OTD105 Kantoortegnologie en dataverwerking werknemers met bepaalde gestremdhede gewoonlik ʼn langtermyn-doelwit is, moet sukses deurlopend erken en beloon word. (Aangepas vanuit: http://www.microsoft.com/enable/business/plan.aspx) 2.7
Beskikbare rekenaarapparatuur en -programmatuur
Die informasie tegnologie-omgewing is ʼn dinamiese omgewing wat deurlopend aan veranderinge onderworpe is. Wat dus vandag geldig is, kan dalk môre reeds verouderd wees. Die volgende rekenaarapparatuur is tans algemeen in gebruik in die moderne kantooromgewing: 2.7.1
Verskillende tipes rekenaarapparatuur
ʼn Rekenaar is ʼn elektroniese apparaat wat data manipuleer volgens bepaalde instruksies. Alle tipe rekenaars het ʼn toevoerstelsel (bv. sleutelbord, muis, mikrofoon, ens.), ʼn sentrale verwerkingseenheid (central processing unit – CPU), afvoerstelsel (skerm, drukker, luidspreker), ʼn stoormedium (hardeskyf) en geheue (memory).
Figuur 2.7: Rekenaarapparatuur (http://www.warepin.com/wp-content/uploads/2010/01/components-of-computerhardware.jpg)
Studie-eenheid 2: Kantoortegnologie
Bladsy 64