MKT105 Bemarking 4.7.1
Faktore wat die ontvangs van die boodskap beïnvloed
Die bemarker se taak word bemoeilik deur: •
Selektiewe aandag: Die verbruiker neem net kennis van sekere advertensies, omdat hulle daagliks aan duisende blootgestel word.
•
Verdraaiing: Verbruikers misinterpreteer boodskappe, omdat dit van toepassing gemaak word op hulle unieke behoeftes en waardes.
•
Geheue: Verbruikers onthou net sekere advertensies, omdat dit van toepassing is op hulle unieke behoeftes.
Figuur 4.7: Verbruiker se kommunikasiepatrone (Damelin, 2003: 5) Die ontvanger se gewilligheid Die ontvanger van die boodskap moet toelaat dat die boodskap arriveer. Die boodskap moet deur toeganklike media plaasvind, om te verseker dat dit nie soos die spreekwoordelike “Boodskap in ʼn bottel”, geen eindpunt het, of bereik nie. Die manier waarop die boodskap by die ontvanger uitkom, het ʼn invloed op die ontvanger se keuse om die boodskap te ontvang en hoe hy dit interpreteer. ʼn Verbruiker sal anders op ʼn TV-advertensie reageer, as op deur tot deur bemarking. Die pragmatiese aspek van kommunikasie behels die eintlike betekenis van die boodskap wanneer dit by die ontvanger uitkom. Dieselfde inligting kan ʼn teenoorgestelde uitwerking op verskillende ontvangers daarvan hê. Daar is drie persoonlike faktore wat die interpretasie van die boodskap kan verander: Mense ervaar emosies en dié emosies word beïnvloed deur die inhoud van die boodskap.
Mense is geneig om meer as een interpretasie aan ʼn boodskap te heg.
Mense is geneig om inligting te prosesseer, waarde daaraan te heg of daarop te reageer, terwyl hulle nog besig is om die boodskap te ontvang. (http://www.wanterfall.com/Communication-Process.htm#rec)
©akademia (MSW)
Bladsy 116