MKT105 - Bemarking

Page 113

MKT105 Bemarking Die media het ook handelsname. Die seleksie van die toepaslikheid van die kanaal waardeur die boodskap gestuur word, is dus ook ʼn ernstige oorweging by sakeondernemings.  Die gehoor Die teikengehoor van die boodskap moet goed gedefinieer word en word gewoonlik bepaal deur die marksegmentasie, wat op ʼn vroeër stadium in die bemarkingsbeplanning gedoen is. Sosio-ekonomiese faktore, psigologiese en persoonlikheidskwaliteite, en die belangstelling in die produk, is faktore wat die besluit op ʼn teikenmark kan beïnvloed. Die manier waarop inligting aangebied word, is baie belangrik vir die verbruiker. Inligting wat in verstaanbare vorm aangebied word, is maklik assimileerbaar en indien dit visueel aantreklik is, bevorder dit die korrekte oordrag van die boodskap. 4.6

Die rol van die sender

Die doel van kommunikasie is, dat die sender die boodskap op so ʼn wyse formuleer, dat die ontvanger van die boodskap die oorspronklike bedoeling van die boodskap verstaan. Die kommunikasieproses hou groot uitdagings vir die bemarkingsafdeling in. In die moderne eeu is daar verskeie maniere om inligting te kommunikeer, maar die metode van kommunikasie is nie gewoonlik dit wat die moontlike probleem veroorsaak nie. Dit lê eerder by die ontvanger of sender van die boodskap:

Die sender verstaan nie noodwendig die behoefte van die ontvanger nie en is daarom nie duidelik oor die doel van die boodskap nie

Die sender kan nalaat om te verseker dat enige aksies wat in die boodskap uiteengesit word, reg verstaan word

Die sender kan die boodskap nie doeltreffend formuleer nie, of die verkeerde boodskapmedium word gekies

Die ontvanger kan die boodskap verkeerd interpreteer of verkeerd verstaan

Figuur 4.5: Ondoeltreffende kommunikasie (The Institute for Administrative Management, 2008: 43)

©akademia (MSW)

Bladsy 111


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
MKT105 - Bemarking by Akademia - Issuu