OGB306 Organisatoriese en groepsgedrag
SELFEVALUERINGSRIGLYNE Riglyne: Aktiwiteit 1 1) Elke student se antwoord kan effens verskil, maar dit is belangrik dat jy elke dimensie ordentlik identifiseer en bespreek aan die hand van ʼn voorbeeld: Google bestaan eerstens uit ʼn versameling mense, individue wat as bestuurders optree met sommige as programmeerders aangestel, terwyl ander as ʼn groep eerstejaarsinternskap-studente die onderneming saam leer ken en hulleself as potensiële Googly-werknemers kan bewys. 2) Hier is dit belangrik om organisatoriese gedrag se koppelvlak met bestuur te verduidelik en hoe die twee konsepte onlosmaaklik deel is van mekaar om organisatoriese effektiwiteit te verseker. Voorbeeld: ʼn Google-bestuurder benodig mense om ʼn spesifieke diens aan internetgebruikers te lewer in die vorm van soektogte. Die wyse waarop hy/sy met werknemers omgaan, sal grootliks bepaal hoe gedrag beheer en gekoördineer kan word om hierdie uitsette te lewer. 3) Google is ʼn reuseonderneming wat baie elemente bymekaar moet hou om effektief te funksioneer met ten minste drie moontlike bestuursvlakke, naamlik top-, middel- en laevlakbestuur, af te lei van die sigbare skermaktiwiteite. Om hierdie vraag effektief te beantwoord, kan jy terugverwys na watter rolle, funksies en aktiwiteite bestuurders moet vervul (sien Paragraaf 1.7) en dit op Google toepas. Onthou, die klem van bestuurders se rolle, funksies en aktiwiteite kan verskil as gevolg van die tipe werksaamhede en verantwoordelikhede wat deur verskeie vlakke uitgevoer moet word. Voorbeeld: ʼn Mens kan top- en selfs middelvlakbestuur identifiseer na aanleiding van onderhoude gevoer met verskeie mense aan hoof van sekere afdelings. Laevlakbestuur kan ook geïdentifiseer word, soos die persoon wat aan hoof van die internskapsprogram staan. Dié persoon sorg dat die internskapsprogram vlot verloop en is dus meer in ʼn leidinggewende rol aanwesig om studente te motiveer, hulle tegniese vaardighede te verbeter en effektiewe beheer toe te pas. Die inligtingsrol word ook vervul deur terugvoering oor die vordering van internskap, asook probleme wat Google op ʼn strategiese vlak (bemarking of hersiening van internskap) kan raak, aan die middelvlakbestuurder deur te gee. Enige ongelukkighede tussen studente word deur die internskapprogramhoof hanteer. Topbestuur, aan die ander kant, is meer gemoeid met hoe Google strategies moet voorbly met die vinnige pas van veranderende verbruikersneigings. Middelvlakbestuur kan moontlik meer fokus op oplossings vir hierdie veranderende neigings, deur die verbruikerskoppelvlak met Selfevalueringsriglyne
Bladsy 219