MAL306 - Markanalise

Page 57

MAL306 Markanalise Tabel 2.2: Voorbeelde van sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings (Bron: Pride & Ferrell, 2010: 36; Outeur, 2013)

Sterkpunte

John Deere bemark hul dienste, ervaring en reputasie in die voorsiening van plaastoerusting deur hul vakmanskap te beklemtoon wat gebruik word in die vervaardiging van grassnytrekkers en grassnyers vir stedelinge. Hulle sterkpunte verwys na interne faktore soos effektiewe bemarking, beskikbare finansies, voldoende fasiliteite en toerusting, bekwame bestuur en personeel, asook gevestigde programme.

Swakpunte

AOL (America-On-Line) was eens die voorste internetdiensverskaffer. Hulle het gesien hoe hulle verbruikersgetalle drasties afneem as gevolg van die lae tariewe of gratis internet diensverskaffing deur mededingers. Hierdie kan toegeskryf word aan interne faktore soos onvoldoende bemarking, tekort aan finansies, onvoldoende fasiliteite en toerusting, onbekwame bestuur en personeel, asook afwesigheid van programme.

Geleenthede

Die FIFA WĂŞreld Beker 2010 wat in Suid-Afrika aangebied is, het geleentheid gebied aan baie ondernemings in verskillende industrieĂŤ om meer wins te maak en te groei. Die geleentheid het gekom as gevolg van eksterne ekonomiese en politieke faktore.

Bedreigings

Chrysler het oor die afgelope paar jaar die kwaliteit van hul voertuie verbeter. Ten spyte hiervan, het verbruikers steeds die persepsie dat hulle voertuie nie so betroubaar is, soos ander handelsmerke nie. Die verskynsel kan toegeskryf word aan eksterne faktore soos sosiale, tegnologiese, politieke en mededingingsfaktore.

Šakademia (MSW)

Bladsy 55


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.