MKT105 Bemarking Die bemarkingsbestuurder se primêre taak is om die bemarkingshulpbronne vir ʼn produk te bestuur. Die bemarkingsbestuurder kan verantwoordelik wees vir die bestuur van net een produk, of meer as een produk kan aan hom toegeken word. Groot sakeondernemings het gewoonlik meer as een bemarkingsbestuurder om die produkte wat die sakeonderneming lewer, te bestuur. In kleiner sakeondernemings kan die bemarkingsfunksie by ʼn enkele persoon lê, of die funksie kan deur die hele span behartig word. Die bemarkingsfunksie, of dele daarvan, kan uitgekontrakteer word, afhangend van die beskikbare begroting en die vaardighede van personeel. ʼn Tipiese struktuur van die sakeonderneming se bemarkingsafdeling lyk so:
Direkteur van bemarking
Bemarkingsbestuurder 1
Bemarkingsbestuurder 2
Kreatiewe bestuurder
Navorsingsbestuurder
Sakeeenheidbestuurder
Sakeeenheidbestuurder
Sakeeenheidbestuurder
Sakeeenheidbestuurder
Produk 1
Produk 2 en 3
Personeel
Personeel
Figuur 2.4: Struktuur van die bemarkingsafdeling (Outeur, 2011) 2.6.1
Algemene take van die bemarkingsbestuurder
Die bemarkingsbestuurder is daarvoor verantwoordelik om die verbruiker se belangstelling in die sakeonderneming se produk, te prikkel, of te skep. Om hierdie doelwit te bereik, is daar sekere take wat verrig moet word wat algemeen in die bemarkingsafdeling van sakeondernemings gevind word.
©akademia (MSW)
Bladsy 52