PSS307 Professionele Verkoopsvaardighede 3.9.4
Analiseer bemarkingskostes
ʼn Gedetailleerde analise van ʼn onderneming se totale bemarkingskostes sal nuttige inligting lewer, wat bestuur sal help om sy strategie te slyp om meer effektief te wees (Abratt, Connett & Blem, 2000: 167). Tipes bemarkingskoste-analises: •
Grootboekrekening kategorie: Dit is die eenvoudigste en goedkoopste manier om bemarkingskostes te analiseer. Die totale van die verskeie grootboekrekeninge vir elke koste-item word geneem van die verskeie rekeninge en word dan volledig geanaliseer (Abratt, Connett & Blem, 2000: 168).
•
Deur aktiewe klassifisering: ʼn Meer effektiewe analise allokeer die grootboekuitgawes in kategorieë wat die onderneming se hoofbemarkingsaktiwiteite verteenwoordig. Dit word gedoen in twee fases: die eerste is om die gepaste aktiwiteite se kategorieë te kies, die tweede is om die totale van elke grootboek aan die verskillende aktiwiteitkategorieë te allokeer (Abratt, Connett & Blem, 2000: 168).
•
Deur gebiede, produkte of ander bemarkingseenhede: Hierdie tipe bemarkingskoste-analise is die voordeligste, aangesien dit die winsgewendheid van elke belangrike segment van die onderneming se bemarkingsaktiwiteite assesseer (Abratt, Connett & Blem, 2000: 169).
3.9.5 •
Die gebruik van die bevindinge van winsgewendheidanalise Besluite oor gebiede: Sodra verkoopsvolume- en bemarkingskoste-analises gedoen is, is bestuur in ʼn posisie om die resultate te interpreteer en besluite te neem. Sommige gebiede is dalk te klein of die potensiaal vir die gebied kan dalk nie bereik word nie (Abratt, Connett & Blem, 2000: 171).
•
Produkbesluite: Wanneer verkoopsvolume en bemarkingskoste-analises die verskille van die winsgewendheid van produkte uitwys, kan bestuur bepaal wat die redes is vir hierdie verskille. ʼn Groot aantal faktore kan verantwoordelik wees vir die verskille; sonder die feite is dit moeilik om die regte gevolgtrekkings te maak en die regte besluite te neem (Abratt, Connett & Blem, 2000: 171).
•
Besluite oor kliënte: Verkoopsvolume en bemarkingskoste-analise vir kliëntegroepe kan nuttig wees vir bestuur en sal ook help in die besluitneming van die lewensvatbaarheid om met sekere kliënte besigheid te doen (Abratt, Connett & Blem, 2000: 171).
Studie-eenheid 3: Professionele verkoopsbeplanning
Bladsy 107