TAX105 Belasting Uitgestelde belasting ontstaan as gevolg van tydelike verskille. Uitgestelde belasting ontstaan wanneer daar dus ʼn tydelike verskil is tussen die waarde van ʼn bate/las vir belastingdoeleindes en die waarde van die bate/las vir Uitgestelde belasting
verslagdoeningsdoeleindes (rekeningkundig). Die berekening van uitgestelde belasting is ook onderhewig aan die veronderstelling dat die toekomstige winste van ʼn maatskappy voldoende sal wees om hierdie uitgestelde belasting te kan verreken. ʼn Belastingbasis is die maatreël waarop die berekening van ʼn belastingaanspreeklikheid gebaseer is. Byvoorbeeld, die
Belastingbasis
belasbare inkomste van ʼn maatskappy is die belastingbasis vir inkomstebelasting, terwyl die geraamde waarde van eiendom die belastingbasis is vir eiendomsbelasting. ʼn Aangeslane verlies kan gedefinieer word as die oorskot van
Aangeslane verlies
belastingaftrekbare uitgawes oor die belasbare inkomste, soos bevestig is deur die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID). Inkomstebelastingkonsolidasie word in die
Inkomstebelasting-
Inkomstebelastingwetgewing omskryf as die situasie waar ʼn
konsolidasie
houer- maatskappy met sy volfiliale of gedeeltelike filiale as een entiteit hanteer word vir belastingdoeleindes.
2.4
Inleiding
Suid-Afrika se belastingstelsel is inwoner-gebaseerd. Dit beteken dat die inwoners van SuidAfrika belas word op hul wêreldwye inkomste (onderhewig aan sekere uitsluitings), ongeag waar die inkomste verdien is. Die belasting wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) gehef word, kan opgedeel word in direkte belasting en indirekte belasting. Dit is ook belangrik om te onderskei tussen rekeningkundige (finansiële) winste, ook bekend as wins voor belasting en belasbare winste. Die rekeningkundige winste van ʼn onderneming word bereken deur gebruik te maak van die bepalings van Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (International Financial Reporting Standard – IFRS), terwyl die belasbare wins bereken word deur gebruik te maak van die bepalings van die Inkomstebelastingwetgewing van ʼn land. Die doelwitte van IFRS is
Studie-eenheid 2: Direkte belasting op maatskappy-inkomste en -winste
Bladsy 44