OGB306 Organisatoriese en groepsgedrag deur motivering wat plaasgevind het. Prosesbenaderings
Dit is teorieë wat probeer beskryf en analiseer hoe individue gemotiveer word, hoe gedrag derhalwe geïnisieer, gerig en volgehou word en wat die uitkoms daarvan is. Sulke benaderings suggereer dat menslike gedrag ʼn resultaat is van ʼn bewustelike besluitnemingproses en verwys na die motiveringproses.
Werkstevredenheid
Dit verwys na die mate waarin individue vervuld in hulle werk en werksomstandighede is. Die mate waarin werknemers gemotiveerd is, het ʼn invloed op die tevredenheidvlak en laasgenoemde kan weer organisatoriese produktiwiteit minder/meer beïnvloed.
Moreel
Dit kan in organisatoriese terme gedefinieer word as die emosies, gevoelens, houdings, tevredenheid en algehele uitkyk wat individue in hulle werksomgewing beleef. Werknemers se produktiwiteit kan soms toegeskryf word aan hoë vlakke van moreel in die werksplek, hoewel laasgenoemde nie noodwendig altyd produktiwiteit waarborg nie.
Werksontwerp
Dit verwys na die manier waarop ondernemings ʼn spesifieke werk/pos definieer en struktureer deur bepaalde vereistes, beskrywings en elemente daaraan te koppel. ʼn Werk word gewoonlik ontwerp met die doel om ander werke/poste in die onderneming te komplementeer en ondersteun, om werkstevredenheid en organisatoriese produktiwiteit te verbeter, asook om probleme met die werk en werknemers te verminder.
Kwaliteit werkslewe
Dit verwys na werknemers se tevredenheidsvlakke, motivering, toewyding en ervarings in die werksplek. Dit word deur verskeie maniere verkry soos buigbaarheid in werkskedules, salarisse, en so meer. Individuele verskille veroorsaak verdeelde opinies in wat presies ʼn kwaliteit werkslewe behels. Bestuur probeer om ʼn kwaliteit werkslewe te skep deur werk en werksomstandighede te ontwikkel wat voordelig is vir werknemerwelstand en produktiwiteit, asook die ekonomiese welstand van die onderneming.
Studie-eenheid 3: Motivering
Bladsy 107