Die Doringtak Vol 44

Page 1

Die Doringtak Nr. 44

Augustus 2008

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: ibron@mweb.co.za Bankrekening: J J Steinberg Bond,: ABSA Spaar, Rek. No. 38065851803 Polokwane

KWARTEEU SAAMTREK (Deur Ds Nico Steenberg, Bond-Voorsitter)

Einde September 1983 was die eerste groot familiefees te Graaff-Reinet - ‘n onvergeetlike ervaring vir almal wat die bygewoon het. ‘n Hele aantal van die destydse feesgangers het ons intussen ontval en ons dink met dankbaarheid aan hulle terug, o.a. ons eerste voorsitter, Mnr Ulrich Steynberg, en ook ons ondervoorsitter, Mnr Hendrik Steenberg. Vanjaar is dit die 25-jarige herdenking van ons Familie-

bond, iets waarop ons trots kan wees want volgens statistieke leef die meeste familiebonde nie langer as twintig jaar nie, en gaan dan weens gebrek aan verdere belangstelling tot niet. Laat dit nie van die JJ SteinbergFamiliebond gesê word nie. Ons wil vanjaar op 4 Oktober ons Kwarteeu vier met ‘n saamtrek op Kleinfontein, 40 km oos van Pretoria. Die bestuur besef terdeë dat duur brandstof ‘n groot faktor geword het en dat talle familie nie van ver sal kom vir die fees nie. Maar ons wil tog almal wat binne bereik van Pretoria woon, aanmoedig om die fees by te woon. Die fees is nie net vir almal met ‘n Steynberg/ Steenberg/Steinberg van nie, maar almal met ‘n Steynberg/ Steenberg/Steinberg voorsaat al dra u nou ‘n ander van, u is hartlik welkom. Vir die familie wat ver verspreid oor die land woon: wil u nie die inisiatief neem om ‘n fees vir u omgewing te reël nie? Kyk net

877


in die telefoonboek en bel ‘n paar mense en vra hulle om weer ‘n paar ander te bel … Neem ‘n foto of twee en skryf ‘n berig en stuur dit vir Ron by Die Doringtak. So kan ons die unieke familiebande lewendig hou. Talle ander families het nie ‘n volledige familieregister soos ons nie (Dankie aan Lieselore) of ‘n familiebond nie, en sou wat wou gee om dit te kon hê. Kom vier met dankbaarheid saam met ons ons familie se voortbestaan in Suid-Afrika en sien met verwagting uit na ‘n mooi toekoms. Hartlike familiegroete

Nico Steenberg (U kan vir Nico skakel by 0768790176; of vir Ron per e-pos, foon of faks - sien besonderhede bo-aan nuusbrief.

____________________ Konferensie: Die verwarring van een man vermenigvuldig met die getal teenwoordig. ____________________________

STEINBERG SAAMTREK OP BLOUBANK Die nasate van wyle Oom Piet Steinberg met hulle neefs en niggies hou vanjaar oor die naweek van 26 28 September die 7de saamtrek sedert 1984. Daar word ‘n stuk of 40 familielede verwag. Die saamtrek word weer gehou op wyle oom Piet se plaas Bloubank, enkele kilometers vanaf Swadini en met 'n praguitsig oor die skilderagtige en geskiedkundige Marieps-

kop. Die plaas behoort vandag gesamentlik aan die broers Willem (b11. c7.d2.e4.f6.g1- boer naby Carolina), Jan (b11.c7.d2.e4.f6.g2 - geneesheer op Lydenburg), “Peet” Petrus Willem Steinberg (b11.c7. d2.e4.f6.g3 – wat sy vader opgevolg het en boer op Mooiplaas naby Hendrina) en Nico (b11.c7.d2.e4. f6.g4 - boer by Chrissiesmeer). Hulle en hulle raakvatvrouens sal weer gasheer speel op hierdie pragtige wildplaas in samewerking met hulle neef Bok Steinberg van Levubu. (Peet het in Die Doringtak No 8, Sept. ‘87, 'n oproep gedoen op sy neefs, niggies en ander verwante om hom te kontak met die oog op verstewiging van familiebande. Hy was die heel eerste familielid wat vir Lieselore Steynberg geskakel het na Fanus Rautenbach se uitsending oor die stamboom in 1982.) As mens die vorige byeenkoms oor die Paasnaweek van 2004 as maatstaf gebruik, kan jy seker wees dat daar ‘n ‘n kuier en ‘n program en ‘n eetervaring uit die boonste gestoeltes (om Oom Oubaas van 7de Laan aan te haal) wag op die familie. Die ervaring met hierdie vier broers en hulle gades, is dat hulle standaarde hoog is. Ek wat Ron is, is bevoorreg om weer genooi te wees om dit by te woon en ek sien werklik uit daarna. Die beoogde program gaan items inhou soos kleiduifskiet, .22 skyfskiet, jeugsang, ‘n interessante veiling, ‘n

878


bazooka demo, kettieskiet, wildbesigtigingsritte, stap in die veld en boom identifisering (wat tot interessante meningsverskille en stryery kan lei - die vorige keer moes ‘n dispuut tweemaal op eg demokratiese wyse per stemming beslis word!) Daar word ook ‘n mansserenade beoog en Saterdagaand wag ‘n puik verskeidenheidsprogram. Dan so tussendeur - net om die kragte in stand te hou - sal daar op gesette tye gebeurtenisse soos ‘n brunch of twee, ‘n bring -en-braai en ‘n skaapbraai op die program ingepas word. Ek weet nie wat die res van hierdie groep mense gaan doen nie, maar ek gaan my so ‘n twee weke voor die tyd begin uithonger. Ek het al hierdie Steinberg-vrouens se kosmaak deskundigheid ervaar. Die Familiebondbestuur dink hierdie familiegroep stel ‘n voorbeeld van wat met streeks– of kleiner groepsbyeenkomste gedoen kan word. Hierdie byeenkoms word min of meer elke drie jaar gehou en is onvergeetlike geleenthede wat kragtig bydra tot ‘n hegte groepsgevoel en familiesamehorigheid. Sal dit nie wonderlik wees as nog talle sulke samekomste gereël kan word op verskillende plekke in ons land nie. Ons redakteur sien regtig uit daarna om berigte en foto’s van meer sulke feestelike geleenthede te ontvang. ____________________

Classic: A book everybody praises but no one reads. ___________________________

GETTING ACQUAINTED f activity overload is a Steynberg characteristic, then André Peter Steynberg (b7.c6.d12. e2.f2.g2.h1) is definitely related. He recently returned from a trip to Perth, Australia, accompanied by his wife, where he again participated in the FINA World Masters Swimming Championships where he won some medals, with a second place in his best event, the 50m backstroke in the 50 to 54 year age group. The top 10 swimmers in each event receive medals. He also did the Midmar mile again in February and took part in the South African national championships in Durban in March. The last time he competed at the World Championships he came first in the 50m backstroke - see Die Doringtak Nr. 40, Nov 2006 page 762. He has also been doing a lot of workrelated travel so far this year. He was in Salt Lake City, USA (where he managed to fit in one day on the ski slopes) and Doha Qatar in February, Munich, London and Copenhagen in March and early April. He also made two trips to London in June and July. This travel is for a variety of reasons. The USA trip was to attend a technology development joint venture board meeting; Munich to oppose a patent filed by a competitor; London to visit the Sasol Chevron head office; Qatar to make a presentation at an international conference and Copenhagen for meetings related to joint technology development with international partners supporting the Sasol Chevron

I

879


joint venture business. For those wondering what the Sasol Chevron joint venture company does: In brief, Sasol and Chevron formed this company to develop the business of converting natural gas into diesel and naphtha at locations where the gas is too far away from the market to put in a pipeline. Fischer-Tropsch technology is used in one of the steps that converts the gas feed to these products. Similar technology can be used to convert gas made by gasifying coal to petrol and diesel and S a s o l uses this approach in Secunda, South Africa, on a large scale. Sasol recently started producing diesel and naphtha from a plant in Qatar and the intention is that future natural gas projects will be developed by the Sasol Chevron joint venture. André is busy with a PhD degree part time at the University of Cape Town for which he needs to visit the university periodically, and he tries to combine this with visits to his parents, Claude and Wendy who now live in Greyton near Cape Town. His youngest brother Anton is busy with the Jacob Zuma prosecution and his other brother, Pierre still lives in Hong Kong where Anton also went to school. His son Craig is doing his final year B.Com Informatics and his daughter

Kristen has started her first year Architecture, both at Pretoria University

SKOKKENDE VERLIES Adriaan Hendrik (Adri) Steenberg (b11.c11.d5.e6.f10.g1 – geb. 6 Desember 1962) is op 15 Mei in sy slaapkamer op hulle hoewe in Leeufontein, Noord-oos Pretoria, ten aanskoue van sy vrou Leonie doodgeskiet deur rowers. Leonie is 'n suster van die veelbekroonde skrywer André P Brink. Wyle Adriaan was die oudste seun van nog 'n bekroonde skrywer, wyle Elzabé Steenberg en Prof. David Herculaas “Dawie” Steenberg. Prof Dawie sê vir ons dat Adri die 5de kleinseun van Willem Adriaan Steenberg was, maar dat hy die name Willem Adriaan vrygespring het omdat sy ouers wou keer dat hy net nog een van baie Willems word. Die naam Hendrik kom van sy oom wat vroeg aan griep oorlede is, en so in Adriaan kon voortleef. As kleuter was hy gelukkig om sy ma by hom te hê waar sy agter die tikmasjien gesit het en haar stories gemaak het. Die egpaar se kinders (11, 9 en 8) het gelê en slaap toe hulle vader geskiet is. Adriaan en Leonie het die aand sy vader, Prof. Dawie, in Centurion gaan haal om by hulle te kom kuier. Nadat die gesin gaan slaap het, het Adriaan opgespring en gehoor daar is iemand in die huis. Hy het gesê hulle moet op die vloer langs hulle bed gaan lê.

880


Voetstappe is op die trappe gehoor en hulle kon Prof Dawie hoor om hulp roep. Adriaan het beweeg om die alarmknoppie te druk en toe hy halfpad was, skiet iemand hom plat. Die booswigte het binnegekom deur 'n badkamervenster. Toe dreig hulle Leonie met 'n vuurwapen en beveel haar om die alarm af te skakel. Daarna neem hulle haar na Prof. Dawie se kamer waar hulle haar hande vasgemaak het en Prof Dawie se klere uitgetrek het. Hy kon net sy hemp aan hou. Hy het woes met sy kierie na hulle geslaan en die deur toegeskop om hulle uit te hou, maar moes ophou toe hulle dreig om hom te skiet. Leonie het vir die rowers gevra om te neem net wat hulle wou en dan te gaan. Sy wou by haar man kom om te sien wat sy vir hom kon doen. Toe hulle haar uit Prof Dawie se kamer neem, staan daar een in die gang met sy pistool teen haar 9-jarige dogter se kop. Die kind wou huil maar Leonie het daarin geslaag om haar te laat bedaar. Toe neem hulle haar deur die huis en steel 'n klompie geld, selfone en 'n skootrekenaar. Op 'n stadium het sy kans gehad om by haar man te kniel om te sien of sy iets vir hom kon doen, maar daar was geen pols meer nie. Toe het daar skote buite die huis opgeklink wat skynbaar deur sekuriteitswagte gevuur is en toe het die rowers gevlug. Leonie het hartseer opgemerk dat daar geen rede was om vir Adriaan te skiet nie. Hy was 'n man wat net aan andere goed gedoen het en hy het nooit geglo het dat hy geskiet kon word nie. André P Brink het uit die WesKaap woedend verwys na die land se misdaadkrisis en gesê dit

is onaanvaarbaar dat SA aan die genade van barbare uitgelewer is. Hy sê ons moet bly hoop dat iemand beheer sal oorneem want dit lyk nie of die regering die land meer kan regeer nie. Wyle Adri was in Mooirivier Laerskool en die Hoërskool Gimnasium. Hy het by Pukke Hons. B.Sc en B.Sc (Elek) behaal en ‘n MBA by Tukkies. Later het hy by Telkom se hoofkantoor gewerk waar hy hoofsaaklik kosteberekening gedoen het.

____________________ Kompromie: Die kuns om ‘n koek op so ‘n manier te verdeel dat elkeen glo hy het die grootste stuk gekry.. ____________________________

AN OFFICER AND A GENTLEMAN nn Jennings (b11.c1.d4.e11.f8.), of Tokai, Cape Town, sent us a newspaper clipping of considerable interest. Somebody had sent it to her because of the name of the unknown person involved. Some time ago a young Johannesburg army officer joined a super elite club - including W inston Churchill, Botswana’s Ian Khama and James Bond’s creator Ian Fleming - and dazzled instructors at the wor ld’s m ost pr estigious academy. In a military dream come true, Lieutenant Michael Zinn became the first serving South African soldier in 36 years to graduate from the Royal Military

A

881


Academy at Sandhust and was named best cadet to boot. Zinn’s achievements attracted the attention of Lieutenant-General Gilbert Ramano, chief of the SA Army, who wrote him letters of encouragement during his Sandhurst training. The young Johannesburger plans to take a tough parachuting course, and hopes within a few years to become an instructor at his first training unit, the Army Gymnasium in Heidelberg. At the “Sovereign’s Parade”, as the graduating ceremony and passing-out parade is known, Michael was presented with the Overseas Sword of Honour as the best foreign cadet. The parade is steeped in tradition and features several unique practices, including the unit’s adjutant riding his “charger” up the steps of the academy’s Old College Building. The article refers to Michael Zinn’s mother as Beth. According to the EEN FAMILIE genealogical register, (p.92) Johannes Joost Steynberg, a farmer in the Camdeboo region who lived from 1833 to 1888, married Susanna Catharina Zinn (born 1839, the daughter of Michael Zinn and Maria Catharina Volschenk.) Since then the name Michael Zinn - with slight variations has recurred in the family a number of times. Their eleventh child was christened Michiel Zinn. His fourth child got the name Michael Zinn Steynberg (b11.c1.d4.e11.f4). He used to print the

Doringtak newsletter from 1983 until 2003 and he is the brother of Ann Jennings who sent us this interesting newspaper article referred to above. His brother, Johannes Joost’s eldest son, was named Michael Van Zinn. We have not been able to positively identify Lieutenant Michael Zinn who featured in the newspaper story. If there is a reader who can explain to us what link there might between him and our family, please write to Die Doringtak.

____________________ Yawn: The only time some married men get to open their mouth. ____________________________

AANVULLING VIR GESLAGREGISTER

R

einhard Petrus Steynberg (b11.c10.d4.e2.f5.g1) - oorlede 10 April 2008; getroud met Margaretha Francina (Ina) du Plessis 1965/07/03—NG Kerk Boshoff Reinhard moes vroeër vanjaar na ‘n skouerbesering geopereer word; kort na die operasie het hy longontsteking opgedoen wat gekompliseer is deur hart– en nierversaking waarvan hy voldoende herstel het om na Bloemfontein te reis om sy seun se parade by te woon, en daarvandaan sy dogter in Parys te gaan besoek. Kort na sy aankoms het hy pyn in sy regterlong begin ervaar en moes hy

882


gehospitaliseer word in die Krugersdorp Netcare hospitaal waar sy toestand verswak het tot hy enkele dae later oorlede is. Hy het aan asma en diabetes gely en het ‘n regtervoet– en linkerbeen-amputasie gehad in ‘93 en 2000 onderskeidelik. Nogtans was hy die afgelope 12 jaar in Jeffreysbaai redelik sterk en gesond en was hy in staat om met prosteses en al nog rolbal te speel. Hy het graag houtsneewerk gemaak en mooi erfstukke op hierdie manier vir sy familie gemaak. h1. Margaretha Berning *15/09/1967 Getroud met Henk Louw 09/12/1989— NG Kerk Vanderbijlpark-Suid

Kinders:

Marlene Marais * 06/03/1998

* 06/03/1994

h2. Ab raha m Jacobus (Jaco) * 11/05/1969 Getroud met Adéle W ilken op 26 /0 3/ 19 9 4— NG Moederkerk, Stellenbosch

Kinders: I1. Reinhard P e t r u s *08/03/1999 I2. Abraham Jacobus * 20/07/2000

Jaco se parade hierbo vermeld was sy inlywing as bevelvoerder van Eskader 87, Bloemspruit, Bloemfontein. Hy is Lt Kol. Gelukkig kon sy vader dit bywoon voordat hy oorlede is. Hy is sedert 1987 vlieënier en het by Dunnottar begin. Vandaar is hy na Pretoria waar hy op Harvards begin het. Toe is hy na Langebaan verplaas waar hy met Impala’s gevlieg het en toe verder opgelei is as

helikoptervlieënier. Hy was ook op Ysterplaat. Kaapstad, gestasioneer en is later as instrukteur van die Astra’s weer terug na Langebaan en was deel van die span Silwervalke, waarvan hy twee jaar die leier was. In 2005 het hy sy loopbaan voortgesit in Bloemfontein waar hy nou die bevelvoerder is. h3. Wynand Louw * 08/01/1973 Getroud met Erna du Preez op 09/12/1995—NG Driehoekgemeente, Vanderbijlpark Kinders: I1. Wynand Louw *23/04/2001 I2. Minette *26/11/2003 Wynand was aanvanklik onderwyser op Klerksdorp en het later die sakewêreld betree en hy is nou ‘n Beleggingspesialis by Old Mutual in Johannesburg. Ina skryf verder dat haar skoonvader, Abraham Jacobus S t e y n b e r g (b11.c10.d4.e2.f5.) en sy eggenote nog in Boshof in die Vrystaat woon. Hy word in Oktober vanjaar 90. Drie jaar gelede het hy ‘n drievoudige hartomleiding gehad maar het wonderlik herstel. Hy is nog baie sterk vir sy jare en stap baie. Sy vrou bedryf op 85 nog haar eie klerewinkel en geniet dit om besig te wees.

883

____________________ Ens: ‘n teken om andere te laat dink jy weet meer as wat jy werklik doen. ____________________________


DWINDLING NUMBERS n DD43 quite a number of deaths in the family were reported but no births. This we find a bit alarming, but it is probably due to the fact that the younger family members do not communicate with the Doringtak as readily as the older generation. We really wish that the more senior people will assist us to get their children and other younger relatives to sign up as members of the Familie Bond. If we cannot achieve that, the prospects for the continued existence of the Bond are not very bright.

I

fontein, by te woon. Daarna is hulle na Parys waar hulle dogter woon. Daar het hy verswak en is in die hospitaal opgeneem waar hy op 10 April oorlede is. Hy laat sy eggenote, Ina, drie kinders en vier kleinkinders agter. Sien berig op bl. 882. acobus Adriaan (Koos) Steenberg van Ermelo, ( b11.c 1.d5.e5. f1.g2.h6.) is op 29 Julie 2008 oorlede na ‘n kop-aan-kop motorbotsing. Hy laat een broer en vyf susters agter. illem Jacobus Steynberg b11.c5.d1.46.f5.g3, Lettie Steynberg se man, is op 20 Julie 2008 oorlede is a.g.v. ‘n bloedklont deur die hart. Sy verassingsdiens het op Woensdag 23 Julie vanuit die Afrikaanse Protestantse kerk, Primrose, plaasgevind. yleigh Steynberg, dogtertjie van Johannes Cornelius Riaan Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g5.h1) en Hayley wat op 21/09/04 gebore is (sien DD38), is op 10 Junie 2005 in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Die ontsteking het tot hartversaking gelei. 'n Kardioloog het sekere hartmedikasie voorgeskryf wat foutief deur die hospitaal aangeteken was en ‘n oordosis is toe aan haar toegedien wat haar liggaam vergiftig en haar hartjie laat fibrilleer het. Sy is 14 keer skokke toegedien om haar aan die lewe te hou, maar op 10 Julie 2005 het haar liggaampie die stryd gewonne gegee. 350 mense het die begrafnis bygewoon om van hierdie laggende kindjie met haar stralende persoonlikheidjie te kom afskeid neem. ohannes Joost St e ynbe rg (b11.c5.d1.e7.f1.g1), gebore 5 Februarie 1931 is op 27 Julie 2006 oorlede. Hy was reeds twintig jaar afgetree.

J

W K

I N MEMORIAM

A

driaan Hendrik (Adri) Steenberg (b11.c11.d5. e6.f10.g1 – geb. 6 Desember 1962) is op 15 Mei 2008 oorlede. Sien berig op bl. 880. einhard Petrus Steynberg (b11.c10.d4.e12.f5.g1.) van Jeffreysbaai is op 10 April 2008 in die Krugersdorp Netcare hospitaal oorlede. Hy was nie heeltemal wel toe hy en Ina binneland toe is om op 4 April hulle seun, Lt Kol Jaco Steynberg se inlywingsparade as bevelvoerder van Eskader 87, Bloemspruit, Bloem-

R

J

884


NAAMGEWING EN VERNOEMING ie gee van name aan hulle kinders, is vir ouers altyd ‘n belangrike kwessie. Die keuses van name kan op ‘n verskeidenheid van oorwegings berus, soos familiename, die verbuiging van familiename om dit meer modern of mooier te laat klink, name wat ontleen is aan die Bybel, storieboeke, flieks of sepies, die name van heldefigure of name wat verbind is aan historiese gebeurtenisse, dikwels vir ons hedendaagse gevoel met absurde resultate. Wat laasgenoemde betref is Ossewania Kakebenia en Eeufesia na aanleiding van die simboliese ossewatrek van 1938 tydens die 100-jarige herdenking van die Groot Trek bekende voorbeelde. Die Anglo-Boereoorlog het ook ouers geïnspireer om hulle kinders name te gee wat met dié gebeurtenis verband hou. In ‘n ongepubliseerde manuskrip maak ‘n sekere Mev J Pienaar melding van ‘n dogtertjie wat in Graaff Reinet gedoop is as Rebelina Tronkina n.a.v. die rebelle wat in die tronk beland het. Voorts meld sy dat in Somerset-Oos ‘n dogtertjie Queen Victoria gedoop is en dat haar oom van Cradock weer sy seun se name Kruger Steyn Immanuel Triomfeer in die kerkboeke laat opteken het.

D

Emily Hobhouse vertel in ‘n brief gedateer 6 September 1903 van ‘n doopplegtigheid wat sy in Pretoria bygewoon het. By die geleentheid is ‘n seun gedoop as Lemmer Gravett Spruyt na aanleiding van drie Boeregeneraals wat in die oorlog gesneuwel het. Dit was nie net die Boere wat hulle kinders “oorlogsname” gegee het nie. Hobhouse maak ook melding van ‘n E n g e l s e k i n d wa t B e l m o n t i a Graspania Modderriviera Methuen gedoop is na aanleiding van die Britse militêre magte se suksesse in 1899 onder aanvoering van Lord Methuen by B e l m o n t ( 2 3 November), Graspan (25 November) en Modderrivier (28 November).* Vernoeming na familielede was vroeër ‘n manier om uit te druk dat die kind opgeneem word in die familie; die kind raak deur die voornaam verbonde met die voorgeslag. In die vroegste tye was daar feitlik geen sprake van naamkeuse nie. ‘n Mens kon hoogstens van die reëls afwyk deur nie die mees voor die hand liggende persoon te vernoem nie. Meestal het die grootouers van die kind se name eerste in aanmerking gekom. In die groot gesinne van vroeër het die name van ooms en tantes ook dikwels ter sprake gekom. Deur “om en om” te vernoem is gepoog om ‘n harmonieuse ewewig te vind: is die vaderskant vernoem, dan het by die volgende kind die moederskant aan die beurt gekom. Mettertyd het hierdie gebruike heelwat

885


verwater. Talle hedendaagse ouers, wat self tradisioneel vernoem was, gee tans vir hulle kinders heel verbandlose name. Hedendaagse grootouers en ouers voel nog vereerd as hulle wel vernoem word, maar aanvaar dit grootliks heel gelate as dit nie gebeur nie. ‘n Taamlik algemene en interessante verskynsel, ook in ons familie, was dat ‘n kind wat jonk oorlede is, se name aan ‘n latere kind in dieselfde gesin gegee was. ‘n Voorbeeld hiervan is by my, Ron, se oupa Willem Frederik Steynberg (b7.c6.d6.e6.) se kinders. Dit was die gebruik dat die oudste kind sy oupa se name gekry het. Die volgende seun het dan normaalweg sy vader se name gekry, soos met Willem Frederik (f5.) gebeur het. Hierdie seun is egter jonk oorlede, Die volgende seun, my oom Ulrich (f6.), het wèèr die name Willem Frederik gekry en daarby is nog die naam Ulrich gevoeg. Heelwat voorbeelde hiervan kom in die familieregister voor: Jan Petrus Steynberg (b7.c6.d7.) se eerste seun, Petrus Johannes (e1.) het sy oupa se name gekry. Hy is egter jonk oorlede en ‘n daaropvolgende seun (e5.) het weer die oupa se name gekry. So was Willem Johannes “Wian” Steynberg (b11.c1.d2.e2.f1.h4.) van die kragstasiedorpie Rietkuil naby Middelburg, Mpumalanga, van mening dat sy oupa, Albertus Hendrik Hermanus Hamman Steynberg se registerverwysing en gevolglik dié van sy kinders verkeerd is aangesien Oom Coert Lourens Steynberg tweemaal ingesit is. By nadere ondersoek blyk dit egter nie die geval te wees nie. Die Coert Lourens - geb. 7 Jan. 1901 - wat eerste vermeld is (bl. 101 “Een

Famile”), is klaarblyklik as jong seun oorlede. Coert Lourens wat tweede vermeld is, was die latere bekende beeldhouer wat in 1905 gebore is. Bestudeer gerus jou eksemplaar van EEN FAMILIE en jy sal nog sulke voorbeelde kry. So is Johan Jost se 9de kind: (Willem Frederik (b9 - geb. 10 Mei 1778) vroeg oorlede; die volgende seun, Willem Frederik (b11 - geb. 8 Feb 1782) kry toe weer dieselfde name. Eweneens is Petrus Johannes Steenberg (b7.c6.) se oudste seun Petrus Johannes (d1 - geb. 3 Jan 1836 op 22 Junie 1855 oorlede. Die eerste seun wat na sy afsterwe gebore is: (d11. - gebore op 19 Aug 1859) het weer dieselfde name Petrus Johannes gekry. b7.c6.d7.d1. Petrus Johannes (geb. 11/07/1870, is vroeg oorlede. Weer kry die volgende seun wat gebore word: b7.c6.d7.d1. die name Petrus Johannes. Van die sewe seuns van Johannes Jacobus Steynberg (b7.c6.d9.) kry vyf die naam Johannes in kombinasie met ‘n ander naam: e1., e3., e5., e6., e8. en e10. Terloops, Wian verwys na ‘n berig in ‘n ou Doringtak waarin daar ‘n analise gemaak is van die beroepe van die Steynbergs. Teen die einde van die berig is gemeld dat daar geen politici op die lys voorkom nie. Wian som dié verskynsel op in een kort sinnetjie: Ons is nie rampokkers nie. •

886

Bron: Van Reenen, Rykie (red.): Emily Hobhouse: Boer War Letters, Human & Rousseau

________________________ Komitee: Individue wat afsonderlik niks kan doen nie en saamkom om te besluit dat niks gesamentlik gedoen kan word nie. ____________________________


POS ONAFGELEWER ns is altyd jammer wanneer pos onafgelewer terug by ons beland. Die volgende lede se jongste Doringtakke of ander pos het weer teruggekom as onafgelewer vir verskillende redes. Mnr & Mev P H S van Rooyen Posbus 34066 ERASMIA 0023 Mnr & Mev C F Steinberg Posbus 34071 ERASMIA 0023 Mnr & Mev P J J Steenberg Posbus 14967 CENTURION 1453 Mej S Steenberg Posbus 14967 LYTTELTON 0140 Mnr & Mev P H S van Rooyen Posbus 34066 ERASMIA 0023 Mnr & Mev NJ Steynberg Posbus 568 PORT SHEPSTONE 4240 Mnr & Mev JNJ Roets Posbus 34453 ERASMIA 0023 Mnr & Mev J B Combrink Amber Valley 23

O

Harteystraat COWIES HILL 3610 Mnr & Mev Werner D Steenberg Chrismar BELLVILLE 7530 Mnr & Mev. W L Steynberg Posbus 5219 DORINGKRUIN 2576 Mnr S Lombard Posbus 17 PRIESKA 8940 Mnr & Mev H Steynberg Littlestraat 31, Posbus 1847 ERMELO 2350 Ons wil nie graag familielede verloor nie. As jy enige van bogenoemde gesinne ken en weet wat hulle nuwe adres of omstandighede is, skryf asseblief vir ons en laat ons weet. Sommer vir toekomstige verwysing as enige van julle verhuis of van adres verander, moet asseblief nie vergeet om ons vroegtydig te laat weet nie. En, nouja, terwyl ons op hierdie punt is, as daar van julle kinders volwasse en selfstandig word, help ons deur hulle ook as lede in te teken. As julle ook ander gesinslede of familielede het wat nog nie lede van die Familiebond is nie, gesels tog met hulle en laat hulle ook aansluit as lede. Ons moet nie toelaat dat die Bond kwyn en uiteindelik doodloop nie. Dis ‘n bekende feit dat jonger mense nie soveel waarde heg aan familiebande as die ouer geslag nie. Ons moet daarom probeer om die Bond lewendig en aktueel te hou vir al ons lede. Van die jonger lede het moontlik al gemerk dat Die Doringtak ook nou op Facebook te vind is op die internet. ________________________

887

Ondervinding: Die naam wat mense aan hulle foute gee. ____________________________


oumagrootjie is almal gesond. Alfred, Michelle en klein Anya woon nou in Wellington, Nu Zeeland.

Lizeth, dogter van Chris en Marie (neé Steynberg b7.c6.d6.e6.f6.g1) Enslin, en manlief Philip, van Wyk, het op 1 Augustus 2008 ‘n fris seuntjie genaamd Schalk Willem ryker geword. Die seuntjie is vernoem na sy oupa, Ds. Schalk van Wyk van Suider-Paarl gemeente.

____________________

GEBOORTES

SOMMER NET

W

ilhelm Frederik Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g5.h2.) - en Marish se seuntjie, Wilhelm Frederik Steynberg (h4.) is op 10 Junie 2008 gebor e. Die ges in het vanaf Amsterdam verhuis na Bronkhorstspruit waar hulle al goed ingeburger is. Die kinders geniet die nuwe skool en die baie maatjies en pa Wilhelm is baie gelukkig in sy nuwe werkkring. ornelius Johannes (Johann) Steynberg (b7.c6.d6.e6.f1. g1.h3.) en Nerina van Pietersburg het op 14 Julie 2008 die trotse ouers geword van Xanthé, die eerste Steynberg kleinkind van Ron en Issie Steynberg. adelein Kruger ( Neé Steynberg - b11.c5.d1.e7. f1.g5.h3.) se seuntjie Tristan A J Kruger is op .13 Junie 2007 gebore. lfred en Michelle Enslin, seun en skoondogter van Chris en Marie Enslin en kleinkinders van Tannie Bettie Steynberg, weduwee van Oom Ulrich Steynberg (b7.c6.d6.e6.f6.) van die Paarl, het op 1 Junie 2008 ouers geword van klein Anya Michaela Enslin, 3,6 kg.. Die baba, m a, oum a en

C

M A

rnolda van Zyl laat weet: in DD43. bl. 854 skryf ons haar naam as Arnolda van Zyl (neé Ste ynberg). Êrens is daar ‘n misverstand. Sy is gedoop Arnolda Steynberg - na haar oupa Dirk Arnodus Steynberg - maar haar nooiensvan was van der Heever. (Jammer Arnolda, die bedoeling was goed.) Sy sê nou, na vier maande, begin s y goed voel na haar rugoperasie. Haar arme man het egter ‘n har de t yd gehad m et die huishouding en die pasiënt. Hy moes vir die periode omsien na alles wat gewoonlik haar werk is. So kom hy toe een “lunch”-tyd uitasem met haar skinkbord in die kamer en kondig aan: “Ek gaan jou ‘n verskriklike verhoging gee, want ek het nooit geweet dis so ‘n m**rse job om huisvrou te wees nie!” Dankbaar om so waardeer te word, het sy die mooi v e r h og i n g aanvaar. Nou begin alles egter so vinnig duurder word dat sy alweer ‘n verhoging sal moet kry!

A

888


A

n t o n y S t e y n b e r g (b11.c10.d7.e3. f2.g3.h2) skryf uit Australië dat dit goed gaan met hom en Heleen. Hulle beweeg, soos ons, ook na die einde van die koue winter en sien uit na warmer weer. Heleen vorder mooi en oefen haar liggaam en haar Engels nog doelgerig. Hulle moes weer vinnig Auckland, Nu Zeeland, besoek om haar 457 visum te gaan ontvang wat bietjie langer gesloer het a.g.v. haar mediese toestand. Die vereiste om die eiland (Australië) elke 90 dae te verlaat is darem met die nuwe visum dan ook op ‘n einde. Hulle sal oor ‘n jaar of so kan aansoek doen om verblyfpermitte. Die werk, rugby en vriende gaan almal goed aan. Hulle en ‘n paar vriende was maar ongelukkig op Sydney stadion toe die Sharks teen die Waratahs verloor het, maar hulle kon darem sien hoe die Bokke die Kiwis onder kry.

W

illem Jacobus Steynberg, (b11.c5.d1.46.f5.g3.) wat op 20 Julie 2008 oorlede is, was gebore op 28 O k tober 1944 te Belf as t, Transvaal. Sy laerskoolopleiding het hy gekry by Chrissiesmeer laerskool en ook Breyten Laerskool (Waar sy moeder Anna Steynberg - gebore Prinsloo) skoolgehou het. Sy hoërskool opleiding was te Carolina Hoërskool. Na skool het hy aangesluit by die destydse Nederlandse bank van SA te Ermelo. Daarna is hy onderskeidelik verplaas na takke te Kroonstad, Johannesburg Rissikstraat, Roodepoort, Springs en uiteindelik op die ouderdom van 30 jaar

as Bestuurder van Nedbank Edenvale. Hy sluit in 1982 aan by die destydse Trustbank, en die laaste jare het hy by Korporatiewe lenings van ABSA se Hoofkantoor in Johannesburg gewerk. Willem het op 30 April 2008 op pensioen gegaan en is na 3 weke se verblyf in 2 hospitale op 20 Julie 2008 oorlede. Hy laat na sy eggenote Lettie (gebore Jordaan) en kinders: Annamarie Grovè (geb. Steynberg) en haar man Jannie en 2 seuns Ivan en Rynhardt (woonagtig in Brisbane, Australië) en sy seun Jaco (Nicolaas Jaco) en sy vrou Heleen (geb Coetzer) en Marli en Ruan, die kinders. Willem was die seun van Nicolaas en Anna Steynberg, wat jare op Chrissiesmeer woonagtig was. Lettie beplan geen onmiddellike verandering nie. Die tyd sal maar leer. Gelukkig is Jaco en Heleen net so 10 km van haar af en sien sy hulle en die twee kleingoed elke naweek. hristine Steenberg (geb. Koegelenberg) weduwee van Johannes Steenberg (b11.c5. d2.e8.f1. g3.) het heel toevallig van die Familiebond en sy nuusbrief uitgevind. (Sien DD42, bl. 837) en lid geword. Sy skryf dat haar eie familie baie min geword het. Almal wat na aan haar was, is al oorlede. Daarom is sy dankbaar dat Eksteen van Wyk destyds met haar oor sy Steynbergouma begin gesels het en haar met die familie en die Bond laat kennis maak het. Sy vind dit heerlik om in Die Doringtak oor talle familielede en hulle doen en late te lees, al ken sy hulle nie eers nie. Al was haar eie van nie Steenberg nie, het sy met ‘n wonderlike man getrou wat

C

889


ook ‘n wonderlike vader was. Sy het met haar skoonfamilie ‘n heerlike verhouding. Haar lidmaatskap van die Bond en die ontvangs van Die Doringtak gee haar ‘n spesiale gevoel van om te behoort. Daarom het sy ook nou ‘n jong Steenberg egpaar wat sy in Die Strand ontmoet het, se besonderhede vir my gestuur met die oog daarop om hulle ook by die Bond betrokke te kry. Hierdie gesin het ook geen kennisgedra van die Bond, sy nuusbrief of sy aktiwiteite nie. Dis tog vreemd hoe dikwels dit gebeur. Adriaan (Koos) Steenberg J acobus (b11.c1.d5.e5.f1.g2.h6.) van Ermelo,

wat onlangs oorlede is, se suster Johanna Jacoba Geertruida (Kotie) (h2.) is jare lank aan my en Issie goed bekend. Eers toe ons hoor wat haar oorlede broer se van was, besef ons dat sy familie is. Sy het geglo omdat haar nooiensvan Steenberg was en ons Steynberg is, dat ons aan twee heeltem al versk illende families behoort. Wat was haar verbasing groot toe ek vir haar ‘n geslagsregister wys met haar ouers, grootouers en haar broers en susters se besonderhede daarin. Sy het ook sommer dadelik by die Bond aangesluit en sal voortaan Die Doringtak ontvang en haar ouboet Johannes Joost en enkele van die susters beplan om ook by die Bond aan te sluit. Koos (geb. 11 November 1957) het gewerk as logistieke bestuurder by Sudor tussen Hendrina en Bethal. Hy is vroeër vanjaar van sy vrou Annetjie geskei. Hulle vier dogters is: i1. Anna Catharina * 18.02.’81 Middelburg Tvl. @ Terence Ashton Jackson, * 9/03/’76 Pietermaritzburg.

i2. Helena Elizabeth * 31.04.’83, Empangeni. i3. Roelien * 12.09.’85, Empangeni, @ Billy Minnie * 19.11.’80, Jhb. i4. Adel, * 20.01.’87, Empangeni. Gewapen m et twee Doringtak nuusbriewe en ‘n EEN FAMILIE geslagsregister is Kotie na wyle Koos se begrafnis toe. Die teenwoordiges was verstom om te vind dat hulle besonderhede in die register verskyn. Een stukkie geskiedenis was vir die hele familie nuus, nl. dat Kotie se ouma, Jacoba Johanna Smit, ‘n weduwee was wat vroeër met ‘n Brickhill getroud was - (sien bl. 121.) Brick-hill is ‘n presiese vertaling van Steen-berg. Sy wou duidelik ‘n Steenberg gehad het, of dit nou die Engelse of die Afrikaanse weergawe was! Kotie se broer en susters is dankbaar dat hulle nou ook deel van hierdie interessante familie kan wees.

D

irk Arnoldus Steynberg (b7.c6.d3.e5.f12.g1.) het weereens verhuis. Hulle het lekker gebly in die skoon, netjiese en vriendelike Colleen Glen, Port Elizabeth. Nou woon hulle, na baie wik en weeg, tussen see en dorp in ‘n onbekende Humansdorp. Hulle woon in die oudste deel met mooi, ou huise, vriendelike mense en groot tuine. Hy glo ‘n vrou moet mos ‘n tuin hê vir troos. Steynbergs is toe nie so skaars nie; daar woon ‘n gesin op ‘n plaas in die omgewing en ook ‘n paar in die dorp. As hulle egter nie doelbewus ‘n saamtrek hou nie, sal ‘n mens hulle ook nie leer ken nie. (Dirk, maak sommer gou kennis en herdenk die Bond se 25-jaar daar by julle! En laat my besonderhede kry van die byeenkoms, asb . Ron)

890


ather Richard Reese OFM Cap, (b11.c10.d7.e10.f1.g1.) recently visited Scotland. The result of that trip was a offer of an appointment as priest in the diocese of Aberdeen, which he has accepted. He is leaving on 19 August. The cost of posting Die Doringtak overseas is prohibitive, but we will try to e-mail it to him as soon as his new e-mail address is known. Richard has been an appreciated and productive correspondent for many years and we would not like to lose contact with him. Richard, you leave with our best wishes and God’s richest blessings.

F

ster Steenberg, eggenote van Frederik Johannes (Frik) Steenberg (b11.c11.d13.e1.f1.g2), digter, skrywer, boer en planmaker van Naboomspruit - ek kon gesê het Mookgopong, maar dan het min van die familie geweet waar dit is - het nou na ‘n tydperk van heelwat onsekerheid oor haar toekoms, met vervroegde pensioen die chemiese maatskappy verlaat waar sy jare gewerk het. Sy is van 1 Augustus af voltyds weer by Frik op hul plasie buite Naboomspruit. Sy sê Frik is nog net so vol planne en sy sien elke dag uit na wat die dag van môre gaan inhou.

as o/14 speler aangewys as die beste stut in sy ouderdoms-groep. Hierdie jaar het hy o/16 Vaaldriehoek gespeel . Hy was ook deel van die NAVSFED span wat in Mei in Frankryk gaan toer het en beide toernooie waaraan hulle deelgeneem het gewen het. Waarlik ‘n mannetjie om op trots te wees. _______________________

Opportunist: A person who starts taking a bath if he accidentally falls into a river. ____________________________

VAN KRISIS TOT KRISIS

E

B

arend le Roux (Barry) Steenberg van Drie Riviere, Vereeniging, is ‘n speurder in die SAPD. Hy is getroud met Engela Hazel (gebore van Zyl) en hulle twee kinders is Stefan, in Gr 9 by HTS Vereeniging en ‘n toekomstige Os Du Randt, en hulle dogter is Ilani, in Gr 6 by Drie Riviere Laerskool. Stefan speel al vir drie jaar Bokkie Rugby vir die Vaaldriehoek en was verlede jaar

n Desember 1955 was Elsie Prinsloo (tans Ferreira, geb. Steenberg - b11.c1.d5.e5.f3.g5., van Steytlerville), haar man Dawie Prinsloo en haar broer Matthhys Steenberg per trein op pad Middelburg (Tvl) toe om vir die Kersvakansie by haar skoonouers te kuier. Elsie was swanger met haar oudste dogter Ria. Terwyl hulle vir die trein wag, oorval ‘n vlaag van naarheid haar soos wat algemeen met swanger vroutjies gebeur. Hoe nou gemaak? Op die platvorm waar hulle wag, staan ‘n leë trein met geen lewende wese op nie, nie eens ‘n drywer nie. Vinnig glip sy op die stilstaande trein om gou haar ding te doen. Deur die venster sien sy daar staan ‘n trein langsaan met passasiers in. Die volgende oomblik sien sy hoe genoemde trein gladweg begin vertrek. Dit neem ‘n rukkie voor die

I

891


besef haar tref: dit is die trein waarop sỳ is wat beweeg! Daar was presies niks wat sy kon doen nie; sy kon maar net wag om te sien wat gebeur. Die trein was toe op pad om vir die nag “uit te span” by die terminus. Net waar sy kyk was blink spore. Toe hulle onder ‘n afdak stilhou, klim sy uit en probeer haar pad terug vind na die stasie toe. Kort-kort moet sy wegswenk na ‘n ander spoor want skielik lyk dit asof al die treine in die land kom uitspan vir die nag. Elke paar sekondes word sy verblind deur die skerp lig van ‘n volgende lokomotief. Sommer gou het sy geen idee waar sy is en waarheen sy op pad is in die warboel van spore wat in alle rigtings vertak nie. Eindelik snel ‘n kondukteur haar te hulp met een van daardie lanterns met ‘n rooi en ‘n groen liggie - hy skuif net ‘n ander glasie voor om die kleur te verander. Volgens hom is hulle nou by Braamfonteinstasie en ‘n trein wat op pad is na Johannesburgstasie vanaf Krugersdorp word enige oomblik verwag. Dié trein stop egter nie op Braamfontein nie - dis ‘n non-stop trein. Hy slaag egter daarin om die trein te laat stop en haar te laat opklim. Hy belowe om dadelik Johannesburgstasie te skakel, haar omstandighede te verduidelik en te sê sy is op pad. Haar swangerskap het gesorg vir ‘n hoë mate van deernis. Oor die luidsprekerstel word haar man aangesê om haar op platvorm 6 te

ontmoet. Ongelukkig het Matthys intussen die trein waarin sy weg is, probeer volg om haar terug te kry. Hulle bagasie het hy sommer in die sorg van ‘n portier gelaat. Dawie was op daardie stadium pas uit die hospitaal en op krukke na hy ternouernood aan die dood ontkom het in ‘n motorfietsongeluk. Teen die baie trappies uit kon hy toe nie vinnig vorder nie. Toe hy eindelik platvorm 6 bereik, blyk dit dat hy foutiewe inligting ontvang het. Dit was toe nie platvorm 6 waar sy sou afklim nie. Intussen hou ‘haar’ trein wat op pad is Middelburg toe op die ‘regte’ platvorm stil. Geen Dawie is in sig nie. Toe sien die kondukteur ‘n man van die laaste trappie afklim. Hy glo dis haar man en hy gee vir die drywer die teken dat hy moet gereed maak om te vertrek. Elsie skree benoud: “Nee meneer, dis nie my man daardie nie ... Dis doeerrie een wat daar aankom!” ‘n Mens sien net nou en dan Dawie se kop bokant die tralies van die brug uitsteek soos hy op krukke aankom. Letterlik ‘n konsternasie op die stasie! Matthys is spoorloos weg en daar kan nie vir hom gewag word nie. Elsie het sy treinkaaartjie en beursie in haar sak en weet hy het net ‘n paar pennies by hom. Sy vra toe ‘n portier om vir hom te sê sy los sy kaartjie en beursie op Pretoria stasie. Hy het hierdie boodskap gekry maar sy kaartjie en beursie het hy nooit weer gesien nie. Die kantoor het berig dat daar nooit so iets ingehandig is nie. Die arme Matthys moes toe te

892


voet loop tot in Eloffsdal in die middel van die nag want hy het nie geld vir ‘n taxi gehad nie. Sy en Dawie het darem veilig by hulle bestemming uitgekom. Kort daarna laat Dawie se suster vir hom weet hy moet aansoek doen vir werk in Chingola in Noord-Rhodesië (vandag Zambië) en hy sit af soontoe want daar is beter salarisse. Elsie, nou hoog swanger, gaan na haar ouers toe in Vryheid om daar te wag tot sy die groen lig kry om by haar man aan te sluit. 'n Telegram laat weet sy moet kom, hy het werk gekry. Matthys bespreek vir haar plek op ‘n vliegtuig na Lusaka, die naaste lughawe aan Chingola. Sy ry per trein van Vryheid na Johannesburg om die vlug te haal, terwyl haar pa vir Dawie telegrafeer om haar op Lusaka lughawe te ontmoet. Net om dubbel seker te maak, stuur Matthys ook ‘n telegram met dieselfde boodskap. So land sy toe om 7:30 nm in Lusaka, maar daar is niemand om haar te ontmoet nie. Dis laat en sy is moeg en in ‘n vreemde land. Die lugdiens had ‘n bussie wat passasiers by die hotel van hulle keuse besorg. Elsie vra die swart busbestuurder om haar na die polisiestasie te neem. Hy sê ferm dis teen alle regulasies, maar vyf sjielings kontant laat hom van plan verander. Hy laai die laaste passasier by ‘n hotel af, draai skerp en vyftig treë verder stop hy voor die polisiestasie. Vyftig treë vir vyf sjielings - in die dae toe sjielings nog sjielings was!

Die polisieman aan diens gee dié swanger vrou met bagasie en al een kyk en lei af dat sy sak en pak van haar man af weggeloop het en dat sy kom hulp soek. Na hy egter haar storie gehoor het, neem hy haar na ‘n nabygeleë restaurant en laat haar in die sorg en geselskap van die eienares, wat sy vrou blyk te wees, tot hy weer sou kom. Intussen skakel hy Kitwe se polisie en reël dat hulle haar skoonsuster Gerda in kennis stel van haar aankoms. Dié se man werk toe nagdiens en skoonsus kon nie bestuur nie. ‘n Buurvrou word opgekommandeer om die sewentig myl na Lusaka te ry om ‘n diep dankbare Elsie om 11 nm te gaan haal. So het die krisisbestande Elsie van krisis tot krisis gevorder tot by haar man. Intussen was Dawie wat in Chingola werk gekry het, salig onbewus van Elsie se aankoms. Die twee telegramme wat hom van haar koms moes verwittig, het hy twee weke later eers ontvang. Die firma waar hy gewerk het was ver van die naaste poskantoor af en hulle het net elke Vrydag laat pos haal. Gemelde Gerda was getroud met Big Ben Stander. In ‘n terroriste-aanval in die 60’s is hierdie gesin se enigste seun gedood en die egpaar swaar gewond. Hulle het egter oorleef en ‘n tyd later is Ben en sy plaashulp weer aangeval en albei doodgeskiet. Elsie se man Dawie is in 1975 in ‘n skietongeluk oorlede.

893

_____________________


HUWELIK

M

adelein Kruger ( Neé Steynberg b11.c5.d1. e7.f1.g5.h3.) is op 23 April 2005 getroud met Neil Kruger. Hulle woon in Pinetown, Natal. Madeleine is die dogter van Hannes en Ebeth Steynberg van Bloemfontein. Ebeth vul sommer die geslagsregister ‘n bietjie aan: Hulle dogter Juanita (h4.) is op 25 Junie 1984 gebore. Sy woon nog by haar ouers. Sy het in kleuteronderwys gekwalifiseer maar vind die inkomste teleurstellend. Sy werk tans by ‘n rekenmeestersfirma, maar beoog om eendag haar eie kleuterskool te begin. Haar vriend maak vanjaar klaar met sy studies.

ONTHOU-DINGE (Ron) en ding lei mos tot ‘n ander. Een aand gaan die gesprek oor jag en my gedagtes gaan terug na een van die eerste kere wat ek met my pa en my Oom Ulrich saamgeneem is om te gaan jag - daar agter die Soutpansberg in Mopane se omgewing. My beste skoolmaat, Coert Pretorius, was saam. Dit was 1943 en daar was 'n kwaai brandstof-besparingstelsel. Jy moes ‘n koepon toon vir elke gelling petrol wat jy wou koop. Ons stop toe by die Indiërwinkel op Mopane. Voor die winkel staan toe

E

nog een van daardie pompe waar jy so ‘n handvatsel heen en weer beweeg en dan word twee een-gelling glashouers om die beurt voor jou oë vol. Sodra een vol is, begin daardie gelling petrol uitloop in jou tenk in terwyl die ander houer weer begin vol word. My pa vra die winkelier om Oom Ulrich se swart 1942 Chev bakkie se tenk vol te maak - hulle had genoeg koepons. Albei het vir maande baie skraps gewerk om koepons op te gaar vir dié lang tog van Pretoria af. Tot almal se verbasing vra die Indiér, “Wat jy koop?” Toe word dit duidelik: jy kan net petrol kry as jy ook ‘n klompie aankope binne in die winkel maak. Die twee Steynberg broers was woedend. Hulle verduidelik dat ons alles op die bakkie het wat ons nodig het, maar daar was geen uitkoms nie; hulle moes eers in die winkel ‘n klompie kruideniersware koop voordat hulle petrol kon kry. Ek en my maat Coert was egter redelik tevrede want toe is daar ‘n paar luukse items gekoop waarsonder ons andersens sou moes klaarkom, onder andere ‘n hele aantal blikkies kondensmelk. Wat ‘n spesiale genot vir twee laerskoolseuntjies! Daarna was die Indiër tevrede en kon ons toe petrol kry. As my geheue my reg dien, was die prys destyds een sjieling en ses pennies per gelling! Vandag sou dit beteken 15 sent vir vier en ‘n halwe liter! Toe ek hier trek met my storie, steek Francois, een van die luisteraars by ons gesprek, sy hand in sy sak en uit sy beursie uit haal hy wrintiewaar een van daardie rooibruin 1943 petrolkoepons te voorskyn!

894


Peter, ‘n ander lid van die geselskap en ‘n seëlversamelaar van formaat, begin ons vertel van die sg. “Cinderella” stamps, wat ook in groot aanvraag is by versamelaars. Na sy mening moet Francois se petrolkoepon heelwat waarde hê. “Cinderella stamps” is alle tipes van seëls wat nie posseëls is nie soos Kersseëls, TB-seëls en dies meer wat ten doel het om fondse te genereer vir een of ander goeie saak. Tegnies is Francois se koepon dus nie ‘n Cinderella stamp nie omdat hy nie ontwerp is om op ‘n koevert geplak te word nie, maar hy is beslis ook ‘n “collec tible” wat ges og is by versamelaars. ‘n Soek op die Internet het getoon dat so ‘n identiese petrol koepon, uitgereik te Aliwal Noord in Julie 1943 tans te koop aangebied word vir $22.00 (R155 teen vandag se koers). Toe koers my gedagtes weer na no. 307 Middelstraat, Nu Muckleneuk, waar ons gesin gewoon het totdat ek St. 8 voltooi het. In dié dae was daar ‘n ou verflenterde swart man met so ‘n aanmekaar-geflanste hout stootkarretjie met twee kruiwawiele en twee kinderwaentjie-wiele wat d ie ge b ied gefynkam het en ou bottels en sakke bymekaargemaak het. So ver as hy geloop het, het hy uitgeroep: “Bottles! Bags!” Hy was by die klein

kinders bekend as die Bottelbek en almal was doodbang vir hom. As sy roep gehoor is, het alle jong kinders die huise ingevlug. Ek wonder hoeveel familielede daardie vroeë herwinners onthou. Ook terloops, het jy g e w e e t Muckleneuk beteken “Lekker hoekie”? Verder wes in Middelstraat was daar groot oop stukke veld en twee mooi damme, by ons kinders bekend as die Blou Dam en die Willy. Daar was mooi vis in die damme, en swem was streng verbode, wat die damme natuurlik gesogte swemplekke gemaak het. Op ‘n stadium was daar in die plaaslike pers ‘n storie oor die “monster van die Blou Dam”. Ek glo dit was ‘n set van die ouers van die buurt om die swemmery stop te sit. Daar was wel monsteragtige groot karpe in die damme wat moontlik vir ‘n besope verbyganger na ‘n monster kon lyk. Ek en my vriend Alex het egter nooit ‘n monster gesien nie. Hierdie twee damme lê vandag binne die 11,8 hektaar Austin Roberts Voëlreservaat in die Walkerspruit vleigebied waar die pienkrugpelikaan in die 70’s gebroei het en duisende wit bosluisvoëls elke aand kom slaap en h o n d e r de ander watervoëls ‘n tuiste vind. Sedertdien het die B r o o k l y n inkoopsentrum uitgebrei en ‘n groot deel van die

895


een voedingspruit bedek en het ‘n 400 -jaar oue olienhoutboom in die slag gebly. Die reservaat is ‘n gunsteling piekniekplek vir families en die populêre Blue Crane Restaurant lê reg langs die onderste dam met ‘n pragtige uitsig oor die water en die groot rietbos rondom wat die blou kraanvoël, die mahem (Grey crowned crane), kransduiwe, en die rare Egiptiese gans lok wat almal gereeld daar wei. In my gemoed was ek persoonlik die eienaar van hierdie twee damme omdat ek van al die kinders in die buurt - in dié dae waarvan ek praat die grootste boot gehad het. Die boot was gemaak uit ‘n 12 voet sinkplaat waarvan al die riwwe uitgeslaan was, behalwe die middelste een, wat as die kiel moes dien en wat die bootjie verbasend stabiel in die water gemaak het. Ander minder vernuftige seuns het ter wille van nog ‘n bietjie breedte al hulle plate se riwwe uitgeslaan en het gesit met bote wat sommer vir die grap omgekantel het. Waar ek aan dié sinkplaat gekom het is seker nie vandag meer ter sake nie. Aan die voorkant was die plaat toegebuig om ‘n spits voorstewe te vorm met ‘n harde een duim dik plank tussen die sye vasgespyker. Die stewe (of agterpunt) was gevorm e n vasgespyker om ‘n stewige halfrond gesaagde plank. Sowat ‘n kwart van voor af en ewe ver van agter af was twee stewige dwars-stutte ingespyker wat die plaat se kante stewig weg van mekaar gehou het. Tussen die twee

stutte was twee houte vasgespyker sodat die kante nie gevaarlik skerp was nie, en is twee plat sitplekke aangebring. Daarna is die boot voor en agter dig gemaak met regte pik. In dié dae was Pretoria se strate nog met pik geteer wat op warm dae in sulke trae stroompies hier en daar aan die kante uitgeloop het. Daar kon jy dit so rondkyk-rondkyk soos baie dik stroop versamel en tuis gaan warm maak om jou boot mee dig te maak. Die volgende langste boot was maar ‘n skrale 10 voet boot. 12 voet plate was baie skaars. Twee seuns kon gemaklik agter mekaar in my pragboot sit en met lang roeispane ‘n respektabele spoed haal. Later is die ontwerp verder verfyn deurdat aan die agterkant twee k inderwaentjiewiele aan ‘n as aangebring is en aan die voorkant ‘n haak wat in ‘n oog onderkant my fiets se saal ingehaak kon word sodat die boot soos ‘n sleepwa padlangs gesleep kon word. By geleentheid, in 1947 toe ek in Standerd 5 was in Pretoria -Oos Laerskool, het ek en gemelde Koert Pretorius en Paul van der Merwe met die boot op sleeptou agter my fiets, van Nu Muckleneuk in Pretoria af gery na Hennopsrivier, ongeveer 25 myl ver, en daar ‘n onvergeetlike naweek deurgebring. Daar is ‘n beton keerwal in die rivier wat ‘n heerlike dam vorm waar ons heerlik baljaar het. Eers later het ek uitgevind dat daardie gronde aan

896


Steynbergs behoort het. In 1942 is my sussie Leonie skool toe in Nu Muckleneuk Laerskool wat kort tevore daar geopen het. Die hoof daar was Oom Hendrik Ribbens, oftewel Hendrik Coenraad Steynberg Ribbens. Terwyl my gedagtes nou so loop onthou ek dat vandag se Koningin Wilhelmina-laan in daardie dae Plantasie-weg geheet het. Doerrr waar Groenkloof vandag lê was kaal veld waar jong seuns lang uitstappies kon onderneem tot by Fort Klapperkop en omstreke. Die skilderagtige pad op die kop langs het talle versteekte parkeerplekke in die bosse gehad wat populêre stilhouplekke was vir romantiese paartjies met asemrowende uitsigte oor die stad se liggies. Dis ook waar die be-rugte Pangaman in die jare ‘50 en ‘60 so ‘n skrik-bewind gevoer het. O nge ve er ‘n kilometer noord van Middelstraat in Plantasieweg was ‘n pottebakkery wat die ongelooflikste keramiekwerk gemaak het. Ons seuns kon natuurlik nie regtig koop nie, maar agter die hoofgebou was ‘n groot afvalhoop waar pragtige keramiekware met klein foutjies of gebreke weggegooi is. Dit was ‘n bron van verjaardag– en ander geskenke vir menige klein seuntjie se ma of suster of meisie. Aan die oostelike punt van Middelstraat, net ongeveer 7 huise bokant ons huis, het die Brooklyn-

sirkel toe reeds gelê. Die sirkel was die terminus waar die elektriese busse waarmee ons kinders na Pretoria-Oos laerskool toe gery het, omgedraai het. Al daardie huise is egter weg en die ruimte word vandag beslaan deur die Brooklyn inkoopsentreum. Dis vandag onmoontlik om te bepaal waar ons huis in Middelstraat gestaan het. Reg waar Middelstraat teen die sirkel doodloop, was Mnr Pokroy se kafee waar ‘n mens o.a. leë koeldrankbottels kon inruil vir die kontant van die deposito. My maat Alex en ek het gou met die “Bottelbek” begin kompeteer en orals ons oë oopgehou vir leë bottels, wat egter maar skaars was. Op ‘n stadium het ons ‘n deurbraak gemaak toe ons agterkom dat die agterwerf van Pokroy se kafee se hek nie gesluit word nie. Daar is al die leë bottels wat hy ingeruil het, opgegaar tot die koeldrankmaatskappy se trok dit kom haal. As ‘n mens flink was, kon jy inglip en gou ‘n klompie bottels bymekaarvat wat jy dan dadelik vir kontant kon gaan inruil. So het ons vir ‘n ruk oorgenoeg sakgeld gehad en kon ons na hartelus koeldrank en lekkers by die kafee koop. En toe vang Oom Pokroy ons op ‘n dag onder sy afdak met hande wat hang van die bottels! Ek trek maar ‘n sluier oor wat verder gebeur het. Ons het ons nie weer aan bottels vergryp nie.

897


GELUKWENSE AAN AL ONS VRIENDE WAT GEBORE IS IN DIE: 1920's, 30's, 40's, 50's, 60's, 70's en 80's !

E

erstens, ons het ons geboortes oorleef uit moeders wat gerook en/of gedrink het terwyl hulle ons gedra het en wat in asbes-huise gewoon het.

Hulle het aspirine gedrink, blou kaas geëet en rou eier-produkte, hope spek en geprosesseerde vleis, en tuna uit blikke uit en hulle was nie getoets vir diabetes of servikale kanker nie. Dan, na daardie trauma, was ons bababedjies geverf met helderkleurige loodbasis verf. Daar was nie kindproef deksels of knoppe op medisynebottels, deure of kaste nie, en wanneer ons fiets gery het was dit sonder valhelms of skoene, laat staan nog die risiko’s wat ons met ryloop geneem het!!! As jong kinders het ons in motors gery sonder veiligheidsgordels of lugsakke. Om agter op ‘n bakkie (Ford F100 vir boere se kinders) op ‘n warm dag was pure plesier.

Ons het water gedrink uit die tuinslang se punt en NIE uit ‘n bottel nie. Wegneem-etes was beperk tot vis en skyfies, pizza-winkels, McDonalds, KFC, Steers en Nando’s het nie bestaan nie. Alhoewel alle winkels om 6 nm. gesluit het en naweke glad nie oopgemaak het nie, het ons nie van honger doodgegaan nie. Ons het een koeldrank tussen vier vriende gedeel deur uit dieselfde bottel te drink, en NIEMAND is hierdeur dood nie.

Ons het ou koeldrankbottels opgetel en vir kontant by die winkel op die hoek ingeruil en met die geld Chappies, Wilson’s Toffies, Wiggs kougom en ‘n paar klappers gekoop om die omgewing mee wakker te maak. Ons het kolwyntjies, wit brood en regte botter geëet en suikerkoeldranke gedrink, maar ons was nooit oorgewig nie, want ..... ONS WAS ALTYD BUITE AAN DIE SPEEL!! Ons is soggens uit die huis uit en kon heeldag speel, mits ons terug is wanneer die straatligte aangaan. Niemand kon ons heeldag in die hande kry nie. En ons was O.K. Ons het ure gebou aan kaskarre uit afval-onderdele en dan bult-af gery, net om te ontdek dan ons van die remme vergeet het. Ons het boomhuise gebou en in rivierbeddings met matchbox karretjies gespeel. Ons het nie Playstations, Nintendo’s, of X-bokse gehad nie; geen videospeletjies hoegenaamd nie, nie 99 kanale op DSTV’s, geen videoband flieks, geen surround sound, geen selfone, geen persoonlike rekenaars, geen Internet of Internet kletskamers nie … ONS HET VRIENDE GEHAD EN BUITENTOE GEGAAN om hulle te ontmoet!

898

Ons het uit bome uit geval, snye, gebreekte bene en tande opgedoen en geen HOFSAKE het uit hierdie ongelukke voortgespruit nie. Net dogters het gate deur hulle ore gehad!


Ons het wurms en modderkoekies geëet, en die wurms het nie vir altyd in ons ingewande gelewe nie. Jy kon Paas-eiers en Hot Cross Buns net in Paastyd koop … nee, rêrig! Ons het windbukse en ketties present gekry op ons 10de verjaardae!! Ons het fiets gery en na vriende se huise toe gestap en geklop of die deurklokkie gelui, of sommer geskree om hulle te roep! Ma het nie gaan werk om Pa te help die mas op kom nie. Rugby en krieket het proewe gehad en nie almal kon die spanne haal nie. Hulle wat nie span gekry het nie, moes leer om die teleurstelling te verwerk. Verbeel jou dit!! Om ‘n span te haal het op meriete berus, en NIE OP AFPERSING, DREIGEMENTE OF SKULD UIT DIE VERLEDE NIE … So wraggies waar! Ons onderwysers het ons gelooi met rottings of latte of leerbande en boelies het altyd die skool se speelterrein regeer Die idee dat ‘n ouer jou sou uitred as jy met die gereg bots, was ongehoord. Hulle het jou waarlikwaar die gereg se kant gekies!

Ons ouers het nie vir hulle kinders name uitgedink soos “Kiora” en “Blade” en “Ridge” en “Vanilla” nie. Hierdie geslag het van die beste risiko-nemers, probleemoplossers en uitvinders ooit opgelewer. Die laaste 70 jaar is gekenmerk deur ‘n ontploffing van innovering en nuwe idees. Ons het vryheid, mislukking, sukses en verantwoordelikheid beleef, en geleer HOE OM DAARMEE OOR DIE WEG TE KOM! En JY is een van hulle! HARTLIK GELUK. Miskien wil jy hierdie met andere deel wat ook die voorreg gehad het om groot te word, voordat die prokureurs en die regering begin het om ons lewens vir ons eie beswil te reguleer. En, terwyl jy daarmee besig is, stuur dit sommer aan vir jou kinders sodat hulle kan weet hoe dapper hulle ouers was.

NS. Die groot druk is omdat jou oë op jou ouderdom nie meer te goed kan wees nie. ____________________ Vrek: ‘n persoon wat armoedig lewe sodat hy ryk kan sterf. ____________________________ 899


PROFESIE

En herders julle sal wéér vrolik fluit en sing as julle die kuddes saans naderbring

(Deur Frederik Johannes (Frik) Steenberg (b11.c11. d13.e1.f1.g2)

Laat werkers só hul spierkrag toon om weer te styg bo hongerloon

As die Boere ploeg en plaas verloor Sê tog wie trek dán die akkervoor

Só kan álmal óns dierbaar geboorteland— laat voorbeeld staan vir élke ander land

Já wié tog gaan die beeste voer want daar’s plase reeds oorgevoer

_________________________ Politician: One who shakes your hand

Sê wie gaan nou die graankas stoor die silo’s staan so álverloor

before elections and your confidence after. __________________________________

Landerye lê dan droog en dood wyl kinders vra vergeefs na brood Vir landbou wag daar woes en braak— en die meulenaars sal werk moet staak Ploeg en plant vloei deur boerebloed en wíe gaan noú die massas voed Die grond gaan oor na swart kultuur en landbouland draai lááste uur Die land eis noú óók terwille van die ANC om vervalle plase terug te gee En laat trekkers weer oor landrye haas bees en skaap rustig wéér in welig vleie graas— Sodat hierdie honger verdeelde land kan bastion staan met sterker hand— Óók teen moord en afgunstigheid— en om terug te win welwillendheid— wat swart en wit én bruin só nodig het Dán sal God se Gees ons wéér tesame seën met vrede en deurdringend Reën…

Dit was lekker om weer te gesels. Ons maak binnekort weer so. Mag julle familiebande en vriendskappe verstewig en julle ‘n genoeglike tyd in mekaar se geselskap hê. Ek was getref deur dié woorde van Paul Pearshall: “Our most basic instinct is not for survival but for family. Most of us would give our own life for a family member, yet we lead our daily life too often as if we take our family for granted.” Tot volgende keer. Moenie vergeet om te skryf nie. Hartlike groete

Ron

Werkers júlle sal gretig weer nader trop as rypgeel koring in die wind galop— 900


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.