Issuu on Google+

September 2012

`n handelsmerk van

Suid-Afrika kan homself in `n mieliekrisis bevind GWK open OK op Luckhoff Word deel van die groter debat, vra Steytler


Inhoud 2 Redaksioneel Bloeisels verskyn spierwit in `n kobalt blou lug . . . 3 Geestelike akker Gee die lig aan . . . 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Suid-Afrika kan homself in `n mieliekrisis bevind. 14 Ons besigheid GWK open OK op Luckhoff. 16 Graan Die groot debat – “Food versus fuel”.

34 Lewendehawe Tuli’s is gehard en aanpasbaar. 36 GWK NUUS Sidi Parani spring in om skool te verbeter. Netbaldag sorg vir groot pret en opwinding. 38 ONS MENSE Produsente en GWK-personeel wys hul passie. 40 GEORGANISEERDE LANDBOU Maak die groter debat met ons mee, vra Steytler. Agri-Noord-Kaap se 33ste kongres `n reuse-sukses. Vrystaat Landbou wys nuwe president aan.

10 Mieliekrisis kom dalk.

52 KOMMUNIEK KIEKIES John Deere. 54 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels Gholfspeler inspireer Griekwas.

55 18 DIE SKOPSKOEN Graan Nog baie rugby lê voor. Bestudering van nuusgebeure onontbeerlik vir prysbesluite. 56 20 Vir die jongspan Graan Pret op die plaas. Só vaar GWK se produsente met die prysing van hul graan. 58 22 VROUE Graan Leefstyl Olieboomsaad: Om mielies te sif is nie die antwoord nie. Skaterlag oor die lewe . . . want dis lente!

16 “Food vs. fuel”

52 Wenkiekie

24 60 Navorsing en Ontwikkeling Oulap se rooi Mieliestamrusper veroorsaak onaangename verrassings. Laat jou tuin lewe dié lente. 28 Navorsing en Ontwikkeling Katoen: Plantdatum dalk belangriker as ryspasiëring.

62 Gesondheid Gryp jou gesondheid en lééf hierdie lente.

30 Navorsing en Ontwikkeling GWK staan produsente by met keuse van genetika.

63 Resep Pistachio-bederf met wit sjokolade-stukkies.

32 Meganisasie Promosie Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar.

64 Agterblad Nie vir middeljariges nie.

58 Lag . . . dis lente!


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Bloeisels verskyn spierwit in `n kobalt blou lug . . .

D

ie lente loop uit in groen amandel blare in bloeisels wat spierwit verskyn in `n kobalt blou lug . . . Here, laat hierdie tyd u huldeblyk word en wat eens so doods en uitgewan was nou vreugdevol as `n lofsang aan U verskyn, laat vrugte kom van die seën wat U uitstort dat my swak jeug nou groots, onaangetas uitloop in `n lewe op U gegrond, u lig deur my takke skyn.

Ons begroet vandeesmaand die lente in die woorde van N.P. van Wyk Louw. Mag hierdie woorde vir elkeen van ons produsente waar word in hierdie lewegewende seisoen. Hierdie maand kyk ons na die mieliekrisis wat in Suid-Afrika dreig en staan stil by die groot debat – food

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

versus fuel. Ons kyk na moontlike oplossings vir skadelike sade wat in mielies voorkom en lang staantye by depots tot gevolg het wanneer mielies gesif moet word. Dan kom mieliestamrusper onder die loep – `n plaag wat onaangename verrassings kan veroorsaak. Ons staan ook stil by katoen waar plantdatum moontlik meer belangrik is as tussenry-spasiëring om optimale opbrengste te realiseer. Kommuniek kuier by die Prieska Besproeiingsboerevereniging waar mnre. Louw Steytler, Andries Theron en Dissie Kruger van Graan SA onlangs besoek afgelê het en kyk dan na die belangrike besprekingspunte

Lekker lees! Tot volgende keer

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

wat op Agri Noord-Kaap se onlangse jaarlikse kongres in Kimberley na vore gekom het. En dan kom die dames aan die beurt. Ons leer om oor die lewe te lag, die lewe in jou tuin terug te bring en jou gesondheid hierdie lente `n hupstoot te gee. Ons smul aan `n pistachio-bederf met wit sjokolade en dan skuif ons nader vir die agterblad, waar Piet oudergewoonte vir `n lag saam met `n traan sorg . . . want middeljariges voel glad nie tuis in die blêrkas nie!

VOORBLADFOTO `n Vars oggendblik oor die bate wat elke landbouer so na aan die hart lê – sy grond. Foto: Karen van Zyl


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Gee die lig aan . . . Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimskoots saai, sal volop oes. 2 Korintiërs 9:6 Daar’s tye wanneer dit regtig goed met ons gaan en ons selfs wonder waarom ander so sukkel om met lewensvreugde te leef. Ja, wanneer die heerlike somerson van vreugde-voorspoed ons harte verwarm, vergeet ons dikwels hoe koud en ongenaakbaar die winters van die lewe kan wees. Dis dan maklik om doodluiters die luike van ons harte vir ander toe te maak sodat hul donker nie ons wêreld betrek nie. Somer-oorvloedtye is goddelike tye wat aan ons gegee word om te

geniet. Maar somertye is ook wérkgeleenthede. Wanneer die warm sonskynstrale ons harte verwarm en ons in sy oorvloed-seën blom, wil ons Vader ook hê dat ons ander se winterharte sal verwarm deur `n deel van ons somervreugde uit te deel. Dis dan wanneer Hy sê: Daar moet `n balans wees tussen julle huidige oorvloed en julle gebrek. “Dan kan julle oorvloed weer vir julle gebrek aangewend word. Op só `n manier kom daar ewewig. Soos daar geskryf staan: “Die een met baie, het nie te veel gehad nie; en die een met `n bietjie, nie te min nie.” (2 Kor. 8:14-15) Winston Churchill het gesê: “Ons maak `n bestaan uit wat ons ont-

vang, maar ons skep `n lewe deur te gee.” Besluit om jou hartsvenster van liefde elke dag wawyd oop te maak sodat jy die goddelike genade wat jy ontvang het, ook op ander kan laat skyn. Vader, wys my waar ek vandag u lig kan wees. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse 6 September 8 September 11 September 12 September 12 September 13 September 15 September 18 September

Kalahari Nguni Klubveiling te Douglas Scholtz Broers Wildveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Noord-Kaap Veldramveiling te Griekwastad Hertzogville-veiling B4 Boranveiling te Humansdorp Kimberley grootveeveiling

19 September 19 September 20 September 25 September 26 September 26 September 27 September 27 September

Kimberley kleinveeveiling Lukas Burger Boerbokveiling te Kimberley Noord-Kaap Bonsmara-veiling te Kimberley Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Tambaraine Boranveiling te Kimberley Griekwastad-veiling Loxton Kasteel-veiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Julie tot Augustus 2012 22/07 - 26/07

30/07 - 03/08

06/08 - 10/08

13/08 - 17/08

20/08 - 25/08

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R0

Slagosse

R0

Slagosse

R12.00

Slagosse

R12.50

Slagosse

R12.50

Slagkoeie

R11.50

Slagkoeie

R11.80

Slagkoeie

R12.20

Slagkoeie

R12.50

Slagkoeie

R12.00

Maer beeste

R10.40

Maer beeste

R9.50

Maer beeste

R10.50

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R11.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.10

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.00

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.80

Swaar kalwers (250kg +)

R15.80

Swaar kalwers (250kg +)

R15.80

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R21.20

Slaglammers

R22.00

Slaglammers

R21.20

Slaglammers

R20.50

Slaglammers

R21.50

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R21.50

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R22.00

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R31.00

Slagooie

R16.30

Slagooie

R16.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R15.50

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R15.50

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R15.00

Klein bokkies

R24.00

Klein bokkies

R24.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R22.00

Klein bokkies

R22.00

Jong bokke

R24.00

Jong bokke

R24.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R22.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R18.00

Bokooie

R15.00

Bokooie

R18.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Rietrivier

Kalkfonteindam

77

Modderrivier

Krugersdriftdam

55

10 5 0

Werklik

Vaalharts

67 51 56

15

Rietrivier

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

20

Barkly-Wes

93 97 99

Hopetown

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Oranjerivier

Reënval 25 Jul - 24 Aug 2012

25

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg

Douglas Skaal 25 Julie - 24 Augustus 2012

40 30

30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max

Max Langtermyn

Min

25 Julie - 24 Augustus 2012

40

Max

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Barkly-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts 25 Julie - 24 Augustus 2012

30

Max Langtermyn

25 Julie - 24 Augustus 2012

40 30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier 25 Julie - 24 Augustus 2012

30 25 20 15 10 5 0 -5

Max Langtermyn

25 Julie - 24 Augustus 2012

30 20 10 0 -10

Max

Max Langtermyn

Max Werklik

Min

Max Langtermyn

Min

Vaalharts

0

-10

Rietrivier

5

0

Barkly-Wes

10

10

Hopetown

15

20

Max Langtermyn

Min Langtermyn

Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

Douglas Skaal 25 Julie - 24 Augustus 2012

Min Langtermyn

Maandelikse voorspelling September 2012

Jan Kempdorp

Prieska

30

Max

25 Julie - 24 Augustus 2012

Douglas

20

Min Langtermyn

Vaalharts Reënval 25 Jul - 24 Aug 2012

25

40

Min

Douglas Lunenburg

5

25 Julie - 24 Augustus 2012


Landbouwenke Koring en gars  Onkruiddoders word nou

gespuit. Maak seker spuittenks is goed uitgespoel om moontlike onkruiddoderskade te verhinder.

Hou streng by voorgeskrewe dosisse op etikette.  Sistemiese middels vir blaarmyner kan ook nou met sukses toegedien word.

Weiding en lusern  Plant voersorghum vanaf einde

September. Dis `n ideale, vinnig groeiende, eenjarige somerweiding.  Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeĂŤ somer plaasvind.  Lusernaanplantings kan in September en weer in Januarie bemes word. Veral kalium kan verkieslik in meer paaiemente toegedien word. Kaliumverbruik wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word.

 Mikro-elemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. `n Tekort aan sink het bv. net so `n groot invloed op opbrengs as fosfaat.  Swak groei, verpotte plante, verkorte internodes, klein en geel blare is tekens van sinktekorte in lusern soos in die foto regs bo gesien kan word.  Vergeling van blare, asook bruin vlekkies op ouer blare is tekens van mangaantekort in die foto regs onder. Mangaan speel `n belangrike rol in wortelontwikkeling, fotosintese en siekteweerstand.

Grondbone  Begin grondvoorbereiding

 Die saadbed moet ferm en redelik vir vroeĂŤ aanplantings wat in fyn wees, maar nie te fyn nie Oktober geskied. sodat windskade steeds beperk word.  Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word  `n Gelyk saadbed is belangrik om siektes te beperk. sodat plantdiepte egalig is. `n  Gips kan ook voor planttyd Onegalige saadbed kan operding toegedien en vlak ingewerk word. veroorsaak wat tot oesverliese lei. 6


Groente en rankgewasse  Aanplantings van

 

 –– ––

waatlemoene, spanspekke en pampoene moet nou gedoen word. Vestig 6 000-8 000 plante/ha waatlemoene en spanspekke. Pampoenrank-kultivars moet sowat 4 000 plan te/ha wees en bostipes tot 8 000 plante/ha. Bemestingsriglyne Pampoene: 80-120 N; 40-90 P en 30-80 K. Waatlemoene: 70 N (30% voor plant en die balans as twee topbemestings); 30-50 P en 175-225 K (30% voor

plant en die balans as twee topbemestings dieselfde tyd as N bv. KNO3). –– Die optimale pH vir waatlemoene is 5,6-6,8. –– Spanspekke: 120-160 N; 60-120 P en 50-100 K.  Saad van tamaties en soetrissies kan nou geplant word om saailinge te maak.

Pekanneute „„ Neem grondmonsters

vir volgende seisoen se aanplantings (nege maande voor grondvoorbereiding). „„ `n Bogrond-monster op 0-300mm en ondergrond-monster van 300-500mm. Die monster moet uit tien submonsters bestaan. Die gebied wat deur `n saamgestelde monster verteenwoordig word, moet nie 3ha oorskry nie. „„ Laat boomaanplantings kan nog gedoen word indien die bome in die kwekery nog nie begin bot het nie. Grawe gate 1m diep en meng die grond goed met kompos. Sinkbemesting in die vorm van sinkpholate kan onder in elke gat gestrooi word @ 50g per boom. „„ Fosfaat vir wortelontwikkeling kan in Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

die vorm van beenmeel ook in die plantgate met die grond gemeng word. „„ Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die gat toedien nie, aangesien wortels maklik kan brand wat die boom sal laat afsterf. „„ Sinktoedienings kan maandeliks van September tot Januarie gedoen word aangesien sink nie mobiel in die plant is nie. Benat blare met `n oplossing van 150ml sinknitraat per 100l water. Spuit wanneer botsels 5cm lank is. Herhaal minstens twee keer met drie tot vier weke tussenposes. Tot vyf bespuitings mag soms nodig wees. „„ Boor kan elke twee jaar met 100g boraks of 75g Solubor/100l water met blaarbespuiting toegedien word.


Direksie en Bestuur

Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Hoofbestuur Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende bestuurspan Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Gewasproduksie Cas Prinsloo 079 510 2710

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Oos-Kaap Bemarking Wikkie Burger 079 519 1630

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsentebesit, tree GWK as verlengstuk van ons produsente se besighede op om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers en belanghebbendes. GWK beywer hom om generasies van suksesvolle produsente deel van landbou te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


10


Carien Grobler

Aktueel

Suid-Afrika kan homself in `n mieliekrisis bevind

S

uid-Afrika kan homself in `n mieliekrisis bevind te midde van die droogte in Amerika wat `n groot invloed op die beskikbaarheid van mielies het. Kommuniek het in Augustus berig dat Amerikaanse graanprodusente op die oomblik onder die grootste droogte in dekades gebuk gaan. Volgens die Amerikaanse departement van landbou (USDA) word sowat 60% van die land se landbougrond deur middelmatige tot erge droogte geraak. Dit sluit sowat 78% van die mielieoes in. Amerika sal na verwagting vanjaar die kleinste mielieoes sedert 2006/07 hê, het die USDA in sy skatting vir Augustus gesê. Pryse vir geelmielies, wat hoofsaaklik as veevoer gebruik word, was met die skryf van hierdie artikel reeds bo $300/t in Amerika en na verwagting sal die prys in die komende maande en tot in 2013 tot $350/t styg, het die USDA gesê. “Suid-Afrika produseer genoeg mielies om in sy eie behoefte te voorsien, maar ons kan onsself in `n situasie bevind waar `n tekort ontstaan as die oorskot uitgevoer word om dit in kontant te omskep

Mielies word gestroop op die plaas van mnr. Paul de Villiers buite Douglas.

ten tyde van die groeiende internasionale vraag,” sê me. Zarhoda Jacobs, landbou-ekonoom van GWK se Burodienste. “Hoewel Suid-Afrika meestal mielies uitvoer, voer ons tog jaarliks `n klein hoeveelheid mielies in aangesien dit vir die kusgebiede meer lonend is om mielies van lande soos Argentinië af in te voer as om dit van die binneland na die kus te vervoer, sou `n tekort ontstaan.” Mail & Guardian berig dat leiers van die G20-lande die opgaar van graan sowel as uitvoerbeperkings ontmoedig. Dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika sal probeer om mielie-uitvoere te beperk en daarom nie `n potensiële krisis sal kan vermy nie. Die invloed van die hoë mielieprys op die koringprys “Die prys van koring volg tradisioneel die prys van mielies,” sê Jacobs. “Aangesien die grootste gedeelte van die wêreld se mielievoorraad in Amerika verbou word, word globale voorraadvlakke hierdeur bepaal. “Koring word egter oor die wêreld heen verbou en indien `n tekort in een gedeelte van die wêreld ontstaan, is daar genoeg ander lande wat koring verbou om in `n mate vir hierdie tekort te kompenseer.” Droogte en hitte in Rusland en Kazakhstan, twee van die wêreld se grootste koringproduserende lande

en uitvoerders, het egter `n groot invloed op die oes. Met die stygende vraag na mielies, sowel as die styging in die mielieprys, voorsien die USDA dat die vraag na koring sal groei en dat verskeie lande waarskynlik mielies as veevoer met koring sal vervang. Behalwe die moontlikheid dat Suid-Afrika waarskynlik mielies sal moet invoer, het die land se koringproduksie van feitlik algehele selfonderhoudendheid (95%) na minder as 50% gedaal. “Dit is veroorsaak deur die feit dat Suid-Afrikaanse koringpryse te laag is en koringproduksie nie in die langtermyn volhoubaar was nie,” het mnr. Wessel Lemmer, `n ekonoom van Graan SA aan Mail & Guardian gesê. Luidens die jongste Graanmarkverslag wat in Julie deur die Internasionale Graanraad uitgereik is, sal `n daling in die vraag na mielies as veevoer wêreldwyd weens hoë pryse gesien word en sal produsente in verskeie gevalle mielies met koring as veevoer moet vervang. “Dit is nie die norm in Suid-Afrika nie, maar dit gebeur wel wanneer ons nie genoeg mielies beskikbaar het nie,” sê Lemmer. Volgens hom voer die Wes-Kaap hoofsaaklik mielies van ander dele van die land of van oorsee af in. “As die mielieprys te hoog is, sal produsente in die Wes-Kaap moontlik na plaaslik geproduseerde koring moet oor11


skakel. Hou egter in gedagte dat slegs koring van bakgehalte in SuidAfrika geproduseer word en glad nie koring vir voerdoeleindes nie. Daarom mag koring van hoë gehalte moontlik die veevoermark binnekom.” Die invloed van die hoë mielieprys op voedselinflasie en vleispryse in Suid-Afrika “Amerika is een van die grootste mielieproduserende lande ter wêreld,” sê Jacobs. “Die droogte wat die land op die oomblik ondervind, het wêreldwyd `n tekort aan mielies tot gevolg. Dit het tot `n styging in die mielieprys gelei aangesien die vraag na mielies op die oomblik groter is as die aanbod. “Hiermee saam is die prys van olie op die oomblik baie hoog wat die verbouing van mielies vir etanolproduksie die moeite werd maak en die vraag na mielies verder laat styg en tot die huidige hoë internasionale mielieprys bydra.” Sy verduidelik dat Suid-Afrika se mielieprys van die internasionale prys afgelei word. `n Stygende internasionale prys het dus noodwendig `n hoër plaaslike prys tot gevolg. “Suid-Afrika is een van die min lande in die wêreld waar mielies hoofsaaklik vir menslike gebruik verbou word. Wêreldwyd word mielies in die meeste lande hoofsaaklik vir dierlike gebruik verbou. Die stygende mielieprys het dus `n direkte invloed op die styging in die prys van stapelvoedsel en gevolglik inflasie in Suid-Afrika. “Die armste gedeelte van die bevolking spandeer sowat 40% van hul inkomste aan voedsel en `n styging in voedselpryse maak hul sakke die seerste.” Aangesien die vleisprys ook deur ander faktore as die mielieprys bepaal word, het die styging in die mielieprys nie `n direkte invloed 12

Die prys van koring volg tradisioneel die prys van mielies. op die styging in die vleisprys nie. Dit sal wel in die langtermyn na die vleisprys deurwerk. “`n Verandering in die mielieprys sal wel in die kort termyn `n direkte invloed op die prys van speenkalwers hê. “Die stygende mielieprys sal die prys van speenkalwers dus in die kort termyn negatief beïnvloed.” Stygende voedselpryse kan ook voordelig wees, meen kenners Hoewel stygende voedselpryse die grootste deel van die bevolking se sakke ernstig sal raak, kan die tekort aan mielies goed wees vir graanprodusente en werkers op graanplase, het prof. Nick Vink van die departement van landbou aan die Universiteit van Stellenbosch aan Mail & Guardian gesê. “Die land kan ook bevoordeel word

deur veranderende verbruikspatrone. “Suid-Afrika se verbruik van witmielies toon `n daling in die langtermyn. “Om hierdie rede word dele van die grond en kapitaal wat aanvanklik vir die produsering van witmielies aangewend is, nou vir sonneblom- en sojaboonproduksie aangewend. “Ons is `n netto-invoerder van hierdie twee kommoditeite, so enige verhoogde produksie beteken minder invoere. “Hoe meer ons in Suid-Afrika produseer, hoe groter is die geleentheid vir waardetoevoeging.” Bronne http://mg.co.za www.irinnews.org


Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) knip die lint voor die deur tydens die opening van GWK se OK Grocer op Luckhoff.

Ons besigheid Carien Grobler

GWK open OK op Luckhoff

G

WK het onlangs `n OK Grocer op Luckhoff geopen. Ds. Basie Fourie het die dag op `n gepaste wyse geopen en gesê dat die opening van `n winkel soos hierdie hoop bring vir die mense op die dorp. Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) het die winkel amptelik geopen en gesê dat dit die resultaat is van mense wat gedroom het en met harde werk hul droom `n werklikheid gemaak het. “GWK wil van die land tot op die bord in die landbou-waardeketting betrokke wees. Daarom ontgin ons geleent14

Die voorkant van die winkel, waar GWK en OK se handelsmerke voortaan langs mekaar te sien sal wees. hede soos hierdie. Dit is vir my `n voorreg om deel te wees van hierdie wenspan. Baie geluk aan elkeen wat gedroom en gewerk het om dit `n werklikheid te maak.

Hierna het Van Dyk die rooi lint voor die winkel se deur geknip waarna die opgewonde klante die winkel ingestroom het om van die rakke vol vars produkte en kruideniers te koop.


Mnr. Kobus Theron (links agter, Handelsbestuurder van GWK op Luckhoff), me. Ina Fourie (tweede van links agter, Bestuurder van die OK) en mnr. Johan van Dyk (regs agter, Besturende Direkteur van GWK) by die personeel.

Mnre. Kobus Theron (links agter, Handelsbestuurder van GWK op Luckhoff) en Johan van Dyk (regs, Besturende Direkteur van GWK) by die kombuispersoneel wat heerlike gebak aan die inwoners van Luckhoff sal voorsien.

Die netjiese winkelrakke vol kruideniers pas voordat die winkel amptelik geopen word.

Inwoners van Luckhoff sal voortaan van `n verskeidenheid vars vrugte en groente kan kies.


16


Graan

Jacques Pretorius Bestuurder: Graanverkope van GWK

Die groot debat – “Food versus fuel”

D

ie grootste droogte in dekades in Amerika het meer skade aangerig aan die mielie- en soja-oes as wat algemeen verwag is. Die Amerikaanse departement van landbou (USDA) se verslag op 10 Augustus 2012 het aangedui dat die verwagte mielie-opbrengste verlaag is van 9.18t/ha in Julie na 7,76t/ha in Augustus. Daar is selfs groepe wat die opbrengste nog laer skat. Die oes moet egter nog gestroop word en tot dan sal die finale syfers blote bespiegeling bly. Die feit bly staan, of die opbrengste nou 7 of 8t/ha gaan wees, die vraag na mielies sal die aanbod oorskry. Aan die aanbodkant kan niks meer gedoen word nie en daar sal dus gekyk moet word na inkortings op die verbruik van mielies. Die gebiede waar verbruik ingekort kan word en waar daar reeds daarmee begin is, is uitvoere, voerverbruik en etanol-produksie. Die USDA het reeds sy vooruitskatting vir 2012/13-uitvoere aangepas na 33 miljoen ton – die laagste in 28 jaar. Met mieliepryse wat die afgelope twee maande met meer as 60% gestyg het, het lewendehawe- en pluimvee-produsente noodgedwonge na goedkoper alternatiewe soos voer- koring begin kyk. Luidens die USDA se verslag is voeren binnelandse verbruik vir die maand afwaarts aangepas met 30,3 miljoen ton. In die suid-ooste van Amerika is

geelmielies reeds van Brasilië af ingevoer, terwyl daar in die suid-weste voergraad-koring van Kanada af ingevoer is. Hoewel dit nog nie groot volumes was nie, bestaan die moontlikheid dat meer sulke invoere teen die huidige mieliepryse sal plaasvind. Die ander gebied waar verbruik ingekort kan word, is etanol-produksie. Sowat 40% van die totale mielieproduksie in Amerika word vir etanol-vervaardiging aangewend. Die USDA het in sy Augustus-verslag sy voorspelling van mielies vir etanol vir die 2012/13-bemarkingsjaar afwaarts aangepas met 10,16 miljoen ton na 114,3 miljoen ton – die laagste syfer die afgelope vier jaar is. Teen hierdie tempo gaan die Amerikaanse regering nie by sy 2012 mandaat van 50 miljard liter uitkom nie. Die probleem is egter dat selfs met die bogenoemde inkortings op verbruik, die voorraad-tot-verbruik-syfer steeds afwaarts na `n rekord-laagtepunt van 5,8% aangepas is. Hierdie syfers beklemtoon die krisis waarin lewendehawe- en pluimvee-produsente hulself bevind. Kort nadat die USDA sy jongste verslag uitgereik het, het goewerneurs van twee pluimveeproduserende state, naamlik Maryland en Delaware, die Obama-administrasie versoek om afstand te doen van die verpligte etanol-vereistes. Intussen het `n koalisie van bees-, vark-, hoender- en suiwelprodusente `n petisie onderteken waarin die US Environmental Protection Agency (EPA)

gevra is vir `n aanpassing van die etanol-mandaat in reaksie op steeds stygende mieliepryse. Internasionale druk bou ook op nadat die Verenigde Nasies gevra het vir `n onmiddelike, tydelike opheffing van die etanol-mandaat. Lede van die G20 wat Frankryk, Indië en China insluit, het ook reeds hul kommer oor Amerika se etanol-beleid uitgespreek en is die sogenaamde “Food versus Fuel”-debat hoog op hul agendas. Met die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing sal die Obamaadministrasie `n paar moeilike besluite moet neem. Aan die een kant sit hulle met die teiken van die Energy Independence and Security Act van 2007 wat ten doel het om teen 2022 altesaam 136 miljoen liter etanol by hulle brandstof in te meng. Aan die ander kant staar die land moontlike voedsel- en voertekorte met gapaardgaande stygende graanpryse in die gesig. Die debat sal voortduur en die besluite wat hier geneem word, sal wêreldwyd verreikende gevolge inhou. Bronne The Financial Times Reuters

17


Graan

Handré van Heerden GWK Graanhandelaar

Bestudering van nuusgebeure onontbeerlik vir prysingsbesluite

D

ie Afrikaanse sangers Monique en Snotkop sing `n liedjie waarvan `n gedeelte van die lirieke as volg lui: “Ek wil nie beheer verloor, maar ek struikel, ek kan dit nie glo nie!” Menigmaal herinner dit my aan die emosies gekoppel aan prysbeweging op die graanmark. Styg die prys is jy spyt jy het te veel verkoop en daal die prys is jy spyt dat jy te min verkoop het. Die doel van hierdie artikel is om die volatiliteit rondom graanpryse aan te dui deur nuwe nuus wat binne 24 uur bekend raak, aan te bied. Die mark in Chicago open om 16:30 Suid-Afrikaanse tyd en sluit om 22:00. Daarna vind elektroniese verhandeling plaas en Asiese en Europese markte volg daarna. Ek het van marktyd in Amerika op 15 Augustus 2012 tot en met die opening van hul mark op 16 Augustus 2012 die vernaamste graanverwante berigte op die nuuskanaal Reuters gevolg. Geensins is gepoog om breëre ekonomiese- of politieke verwikkelinge (Lonmin) of selfs enige addisonele bronne met betrekking tot graannuus te gebruik nie. Ek het die belangrikste nuus chronologies soos dit berig is, as prysondersteunend (bulfaktore) en prysnegatief (beerfaktore) aangebied. Bogenoemde faktore word tegelykertyd tussen mielies, koring en sojabone bespreek. Hoewel hierdie artikel vir volledigheidshalwe baie besonderhede beskryf, is die bedoeling om slegs `n voëlvlug oor die belangrikste gebeure aan te bied. 18

Agtergrond Die breë agtergrond waarteen hierdie artikel afspeel is rekordpryse wat op mielies en sojabone behaal word weens verskeie droogtes in die wêreld. Laagtepunt-Safexpryse op 15 Augustus 2012 vir Desember 2012-koring was R3 388/t, September 2012-geelmielies R2 719/t en September 2012-sojabone R5 400/t. Die Rand het teen R8,18 teen die dollar verhandel en Brent-ruolie teen $114 per vat.

uit Rusland en die Oekraïne. Koring uit laasgenoemde se pryse is op die oomblik die kompeterendste ter wêreld. Koringpryse styg in Amerika weens sprake dat Rusland later in 2012 `n uitvoerverbod op koring kan plaas. In 2010 is `n soortgelyke jaarlange verbod ingestel. Berigte verskyn dat Rusland se 11 miljoen ton graansurplus teen November 2012 uitgeput kan wees. Brittanje het begin koring stroop en voorlopige aanduidings dui op swakker grade en `n kleiner oes. Bulfaktore Egipte, Algerië en Marokko plaas tenBerigte verskyn oor kommandoders vir die koop van koring. Egipte het wurms wat grootskaalse skade aan die die afgelope week 240 000t Russiese Chinese mielieoes aanrig. koring gekoop. Die Oekraïne maak bekend dat hul Weens die uitgebreide droogte in graanproduksie in 2012 45 miljoen ton Amerika word berig dat die stikstofteenoor 56,7 miljoen ton gaan wees. vlakke in mielies giftige vlakke bereik Sojabone styg in Amerikaanse marktyd wat nadelig vir diere kan wees. met 17 Amerikaanse sent (R51/t) weens Die aanduiding is dat 9% van die onbevestigde nuus dat China sojabone aangeplante mielies in Amerika nie gewil koop. stroop gaan word nie. Laasgenoemde is Etanol-produksie in Amerika neem die hoogste persentasie in tien jaar. toe en voorrade is 1,1% kleiner as die Die Russiese koringopbrengs word teen vorige week. Mielies na etanol het nog 2,21t/ha as 30% kleiner teenoor 2011 nie afgeneem nie. Die vraag na die geraam. proteïenryke byproduk van etanolproIn navolging van hoër sojaboonpryse duksie bly sterk. word 12 000t- mieliekontrakte in AmeDie olieprys styg van $114 per vat rika gekoop. Positiewe Amerikaanse na $115 per vat weens voortdurende ekonomiese data word bekend gemaak spanning tussen Iran en Irak. en dit steun kommoditeitspryse. Grootvee-getalle na voerkrale in Ame- `n Indeks van 19 kommoditeite styg rika styg met 18% sedert Junie 2012. tydens marktyd met 0,4%. Olie styg na Weiveld ly onder droogte en vee word $116 per vat weens voorsieningsprogevoer voordat slagtings plaasvind. bleme in die Noordsee. Korttermyn-steun word vir mielies gesien Russiese koringvoorraad op plase vanweë die skielike hoër vraag. word op die laagste vlakke sedert 2003 Koringpryse in die Europese Unie styg geraam. vanweë die hernude vraag na koring Droogte bedreig die Wes-Australiese


koringoes. Die Europese Unie se mielieoes verklein met 7,1 miljoen ton na 58,1 miljoen ton weens droogtes. Algerië koop 350 000t koring. Marokko koop die meeste koring in 30 jaar. Die wêreld-koringvoorraad vir 2012/ 2013 word op `n vier jaar laagtepunt geraam. Brittanje aktiveer `n bio-raffinadery wat 1 miljoen ton voerkoring gaan verbruik. Kazakhstan se graan in 2012 word op 13 miljoen ton geraam teenoor 2011 se 27 miljoen ton. Rusland het van 1 tot 15 Augustus 2012 altesaam 1,26 miljoen ton graan uitgevoer. China koop 121 100t sojabone vir die week. Tegnies word mielies 17 Amerikaanse sent (R54/t) op en koring 22 Amerikaanse sent (R66/t) op gesien. Beerfaktore Die Baltiese see se skeepsindeks wat die koste van skeepsvrag vir onder meer kommoditeite aandui, is 58% laer sedert die begin van 2012. Dit is dus goedkoper vir dié lande om uit te voer. Varkpryse in die Amerikaanse middeweste daal weens `n ooraanbod. Hierdie ooraanbod is weens hoër voerkostes weens dramaties hoër mieliepryse. Die voorafgaande week se varkslagtings, slegs in Iowa, was 78 000, die hoogste in vier weke. Die vraag na mielies verminder dus. Goewerneurs in vier Amerikaanse state vra vir die vermindering van etanol-vermenging met petrol – van 56,7 miljard

liter na 49 miljard liter. Dus word minder mielies vir etanolproduksie gebruik. Weeklikse Amerikaanse uitvoere is teleurstellend met 450 000t koring teenoor die 650 000t wat die vorige week uitgevoer is. Slegs 450 000t mielies is teenoor 1,1 miljoen ton mielies die vorige week uitgevoer. Die vraag neem af weens rekordpryse op mielies en goedkoper koring-alternatiewe. Die Chinese mielieproduksie styg met 2,19% na 197 miljoen ton. Hul beplande mielie-invoere daal van 7 miljoen ton na 2 miljoen ton. Sojaboonpryse daal met 0,8% weens die verlaagde vraag. Die aanduiding is dat Chinese invoere in die vierde kwartaal met 20% kan afneem. Mieliepryse daal in Amerika weens die verlaagde vraag. Europese sagte koring lig met 1,7 miljoen ton na 125,3 miljoen ton vanweë beter opbrengste in Frankryk, Duitsland en Pole. Brasilië stroop `n rekord-mielieoes van 72,78 miljoen ton en voer na Amerika uit.

ber 2012-sojabone styg van R5 350/t na R5 565/t. Hierdie artikel kan onmoontlik al die invloede in 24 uur op markte verreken. Die doel was slegs om van een bron selektiewe nuus wat beskikbaar geraak het, uit te lig en die invloed op die Suid-Afrikaanse graanpryse te bepaal. Die gevolgtrekking wat eerstens gemaak kan word, is dat `n enorme hoeveelheid bekende en onbekende inligting graanpryse beïnvloed. Uit bogenoemde data kan `n direkte verband gevind word tussen internasionale bul- en beerfaktore en die invloed op Safex-pryse. Dit is verder duidelik dat enkele faktore nie op hul eie prysbewegings kan verduidelik nie. Voortdurende “veilings” tussen kopers en verkopers aan die hand van sentiment, fundamentele en tegniese nuus, politieke, ekonomiese, sosiale en kostefaktore, om slegs enkeles te noem, is duidelik. Tydens die verloop van hierdie 24 uur het geen noemenswaardige Suid-Afrikaanse nuus bekend geraak nie. Tog het ons groot prysbewegings gesien. Die uitdaging is om intydse en relevante nuus te sif ten einde breë prysbewegings te bepaal. Die bestudering en noukeurige navolging van internasionale nuusgebeure is dus onontbeerlik vir prysingsbesluite.

Gevolgtrekking Amerikaanse pryse op koring styg met 20c (R64/t), sojaboonpryse is onveranderd en mielies styg matig in hul verhandelingstyd. Die effek in Suid Afrika is dat `n Desember 2012-koringprys van R3 400 na R3 485/t op 17 Augustus 2012 styg, Kontak gerus GWK se graanverhandeSeptember 2012-geelmielies styg matig lingsafdeling om u met hierdie besluite van R2 719/t tot R2 745/t en Septem- by te staan.


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Só vaar GWK se produsente met die prysing van hul graan

I

n Augustus se uitgawe van Kommuniek het ons begin om u in te lig oor hoe GWK se graanprodusente vaar met die prysing van hul graan. Met die skryf van hierdie artikel op 23 Augustus 2012 was die stand van sake as volg:

Geelmielies 2012-seisoen Na raming was sowat 97% van die huidige oes geprys. Die feit dat sommige produsente nog gestroop het en dat `n wesenlike hoeveelheid mielies op plase gestoor word, bemoeilik die bepaling van die totale verwagte oes. Derhalwe is die metode van bepaling verfyn en ons sal voortaan met die huidige model werk om konsekwent te wees. Die hersiende syfer hierdie maand is dus dat sowat 96.47% van die huidige oes geprys is. Die tabel hiernaas toon die gemiddelde prysvlakke waarna ons moet oplet. Maart 2012 gekontrakteerde mielies se Safex-gemiddeld was R 2 350/t terwyl produsente `n gemmiddeld van R 2 325/t kon realiseer. Mei 2012-geelmielies se gemiddelde Safex-prys was R 2 090/t. GWK se produsente kon `n gemiddelde prys van R 2 098/t behaal. Die GWK BPK* het op `n gemiddeld van R 2 185/t ten opsigte van vroeë mielies afgesluit. Die gemiddelde Safex-prys vir Juliemaand, waarvan die Septembermaand prys vanaf 1 Julie gebruik word om op te prys, het tot dusver `n 20

gemiddeld van R 2 154/t behaal. GWK se Bemarkingsplan kon daarin slaag om R 1 970/t te realiseer en tot op hede kon produsente `n prys van R 2 078/t behaal. (Neem in ag dat die Julie GWK BPK* slegs op die Julie-kontrak verhandel het en dat daar `n na-seisoen plan is wat ten doel het om die Julie BPK* aan te vul.)

op R 3 117/t staan in vergelyking met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 156/t op die Desember 2012-koringkontrak. Die GWK BPK* se finale prys sal eers teen einde November 2012 beskikbaar wees om ook in die vergelyking te gebruik.

Geelmielies 2013-seisoen Sowat 2,38% van die 2013-geelKoring 2012-seisoen mielieoes is tot dusver geprys. Prysings staan tans op sowat 70,6% Die tabel hiernaas toon dat sowat van die verwagte oes. Dit het met 3% van die verwagte Maart ongeveer 8% gestyg vanaf verlede 2013-mielies teen R 2790/t geprys is. maand se 62,4%. Dit is aansienlik hoër is as die huidiDie prysvlakke wat tans op Safex ge Maart 2012 Safex-gemiddeld van gehandhaaf word, het beslis prysings R 2 459/t, klaarblyklik omdat die aangemoedig. Die tabel hiernaas tonne teen die huidige vlakke getoon dat die produsente, uitgesluit die prys is. GWK BPK*, se gemiddelde prys tans Produsente met Mei 2013-mielies


kon teen `n gemiddeld van R 2 400/t Julie 2013 Safex-gemiddeld van prys terwyl die Mei 2013 Safex-geR 2 309/t geklop deur `n gemiddelmiddeld tans op R 2 371/t staan. de prys van R 2 357/t te behaal. Produsente het ook tot dusver die Weinig tonne vir 2013-mielies is nog % van verwagte oes geprys * GEELMIELIES 2012/2013 Maart 2012 Mei 2012 Julie - September 2012 BROODKORING 2012/2013 Desember 2012 GEELMIELIES 2013/2014 Maart 2013 Mei 2013 Julie 2013

100.00% 100.00% 96.47%

SAFEX gemiddelde prys

bemark en die gunstige prysvlakke behoort vorentoe vir interessante leesstof te sorg. *BPK = Bemarkingsplankontrak. GWK bemarkingsplan prys

R 2,350.00 R 2,090.00 R 2,154.00

Produsente gemiddelde prys **

n.v.t. R 2,185.00 R 1,970.00

R 2,325.00 R 2,098.00 R 2,078.00

70.60%

R 3,156.00 Realiseer einde Nov. 2012

R 3,117.00

3.13% 0.89% 2.19%

R 2,459.00 n.v.t. R 2,371.00 Realiseer einde April 2013 R 2,309.00 Realiseer einde Junie 2013

R 2,790.00 R 2,400.00 R 2,357.00

* Verwagte oes bestaan uit alle verwagte graan aan GWK verkoop, sluit buiteverkope uit. ** Uitsluitlik produsente-prysings, bemarkingsplan-tonne nie ingesluit nie.


Graan

Kobus Beetge GWK Graanverkryger

Olieboomsaad: Om mielies te sif is nie die antwoord nie

D

it is sekerlik vir almal `n frustrasie as `n vrag mielies gesif moet word omdat daar te veel skadelike sade daarin voorkom. Vervoerkontrakteurs raak warm onder die kraag, want hulle word ure lank vertraag wanneer `n vrag gesif moet word. Die stroperkontrakteur raak op sy beurt ook vies, aangesien hy moet wag vir die vervoerkontrakteur en die stroopproses vertraag word. Soos elke plaas `n stel reëls het waarvolgens dit funksioneer, het GWK ook gewasreëls wat jaarliks

aan ons kliënte voorsien word. In hierdie reëls word die vereistes uitgespel waaraan `n produk moet voldoen. Die standaarde waarvolgens mielies gegradeer word, die voorkoms van skadelike sade en sifkoste indien skadelike sade die toelaatbare hoeveelheid oorskrei, is enkele van die aspekte wat jaarliks breedvoerig in GWK se mieliereëls vervat word. Die tabel hieronder vorm deel van die mieliereëls en verduidelik aan watter vereistes`n monster moet voldoen om as`n YM1 of WM1 gradeer te word. Dit toon dat indien die persentasie gebreekte pitte en

Afwykings 1. Gebrekkige mieliepitte, bo en onder die 6,35mm rondegatsif. 2. Gebrekkige mieliepitte wat deur die 6,35mm rondegatsif kan gaan. 3. Gebrekkige mieliepitte wat nie deur die 6,35mm rondegatsif kan gaan nie. 4. Mieliepitte van `n ander kleur. 5. Afwykings in items 1, 2, 3, 4 en 5 bedoel, gesamentlik: Met dien verstaande dat die afwykings individueel binne die gespesifiseerde perke is. 6. Verrooide mieliepitte.

Maksimum toelaatbare afwyking Witmielies Geelmielies WM1 WM2 WM3 YM1 YM2 YM3 7%

13%

30% 4%

10%

30%

9%

20%

30%

3%

6%

10%

2%

5%

5%

8%

16%

30%

9%

20%

30%

12%

12%

12%

12%

12%

12%

Tabel 1. Standaarde vir grade van klas witmielies en klas geelmielies. 22

klein, gebrekkige pitte wat tydens gradering uitgesif word 4% oorskrei (in geval van geelmielies) dan word die vrag `n YM2. Die afwykings bo die sif (soos insekgevrete pitte, weerbeskadigde pitte, ensovoorts) mag tot soveel as 9% wees voordat die vrag na `n YM2 afgegradeer word. Die gesamentlike afwyking om steeds `n YM1-graad te behaal (bo die sif + onder die sif), mag egter nie 9% oorskrei nie. Hierdie persentasies word hoofsaaklik gebruik om die graad van die mielies te bepaal. Die uitsondering is egter wanneer


daar skadelike sade uitgesif moet word. Die persentasie gebreekte en klein pitte, wat tydens gradering bepaal is, word in die geval van die vrag afgetrek. Die rede hiervoor is dat die mielies wat uitgesif word `n afvalproduk word omdat dit met giftige sade besmet is. *Vanjaar was dit ook opvallend dat die persentasie gebreekte pitte (onder die sif) redelik hoog was en by sommige produsente net-net aan die toegelate 4% vir `n YM1 voldoen het. Dit wil voorkom of veral mielies wat laat geplant is, se pitte meer bros was en ook meer tydens die stroopproses beskadig is. Daar is hoofsaaklik drie skadelike sade wat met mielielewerings voorkom, naamlik kankerroos, boetebos en olieboom. Let wel: GWK het net skoonmaakfasiliteite vir olieboom (slegs by sekere depots). Die maksimum toelaatbare hoeveelheid skadelike sade wat in mielies mag voorkom is soos volg: ďż˝ Met kankerroos en boetebos mag daar 70 sade of 35 saadhuise (elke saadhuis het twee sade in) in elke 10kg verteenwoordigende monster voorkom. ďż˝ Met olieboom (Datura spp.) mag daar tien sade per 10kg verteenwoordigende monster voorkom Alle sifsels word die eiendom van GWK en word verkoop om die sifkoste te subsideer. Baie sifsels moet egter vernietig word aangesien dit dermate met olieboomsade besmet is dat dit glad nie verkoop kan word nie. GWK hef die volgende skoonmaakkoste (per ton) vir die sif van mielies om olieboomsaad te verwyder: Aantal olieboomsade per 10kg 11 tot 60

Tarief per ton

Meer as 61

R90

R35

Hierdie pryse sluit nie BTW in nie.

Datura spp. Die voorkoms van olieboom was vanjaar vir `n paar produsente weer

`n probleem. Dit het gelei tot duur sifkoste, addisionele koste wat kontrakteurs hef weens langer staantye as vragte gesif moet word en ook die verlies van die sifsels wat uitgesif word. Hier volg drie scenario’s om die verlies wat ontstaan wanneer olieboom uitgesif word, te verduidelik. Die aanname word gemaak dat die opbrengs 11t/ha is en die gebreekte pitte (onder die sif) 4% is.

Verlies per ha wanneer 11t/ha mielies gesif word: Scenario 1 Scenario 2 Scenario 3 % Onder sif

4%

4%

4%

# Olieboomsade

<11

11 tot 60

>60

Sifkoste per ton

R0

R 35

R 90

# Ton gesif

11

11

11

0,44

0,44

11

10,56

10,56

Prys per ton

R 2,200

R 2,200

R 2,200

Totale waarde

R 24,200

R 23,232

R 23,232

R0

R 385

R 990

R 24,200

R 22,847

R 22,242

-R 1,353

-R 1,958

Sifselverlies (ton) # Tonne verkoop

Min totale sifkoste Netto waarde Sifkoste + verlies

Olieboom kan chemies beheer word teen `n koste van sowat R400/ha. Uit die berekening soos by scenario 2 is die koste om olieboom te beheer feitlik dieselfde as die sifkoste, maar met die 4% aftrekking van die gebreekte en klein mielies wat saam met olieboomsade verlore gaan, is die verlies amper twee keer soveel as die koste van die onkruiddoder. Indien `n produsent (scenario 2) dus 100ha mielies geplant het en sy totale oes moes laat sif, sal sy verlies tot soveel as R135 000 beloop,

waar die koste van onkruiddoder `n moontlike R40 000 sou wees. Die koste van onkruiddoder by scenario 3 sal ongeveer 20% wees van die moontlike verlies wat kan voorkom indien onkruidbeheer nie toegepas word nie. Spaar uself die frustrasie van `n lang oponthoud by siffasiliteite en die verlies van sifsels wat afgetrek word. Indien u daarvan bewus is dat sekere van u lande `n olieboombesmetting het, maak seker dat u dit chemies beheer. Om mielies te sif is nie die antwoord nie. 23


Navorsing en Ontwikkeling Prof. Johnnie van den Berg Skool vir Biologiese Wetenskappe Noordwes Universiteit

Mieliestamrusper veroorsaak onaangename verrassings

E

en van die grootste verrassings wat jaarliks in Januarie en Februarie in mielielande opduik, is `n onverwagse mieliestamrusperbesmetting. Die mieliestamrusper (Busseola fusca) het nie altyd in die Noord-Kaap voorgekom nie. Hierdie plaag het saam met die verbouing van mielies onder spilpunte in die gebied belangrik geword. Die verbouing van Bt-mielies het hierdie plaag sedert die laat jare negentig onder beheer gehou, maar oor die afgelope paar seisoene kom gereeld gevalle voor waar Bt-mielies nie effektief is nie omdat die plaag weerstand ontwikkel het. Dit is daarom noodsaaklik om die vroeë tekens van stamrusperbesmetting te kan uitken en om kennis te dra van die biologie van hierdie plaag. Skadesimptome Die eerste aanduiding dat plante deur stamboorderlarwes besmet is, is wanneer kelkskade op die jongste kelkblare sigbaar is (Figuur 1). Hierdie kelkskade is “venstertjies” waar die larwes die oppervlak van die blaar weggevreet het en slegs `n lagie oorbly. Namate die larwes groter word, vreet hulle groter gate in die kelkblare totdat dit later rye gate en selfs lang repe vertoon. Stamrusperlarwes voed vir ongeveer tien tot veertien dae in die kelk voordat hulle uitklim en die stamme binnedring. 24

Figuur 1. Kelkskade veroorsaak deur stamrusperlarwes. Larwes is dus eintlik slegs vir die laaste deel van hulle siklus regte stamruspers. Tydens die tweeweek-periode nadat eiers uitgebroei het, kom sowat 90% van larwes in die kelke voor waar hulle maklik met insekdodertoedienings beheer kan word. Nadat die larwes egter die stamme binnegedring het, kan hulle nie meer chemies beheer word nie. In die algemeen is daar twee duidelik afgebakende motvlugte per seisoen. Die eerste generasie motte vlieg in September tot die begin van Desember terwyl die tweede generasievlug grootliks in Februarie voorkom. Die totale lewensiklus van die mieliestamrusper (vanaf eierlegging totdat

motte weer verskyn om eiers te lê), duur ongeveer nege weke. Biologie en lewensiklus Die eiers is rond en roomkleurig en word agter die blaarskedes gelê (Figuur 2). Die motte lê snags eiers en daar is ongeveer 30 eiers per eierpakkie. Eiers broei binne sewe tot nege dae uit. Die lê van eiers bereik `n hoogtepunt ses tot agt weke nadat die plante opgekom het en vind algemeen op suiers en hoofstamme plaas. Pasuitgebroeide larwes is donkerbruin (Figuur 3) en word ligter namate hulle ouer word. Volgroeide larwes is vaalbruin.


Pas nadat die larwes uitgebroei het, migreer hulle opwaarts na die kelk waar hulle begin voed. Die larwes kan tot 14 dae lank in die kelke voed voordat hulle uitklim en die stamme binnedring. Die duur van die larwale stadium is ongeveer ses weke. Larwes oorwinter in stoppelreste (Figuur 4), wat dan die hoofbron van besmetting in die volgende seisoen is. Oorwinterende larwes vorm papies in die stambasis en aan die begin van die lente, pas ná die eerste reëns, kom die motte te voorskyn. Figuur 2. Stamruspereiers onder die blaarskede. Foto: A. Erasmus Tydens die somer word die papies van eerste generasie larwes in stamme gevorm, waaruit motte weer verskyn. Wat gaan volgende seisoen gebeur? Geen duidelike verband bestaan tussen besmetting oor seisoene nie. `n Mens kan byvoorbeeld nie aanneem dat swaar besmettings tydens Februarie/Maart sal aanleiding gee tot ernstige besmettings in die daaropvolgende seisoen (Oktober/ November) nie. Omdat motte kort ná die eerste reëns Figuur 3. Stamrusperlarwes is aanvanklik donkerbruin van kleur. en wanneer grondtemperature begin Foto: A. Erasmus toeneem, vanuit die mieliestoppels verskyn, kan dit gebeur dat daar dalk nie mielies in die omgewing teenwoordig is waarop hulle kan eiers lê nie. Die mielies wat teenwoordig is, mag dalk te klein wees vir motte om op eiers te lê (jonger as vier weke ná opkoms). Omdat motte ver kan vlieg, sal hulle dan eerder ander, meer geskikte, aanplantings in die omgewing besmet. Die nuwe Stapelgeen Bt-mielie wat twee verskillende Bt-toksiene bevat, sal waarskynlik vir die afsienbare toekoms effektiewe beheer van stamruspers bied in gebiede waar voorheen probleme met weerstand ondervind is. Indien stamrusperskade op Bt-mielies waargeneem word, kontak gerus die outeur. E-pos: Johnnie.vandenberg@nwu. ac.za

Figuur 4. Larwes oorwinter in die stambasis onder die grond. Foto: A. Erasmus 25


Navorsing en Ontwikkeling Navorsingsverslag Hannes Hatting Bedryfshoof: Landbouadvies van GWK

Katoen: Plantdatum dalk belangriker as ryspasiëring

T

ydens die 2010/11-seisoen het die vrae onstaan by watter tussenry-spasiëring die beste opbrengs by katoen verkry sal word en wat die ideale plantestand is. Die GWK-navorsingspan, tesame met GWK se landboukundiges, het in die 2011/12-seisoen by twee lokaliteite (Modderrivier en Prieska) standproewe gedoen. Doel van proef Om vas te stel wat die ideale interryspasiëring (stand) by 0,76m tussenry-spasiëring is, asook om 0,76m tussenry-spasiëring te toets teen 0,9m tussenry-spasiëring onder dieselfde toestande. Proefuitleg Altesaam 20 klein proefpersele met `n rylengte van 10m is per lokaliteit uitgesit. Die rywydte was 0,76m met die uitsondering van vier persele wat 0,9m was. Daar was vier rye per plot met `n 1m-paadjie tussen elke perseel waarvan net die middelste twee rye geoes is om die kanteffek te vermy. Elke perseel met `n plantestand van 60 000, 80 000, 100 000, 120 000 plante/ha by 0,76m rye is vier keer in `n proeflokaliteit herhaal. Die proefperseel is statisties uitgelê (Figuur 1). Metode Die grootte van die totale perseel is 26

Foto’s: Ian van Straaten GWK STANDPROEF 2011/2012 HERHALING KULTIVAR DP 210BRF-60 DP 210BRF-80 DP 210BRF-100 DP 210BRF-120

I PLOT 1 2 3 4

II PLOT 6 5 8 7

III PLOT 12 9 10 11

IV PLOT 16 14 15 13

76cm

76cm

76cm

76cm

90 cm

Plot 16-60

Plot 15-100

Plot 14-80

Plot 13-120

80

↕ 10 meter Herhaling 4 ↕ 1 meter

Plot 9-80

Plot 10-100 Plot 11-120

Plot 12-60

80

↕ 10 meter Herhaling 3 ↕ 1 meter

Plot 8-100

Plot 7-120

Plot 6-60

Plot 5-80

80

↕ 10 meter Herhaling 2 ↕ 1 meter

Plot 1-60

Plot 2-80

Plot 3-100

Plot 4-120

80

↕ 10 meter Herhaling 1 ↕ 1 meter

↕ 1 meter

Figuur 1. `n Skematiese voorstelling van die proefuitleg. Die uitleg word van links na regs gelees. Die uitleg word tydens die plant- en oesproses gebruik, asook by die verwerking van die resultate. deur die betrokke produsent oopgelos. Geen kunsmis is gebandplaas nie en alle kunsmis is breedwerpig

uitgestrooi. Die rede hiervoor was dat die 0,76m rye nie voordeel geniet bo die 0,9m rye waar die produsent met


`n 0,76m planter geplant het nie. Die saad is met die hand geplant op die presiese afstand soos vooraf bepaal (Figuur 2). Aangesien met die hand geplant is, was die dieptebeheer nie ideaal nie. Toue is gespan om die tussenry-spasiëring te bepaal en reguit te plant. Die plantproses Die plantproses is by albei lokaliteite herhaal. Die rede hiervoor was dat in albei die gevalle daar nie `n ideale stand behaal is nie en aangesien dit `n standproef was, moes die perfekte stand gerealiseer word. Die finale plantdatum op Modderrivier was 27 Oktober 2011 en 8 November 2011 op Prieska. Nemacur-bespuiting is ná opkoms vir plaagbeheer toegedien. Die res van die praktyke het plaasgevind soos deur die produsent uitgevoer. Die oesproses is met die hand gedoen. Die middelste twee rye van elke perseel is in plastieksakke uitgeoes. Die sakke is geweeg en submonsters van elke sak is vir gehaltetoetsing geneem. Resultate By die Modderrivier-proef is die beste opbrengs by `n plantestand van 100 000 plante/ha verkry. Geen statisties betekenisvolle verskil tussen die onderskeie plantestand en tussenry-spasiëring kon waargeneem word nie. Sien Figuur 3 (blaai om). By die Prieska-proef is die beste opbrengs by `n plantestand van 80 000 plante/ha by 0,90m rye verkry. Weer eens kon geen statisties betekenisvolle verskil tussen die verskillende plantestand en tussenry-spasiëring waargeneem word nie. Sien Figuur 4 (blaai om). Gevolgtrekking Produsente moet in gedagte hou dat hierdie slegs een jaar se proefdata is en dat die proewe herhaal moet word.

Interry spasiëring

60000 80000 100000 120000 80000

Rywydte 0.76 0.76 0.76 0.76 0.9

Rye/ha 132 132 132 132 111

Sade Sade per 100m per meter ry 456 4.56 608 6.08 760 7.6 912 9.12 720 7.2

Afstand tussen sade cm 22 16 13 11 14

Figuur 2. Die afstand tussen plante by verskillende plantestand/ha. Die gevolgtrekking wat gemaak kan dat plantdatum `n baie belangriword, is dat tydens die 2011/12-sei- ker rol as plantestand kan speel, veral in jare met min hitte-eenhede (sien soen daar geen statistiese verskil in Figuur 5) soos die afgelope seisoen. verskillende plantestand en tussen(Hierdie stelling geld egter slegs inry-spasiëring was nie. Die navorsingspan het wel tydens die dien die plantestand nie onder kritiese waardes is nie). oes van die proewe `n beduidende opbrengsverhoging waargeneem in die bemestingsproewe se konBronne trole-gedeeltes net langs die plantestandproef in vergelyking met die GWK Navrosingsverslag. plantestandproef. Die verskil was in Tempratuurdata, GWK Landboudie omgewing van 1 500kg/ha. dienste. Die rede hiervoor was dat die standThomas B. Freeland, Jr. Bill Pettiproewe, soos vroeër in die artikel grew,Peggy Thaxton and Gordon genoem, oor geplant is en daar `n L. Andrews. Agrometeorology and twee tot drie weke verskil in plantdaCotton production. Chapter 13 A: tums was. P. 9-10. Die afleiding kan dus gemaak word 27


Invloed van stand op opbrengs by katoen Modderrivier KV % = 21.84%

6000

Opbrengs (kg/ha)

5000 4000 3000 2000 1000 0 76

76

76

76

90

60

80

100 Rywydte / Stand (*1000)

120

80

Figuur 3. Die groen stafies verteenwoordig die verskillende plantestand by 0,76m rye. Die seegroen staaf verteenwoordig die 0,90m rye by `n plantestand van 80 000 plante/ha. Die KV% (koefisiënt variasie) van die proef was 21,84%. Dit is die verskil tussen die hoogste en laagste opbrengs op `n spesifieke plantestand en word deur die swart strepies binne elke stafie verteenwoordig.

Invloed van stand op opbrengs by katoen Prieska KV % = 22.16%

4500 4000

Opbrengs (kg/ha)

3500 3000

2500 2000 1500 1000 500 0 76

76

76

76

90

60

80

100 Rywydte / Stand (*1000)

120

80

Hitte-eenhede 2010/2011 en 2011/2012 1350 1300 1250

� Normale oes (hele seisoen) 1200-1300

1200

� Werklike temperatuurdata tot 3 April 2011

1150

� Werklike temperatuurdata 3 April 2012

1100 1050

11 Okt.

20 Okt.

1 Nov.

Normale oes (hele seisoen) 1 200 - 1300

1 300

1 300

1 300

Werklike temperatuurdata tot 3 April 2012

1 233,75

1189.75

1 152

Werklike temperatuurdata tot 3 April 2011

1 315.25

1 292,25

1 137,75

Verskil 2010/11teenoor 2011/12 Plantdatums

28

81,5

102,5

11 Okt.

20 Okt.

85,75 1 Nov.

Figuur 4. Die groen stafies verteenwoordig die verskillende plantestand by 0,76m rye. Die seegroen staaf verteenwoordig die 0,90m rye by `n plantestand van 80 000 plante/ha. Die KV% van die proef was 22,16%.

Figuur 5. Die seegroen stafies op die grafiek verteenwoordig die aantal hitte-eenhede wat nodig is vir `n normale oes by verskillende plantdatums bv. 11 Oktober; 20 Oktober en 1 November. Die groen stafies verteenwoordig die hitte-eenhede by werklike temperatuur data vir die 2010/11-seisoen by verskillende plantdatums tot 3 April. Die grys stafies verteenwoordig hitte-eenhede by werklike tempratuurdata vir die 2011/12-seisoen by verskillende plantdatums tot 3 April. Hieruit is dit duidelik dat die afgelope seisoen baie minder hitte-eenhede as die vorige seisoen gehad het en ook heelwat minder as wat nodig is vir `n normale oes. Dit is veral die geval wat later plantdatums betref.


Navorsing en Ontwikkeling Pierre Ferreira GWK Saad

GWK staan produsente by met keuse van genetika

T

en die voordele wat dit vir produsente erwyl die greep van die winter- inhou. koue ons nog nie heeltemal ge- Verskeie faktore, soos grondsoort, los het nie, is produsente reeds kan nie deur `n produsent beheer word nie. Met die bestuur van dit besig om te beplan vir die komende waaroor hy wel beheer het, soos die mielie-aanplantings. GWK het weer eens die afgelope sei- keuse van `n kultivar, kan hy egter die soen data ingesamel waar die presta- beste moontlike opbrengs per hektaar behaal. sie van mieliebasters in onafhanklike Navorsing is belangrik in terme van proewe gemeet is. kultivarprestasie vir `n spesifieke geDie data sal binnekort as `n aparte bied of grondsoort. bylaag aan u gepos word en ook by GWK, sowel as elektronies beskikbaar In die verlede was die Landbou Navorsingsraad die enigste onafhanwees. klike instansie wat kultivars van saadVir die doel van hierdie artikel word maatskappye in die GWK-gebied met `n oorsig verskaf oor waarom GWK by kultivarproewe betrokke geraak het mekaar vergelyk het. 30

Die behoefte het by produsente en saadmaatskappye ontstaan om die aantal proewe wat gesamentlik aangeplant word, te vermeerder. As `n landboubesigheid met die prioriteit om `n diens aan sy produsente te lewer, het GWK hierby betrokke geraak en word kultivarproewe tans oor die hele GWK-gebied aangeplant. Hiermee wil GWK produsente help om die beste kultivarpakket vir hul plase te identifiseer om sodoende meer suksesvol te wees in `n uitdagende landbou-omgewing. Die behoefte aan onafhanklike proewe het sodanig uitgebrei dat GWK `n eie weegwa aangekoop het


en die saadmaatskappye se toerusting nie meer gebruik word nie. Mieliebasters van die saadmaatskappye wat wil deelneem, word jaarliks aangeplant by produsente wat verteenwoordigend is van die streek wat ligging aanbetref. Die saadmaatskappye verskaf die saad gratis en dra ook almal geldelik tot die onkoste van die proewe by. Die produsente besef die belangrikheid van die proewe en doen moeite om GWK by te staan sodat basters regverdig met mekaar vergelyk word. Landboukundiges van GWK is verantwoordelik vir die plantproses, asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Data word egter nie gepubliseer voordat die saadmaatskappye dit goedgekeur het nie. Personeel van die saadmaatskappye probeer ook sover moontlik betrokke wees by die oesproses wat dit moontlik maak om vergelykings te tref voordat goedkeuring gegee word. Die saadmaatskappye baat by die aanplant van onafhanklike proewe deurdat die resultate dien as kontrole vir hulle eie proewe. Mieliebasters wat goed presteer in al die proewe word aanbeveel en sodanige maatskappy se markaandeel groei op hierdie manier. Dit is ook meer kosteeffektief vir die saadmaatskappye om gesamentlik goeie proewe te doen en dien verder as `n belangrike aanknopings-

punt om verhoudings te bou met die tegniese en landboukundige afdeling van GWK. Die voordeel vir produsente is dat GWK `n onafhanklike instansie is wat die evaluasie doen, daarom kan vergelykings met proefdata van die saadmaatskappye getref word. Uit die meerjarige resultate kan produsente aflei hoe stabiel `n mieliebaster is. Basters wat oor seisoene/ lokaliteite goed presteer, dui daarop dat die baster verskillende seisoene en lokaliteite goed kan hanteer en dus baie stabiel is. Verder dien die proewe as die eerste toonvenster vir nuwe mieliebasters en kan die produsent dus die prestasie meet alvorens dit op groot skaal aangeplant word. Vogverskille tussen die mieliebasters met oes kan nuttig gebruik word indien `n opvolggewas direk nรก mielies geplant wil word. Die prestasie van konvensionele basters kan ook vergelyk word met die van geneties gemanipuleerde basters (GMO) alvorens besluit word om `n premie vir GMO te betaal indien praktyke dit nie vereis nie. Ter afsluiting Weens die aanhoudende styging van insetkoste is dit noodsaaklik dat produsente die beste genetika vir hul plase kies. GWK staan produsente graag met hierdie belangrike besluite by. Rig navrae aan Pierre Ferreira by 082 904 4769 of e-pos by pierref@gwk. co.za.


Meganisasie Promosie

Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar GWK Meganisasie bied `n wye verskeidenheid van implemente vir produsente in ons bedieningsgebied. Ons fokus op kliëntetevredenheid en om voortdurend in al die behoeftes van ons klante te voldoen.

Kontak gerus een van ons be- George Wheeler markers wat met kundige raad Prieska in al u implement-behoeftes 071 670 1303 sal voorsien: Tinus Oosthuizen Douglas 082 804 0430

Adriaan Steyn Modderrvier 082 888 3863

Besoek ook GWK se webtuiste vir implemente wat te koop aangebied word by www.gwk.co.za.

BP Implemente Damscoop

Operdploeë

Rotary cultivators

Koringplanters

32

Rippers

Disc implements

Oesmasjiene

Gradeerders

Ploeë

Rotary harrow

Skoffelploeë

Mielieplanters

Hamermeule


Dorsmasjiene

Sproeiers

Oneway

Spreaders

ORTMAN (Strip Till) Die Orthman 1tRIPr voorplant-bewerkingsinstrument bewys strook-tot grond-bestuur, presisie voedingstowwe plasing, en die saadbed voorbereiding in `n veld slaag die ongekende veld doeltreffendheid. Die 1tRIPr-naam is afgelei van die kombinasie van verskeie prosesse om voorplant-doelwitte te bereik, terwyl die bewaring van water, grond, tyd en geld in `n enkele bewerking gedoen kan word.

FALCON

(Alle gras- toerusting)

Trekker bybehore

Rotary slashers

Yellow range

Sleepwaens

Vurkhysers

Kongskilde

PARAGRUBBER ECO 3000 Die KONGSKILDE Paragrubber ECO is `n diepte losmaak-implement wat die grond in 450-550mm onder die oppervlak losmaak sonder om dit bolangs op te breek . Die losmaak-effek kan verander word deur die aanpassing van die skare se aanvalshoek te verskuif.

Vibroflex 33


Lewendehawe

Tuli’s is gehard en aanpasbaar

D

ie Tuli, `n mediumraam, inheemse, poenskop vleisbeesras, is gehard, baie aanpasbaar, glad van haar en het `n natuurlike weerstand teen inwendige sowel as uitwendige parasiete. Hy is effekleurig maar kom in skakerings van wit, geel en rooi voor en het `n kenmerkende lang, diep lyf met goeie breedte en kapasiteit, sterk bene en `n rustige temperament. Agtergrond Afrikabeeste is tradisioneel opgedeel in die met skowwe en die daarsonder. Die met skowwe is ook weer in twee groepe verdeel. Die met hul skowwe meer na agter op die toraks (thoracic hump) word Zebu genoem en die met skowwe meer na vore op die nek (cervico-thoracic hump) staan as Sanga bekend. Volgens die heel nuutste radiokoolstof-tegnieke was daar ongeveer 2 000 jaar gelede reeds beeste in Botswana en hulle is in alle waarskynlikheid deur migrerende stamme in Suidelike Afrika ingebring. Met verloop van tyd het Sangas volop in die omgewing suid van die Zambezi voorgekom. Deur die eeue heen het die beeste deur natuurlike seleksie by verskillende ekologiese streke aangepas. Klein verskille het in die streke voorgekom en die beeste het die basis vir verskeie rasse geword – Tswana-soorte waaruit die Tuli afkomstig is; die Afrikaner met sy afstammelinge soos die Bonsmara; en die Nguni met die naverwante Pedi-, Zulu- en Caprivibeeste. Navorsers het sedert die vroeë sewentigerjare met baie teorie vorendag gekom m.b.t. die kwessie of Aangas nader verwant is aan die Europese bostaurus-bees of aan die Asiatiese bosindicus. 34

Deurslaggewende navorsing in die 1990’s, ondersteun deur die wetenskap wat intussen ongekende vordering gemaak het, het onteenseglik bewys dat Suider-Afrikaanse Sangas as bostaurus geklassifiseer behoort te word. Daar is egter klein, maar belangrike verskille tussen bostaurus-beeste uit Brittanje en Europa en Suider-Afrikaanse Sangas soos die Tuli. Die verskille word deur wetenskaplikes onder meer toegeskryf aan mutasie en natuurlike seleksie vir groter aangepastheid by tropiese omstandighede. Op sterkte hiervan is voorgestel dat Sangas soos die Tuli as `n aparte groep, naamlik bostaurus africanus, geklassifiseer word. Vroeë Tuli-geskiedenis in Zimbabwe In die vroeë jare veertig was daar in Suid-Rhodesië (vandag Zimbabwe) `n veeverbeteringskema in plek waarvolgens ingevoerde bulle van Europese rasse aan die plaaslike bevolking beskikbaar gestel is. Die idee was om die inheemse veestapel te “verbeter”. Mnr. Len Harvey, `n Suid-Afrikaans gebore landbou-adviseur wat vir die

staat gewerk het, was hoegenaamd nie oortuig dat die skema deurdag was of dat dit noodwendig enige verbetering teweeg sou bring nie. Hy was seker dat die ingevoerde beeste en hulle nageslag waarskynlik nie in die uiters moeilike omgewing sou oorleef nie. Harvey het reeds opgemerk dat daar onder die gewone Tswanasoort-beeste in die suid-westelike hoek van Zimbabwe waar hy gewerk het, `n spesifieke soort geel Sanga was wat, te oordeel aan hulle konstante goeie kondisie, blykbaar beter aangepas was by die omgewing. Dit het hom vier jaar geneem om die staat te oortuig, maar in 1945 is 3 000 akkers grond in die trustgebied 40km suid-wes van Gwanda opsygesit vir `n veeteeltprogram met `n revolusionêre nuwe benadering gegrond op die verbetering van die inheemse beeste. Nadat die nodige infrastruktuur aangelê is, is die eerste groep van 20 koeie en `n bul wat van die plaaslike bevolking gekoop is, in 1946/47 op die plaas gevestig. Binne maande is die getalle tot 60 koeie en twee bulle aangevul. Die


plaas, aan die Guyuspruit, `n sytak van die Tulirivier, het mettertyd bekend geraak as die T.B.S. (Tuli Breeding Station). In 1950 is die T.B.S. vergroot tot 20 000 akkers en Harvey is aangestel as permanente beampte in bevel. Aanvanklik is die seleksieklem op die vrugbaarheid en konstitusie van die koei sowel as haar kalf geplaas, met spesiale aandag aan bene en uiers. Getalle moes vinnig opgebou word, maar besondere klem is gelê op fenotipe en gewig per ouderdom, aangesien verbeterde vleisproduksie by die Tuli die hoofdoel was. In 1954 het Tuli’s die eerste keer aan die Matabeleland-skou deelgeneem en boeredae is by die T.B.S. gehou. In 1955 is die Tuli as `n inheemse Rhodesiese ras geregistreer. In 1961 het groepe Tuli-tollies, tot almal se verbasing, skoonskip gemaak in slagkompetisies op al drie die grootste skoue in die land. So is die gesogte Triple Crown-trofee vir die T.B.S. verower. Hoewel die idee was om beter diere te teel om weer aan die plaaslike bevolking terug te gee, is klein getalle diere op `n soort bruikleen-skema aan belangstellende kommersiële produsente beskikbaar gestel. In 1961 is `n Tuli Telersgenootskap gestig en `n Grondwet en regulasies opgestel. `n Hoogtepunt in die Tuli se vroeë geskiedenis het in 1969 plaasgevind toe Bulawayo die “Vryheid van die Stad” aan die Tuli’s toegeken het. Met ses uitstaande bulle vooraan is Tuli’s van die T.B.S. deur die middestad geparadeer met die Bulawayo doedelsakspelers aan die voorpunt. Op die trappe van die stadsaal het die burgemeester hulle ingewag en `n manjifieke bul, Sergeant, is seremoniëel aan die stad oorhandig en herdoop na “Si Ye Pambile” wat Bulawayo se stadsleuse is en “Ons gaan vooruit” in Ndebele beteken. Op die eerste openbare produksie veiling van Tuli’s in 1965 is die hele aanbod van 39 bulle, 117 verse en 49 koeie deur geesdriftige kopers opgeraap. Die moederkudde van 300 koeie het van krag tot krag gegaan.

Die T.B.S.- kudde is intussen na die Guyu-kudde herdoop en hieraan is `n storie gekoppel. Die eerste poenskopbul (seun van die basisbul, Mahuke, wat los horings gehad het) is op 21 April 1951 in die droë, sanderige loop van die Guyuspruit gebore. Hy is Guyu gedoop. Guyu se invloed op die kudde was só groot dat besluit is om die kudde na hom te vernoem en hyself staan vandag in historiese stambome as GuyuGuyu bekend. In 1978 tree Harvey na 40 jaar in die bedryf af. Die “bevrydingsoorlog” wat in daardie stadium reeds jare lank aan die gang was, het geleidelik in felheid toegeneem. Een nag in 1979 is al die werkers van die T.B.S. ontvoer. Daar is gevrees dat die Tuli’s in groot gevaar verkeer en `n reuse reddingsaksie is deur Ian Smith se regering op tou gesit. Staatsvoertuie is beskikbaar gestel en al die diere is binne 48 uur na die Matopos-navorsingstasie verskuif. Hoewel Harvey nog `n ruk lank as adviseur opgetree het, het die brandpunt van aksie ten opsigte van die Tuli’s voortaan na private telers verskuif.

veldbees wat op natuurlike veld gedy. Die ras het `n besonderse vermoë om enige gehalte ruvoer produktief in vleis om te sit. Tuli’s se ongelooflike aanpasbaarheid word duidelik weerspieël as `n mens na die beeste se verspreiding kyk. Tuli’s floreer in alle toestande, van die duineveld in Namibië, die Noord-Kaap en Botswana, die warm bosveldstreke in Zimbabwe, Limpopo en die laeveld van Mpumalanga, die hoë reënval galsiekte- en rooiwatergebiede van Mpumalanga en Natal, die koue berghange van die Drakensberge waar sneeu gereeld voorkom, die uitgestrekte Vrystaatse grasvlaktes, die bossieveld in die Karoo, in die koue mistige berge van die Oos-Kaap, sowel as die kusbos daar. Vandag is daar Tuli’s in Australië, Kanada, Amerika en in die warm tropiese dele van Zambië.

Eienskappe Die Tuli is `n egte Suider-Afrikaanse inheemse ras met ingeteelde gehardheid en aanpasbaarheid wat verkry is deur natuurlike seleksie oor `n periode van meer as twee duisend jaar. Meer onTuli’s in Suid-Afrika langse wetenskaplike seleksiemetodes Die eerste Tulis, `n groep van 30 drag- het die klem laat val op ekonomies tige verse en drie bulle, is aan die einde belangrike eienskappe en die moderne van 1976 van die T.B.S in Zimbabwe na Tuli is ontwikkel sonder om die raseienSuid-Afrika gebring. skappe, aanpasbaarheid en gehardheid Die invoerders was die Bornmann-faprys te gee. milie en `n aangetroude familielid, dr. By vroulike diere is veral vrugbaarheid, Fanie Kellerman. melkproduksie en lae kalfmortaliteit Kellerman het in `n stadium in Zimnagestreef terwyl groeivermoë, voerombabwe gewerk en het daar met die set en karkasgehalte by manlike diere Tuli’s kennis gemaak. Die beeste is op beklemtoon is. skoue aan die publiek bekend gestel, Die Tuli het in relatiewe isolasie ontwikboere- en inligtingsdae en prestige pro- kel en het `n unieke genetiese profiel mosieveilings is gehou en geleidelik het wat hom besonder suksesvol maak in die Tuli’s ook in Suid Afrika sy stempel kruisteelprogramme – nie alleen word afgedruk. `n hoë mate van basterkrag verkry nie, Die Tuli Beestelersgenootskap is op 24 maar `n hoë persentasie poenskopMaart 1994 amptelik gestig. In 2005 is kallers ook. Tuli-osse, asook kruiskalongeveer 40 Tuli-telers met net meer as wers rond makliker op die veld af as 5 000 aktiewe diere by S.A. Stamboek baie ander rasse. geregistreer. Om die ideale Tuli te verseker, word net soveel klem op die prestasie as die Verspreiding en belangrikste visuele voorkoms van die ras gelê wat eienskappe gedoen word volgens die Tuli Standaard Die Tuli is by uitstek `n ekstensiewe van Voortreflikheid. 35


GWK Nuus

Die span van Sidi Parani saam met die kinders en onderwysers van die Salt Lake Primêre skool buite Douglas. Die kinders was baie opgewonde oor die lekkergoedpakkies wat hulle ontvang het. Sidi Parani het ook skryfbehoeftes aan die skool oorhandig aangesien dit `n groot behoefte by hulle was.

SIDI PARANI SPRING IN OM SKOOL TE HELP VERBETER

S

idi Parani het onlangs `n SEB-projek by die Salt Lake Primêre skool buite Douglas begin. `n Behoefte aan skryfbehoeftes is by die skool geidentifiseer, wat met `n onlangse besoek aan die skool aan hulle oorhandig is. Elke kind is ook met `n lekkergoedpakkie verras. “Hulle was baie opgewonde daaroor!” sê me. Julita Geldenhuys van Sidi Parani. Volgens Geldenhuys het hulle spesifiek op Salt Lake besluit omdat hulle nie soos die ander skole in en om Douglas deur sake-ondernemings geborg word nie. “Hulle is op hul eie aangewese en daarom het ons dit as `n geleentheid gesien om `n verskil te maak.” Sy vertel dat hulle nog baie planne en idees vir die toekoms van die skooltjie het. “Dit was heerlik om te sien hoe skoon en netjies hierdie skool sowel 36

Die kinders smul aan die lekkergoedpakkies waarmee Sidi Parani hulle bederf het. kinders hul enigste ete op `n dag by as die skoolterrein is. Ons beplan om in die toekoms ook `n bydrae die skool kry.” te maak tot hul voedselvoorraad, `n Naambord sal ook eersdaags by die skool opgerig word. aangesien `n groot getal van die


NETBALDAG SORG VIR GROOT PRET EN OPWINDING

D

ie GWK Douglas Netbalklub het onlangs `n mini netbaldag aangebied wat vir groot pret en opwinding gesorg het. Die manne van GWK en Sidi Parani het elk `n span vir die dag ingeskryf wat teen die GWK Douglas Netbalklub, die Hoërskool Douglas en die Douglas Goue Oues 1 en 2 meegeding het. Die span van die Hoërskool Douglas het uiteindelik met die louere weggestap en elkeen `n geskenkbewys Die GWK Douglas Netbalklub en die netbalspan van die Hoërskool Douglas. van GWK Landmark ontvang. “Ons bedank graag ons borge, naamlik GWK, Sidi Parani, GWK Landmark en Westra vir hul ondersteuning die afgelope seisoen,” sê mev. Petria Theart, afrigter van die GWK Douglas Netbalklub. Dames wat graag by die GWK Douglas Netbalklub wil betrokke raak, kan Theart gerus by 083 277 7323 of 053 298 8272 skakel.

Die manne van GWK spog met hul netbaltalent!

Die span van Sidi Parani.

Die opwinding het hoog geloop terwyl die spanne dit om die eerste plek uitgespook het. 37


Ons mense

Me. Natachia Groenewald (Senior Adminklerk), mnre. Johan Myburgh (Bedryfshoof: Silo), Frikkie Jansen (Depotbestuurder), Fanus du Preez (Toesighouer), Kobus Swarts (Assistent-gradeerder) en mev. Almari Vlok (Bedryfshoof: Depot-produkhantering), almal van GWK op Prieska, het vir verversings gesorg op die gholfdag op Prieska waarby GWK as borg betrokke was.

Mnre. André Gous en Jaco van Zyl van Prieska op die gholfbaan.

Mnre. Jaco Gous (produsent) en Lukas Holtzhausen van GWK Versekering. Met “Ons mense” wil Kommuniek die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery behartig, maar ook die passie van GWK se personeel om landbou te innoveer en puik diens te lewer. Ons ontvang graag foto’s van produsente waar hulle in die boerdery werksaam is, asook foto’s van personeel waar hulle met hul dagtake besig is of saam ontspan.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Me. Elmari Jacobs (Graanbemarker) en Johan Fourie (Bedryfshoof: GWK Pekanneut- en Wingerdproduksie), albei van GWK op Douglas, geniet die gholfdag saam. 38

Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730


Mnre. Fanie Oldewage en P. G. van Deventer (produsente van Prieska) bekyk die stand van sake op die setperk.

Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Handel van GWK) is kennelik be誰ndrik met die hou wat hy pas gespeel het!

Mnre. Piet Roux (Direkteur: GWK), Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Handel van GWK) en mnr. Orffer M端lller (Direkteur: GWK) tydens die gholfdag op Prieska waar GWK as borg betrokke was. 39


Mnre. Andries Theron (Vise-voorsitter: Graan SA) Jaco Gous (Voorsitter: Prieska Besproeiingsboerevereniging), Louw Steytler (Voorsitter: Graan SA) en Dissie Kruger (Hoofbestuur: Graan SA) op Prieska.

Georganiseerde landbou Carien Grobler

Maak die groter debat met ons mee, vra Steytler

M

nre. Louw Steytler (Voorsitter van Graan SA), Andries Theron (Vise-voorsitter van Graan SA) en Dissie Kruger van Graan SA se Hoofbestuur (Streek 25) het Prieska besoek om met die produsente oor die toekoms van die landbou te gesels. “Om ons produsente volhoubaar en winsgewend op hul plase te hou is Graan SA se enigste doel,” het Theron gesê. “Graan SA het `n rolspeler in die 40

wêreld geword en alles wat ons doen is in die belang van die produsent.” Hy het die produsente vir hul bydraes bedank. “Graan SA is die produsent se goedkoopste versekeringspolis. Ons verteenwoordig almal, maak nie saak hoe groot of hoe klein hy boer nie. “Graan SA het geen politieke agenda nie. Ons streef na eenheid en verteenwoordig elke produsent. Theron het verduidelik dat Graan SA geld buite die landbou genereer om `n diens aan produsente te

lewer. Van die R2/t heffing wat lede betaal, is R7 000 vanjaar aan die Prieska Besproeiingsboerevereniging terugbetaal. Kruger, wat Steytler aan die woord gestel het, het hom bedank vir sy leiding op persoonlike vlak, sowel as in die landbou. “Ek het groot waardering daarvoor dat hy standpunt inneem vir dit waarin hy glo,” het Kruger gesê. Hoe lyk die toekoms? “Hoe behoort ons op te tree as


landbouers en grondeienaars om ons regte en die Grondwet te beskerm?” het Steytler aan die produsente gevra. “Waarom spandeer ons so baie tyd aan georganiseerde landbou?” Ons doen dit vir ons kinders, het hy onomwonde geantwoord. “Omdat hul toekoms deur ons betrokkenheid in die groter debat bepaal sal word. Ons moet die moed van oortuiging hê om die nodige te doen. Totdat die Grondwet verander, sal ons by sy bepalings bly. Steytler het `n eier teen die muur stukkend gegooi om te illustreer hoe kwesbaar ons verhoudings met mekaar, ons familie, maar ook binne die strukture van georganiseerde landbou is. “Hierdie verhoudings is so kwesbaar soos `n eier.“ Steytler het gesê ouers moet ophou om vir hul kinders te vertel dat Suid-Afrika geen toekoms vir hulle bied nie. As ons dít sê, is ons eintlik te lamsakkig om die Grondwet te verdedig. “Die werklikheid is dat enigiemand dink dat ons hierdie argument op `n rasgeskoeide basis kan besleg, reeds verloor het. “Ons het die stem van redelikheid nodig as ons die Grondwet suksesvol wil verdedig.” Hy het gesê dat enigiemand wat die Grondwet wil verander, die Grondwet ondermyn. “Artikel 25 van die Grondwet is die hoeksteen van voedselsekuriteit in

Mnre. Hannes Coetzee (produsent), Johan de Villiers (produsent) en André Botes (GWK Landboukundige op Prieska), het kom luister na mnr. Louw Steytler (Voorsitter van Graan SA) wat die produsente tydens `n vergadering van die Prieska Besproeiingsboerevereniging toegespreek het. Suid-Afrika.” Dit is krities noodsaaklik dat ons hierdie beginsels moet verdedig, het hy gesê. Om sy kommer oor stygende voedselpryse te illustreer, het hy `n Big Mac-burger van McDonald’s in die lug gehou. Volgens Steytler was `n Big Mac in Suid-Afrika nog `n paar jaar gelede een van die goedkoopste ter wêreld. “Die feit dat ons Big Mac in hierdie stadium ongeveer 13de in die wêreld lê wat prys betref, is tekenend van die invloed wat regeringsbeleid en -optrede op die bekostigbaarheid van voedsel het. Nietemin word baie goeie kommoditeitspryse vir besproeiingsproduksie

verwag. Steytler het `n beroep op die produsente gedoen om organisasies aan die meriete van hul optrede te beoordeel. “Oordeel Graan SA aan die waarde wat jy vir jou heffing kry. Ons hou die pad in stand en het mekaar nodig om `n toekoms vir ons kinders te verseker. Ons sal verdedig wat verdedigbaar is.” U ken die belangrikheid van voedselsekuriteit vir elke land, het Steytler ter afsluiting gesê. “Ons het `n verpligting teenoor die samelewing om voedselsekuriteit te verseker. Ek nooi u om daardie verpligting saam met ons te dra. Maak die groter debat met ons mee.”


Mnre. Dawie Roodt (Ekonoom en spreker tydens die kongres), Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), Henk van Wyk (President van Agri Noord-Kaap), Vincent Potloane van Landbank en Johanner Möller (President van Agri SA).

Georganiseerde landbou Carien Grobler

Agri Noord-Kaap se 33ste kongres `n reuse sukses

A

gri Noord-Kaap se 33ste jaarlikse kongres wat onlangs in Kimberley gehou is, was `n reuse sukses en is deur afgevaardigdes van oor die provinsie heen bygewoon. In sy presidentsrede het mnr. Henk van Wyk gesê dat dit `n ongelooflike eer en voorreg is om hierdie uitgestrekte provinsie met sy groot diversiteit te dien en te verseker dat lede as produsente van veilige, gesonde en bekostigbare voedsel se vermoë om dit volhoubaar en winsgewend in `n veilige omgewing te kan produseer, nie aangetas word nie. Die uitsluitlike doel van georgani42

seerde landbou as `n burgerlike samelewingsorganisasie is om te verseker dat die maksimum gerusstelling en sekerheid van eiendomsreg op `n gelyke speelveld met sy konkurente wêreldwyd kan meeding, het van Wyk gesê. “Ook dat tariefbeskerming ingebou sal word om ons teen ‘dumping’ te beskerm, want in werklikheid kompeteer ons met regerings van oor die wêreld heen wat hul landbousektor swaar subsideer.” Van Wyk het gesê dat hy die afgelope jaar weer diep onder die indruk gekom het dat hy aan die een kant diep dankbaar is vir die voorspoed wat die vleisbedryf (vleis en wol) op die oom-

blik beleef, terwyl hy ook bekommerd is oor produsente in die besproeiingsgebiede, veral in die benede-Oranjerivier waar talle produsente se produksievermoë en kontantvloei reeds twee jaar lank ernstig deur vloedskade beïnvloed word. “Daar is egter planne op die tafel en ons sal kyk hoe dit uitgerol kan word om hierdie produsente weer terug in produksie te kry. Baie dankie aan mnr. Johannes Möller wat saam met Agri Noord-Kaap, die landboubesighede en verskeie ander rolspelers koppe bymekaarsit om hierdie uitdaging die hoof te bied.” Hy het `n beroep gedoen op pro-


dusente om alle kommersiële produsente in die Noord-Kaap by Agri Noord-Kaap aan boord te kry. “Tree met hulle in gesprek, sê vir hulle wat ons organisasie doen en stel hulle in kennis oor die voordele wat Agri SA vir produsente beding.” Van Wyk meen dat produsente nie meer moet vra wat die staat vir die landbou kan doen nie, maar eerder wat die produsente vir die sektor kan doen. “Produsente moet hulself afvra wat hul bydrae daartoe is. Al die retoriek verlam die landbou en rig selde of ooit iets uit. Diplomasie, dialoog en onderlinge eerbied en doelgerigte optrede is wat nodig is. Grond behandel almal ewe goed of stief, afhangend van wat jy as ondernemer daarmee doen. Dit verg egter `n spesiale soort mens om dit produktief en winsgewend aan te wend, veral in die Noord-Kaap.” Die landbou is die ruggraat van die ekonomie en dit word nie genoeg verkondig dat die kommersiële landbou die sleutel is waarmee die land se voedselsekuriteit, landelike werkloosheid, opvoeding en verstedeliking suksesvol aangepak kan word nie, het van Wyk gesê. “Dit kan ook grondhervorming laat werk. Almal het mekaar nodig om `n inklusiewe, nie-rassige, winsgewende en mededingende landbousektor te skep. Vir `n wen-wen scenario is ernstige, sober en emosielose dialoog oor landbou, veral grondhervorming en landelike ontwikkeling nodig.” Hy is positief oor die landbou se toekoms en hierdie geesdrif word deur al hoe meer groeperings buite die landbou gedeel, het Van Wyk gesê. “Ons as produsente moet doen wat ons die beste ken. Kom ons neem ons effektiefste wapen op om ons effektiwiteit te beklemtoon en dit is om genoeg voedsame, bekostigbare voedsel te produseer sodat ons, wat my betref, die drie grootste uitdagings vir 2012-2013, naamlik grond, voedselsekerheid en arbeidsuitdagings die hoof kan bied en onsself in die proses onmisbaar maak.”

Mnre. Attie Scholtz (`n produsent van Douglas) en Leon Diederichs (Streeksbestuurder van Oranje Toyota). Diederichs het tydens die kongres die toekenning vir die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar 2012 aan Scholtz oorhandig.

‘Voedselsekerheid ons grootste uitdaging’ Die landbou se oorhoofse uitdaging is voedselsekerheid, het mnr. Johannes Möller (President van Agri SA) op die kongres gesê. “Ons moet voldoende voedsel op `n volhoubare basis produseer. Ons het egter welvarende verbruikers nodig. Ons kan nie vir die armstes voedsel produseer nie, want die insette is eenvoudig te hoog. Gevolglik produseer ons ongelukkig relatief duur voedsel en moet ons kyk na programme om voedsel bekostigbaar te hou.” Volgens Möller sal die wêreldbevolking na raming tussen nou en 2050 met sewe tot nege miljard groei. “Dit impliseer `n groei van 70-100% vir die landbou. Min ander bedrywe kan sê dat hulle oor die volgende 40 jaar soveel sal moet groei. Dit sal egter beteken dat ons internasionaal moet beplan oor hoe ons gaan byhou en hoe ons ons koolstofvoetspoor aanvaarbaar gaan hou.” As kos goedkoper word, verswak voedselsekuriteit, het Möller gesê.

“Daarom moet ons die armes ondersteun om voedsel te koop. Van georganiseerde landbou se kant af sal ons aan werkskepping moet deelneem om te verseker dat ons verbruikers ons produkte kan bekostig. “Die projeksie vir groei in die landbou is heelwat laer as wat nodig is. Ons sal waarskynlik binne die volgende paar jaar heelwat agterraak. Daarom sal daar versnelde investering in die landbou moet wees om aan die behoefte te voldoen. Ons doen `n beroep op die regering – bring groter sekerheid oor grond en versnelde investering in die landbou.” Teen hierdie agtergrond sal u verstaan waarom Agri SA vir eiendomsreg baklei, het hy gesê. “Dit gaan vir ons oor sekuriteit sodat landboufinansiering in die langtermyn gedoen kan word. Om in die langtermyn te investeer, het `n mens sekuriteit nodig. Dit impliseer uiteindelik maar eiendomsreg. Ons wil keer dat eiendomsreg verwater word. Landelike ontwikkeling móét plaasvind, 43


Dr. Wolfgang Riebe (gaskunstenaar en motiveringspreker by die kongres), mnr. en mev. Lizél en Nicol Jansen (Vise-president van Agri Noord-Kaap), mev. Marian van der Westhuizen (Sekretaris: Finansies van Agri Noord-Kaap en organiseerder van die kongres), mnr. Henk en mev. Ronell van Wyk (President van Agri Noord-Kaap) en mnr. Johannes en mev. Delene Möller (President van Agri SA) by die dinee tydens die kongres. Riebe het die gaste met sy kulkunsies en kwinkslae vermaak en ook tydens die kongres as motiveringspreker opgetree waar hy die afgevaardigdes met vertellings uit sy eie lewe geïnspireer het. Van Wyk en Jansen is tydens die kongres onbestrede tot hul ampte as President en Vise-President van Agri Noord-Kaap herkies. maar op só `n wyse dat voedselproduksie nie daardeur geraak word nie. Ons kan nie dieselfde pad as Zimbabwe loop nie.” Volgens Möller moet die minister let op die waardekettings in die landbou. “Dit is lang kettings. As jy hom op een plek afkap, is hy stukkend vir almal. Dit sal niemand bevoordeel nie.” Möller meen die tyd is hier dat belanghebbendes in die landbou buite hul konvensionele raamwerk moet dink en optree. “Ons kan eenvoudig nie `n klimaat skep waarin sekuriteit aangetas word nie. Niemand word meer welvarend wanneer sekuriteit afgeneem word nie. Armoede word ook nie op hierdie manier verlig nie. `n Mens skep nie welvaart deur eers almal in armoede te laat verval nie. “Ons moet onderhandel sodat ons toesien dat ons in die proses vir ons `n toekoms skep. Dit is daarom belangrik dat die grondoudit geloofwaardig afgehandel word sodat ons `n vertrekpunt het om met die regering te gesels. Ons sal almal saam ter wille van die landbou moet vorentoe kyk.” 44

Eskom ondersoek moontlikhede om natuurlike gas te gebruik Eskom is een van die 20 topfasiliteite ter wêreld in terme van opwekkingskapasiteit met `n netto maksimum kapasiteit van 41,194 MW. Só het mnr. Deon Conradie (Senior Bestuurder: Elektrisiteit en Prysbepaling van Eskom) aan kongresgangers gesê. Eskom ervaar egter `n groot toename in die vraag na elektrisiteit. Hierbenewens verouder al die steenkoolaangedrewe aanlegte en volgens beplanning sal hierdie aanlegte teen 2025 nie meer in gebruik wees nie. Volgens Conradie is dit daarom noodsaaklik dat Eskom vennootskappe oorweeg wat daarop gemik is om natuurlike gasbronne te ontgin om die verspreidingsnetwerk se kapasiteit te vergroot en goedkoop kragaanlegte in `n kort tyd te bou. Eskom is volgens Conradie ook die grootste vrysteller van CO2 in SuidAfrika en ervaar toenemende publieke druk teen die gebruik van steenkool

as voerstof om elektrisiteit op te wek. Verder beplan die regering om `n koolstofbelasting in te stel wat daarop gemik is om die verskuiwing na tegnologie met lae koolstofvrystelling te bevorder. Kragopwekking met natuurlike gas stel 50% minder CO2 vry wanneer dit met konvensionele steenkoolaangedrewe aanlegte vergelyk word. Geen partikels en swaeldioksied word vrygestel nie en slegs baie klein hoeveelhede stikstofoksied en koolstofmonoksied. “Eskom se reputasie sal daarby baat as die maatskappy geleenthede tot laer koolstofvrystelling met natuurlike gas ondersoek en die ontwikkeling van tegnologie wat hernubare bronne gebruik, bevorder.” Conradie het verder genoem dat steenkoolpryse jaar ná jaar bestendig styg. Gaspryse was in die verlede baie volatiel, maar het in die algemeen op


dieselfde vlakke gebly. Afrika beskik oor beduidende gasbronne terwyl ons buurland, Mosambiek, die afgelope tyd die land in Afrika met die meeste gasreserwes geword het. “Dit is daarom noodsaaklik dat Eskom in `n vroeë stadium van ontwikkeling strategies gasbronne vir kragopwekking bekom.” Volgens Conradie streef Eskom reeds

sedert die vroeë jare 90 kragopwekking deur middel van natuurlike gas na. Die maatskappy besit aanlegte met gasterbines van meer as 2000MW wat in hierdie stadium deur diesel aangevuur word. Die oop siklus gasterbines (OCGT) sal in die afsienbare toekoms na gekombineerde siklus gasterbines (CCGT) omgeskakel word. Verder word die ontwikkeling van

gasaangevuurde kragaanlegte deur die departement van energie, sowel as die nasionale beplanningskommissie ondersteun. “Die slotsom is dat Eskom se verouderende steenkoolaanlegte, die verhoogte vraag na elektrisiteit en die strewe na laer koolstofvrystelling Eskom noodsaak om gasaangevuurde aanlegte te ontwikkel.”

VRYSTAAT LANDBOU WYS NUWE PRESIDENT AAN

Mnr. Dan Kriek (links) is op Vrystaat Landbou (VL) se jaarlikse kongres buite Bloemfontein as dié organisasie se president aangewys. Hy volg mnr. Louw Steytler (middel) op wat sedert 2002 as president van VL gedien het. Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van VL se komitee vir wet en orde, is as vise-president aangewys. Mnr. Hennie van der Walt (Uitvoerende Bestuurder: Oos-Vrystaat van GWK) het die kongres bygewoon. Hy is hier by Kriek en Steytler.


Kiekies

Wenner Niks ry so lekker soos my John Deere nie! Klein Barend Snyman geniet homself gate uit op sy trekker.

Tema vir Sept. John Deere.

Tema vir Okt. Valley Besproeiing

52

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark. 2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys


Tweede Klein Xander Lewis van Douglas is baie trots op sy eie John Deere-trekker!

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Derde Klein Gideon van Tonder van Douglas ry gerieflik in sy John Deere-trekker se wa nadat sy beentjies geopereer is.

53


Die GWK Griekwas se skrumskakel, Jacques Coetzee, tydens die Curriebeker-reeks op GWK Park in aksie teen die Cheetahs. Die Griekwas se klere vir 2012 is tydens `n ontbyt met die gholfspeler Hennie Otto bekend gestel.

GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Carien Grobler

Gholfspeler inspireer Griekwas

D

ie bekende gholfspeler Hennie Otto het onlangs as gasspreker opgetree tydens `n ontbytgeleentheid saam met die Griekwas. Sy inspirerende boodskap het gehandel oor hoe hy ná sy ouers se egskeiding by sy grootouers grootgeword het. Ongeag sy ontberings het hy egter sy sporttalent ontwikkel. Benewens sy gholftalent was Otto ook `n kranige rugbyspeler en is hy genooi om vir die Suid-Afrikaanse O/23-span proewe te speel. Hy kon egter nie aan die proewe deelneem nie, aangesien hy dieselfde naweek ook aan `n gholftoernooi moes deelneem. Sy gholftalent het hom reeds op die ouderdom van 23 `n miljoenêr gemaak. 54

Otto en sy gesin boer die afgelope paar jaar buite Jacobsdal. Die roem en vinnige leefstyl het sy tol geëis en hy het `n punt bereik waar hy tot die Here gebid en tot bekering gekom het. “Die Here is opgewonde oor jou en trots op jou soos `n ouer oor sy kinders,” het hy aan die gaste gesê. Die Griekwas se klere vir 2012 is ook tydens die ontbyt bekend gestel. Mev. Erika Venter (Bemarker van die Griekwas) het die nuwe elektroniese nuusbrief van GWK Griekwas bekend gestel. Die nuusbrief met die naam @Griekwas is by www.atgriquas. co.za beskikbaar. Ondersteuners kan ook `n e-pos stuur aan erika@ gwrugby.co.za waarna die skakel dan elke maand na die ondersteuners se e-posadresse gestuur sal word.

Griekwa-kalender September 2012 8 GWK Griekwas vs. Sharks GWK Park – 15:00 11 Nocci/GWK Griquas Manne-aand by Castledeck GWK Park. Kaartjies: R150.00 sluit in `n braaipak en gratis bier en vermaak. 15 GWK Griekwas vs. Blou Bulle GWK Park – 15:00. 22 GWK Griekwas vs. DHL WP Nuweland – 16:00 26 GWK Griquas en ENGEN Dynamic Diezel Gholfdag. R1 200 per vierbal. Sluit `n hemp, middag- en aandete met `n gasspreker in. 29 GWK Griekwas vs. Cheetahs Bloemfontein – 14:30. Kontak Erika Venter by 084 552 2063 vir enige navrae.


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Nog baie rugby lê voor . . .

D

aan die beste kombinasies terwyl ons agsê vrinne. lostrio geensins in hierdie stadium Nie lank nadat die Stormer- goed kombineer nie. trane af gedroog was en die Alberts die stoomroller kies homself Sharks hul terleurstelling in die S15om die mure af te breek en Coetzee finaal kon sluk nie, skop die Curriegaan een van die bestes in wêreldbeker-reeks en Bok-rugby toe weer af. rugby word, maar op nommer agt Genade Dorie, wanneer rus die kort ons `n Duan Vermeulen of `n CJ manne `n slag? Stan-der. Een ding is seker – in Heyneke se Genadig korrel Steyntjie nou weer groep gaan die spelers op beste vorm “dead centre” en is ek nie bly daaroor span kry, terwyl geen speler van sy nie terwyl Jano op nommer gebruik plek op die langtermyn verseker is moet word die tweede helfte met Pienie. Dis mos gesonde spangees soos naar op heelagter. in die ou dae met Dok Craven. Oom Gemsbok weet Jean is seker op Hoewel ons mooi wegspring met `n die oomblik die beste leier onder die paar mooi Bok-wenne is die Bokke onervare troepe, maar hy speel nou nog vr van goed af. Hiervoor is ons ook nie die wêreld aan die brand nie slotpaar-kombinasie en lostrtio gans en van `n “Joggie Jansen”- plettervat te wisselvallig. Ons lewer 35 minute het ons senters nie `n idee nie. lank skitterspel en dan val ons plat. Die All Blacks is maar weer so drie Die leemte en dominansie wat `n trappies bokant ons wat spelgehalte Matfield, Bakkies en Danie gelos het, en foutlose rugby betref. Gelukkig word nie binne drie jaar gevul nie en het ons eers die Argentyne om teen hier sal Heyneke geduldig moet bou los te maak en wonde te lek voordat

die groot honne aan die beurt kom. Hopelik is ons dan reg. Op Curriebeker-vlak is dit my Griekwa-span wat al die moeilike wedstryde aan die begin trek en dis ook net hier waar hulle in die hek sit in hul eerste twee teen die Bulle en die WP. Het die kwaste op papier nie vir jou die beste span in jare nie? Die loting was net teen ons. Op slot en lostrio kan die kwaste hierdie jaar saam met die bestes in die C-beker gesels en te oordeel aan die manier waarop hulle die WP van die veld af gespeel het in die eerste helfte, gaan hulle nog groot spanne laat val hierdie jaar. As ons aan die begin kan oorleef en ritme behou, kan die Griekwas baie punte opstapel van die vierde week af. Staan op Griekwas – daar’s nog baie rugby wat voorlê! Groetnis – Go Bokke! Oom Gemsbok 55


Pret op die plaas Vir die jongspan

Waar is die plaasdiere? Hierdie diere is nie almal plaasdiere nie. Knip al die diere wat wel op die plaas pas uit en plak hulle op die plaas hier langsaan. Lekker soek!

56


Leefstyl Carien Grobler

Skaterlag oor die lewe . . . want dis lente! Navorsing het bewys dat `n positiewe lewensuitkyk en die vermoë om gereeld `n grappie met die mense om jou te deel, kan veroorsaak dat jy langer en meer gesond leef.

O

pgeruimde vriende vul mekaar met positiewe energie. Sulke vriende lag gereeld saam, wat goed is vir jou liggaam en jou siel. Navorsing het bewys dat `n posi58

tiewe lewensuitkyk en die vermoë om gereeld `n grappie met die mense om jou te deel, kan veroorsaak dat jy langer en meer gesond leef. Die belangrikheid van humor in alle fasette van ons lewens kan nie oorskat word nie. Om te lag is die fisiologiese respons op humor. Ons lag dikwels omdat ons gelukkig is, maar om te lag kan jou ook gelukkig maak – en meer gesond. Wanneer `n mens lag word endorfiene in jou liggaam afgeskei.

Endorfiene het pynverligtingseienskappe soortgelyk aan die van morfien en word met euforiese gevoelens verbind. Verder word die aantal streshormone in jou liggaam verlaag wanneer jy lag. As humor soveel vir jou liggaam doen, dink net aan die verskil wat dit aan jou verhoudings kan maak. Humor in jou verhouding Die meeste mense wil in `n verhouding wees met iemand wat gereeld glimlag en lekker kan lag, sê prof.


Clifford Kühn van die departement sielkunde aan die Universiteit van Louisville in Amerika. Clifford is ook bekend as die “lagdokter”. “Dit is die vermoë om te glimlag, pret te hê en ander daarby te betrek wat help om mense van die teenoorgestelde geslag na jou toe aan te trek,” sê hy. Deur gereeld te lag, maak jy jouself dus meer aantreklik vir ander mense, want niemand geniet `n klakous se geselskap nie. Wanneer jy egter die kuns bemeester om die silwer randjie om `n donker wolk raak te sien of die humor in jou alledaagse frustrasies te geniet, sal jy agterkom dat jy mense na jou toe aantrek. Alles wat `n paartjie op `n emosionele vlak deel, help om die verhouding te bou, humor het `n unieke element wat `n verhouding genees en laat herleef. Dit bied aan `n paartjie die geleentheid om saam te ontspan en hulself en hul verhouding te verfris. Humor bied aan ons die geleentheid om die frustrasies en negatiewe ervarings in ons verhoudings te verander in geleenthede vir gedeelde intimiteit. As jy en jou maat saam oor `n situasie lag, word kritiek en oordeel met humor vervang.

is, gesels met mekaar oor probleme by die werk, met die kinders of ander dinge wat pla. Wanneer die atmosfeer speels en ontspanne is, hoor ons dinge anders en kan ons dinge oor onsself leer wat ons andersins onaangenaam sou vind. Let daarop om eerder grappenderwys te versoek dat iets verander of op `n ander manier gedoen word, as om veroordelend te wees en kritiek uit te spreek of neerhalende persoonlike opmerkings te maak. Wanneer jou man byvoorbeeld sweterig by die huis aankom ná `n lang dag by die werk, moet hom nie wegstoot en sê hy ruik nie lekker nie. Draai eerder die krane oop, glimlag en tap vir hom `n lekker bad.

Terg sonder trane Om iemand te terg is `n baie belangrike sosiale hulpmiddel, sê dr. Dacher Keltner, `n sielkundige aan die Universiteit van Kalifornië in Amerika. “As `n mens iemand op die regte manier terg, kan jy hom of haar help om hul foute reg te stel,” meen hy. “Dit bring mense nader aan mekaar.” Dacher, wat navorsing doen oor hoe mense mekaar terg, meen wanneer `n mens `n speelse taktiek gebruik, jy aan jou maat kan oordra Lag só saam met jou maat dat hy of sy `n fout gemaak het, Speelsheid en humor is `n belegging maar dat jy hom of haar nie daarin jou verhouding en kan `n paartjie oor veroordeel nie. help om die klein en groot probleme “Oordryf jou stemtoon, gebruik wat oor hul pad mag kom, af te lag. langer klinkers en lag net voor of Knyp gereeld gehaltetyd af om saam nadat jy iemand terg. Dit sal die te ontspan. persoon daaraan herinner dat jy Wanneer die atmosfeer ontspanne hom of haar liefhet ongeag die fout

wat jy uitwys – en selfs meer juis omdat hy of sy foute maak,” sê Dacher. Moets vir humor Humor moet skoon wees. Grappies wat effens onder die belt is kan jou maat irriteer en pla. Hoewel julle mekaar goed ken, kan jy steeds aanstoot gee met die dinge wat jy sê. Humor moet altyd positief wees. Om `n grap te maak oor jou maat se voorkoms is nie snaaks nie. Vermy dit ten alle koste. Humor moet gebalanseerd wees. Te veel poetse, snaakse aanmerkings en blondine- of brunet-grappies kan die teenoorgestelde uitwerking hê as dit waarop jy gehoop het. Humor moet sy plek hê. Elke paartjie het tyd nodig om saam te lag en pret te hê, maar daar is ook tye wanneer jou maat van jou verwag om ernstig te wees wanneer hy of sy iets met jou wil bespreek. Moenie `n grap daarvan maak nie. Moenies vir humor Moet nooit humor gebruik om jou maat aan te val nie. Moenie grappies maak oor jou maat se tekortkominge tensy jy baie seker is dat hy of sy dit snaaks sal vind nie. Moenie jou ware gevoelens agter humor wegsteek en grappe daaroor maak nie. Moet nooit voor ander mense grappies maak ten koste van jou maat nie. Vermy sarkastiese grappe. Dit maak ander mense seer.


Wees hierdie lente `n bietjie waaghalsig en verf `n muur of `n skoorsteen bloedrooi!

60


Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooi Maak mooi met min

Laat jou tuin lewe dié lente

G

esoute tuiniers weet dat `n mens reeds vroeg moet wakker skrik as jy in die somertyd `n kleurvolle vertoning van blomme in jou tuin wil hê. Dit is nou die tyd om met die mooimaak te begin. `n Lowergroen grasperk is `n goeie begin. Suurstof en dreinering is noodsaaklik vir `n gesonde grasperk. Steek gate in die grond (soveel as wat jy kan) of gebruik `n spykerroller. Die klem word op wortelgroei gelê aangesien dit die begin van `n gesonde grasperk is. Maak die grasperk goed nat en bemes met superfosfaat sodat die wortels behoorlik kan ontwikkel. Volg drie weke later met 2:3:2-kunsmis op. Gebruik `n bolaag by jong grasperke om dit meer gelyk te maak en by ouer grasperke om nuwe groei aan te moedig. Versprei dit oor die grasperk en hark met `n swaar hark gelyk. Gebruik `n reguit plank en maak die bolaag met eweredige hale gelyk. As jy graag die lente met bloeisels wil begroet, sal jy `n boompie of twee in jou tuin moet plant wat jou jaar ná jaar groot genot sal verskaf. Gesels met iemand by jou kwekery oor watter boom die beste in jou tuin sal aard. Dit is baie maklik om sommer kissies met plantjies by die kwekery aan te koop, maar `n mens moet heelwat koop om `n groot gedeelte te bedek. Dit kan `n duur oefening word. Om saad te saai is baie goedkoper, maar `n mens moet effens meer geduld hê voordat die plantjies hul opwagting in jou tuin maak. Om

hier en daar kleurvolle lentekolle te skep, kan bolle en jaarplante in potte geplant word. Voordat jy egter begin plant, moet jy toesien dat jou tuin behoorlik skoon is. Spit beddings waar saailinge en blomme geplant gaan word goed om en werk kompos in die beddings in. Wees egter versigtig wanneer kraalmis gebruik word, want die klein worteltjies van jaarplante en bolle kan brandskade opdoen. Wees waaghalsig Wees hierdie lente `n bietjie waaghalsig en verf `n muur of `n skoorsteen bloedrooi . . . hoe rooier, hoe mooier. `n Fokuspunt in jou tuin sal dadelik aandag trek en bring ook die kleur in jou tuin na vore. Gesiggies is `n moet. Hierdie blommetjies bring dadelik opwinding in selfs die vaalste tuin. Pluk gereeld die dooie blomme af om seker te maak dat hulle optimaal blom en voed die plantjies gereeld met `n gebalanseerde plantvoeding. Hulle is baie aanpasbaar en is ewe tuis in potte, hangmandjies en tuinbeddings. Hulle is waarskynlik die maklikste eenjarige plante wat kleur aan jou tuin gee en sal van semi-skaduwee tot in die son floreer. Plant jou gunsteling vetplantjies in ou bekers. Dis nie nodig om gaatjies onder in te boor nie, aangesien vetplante van minimale water leef en jy hulle dus nie te nat moet maak nie. Groepeer hulle bymekaar vir `n mooi fokuspunt en rond die bekers af met klein klippies. Ou teekoppies of teepotte kan ook hiervoor gebruik word. As jy vergeet het om in die herfs lentebolle te plant en saad te saai

van eenjariges wat laatwinter en vroeglente sal begin blom, ontspan, want alles is nie verlore nie. Jy kan sommer vandag nog begin verf in jou tuin met kleurryke blomme om jou op te beur. Vygies is nou die ideale keuse vir kleur. As jy haastig is om die satynblinkblomme met hul vrolike kleure in jou tuin te hê, plant sommer kwekerysaailinge wat reeds vir jou grootgemaak is. Vygies is pragtig in rotstuine of op enige ander plek waar daar heeldag volson en goed dreinerende grond is. Jy kan ook `n klompie van die plantjies in houers plant. Hulle groei en rank graag oor die rante van potte. Gousblom is altyd die moeite werd en kom in `n wye verskeidenheid voor met helder, enkel blomkleure of gestreepte blomme. Dié plante is baie treffend wanneer hulle in `n massa in volson geplant word en is boonop baie maklik om te kweek. Hangmandjies verleen ekstra karakter en hoogte aan `n patio. Wanneer hangmandjies oorweeg word, is dit beter om groter hangmandjies te gebruik pleks van kleiner mandjies wat vinniger uitdroog en dus nie so welig lyk nie. As die groot werk voltooi is, kan jy begin om jou tuin te geniet. Wanneer die lieflike sonskyndae aanbreek, kan jy ook meer tyd in jou tuin deurbring. Van nou af is dit heerlik om daagliks deur jou tuin te stap en die helder somerkleure te bewonder. Onthou egter dat `n mooi tuin daaglikse aandag verg en jou vertroeteling nodig het. 61


Gesondheid Carien Grobler

Gryp jou gesondheid en lééf hierdie lente Noudat ons die jasse, handskoene en serpe weggepak het, is dit tyd om die sonroom uit te haal en van die ekstra wintervetjies ontslae te raak. Hier is `n paar gesondheidswenke vir die lente: Stap in jou etensuur. Dit sal jou `n kans gee om weg te kom van jou lessenaar en die vars geur van die lente in te asem. Boonop sal jy sommer ook die ekstra vetjies verbrand wat sedert die winter om jou maag en heupe sit.

Geniet jou groente. Hierdie tyd van die jaar word die winkelrakke weer propvol gepak met slaaiblare, komkommers, tamaties, uie, wortels en radyse. Eet minstens twee maal per dag `n porsie van hierdie vars groente. Dit is die beste bron van vitamiene en minerale en is ook propvol vesel. Spring vroeg uit die vere. Navorsing wys dat mense wat vroeg opstaan en vroeg gaan slaap, in die algemeen meer gesond is as die naguile wat dit geniet om laat te lê. Die soel oggendlug sal jou meer energiek laat voel in teenstelling met die lui gevoel waarmee `n mens wakker word wanneer jy laat slaap. 62

Sê ja vir swemlesse. Verdrinking is wêreldwyd een van die grootste oorsake van kindersterftes. Kenners meen egter dit is wys om kinders eers op drie jaar aan swemafrigting bloot te stel. Tot dan moet babas en kleuters nie eers `n minuut lank alleen by `n swembad gelaat word nie, aangesien die meeste verdrinkings in kinders onder twee jaar plaasvind.

Gaan groen! `n Paar uur se tuinwerk sal nie net jou vaal wintertuin in `n lushof omskep nie, maar verbrand ook ongeveer 350 kalorieë per uur. Of jy nou bossies uittrek, die gras sny of nuwe plantjies plant – solank jy sweet, verbrand jy energie. Staan gereeld op om te strek en probeer om take af te wissel sodat jy nie een spiergroep ooreis terwyl `n ander spiergroep geen oefening kry nie.

Gooi jou ou grimering weg. Soos die meeste produkte het grimering en velsorgprodukte ook `n vervaldatum. Daarom is dit nou die tyd om al die grimering weg te gooi wat jy al so lank het dat jy nie kan onthou wanneer jy dit gekoop het nie! Op hierdie manier verminder jy die risiko vir ooginfeksies weens bakterieë en irritasies op jou vel wat die gevolg is van bakterieë wat mettertyd in oogskaduwee, maskara en op grimeersponsies groei.

Koop nuwe kussings. Kenners meen dat ná vyf jaar, tot 10% van `n kussing se gewig bestaan uit bakterieë, stuifmeel, muf en stofmyte wat allergieë kan veroorsaak. Was ook jou kussingslope weekliks met warm water om van bakterieë ontslae te raak.


Resep

Pistachio-bederf met wit sjokolade-stukkies Resep 1 koppie sagte botter ½ koppie bakvet ½ koppie witsuiker 1 koppie bruinsuiker 1 eier 2 teelepels vanieljegeursel 2½ koppies koekmeel ½ koppie hawermout 1 teelepel bakpoeier 1 teelepel koeksoda 2 koppies wit sjokoladestukkies 1½ koppies pistachioneute (gekap) � Voorverhit die oond tot 175°C. � Verroom die botter, bakvet, witsuiker en bruinsuiker tot glad. � Klits die eier en roer die vanieljegeursel by. � Meng die meel, hawermout, bakpoeier en koeksoda en vou in die geroomde mengsel. � Vou die sjokoladestukkies en die neute by. � Drup lepelsvol deeg op `n gesmeerde bakplaat. � Bak agt tot tien minute. � Laat die koekies `n paar minute lank op die bakplaat afkoel voordat dit na `n draadrakkie verskuif word om heeltemal af te koel.


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Nie vir middeljariges nie . . .

D

it is presies wat dit sê. Ons dogter tree op in die Blêrkas en dis hoe ons daar beland. Nie `n plek vir middeljariges nie. Vroeg Vrydagoggend is ons op pad na die Vryfees in Bloemfontein. Ons kaartjies is klaar gekoop en ons moet net opdaag. Die geleentheid word aangebied in `n groot markiestent op die parkeerterrein van die Kovsie-kampus. Daar is plek vir 2 000 mense. Heel agter in die tent is die kroeg. Dít is eintlik waaroor dit gaan. Die eerste vertonings begin reeds om 18:00. Dis vrek koud en reënerig. Bobby van Jaarsveld moet 19:00 optree. Toe ons ingaan is die tent reeds stampvol. Ons is minstens 25 jaar ouer as die jongstes. Sonja sê ons hoort beslis nie hier nie. Van die jonges bied ons plek aan by hul tafel. Dit is heel voor onder die massiewe luidsprekers. My vrou wil met alle mag uit. Ek sê kalmeer net vrou, dinge behoort rustiger te raak. `n Halfuur lank word Bobby se klank ingestel. Ons is later so moeg van “testing, testing, testing 123” dat ons wil weghardloop. Die jonges het nie `n saak met wat voor op die verhoog aangaan nie. Dit raas en drink vir die eerste span. Volgens Stronk, die amptelike feeskoerant, is drankverkope met 10% op teenoor verlede jaar. Bier en brandewyn blyk skynbaar staatmakers te wees. Dis duidelik. Eindelik begin Bobby en sy trawante speel. Die hele saal se meisies storm vorentoe. Hulle staan die hele verhoog toe sodat niemand voor kan sien nie. (Ek het nooit geweet dié seun is só gewild nie.) 64

Langs my dans `n meisie en twee ouens. Hulle het vrede met die res. Die meisie het `n dop in die een hand en `n sigaret in die ander. Dit lyk kompleet of sy in haar klere gegiet is. Haar oë staan stokstyf in haar kop en sy beweeg op die maat van musiek. Tussen die sigaret en haar sappie is sy ook besig op haar selfoon. Niks ouer as 16 nie. Dié drie staan feitlik teenaan my. So naby, hulle raak elke nou en dan aan my. Die twee manne probeer hard om die meisie te beïndruk. Sy loer onder `n swart kuif uit wat laag in haar oë hang. Dit begin hard reën buite en die water stroom onder die tent deur. Sy dans dat die water spat. My bek hang oop. Bobby begin uit volle bors sing. Met elke bas klank wat deurkom, voel dit of my oordromme wil bars. Sonja sê druk toe jou ore. Ons merk iemand van ons ouderdom wat besig is om sy pad deur die mense na buite te soek. Die persoon lyk bekend. Hoop nie hy sien ons raak nie. Nou is ons beslis die oudste in die tent. Een van die jong manne bring vir my `n stywe dop. Ek oorweeg om my taktiek te verander deur ook op `n stasie te kom. Dit gaan sukkel, want ek is ver agter. `n Jong man met ‘n goudgeel gekleurde kop kom plak hom langs my neer. “Waar kom oom vandaan?” wil hy weet. Voordat ek kan antwoord wil hy ook weet wat ek hier kom maak. (Nogal `n goeie vraag.) Ek sien die man is nie alleen nie. Sy dop is net gekleur met die Coke. Sonja sê ons is van die NoordKaap. “O, dan skreeu julle seker vir die WP.” Hy is van Gauteng en skreeu ook vir die WP. Die Bloubulle is sy broer se span. Voor hy loop wil hy weet hoekom

drink ek so stadig. “Oom gaan roes,” laat hy op pad kroeg toe hoor. Ek bly liewer stil. Links van ons sit vier skoolseuns en rook. Hulle het vrede met Bobby. Die sigarette word tussen die duim en die wysvinger met die kooltjie na agter vasgehou. Iewers vandaan kom `n bekende soet tabakreuk. Op die tafel voor hulle staan `n bottel Old Brown Sherry. Hulle gooi vol glase. Elke nou en dan spring een op die tafel en hou die bottel in die lug. Sal dit nou die eerste bottel wyn wees wat hulle drink? wonder ons. Langs my gaan dinge nog klopdisselboom. Swart kuif is nog steeds aan die wriemel. Wanneer dit lyk of sy haar balans wil verloor, druk sy net so liggies op die tafel. Haar twee metgeselle sukkel steeds om haar aandag te kry. Hulle begin nou brandewyn op mekaar se koppe uitgooi. Net die gedagte dat hulle moontlik drank op my kop kan uitgooi, maak my woedend. Hulle hou op toe `n wildvreemde ou die meisie begin soen. Hy vat haar sommer saam en die twee staar hom met skaapoë agterna. Bobby is klaar en wil `n ernstige boodskap aan die gehoor oordra. Die ligte is beslis in sy oë. Hy sien nie wat ons sien nie. Minstens het hy probeer. Wilmien is bekommerd oor haar pa en ma en kom elke nou en dan vra of ons “orraait” is. My kop pyn en Sonja se frons word al hoe dieper. Johrné trek weg met My seun Mieliepap. Die regte “show” het uiteindelik begin. Niemand gee meer werklik om wat aangaan nie. Teen ongeveer 23:30 is die sangers klaar. Ons sterf amper tien dode toe iemand wil weet of ons môre-aand die Van Coke Kartel kom kyk. Die Blêrkas sien my nooit weer nie!


GWK Korttermynversekering... Douglas

Brits van den Berg

Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190

Hopetown

Oesversekering is `n onmisbare aspek van `n produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Prieska

Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas

Lucas Holtzhausen Krediet- en Lewensversekering 082 682 8201

Douglas

Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Barkly-Wes

René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Kommuniek