Die Doringtak Vol 46

Page 11

___________________ Agter elke suksesvolle man staan daar ‘n doodverbaasde skoonmoeder. _____________________

WATWOU ... WEG? Alfred Enslin, kleinseun van wyle Oom Willem Frederik Ulrich Steynberg (b7.c6.d6.e6.f6) van die Paarl skryf uit Nu Zeeland dat dit nog goed gaan daar. Hulle bly in ‘n dorp genaamd Upper Hutt sowat 20 km noord van Wellington. Die NZers noem dit ‘n stad, maar dit is kleiner as die Paarl. Hy ry trein stad toe en geniet die werk nog baie. ‘n Groot versk il tuss en Skotland (waar hulle ‘n paar jaar gewoon het) en Nu Zeeland is dat die meeste mense rugby volg en daaroor praat, alhoewel sokker al meer gewild begin word. Hy vertel ‘n gelukkige her inner ing uit sy kinderdae toe hy so tien jaar oud was. Een warm Junie-maand het hulle die “Big Smoke” agtergelaat en toegesak op Amanzimtoti. Sy pa Chris Enslin en Oupa Ulrich het voor in die kajuit van Oupa se troue ou wit Isuzu bakkie gery met sy moeder, Marie, Ouma Bettie en die drie jong Enslintjies agter in, onder die kappie, boop ‘n matras, bo-op die tasse en kos. Met die rit af het

hulle niks geslaap nie. Vir weke het hulle al die slapies afgetel voordat hulle vir die eerste keer in hulle kort lewetjies die see sou sien. Hulle het gesing en speletjies gespeel om die tyd korter te maak en toe hulle oor die Natalse heuwels begin trek, moes hulle begin kyk wie eerste die see sien. Vir ‘n onvergeetlike twee weke het hulle in ‘n lekker woonstel naby die see gebly en alles gedoen wat jy in daardie jare in Amanzimtoti kon doen: baie geswem, bruin gebrand, afgedop en weer gebrand; ‘n dag in Durban spandeer by die speelpark waar hulle vir die eerste keer “rollercoaster” en stampkarretjies gery het; elke dag roomys geëet en soms nog spookasem ook. Oupa Ulrich het so bietjie uit gelyk op die strand met sy boere tan van donkerbruin gebrande arms en spierwit bene, maar in die laatmiddag en aand het hy die enigste ding gedoen wat hy geweet het om met so ‘n groot stuk water te doen en dit was om vis te vang. Of hy iets gevang het kan Alfred nie onthou nie, maar hy het vir ure daar gesit en ontspan op sy manier. Dan het Alfred en sy oupa oor allerhande dinge gepraat. Oupa het vakansiestories vertel van Lourenco Marques en St Lucia en veral van die bosveld, waarvoor hy baie lief was. Toe tref ‘n ramp hulle! Die dag voor hulle moes terugry is die bakkie se sleutels onverklaarbaar weg.

943


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.