MKT105 Bemarking 4.2
Verrykende bronne •
http://www.thewisemarketer.com/features/read.asp?id=80
•
http://www.managerialmarketing.com/index.php?option=com_content&task=view&id= 26&Itemid=45
• 4.3
http://www.davedolak.com/promix.htm Hoe kan jy jou begrip verbeter?
Maak seker dat jy die volgende terminologie verstaan: Sleutelwoord
Omskrywing
Bemarkingskommunikasie Bemarkingskommunikasie is die kommunikasie van die bemarkingsmengsel aan verbruikers, sodat die verbruiker, sowel as die sakeonderneming, tevrede gestel word. Dekodering
Die ontvanger ken betekenis toe en interpreteer die boodskap.
Ontvanger
Die persoon wat die boodskap ontvang en dekodeer.
Sender
Die persoon of onderneming wat die boodskap kodeer en aanstuur.
Differensiasie
Die kwaliteite of eienskappe wat die sakeonderneming se produk onderskei van die kompetisie.
Disintegrasie
Inligtingsdisintegrasie verwys na die verskynsel dat die boodskap verlore raak tussen die sender en die ontvanger.
Kodering
Om ʼn verbale of simboliese verteenwoordiging van die konsepte saam te stel; om die boodskap te formuleer.
Kommunikasieplatform
Die tipe media wat gebruik word om te kommunikeer of te adverteer.
Promosie
Die bekendmaking van inligting aan die verbruiker, om hom bewus te maak van die produk of van die sakeonderneming se beeld.
Verkoopskonsultant
Die personeel in diens van die sakeonderneming, wat verantwoordelik is vir die verkoop van die produk en kommunikasie aan verbruikers.
©akademia (MSW)
Bladsy 104