereis en ons sal deurlopend neute beskikbaar moet hê om die mark te bedien. Nietemin is die mark groot en as pryse `n klein bietjie verlaag sal kopers van ander neute toustaan om pekanneute in Europa aan te koop. Pekanneute van Suid-Afrika se gehalte sal ook goed wees in die aanloop tot Kersfees, wat ons `n voorkeur-verskaffer maak. Huidige invoere is onder druk aangesien die Euro die afgelope jaar met 20% teen teen die dollar verswak het. Neutpryse in Euro-terme is dus skielik 20% duurder. Dit plaas markte onder druk. Nogtans het neutverbruik nie afgeneem nie en bly die vraag goed.



Presisieboerdery

Hannes Hattingh Bedryfshoof: Presisieboerdery

Uie uiters sensitief vir soute

O

plosbare soute kom in alle gronde voor, asook in natuurlike water van riviere, spruite en boorgate. Die opbou van soute in gronde vind hoofsaaklik deur die invloei van sypelwater, afloop en besproeiingswater, en die gevolglike konsentrasie daarvan deur evapotranspirasie, plaas. Verbrakking van gronde kan in drie groepe gedeel word afhangende van die soute teenwoordig en/of die teenwoordigheid van uitruilbare natrium op die kolloïdale kompleks. a) Soutgrond (witbrak); b) Natriumgrond (swartbrak); c) sout-natriumgrond (MVSA Bemestingshandleiding). In hierdie geval gaan ons na soutgrond kyk. Dit onstaan wannneer die grond `n oormaat oplosbare soute bevat wat akkumuleer/opbou weens beperkte dreinering. Oplosbare soute moet in gronde bepaal word om vas te stel of enige oormatige soute teenwoordig is om normale ontkieming, plantgroei of die opname van water deur die plant te beïnvloed. Hoe meet ons dit? Deur middel van `n grondontleding kan vasgestel word wat die totale souteffek op gronde is deur die elektriese geleiding in millisiemens per meter (mS/m) te toets. Kontak die GWKlandboukundige in jou gebied hieroor. Gewassensitiwiteit Voedingswanbalanse word onder sout toestande waargeneem en plantegroei word nadelig beïnvloed weens die beskikbaarheid en vervoer van voe34

dingselemente. Osmotiese skade op wortels weens `n oormaat soute het hierdie geïnduseerde tekorte tot gevolg. Alle gewasse is nie ewe sensitief vir soute nie. Sien Tabel 1 wat die sensitiwiteit en verdraagsaamheid van soutgehalte van sommige gewasse aandui.

Voorkom hierdie situasie Deur vooraf die gronde te toets, kan hierdie probleem vermy of vroegtydig aangespreek word. Die gebruik van gips vooraf kan ook `n invloed op die elektriese geleiding van die grond hê. Volgens `n inkubasie-proef wat in 2014 deur GWK gedoen is, kan 1 t gips die Invloed van oormaat soute op uie elektriese geleiding (EG) met ongeveer Soos uit Tabel 1 gesien kan word, is die 45 mS/m laat styg. Daarom is dit dus drempelwaarde vir uie in die algemeen uiters belangrik om te weet wat die EG baie laag – die laagste van al die gevan die grond is voordat gips toegedien wasse in die tabel aangedui. word. Indien die EG van die grond naDus moet gronde waar dreinering by die drempelwaarde van die gewas weens `n hoë kleipersentasie beperk bv. uie is, en dit noodsaaklik is dat gips word en beperkende lae met groot om- wel toegedien moet word, moet deegsigtigheid aangepak word. Waar water like dreinering plaasvind deur `n groot van swak gehalte gebruik word, moet hoeveelheid water in `n kort periode produsente ook versigtig wees. toe te dien. Daarna moet weer getoets ` n Oormaat soute beïnvloed boldiaword om vas te stel of die dreinering meter, bo-gewig, wortelontwikkeling, voldoende was en of die drempelplanthoogte en die hoeveelheid blare waarde binne perke is vir die gewas. per plant. Uie kan ook `n week vroeër volwassenheid bereik. [(Bernstein and Opsomming Ayers(1953b)]. Ontkieming word eers Uie is uiters sensitief vir soute wat die vanaf 2000 mS/m negatief beïnvloed opbrengs drasties kan beïnvloed. [Wannamaker en Pike (1987)]. Monster gronde strategies en monitor Tydens die 2014-seisoen is mooi gronde as gips of groot hoeveelhede voorbeelde van soutprobleme in die kunsmis met `n hoë soutwaarde veld gesien (sien Foto 1 en 2). Soos in toegedien word. Gronde moet verkiesTabel 2 gesien kan word, was Foto 2 se lik onder 120 mS/m ontleed word om elektriese geleiding-meting 284 mS/m. 100% opbrengspotensiaal te handhaaf. Volgens Tabel 1 is reeds 25% oesver- Dit kan die produsent baie geld spaar laging by `n ECe-waarde (soutkonsen- om hierdie ontledings te laat doen. trasie van grond) van 280 mS/m. Op `n gemiddeld van 5 500 sakkies/ha Bronne beteken dit 1 375 sakkies wat verlore � MVSA Bemestingshandleiding; 2007 gaan weens te `n te hoë soutkonsentra- � Shanon, M.C.,Grieve, C.M., 1999 sie in die grond. Tolerance of vegetable crops to Die finansiële implikasie is as volg: Salinity; Scientia Horticulturae 78, 1375 sakkies x R20 = R27 500 verlies 5-38. aan inkomste. � Dries Bloem – Geolab


Tabel 1: Gewastoleransie en opbrengspotensiaal van geselekteerde gewasse en die invloed van sout besproeiingswater (ECw) of soutgronde (ECe)1 op opbrengspotensiaal.2 100%

Tabel1

90%

75%

0%

50%

“maksimum”3

Gewasse

ECe ms/m ECw ms/m ECe ms/m ECw ms/m ECe ms/m ECw ms/m ECe ms/m ECw ms/m ECe ms/m

ECw ms/m

Gars (Hordeum vulgare)

800

530

1000

670

1300

870

1800

1200

2800

1900

Katoen (Gossypium hirsutum)

770

510

960

640

1300

840

1700

1200

2700

1800

Koring (Triticum aestivum) 600

400

740

490

950

630

1300

870

2000

1300

Sojabone (Glycine max)

500

330

550

370

630

420

750

500

1000

670

Grondbone (Arachis hypogaea)

320

210

350

240

410

270

490

330

660

440

Mielies (Zea mays)

170

110

250

170

380

250

590

390

1000

670

Aartappels (Solanum tuberosum)

170

110

250

170

380

250

590

390

1000

670

1 Bron: Aangepas uit Maas & Hoffman (1977) & Maas (1984). Hierdie data moet slegs as `n riglyn gebruik word vir die toleransie van gewasse. Totale toleransie varieer afhangende van klimaat, grondtoestand en praktyke. 2 ECe beteken die gemiddelde wortelsone se soutkonsentrasie van die grond gemeet in millisiemens per meter (mS/m). ECw beteken elektriese geleiding van besproeiingswater gemeet in millisiemens per meter (mS/m). 3 Die zero opbrengspotensiaal of die maksimum ECe verwys na die teoretiese grondsout-waarde (ECe) waar gewas sal ophou groei.

Foto 1.

Foto 2.

`n Duidelike verskil kan in die plantontwikkeling op die twee foto’s gesien word. Die enigste verskil wat ons met albei blaar- en grondmonsters kon optel, was dat die ECe van die grond by plante wat swak ontwikkel het, noemenswaardig verskil het.

Monster no.

Lab no.

Foto 1 Foto 2

L2139 L2140

EG m S m-1 135 284

K me l 1.437 1.10 -1

Versadige waterpasta-ekstrak Ca Mg -1 -1 -1 -1 mg l me l mg l me l me l-1 56.0 1.968 39.4 2.895 34.7 43.1 6.04 120.7 5.47 65.7

Na me l 6.124 9.82 -1

me l-1 140.8 225.7

NAV (SAR)

Ca: Mg

Ca %

3.9 4.1

0.7 1.1

15.8 26.9

Tabel 2 35


Ontmoet ons spesialiste Tania Fourie

Produksiebestuurder by De Aar-abattoir ken sy storie

G

WK Vleis se spesialiste skryf dié besigheid se sukses toe aan die gehalte van die vleis wat aan die eindverbruiker gelewer word. Mnr. Vernon Appolis (Produksiebestuurder by GWK se abattoir op De Aar) verduidelik dat slegs vakuum-verpakking gebruik word om te verseker dat `n baie vars produk die eindverbruiker bereik. “Die mense wat by GWK betrokke is werk baie effektief saam en ek geniet dit om saam met só `n span te werk. “Opdragte word onmiddellik uitgevoer, wat dit baie aangenaam maak om by die abattoir te werk. Appolis het wye ondervinding in die abattoir wat hom daagliks in sy werksaamhede bevoordeel. Hy was aanvanklik in die boubedryf betrokke voordat hy by die abattoir as `n skandeerder by die uitlaai-afdeling begin het. `n Jaar later is hy as toesighouer aangestel en twee jaar later as produksiebestuurder by die versendingskant. Hy was sowat vyf jaar hier werksaam. Daarna is hy bevorder na die ontvangsarea van die lewendehawe en vellestoor. Hier het hy drie jaar lank gewerk waarna hy in sy huidige posisie as produksiebestuurder van die slagvoer aangestel is. Dié afdeling is verantwoordelik vir 36

Mnr. Vernon Appolis (Produksiebestuurder by GWK se abattoir op De Aar). die ontvangs, slag en aflaai van die diere. “Ek het nou feitlik oral in die abattoir ondervinding opgedoen en verstaan presies hoe elke afdeling en proses

werk. GWK bied uitstekende ondersteuning aan die maatskappy se werknemers en dit maak dit `n plesier om hier te werk!”


Kontak ons: Tri-Star Beesvoerkraal, Hartswater: 053 474 0499 Meat to Market: Albert Grundling 053 456 1004 Groblershoop Skaapabattoir: Kobus Buys 054 833 0041 Groblershoop Skaapvoerkraal: Anel Kitching 071 017 0182 De Aar Skaapabattoir: Johan Hanekom 053 631 0843 De Aar Skaapvoerkraal: AndrĂŠ van der Walt 082 379 3936

www.gwk.co.za


Kliënte-fokus

In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons mense in poste wat kliënte direk raak.

Struktuurveranderinge is onlangs in hoofs verantwoordelik is. GWK se kantoor die Oos-Vrystaat � Lydia Harmse rapporteer nou as toegepas as deel van GWK se poKontroleer: Krediet in die Finansisionering om onsself optimaal te belyn vir groei en winsgewendheid in die toekoms. Met hierdie doel is personeel se rapporteringslyne en verantwoordelikhede hersien en rapporteer die betrokke personeel nou in die besighede waarin hul fokus val. Dit maak die uitvoerende bestuurder van GWK se besighede oorhoofs verantwoordelik vir die betrokke besigheid se aktiwiteite in die Oos-Vrystaat. Die volgende veranderinge is aangebring: Hennie van der Walt. � Hennie van der Walt rapporteer nou as Bemarkingsbestuurder: Direkte Insette in die Direkte Insette-besigheid waarvoor Rocky le Roux oorhoofs verantwoordelik is. � Esperansza van der Walt rapporteer nou as Bedryfshoof: Graanverkryging in die Graanbemarkingsbesigheid waarvoor Elmarie Jacobs oorhoofs verantwoordelik is. � Susan Herne rapporteer nou as Klerk: Versekering Onderskrywing in die Versekeringsbesigheid waarvoor Brits van den Berg oor- Esperansza van der Walt. 38

sieringsbesigheid waarvoor Kobie Greyvensteyn oorhoofs verantwoordelik is.

Susan Herne.

Lydia Harmse.


Koördinate: S29’51.04 E 024”16.45 | Plaas Annex is geleë 45 km suid van Hopetown 25 km wes van Orania | 75 km noordwes van die Vanderkloofdam

Saterdag 18 Julie 2015 om 11:00 Annex, Hopetown GWK Versekering wens Riaan Badenhorst, Kobus Fourie en alle kopers graag geluk met hul veiling waarop die volgende diere beskikbaar sal wees:

Springbokke: Trofee en teelgroepe Kalahari-springbokke Swart springbokke Wit springbokke Koper springbokke Bont springbokke Grand Slam-ramme Trofee Kalahari-springbokramme Trofee swart springbokramme Trofee wit springbokramme Trofee koper springbokramme

Blesbokke: Trofee en teelgroepe

Blesbok-teelgroepe 16”+ Wit blesbok-teelgroepe Blesbokke dragtig van geel ram Blesbokke dragtig van koper ram Wit blesbok dragtig van geel ram Geel blesbok-teelgroep Geel blesbokram Krulhaarblesbok-teelgroep Krulhaarblesbokramme Trofee wit en bruin blesbokramme 17”+ Koper blesbokramme

Gemsbok-teelgroep

Steenbok-paartjies Tsessebe-teelgroep Scimitar-teelgroep Rooihartebeeste Eland: Trofee en teelgroepe

40 40 40 40 2 4 lotte 10 10 10 10

Eland

1 lot 1M + 3V

Goue wildebees Rooibokooie

1M + 2V 10

Dragtig van swart ram

Swart rooibokke

Swart rooibok Split-swart rooibokramme Split-wit rooibokramme

10 10 15 15 10 1M + 4V 1 2 lotte 1M + 3V 1 10 2

Gemsbok-teelgroep Gemsbokke dragtig van goue bul

3 lotte 2M + 3V 15

Goue gemsbok-teelgroep Rooiribbok-teelgroep Rooibokke Njala-teelgroepe Lechwes

3V + 1M (Burchell) 10 2 lotte 1M + 5M 3 lotte 1M + 3V 3 lotte 1M + 3V

3 lotte van 2 3 lotte 1M + 2V 1M + 3V 2 lotte 1M + 3V

1M + 2V 3 2

Blouwildebees-koeie dragtig goue bul 10 Swartwildebees 2 lotte 1M + 4V Swartwitpens Swartwitpens Swartwitpens-teelbulle

4 lotte 2V 1

Bastergemsbokke

Bastergemsbokke 3 lotte 2V (Koeie dragtig van “Duke” 32”-bul, ook pa van verse) Bastergemsbok-teelbulle 1

Buffel-teelbulle

2 bulle van 6 jaar oud met 40” horings, en ook 2 jaar oue bulle Duikers 3 paartjies Bontebokke 2 lotte 1M + 2V Bosbokke 1M + 4V Rietbokke 1M + 3V Hartman-sebras 1M + 2V Burchell-sebras 1M + 3V Koedoes 2 lotte 1M + 3V

“Duke” 32”-bul

www.gwk.co.za

FSB Lisensienommer 1185

GWK Versekering is verantwoordelik vir die volle versekeringsvereistes van die veiling.

innoveer landbou


Kliënte-fokus vervolg

Posisionering is onlangs in GWK se besigheid vir Graanbemarking gedoen om die volgende groeifase in die besigheid te bewerkstellig, asook om nog beter kontroles en dienslewering vir produsente en kopers te verseker. Met hierdie doel is die volgende

aanstellings gedoen: � Herman Grobler (Kontrakbestuurder); � Ederich Prinsloo (Bestuurder: Verhandelingshuis); � Marnus Janse Van Rensburg (Bestuurder: Graanverkope);

� Ig Pretorius (Bestuurder: Graanaankope); � Esperansza van der Walt (Verkryger: Graan); � Leza Botha (Bestuurder: Graanadministrasie) en � Alicia Venter (Bemarkingsassistent: Graanverkope).

Herman Grobler.

Ederich Prinsloo.

Marnus Janse Van Rensburg.

Ig Pretorius.

Leza Botha.

Alicia Venter.



Mnre. Pieter Spies (Besturende Direkteur), Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte en James Faber (Voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie Noord-Kaap) tydens dié organisasie se onlangse kongres in Kimberley. Inlas: Mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking), Koos van der Ryst (GWK-direkteur en bestuurslid van die Nasionale RPO), Nic Zaayman van die VSRPO en Henk van Wyk (president van Agri Noord-Kaap).

Georganiseerde landbou

RPO Noord-Kaap kom byeen

N

og `n jaar is verby sedert ons laas hier byeen was. Die afgelope jaar het verskeie hoogte- en laagtepunte gehad. Soms is dit nodig dat ons `n bietjie gaan terugkyk na die afgelope jaar en wat ons verwagtinge vir die toekoms is. Wat `n reis was die afgelope jaar vir my! Só het mnr. James Faber, Voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie Noord-Kaap onlangs op dié organisasie se jaarlikse kongres gesê. Faber het in sy voorsittersrede daarop klem gelê dat rooivleisprodusente sal moet fokus op maniere om meer teen 42

`n laer koste te produseer. “Die vraag wat ons onsself moet afvra is wat ek as produsent kan doen om my inkomste te stabiliseer. Elkeen van ons moet gaan kyk hoe ons produksie teen die laagste koste kan verhoog. Ek glo dat ons as produsente die vermoë het om te oorleef!” Ná afloop van die kongres het Faber gesê dat hy baie goeie terugvoer ontvang van produsente wat die kongres bygewoon het. “Die algemene gevoel is dat belangrike, aktuele sake oor die rooivleisbedryf tydens die kongres bespreek is.” Mnr. Joe Scholtz van die Agri Hay Landbou-unie op Griekwastad het

hierby aangesluit en genoem dat verskeie sprekers se voorleggings tegnies was, maar dat produsente groot waarde by die kongres gevind het en by elke spreker iets kon leer. Die Boesmanland Landbou-unie is by die kongres verteenwoordig deur mnr. Sakkie Louw, wat beklemtoon het hoe belangrik hierdie jaarlikse byeenkoms is. Vir hóm lê die waarde in die geleentheid om met ander veeprodusente te kan kommunikeer. Hy sê dat daar altyd brandpunte op die kongres bespreek word, maar dat dit veral ook lekker is om elke jaar ou vriende daar raak te loop en inligting onder mekaar uit te ruil.





Pret op die plaas Vir die jongspan

Help die kalkoen om by die mielies uit te kom

46


GWK Lusern en Veevoere

Prote誰enryke katoensaad vir veevoeding

Bestuurder Fanus Linde Sel: 082 888 0016 Tel: 053 298 8457 fanusl@gwk.co.za Douglas Donnie Brits Sel: 082 805 2468 Tel: 053 298 8481 donnieb@gwk.co.za Jan-Kempdorp Douw Steyn Sel: 071 670 5883 Tel: 053 456 0139 douws@gwk.co.za Stellenbosch Lorraine Davison Sel: 082 806 5148 Tel: 021 180 4216 lorraineb@gwk.co.za Modderrivier / Rietrivier Albertus de Wet Sel: 082 803 0689 albertdw@gwk.co.za

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Leefstyl

Carien Grobler

Kies `n fantastiese familie `n Fantastiese familielewe is `n keuse – `n mens moet slegs weet waar om jou fokus te plaas.

O

veroorsaak dit dat mense meer geneig m deel te wees van `n lief­ is om emosioneel in die huwelik te belê. Hierdie verbintenis is ook bevorderlik de­volle, gelukkige familie vir kinders se sekuriteit. Wanneer hulle is een van die grootste ge­skenke wat `n mens aan jou kin­ders weet dat hul ouers soms argumenteer, maar dit nie op `n egskeiding sal uitkan gee. `n Fantastiese fa­mi­lie­lewe is loop nie, voel hulle geborge en veilig. `n keuse – `n mens moet slegs weet Nietemin kan enkelouers ook gelukkige waar om jou fokus te plaas. Hier is tien ouerhuise skep. `n Studie aan die Ohio faktore wat nodig is vir `n ge­luk­kige State University in Amerika het getoon gesin: dat `n stabiele ouer, selfs meer as `n stabiele huwelik, bepaal of kinders ge­ 1. `n Vaste verbintenis. Die belang­ lukkig is. Luidens die stu­die is kinders rik­ste eienskap van `n gelukkige gesin wat deur `n enkelouer groot­gemaak is `n vaste verbintenis. Dit beteken dat word, net so geneig om aka­de­miese en gesinslede hul gesinslewe `n prioriteit sosiale sukses te behaal as kin­ders met maak en hulself daartoe verbind om elke individu in die gesin te ondersteun. twee ouers, mits die ouer emo­sio­neel stabiel is en `n stabiele omgewing skep. `n Studie aan die Universiteit van Virginia in Amerika het bevind dat vroue “Kinders hou daarvan as hulle weet wat om te verwag,” sê prof Claire wat `n lewenslange verbintenis tot hul huwelik met hul mans deel, meer geluk­ Kamp Dush, studieleier van die depar­ te­ment menslike ontwikkeling aan dié kig is. Volgens die navorsers skep só `n verbintenis wederkerige vertroue en universi­teit. “In gevalle waar die huis­ 48

li­ke omstandighede stabiel was, het ons geen verskille gemerk in die vlakke van akademiese prestasie, emo­sionele ondersteuning of gedrags­pro­bleme tussen kinders van enkelouers en kinders uit tradisionele hu­welike nie.” 2. Waardering. Gelukkige gesinne fokus op mekaar se sterk punte en kyk verby mekaar se foute. Om `n mens se gesinslede te waardeer, is `n keuse. “Wanneer `n mens fokus op wat jy van iemand anders kan waardeer, bevoor­ deel jy ook jouself,” sê dr William Yoder, sielkundige en skrywer in sy boek The happy mind. “Waardering en lof vir ie­ mand anders maak `n mens ontvanklik vir liefde en geluk.” 3. Saamwees. Gelukkige families spandeer gereeld tyd saam – hulle werk saam en ontspan saam. Ongeag hul vol programme, maak hulle tyd om met


hul gesinslede deur te bring. Kyk `n slag na jou dagboek vir die volgende week. Dit is waarskynlik gevul met belangrike afsprake. Deur `n mens se gesinstyd dieselfde as enige ander belangrike afspraak te benader, sal jou gesinslede nooit afgeskeep voel nie. `n Predikant van `n klein Amerikaanse dorpie vertel sy kinders het hom gereeld gevra om meer tyd saam met hulle deur te bring. Hy het dan in sy dagboek gekyk en geantwoord dat hy te veel belangrike afsprake het. Op `n dag het sy dogter gevra: “Pappa, is ons dan nie ook `n belangrike afspraak nie?” Sedertdien het hy sy gesinstyd in sy dagboek neergeskryf en daarby gehou. Hy het homself dikwels verskoon met die woorde: “Ek het `n baie belangrike afspraak wat ek nie kan mis nie.” Hy het dan saam met sy kinders gaan visvang. 4. Kommunikasie. Gesinne wat glad nie saam eet nie, is nie `n vreemde gesig in die moderne samelewing nie. Etenstyd is egter een van die beste tye om as gesin saam te kuier en te gesels. As dit nie moontlik is om saans saam te eet nie, oorweeg ontbyt oor `n na­week. Stel vaste reëls vir hier­die ge­sins­etes vas bv. geen tegnologie of speelgoed word tydens die ete toe­ge­laat nie. Kommunikeer met elke kind op sy vlak. Selfs klein kindertjies wil graag gehoor word en het heelwat om te vertel! `n Eenvoudige vraag soos “Wat was die lekkerste deel van jou dag?” is genoeg om `n kind aan die praat te kry. Wat tieners betref, mag dit nodig wees om individuele afsprake met elkeen te maak. Tieners is geneig om posi­tief te reageer wanneer iemand werklik na hulle luister. `n Goeie luisteraar val nie iemand anders in die rede nie en maak seker dat hy reg verstaan wat aan hom gesê word. 5. Godsdiens. Navorsing oor wat die kwaliteit van `n mens se gesinslewe bepaal, toon dat die deel van gods­ diens en godsdienstige waardes baie belang­rik is vir `n gelukkige gesinsle­we. Wanneer gesinne saam aanbid, vorm `n nader band tussen die gesins­lede.

6. Gedeelde belangstellings en doelwitte. Hoe meer gesinslede in ge­ meen het, hoe meer sal hulle dit geniet om tyd saam deur te bring. Gedeelde belangstellings en doelwitte gee aan `n familie dinge om na uit te sien, om saam te beplan en saam te ondervind.

`n Mens moet eerder die probleem identifiseer en bepaal in watter katego­ rie dit val – is dit `n instrumentele kwes­sie wat verband hou met `n taak wat die gesin moet uitvoer of is daar ge­voelens en emosies betrokke? Sommige probleme bevat elemente uit albei kategorieë. `n Probleem waarvan 7. `n Sin vir humor. Gelukkige ge­sin­ die instrumentele sy geïdentifiseer en ne speel en lag saam. `n Sin vir hu­mor aangespreek word, maar die affektiewe in moeilike tye verlig onmiddellik die kant misgekyk word, sal nie effektief span­ning. `n Goeie sin vir humor kan opgelos word voordat albei elemente kinders slimmer en meer gesond maak, aangespreek word nie. maar hulle ook beter in staat stel om Hou `n dinkskrum oor moontlike struikelblokke te oorkom. Kinders wat oplossings. Laat almal wat deur die humor waardeer en met ander deel is pro­bleem geraak word hieraan deelmeer gelukkig en optimisties en het `n neem en maak `n lys van alternatiewe. beter selfbeeld. Moenie enige idee afskiet of evalueer totdat almal hul bydraes gemaak het 8. Gedeelde verantwoordelikhede. nie. `n Huishouding is die verantwoorde­ Evalueer die alternatiewe. Vra elke lik­heid van elke persoon wat daaraan gesinslid se mening en skrap die alter­ deel het. Daarom moet take só verdeel natiewe wat hulle nie bereid is om word dat die hele gesin `n bydrae te probeer nie. Die doelwit is om `n le­wer. Stel vas hoe die hele gesin oor oplossing te vind wat elke lid van die huis­werk voel voordat take verdeel word gesin sal tevrede stel. Besluit dan of – `n taak waarna een lid van die gesin die gesin oor die nodige hulpmiddels op­sien is gewoonlik vir iemand anders beskik om die probleem op te los. min­der afstootlik. Kies `n oplossing. Tydens hierdie stap word die aksieplan geformuleer: watter 9. `n Positiewe benadering tot oplossing gevolg gaan word, watter probleme. `n Fantastiese familie is nie lid van die gesin daarvoor verantwoorprobleemvry nie, maar volg `n positie­ delik sal wees en waar en wanneer dit we benadering om probleme saam op gedoen sal word. te los. Monitor die oplossing. Deur die op­ `n Gesin se probleme kan verskeie los­sing gereeld te moniteer, bly die ge­ vorms aanneem. Sommige probleme sin op hoogte van hul vordering en kan behels alledaagse besluite oor geld die nodige aanpassings gemaak word. of die kinders. Dit word instrumentele probleme genoem. Probleme oor ge­ 10. Diensbaarheid. Raak as gesin sinslede se gevoelens en emosies word be­trokke om `n verandering in die affektiewe probleme genoem. ge­meenskap te maak. `n Mens se eie Gesinne wat die tegnieke aangeleer en probleme lyk dik­wels onbenullig het om probleme vinnig en suksesvol wanneer jy daarna kyk deur die oë van op te los, laat hulle nie deur probleme `n minderbevoorregte persoon. onderkry nie. Volg hierdie vyf stappe: Die voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter en sy vrou, Rosalynn, het Identifiseer die probleem. As `n mens hierdie waarheid ontdek toe hulle gesin weet presies wat die probleem behels, by Habitat for humanity (wat huise vir is die stryd reeds halfpad gewonne. minderbovoorregtes bou) betrokke gerHoewel dit eenvoudig mag lyk, sukkel aak het. Volgens Jimmy en Rosalynn het gesinne dikwels hiermee omdat hulle dit hulle meer vreugde en bevrediging geneig is om iemand vir die probleem as hul Withuis-ondervinding verskaf om te blameer. mure te verf en spykers in te kap. 49


Gesondheid

`n Handvol neute per dag . . . kan dalk die dokter laat wag!

V

erskeie groot studies het reeds die gesondheidsvoordele van neute bewys. Die New York Times het onlangs berig dat navorsing daarop wys dat hoe meer neute `n mens eet, hoe minder waarskynlik dit is dat jy op enige ouderdom aan kanker of `n hartsiekte sal sterf. `n Kliniese studie wat in Spanje gedoen is, toon ook `n verlaging in sterftesyfers onder mense wat `n Mediterreense dieet volg wat met neute aangevul word. Hierdie studies is egter amper uitsluit lik onder betreklike welaf, geleerde, blanke mense uitgevoer en ondanks die feit dat die navorsers versigtig was om ander faktore te beheer wat die resultate kon beïnvloed, bestaan die moontlikheid steeds dat ander faktore as neutverbruik vir die verlaagde sterftesyfer verantwoordelik kon wees. `n Sterk verband is egter ook nou tussen neute en beter gesondheid gevind in `n groot studie onder mense uit laer sosio-ekonomiese

50

keer of meer per maand neute geëet het. Neute is betreklik hoog in vette. Vette bevat meer kalorieë per gram (9 g) as proteïene of suikers (4 g) en selfs meer as alkohol (7 g). `n Oorsig van studies van groot bevolkings deur Richard Mattes van die Purdue-uniagtergronde en verskillende etniese versiteit en medeskrywers het egter groepe – van wie talle ernstige risimeestal gevind dat volwassenes wat kofaktore vir vroeë dood soos rook, neute eet, minder weeg as dié wat vetsug, hoë bloeddruk en diabetes neute vermy. Kinders wat grondboontgehad het. jies eet, het ook gewoonlik `n laer Die uitslae is onlangs deur navorliggaamsmassa-indeks as dié wat dit sers by die Vanderbilt-universiteit se nie eet nie. mediese fakulteit in JAMA Internal Kliniese studies het `n beperkte Medicine gepubliseer. Die studie, invloed op liggaamsgewig gevind wat onder meer as 200 000 mans wanneer heelwat neute by die dieet en vroue in die suide van Amerika gevoeg word. en Sjanghai gedoen is, het gevind Deelnemers aan studies wat neute dat hoe meer neute mense eet, hoe by gewigsverliesprogram ingesluit het, laer hul sterftesyfer weens alle oorhet meer gewig verloor en het uiteinsake was – veral weens hartkwale en delik `n kleiner middel en minder beroertes. liggaamsvet gehad as deelnemers Hoewel meer mense vandag vir wat nie neute geëet het nie. neute, en veral vir grondboontjies, al- Een verklaring vir die gewigsbeheerlergies is as ooit tevore, het twee on- voordeel van neute is dat die hoë vetlangse studies op maniere gewys wat en proteïeninhoud `n mens versadig moontlik kan voorkom dat kinders `n laat voel, wat kan keer dat `n mens allergie vir neute ontwikkel. onnodig peusel. Die eerste studie, wat verlede jaar in JAMA Pediatrics gepubliseer is, het gevind dat vroue wat die meeste neute of grondboontjies tydens hul swangerskap eet, die kleinste risiko het om kinders met `n neutallergie te hê. Die vermindering van risiko was die grootste onder kinders wie se ma’s vyf


Beskikbaar by GWK handelstakke

Trusted Worldwide

Permanent and portable electric fencing systems for safe, cost effective livestock control, efficient pasture management and more profitable farming.

oranjelandgoed, prieska pekankwekery GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED

KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO

KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM


Vleis vir die jagseisoen

Gemarineerde wildsboud Resep

Marinade: 1 groot ui (gerasper) 250 ml droë rooiwyn 125 ml wynasyn 125 ml olie 25 ml Worcester-sous 12,5 ml tamatiesous 25 ml blatjang 25 ml heuning 125 ml rosyne 5 ml sout 3 ml varsgemaalde swart peper 5 ml naeltjies 5 ml droë mosterd 5 ml neutmuskaat 10 ml gemaalde koljander

Metode

� Meng al die bestanddele saam en marineer die boud vir drie dae. � Haal boud uit marinade en plaas in geskikte oondpan/tinfoeliebak vir weber. � Gooi 1 koppie van die marinade en 1 koppie water oor. � Bedek die bak en plaas in stadige oond (160ºC) of Weber tot gaar, sag en bruin gebak (minstens vir twee ure). � Haal boud uit en vul sous aan indien nodig, voeg 1 k room by en verdik sous met bietjie Bisto.

52


Moenie onkant gevang word tydens beurtkrag nie! New Way-kragopwekkers, aangedryf deur die John Deere-enjinreeks, is nou beskikbaar by GWK Meganisasie.

Skakel vir Johan Wolvaardt by 053 298 8322 of 072 331 3807 vir navrae of kwotasies.

innoveer landbou

www.gwk.co.za


Agterblad Uit Piet se pen

Die ontvanger wag weer

D

ie skrywe lui: U moet die ontvanger besoek vir `n “single view”-registrasie. Dit moet in persoon geskied. `n Lang lys van dokumente volg wat verifieer moet word. `n Moedeloosheid oorval my. Ek was mos al daar. Ek versamel die nodige inligting en ry Kimberley toe. Hierdie keer vat ek vir Sonja saam – sy kan minstens help. “Onthou net jy kan nie winkel toe gaan nie,” waarsku ek vooraf. Sy wil teëstribbel. “Wag maar, jy sal self sien hoe die wiele daar draai.” Ek drink die vorige nag `n slaappil en berei myself geestelik voor. Ons arriveer vroeg, maar daar is nie `n parkeerplek naby nie. Die karwag waai soos `n voëlverskrikker. Waarvoor weet ek nie. Kan hy nie sien daar is nie meer parkeerplek nie? Ons stap die gebou binne waar die ry reeds `n paar draaie maak. Alle dokumente word eers nagegaan vóór jy in die wagsaal toegelaat word. Jy mag slegs met `n nommer in die hand sit. Die uitleg lyk soos `n lughawe-vertreksaal. Die enigste verskil is hier vlieg jy by die deur uit en nie deur die lug nie. My nommer is 399. Heel gou word ek geroep. Die dame is baie vriendelik. Ek is nederig en deel komplimente uit. Hierdie is nie `n plek waar teëgestribbel word nie. Ons gesels lekker. Die dame sê ek moet oplet na die mense wat die vertrek binnekom se gesigsuitdrukkings. “Almal is kwaad meneer, en teen die tyd wat ek hulle kalmeer het, is ekself kwaad,” vervolg sy. Nee, hier is sy al met Julius Malema gedreig, lank vóór hy nog in die parlement was. Ek redeneer nie vandag nie. Ek antwoord net wat gevra word. My eerste 54

rondte is suksesvol. Vóór ek loop, verneem ek waar `n trust geregistreer word. “Ook by my meneer, presies dieselfde proses. Ongelukkig sal u weer in die ry moet gaan staan om `n nommer te kry,” antwoord sy. Ek wil redeneer, maar bedink my. Ek val maar weer in die ry wat nou aansienlik langer is. Langs my sien ek vir Willie, hy is `n makelaar op die dorp. Die sweet tap hom af. Hy is vir die derde keer hier en daar kort al weer iets. Sy bewys van adres is vanoggend verkeerd. Ek bied my Eskomrekening aan. “U moet asseblief nie stout wees nie,” berispe `n personeellid my. Nogal `n sin vir humor. Eindelik is ek weer voor en kry`n nuwe splinternuwe ou nommer. Nommer 367. Daar lê `n hele aantal nommers op klein papiertjies geskryf op die toonbank. Ek word amper uitgegooi toe ek vra of hulle papier spaar deur weer die ou nommers te gebruik. Weer begelei die sitplekaanwyser my na my sitplek. Toevallig sit ek langs Willie. Op die oomblik is dit net ons twee in die ry. `n Vrou met `n stywe Springboktrui aan, kom druk my letterlik teen Willie vas. Die springbok spring op die regte plekke, maar die naam span so styf dit lyk soos `n geel streep. Sy woel haar in, skud haar vere reg en haal haar sakdoek uit om die sweet af te vee. Die nat sakdoek vang my so skrams in die gesig. Willie sê hy het die hele dag opsygesit. Hy sal tevrede wees as hy net vanaand by die Skuur op Douglas `n steak kan eet. Ek sit op die punt van die stoel om verskeie redes. Vir `n baie lang tyd gebeur daar niks nie. Intussen het Sonja probleme opgetel

met haar registrasie. Gelukkig het ons `n lêer vol bewyse saamgebring en krap vervaard daarin en kom wonder­ baarlik elke keer met die nodige te voorskyn. Intussen wag ek ongeduldig geduldig. Die nommers draai naby myne, maar steeds wil niks gebeur nie. Ek spring by nommer 467 regop. Wag sê die sit­ plek­operateur, u is `n 100 nommers uit. Verleë sak ek terug op die stoel. Eindelik verskyn my nommer weer. Dit is dieselfde toonbank, maar iemand anders los nou af. Die dame nie so vriendelik nie. Sy mompel iets op my vraag of dit goed gaan. Dit is haar eerste registrasie van `n trust. Nou sukkel dit. Ek verstaan nie alles wat sy wil hê nie en sy sukkel om dit aan my te verduidelik. Die “Tax Fundi” word nader geroep. Dit is weer `n dolle gekrap tussen my bewyse, maar gelukkig is alles daar. Net ná die middag is ons klaar. Ek kan nie wag om by die deur uit te kom nie. Die karwag is steeds besig om soos `n voëlverskrikker tekere te gaan. Hier is nou baie parkeerplek. Skaars is ons by Kimberley uit of die selfoon lui. “Meneer, verskoon tog, dit is die ontvanger se kantoor. U ID het nie duidelik genoeg uitgekom nie. U registrasie is afgekeur en u moet weer kom. Bring tog asseblief weer alles saam.” Ek is nie kwaad nie, ek is woedend. `n Magteloosheid oorval my. Sy luister geduldig terwyl ek stoom afblaas. “U moet asseblief so gou as moontlik terugkom, indien u nie in die toekoms gepenaliseer wil word nie”, is haar laaste woorde. Nog nie eers by die huis nie en ek moet weer terug. Ek is sommer lus en gooi die kar om!


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


GWK Versekering . . .

Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

• Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko. • Maakpas-oplossings vir bateversekering. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis.

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Ficksburg/ Mooirivier

Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat f okus o p welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.