SBM206 Kleinsakebestuur sekondĂŞre en tersiĂŞre sektore verdeel. Hierdie verdeling staan ook bekend as die ketting van produksie. Byvoorbeeld, bome word verkry om papier te maak, dan word die pulp verwerk om die papier te vervaardig en die finale produk word in die winkels verkoop. Sommige ekonome voeg nog twee sektore by, naamlik die kwaternĂŞre en die kwinĂŞre sektore.
PrimĂŞre sektor
SekondĂŞre sektor
KwinĂŞre sektor
TersiĂŞre sektor
KwaternĂŞre sektor
Figuur 2.10: Sektore in die ekonomie (Bron: Outeur 2012) 2.8.1
PrimĂŞre sektor
Die primêre sektor van die ekonomie neem produkte uit die aarde. Die primêre sektor sluit die verkryging en prosessering van grondstowwe en basiese voedsel in. Aktiwiteite wat verband hou met die primêre sektor sluit in landbou, mynbou, bosbou, landbou, weiding, jag, visvang en steengroewe. Die verpakking en prosessering van die grondstowwe wat verband hou met hierdie sektor is ook deel van hierdie sektor. Indien ʼn kleinsakeonderneming sake bedryf in die primêre sektor, mag dit nodig wees om die volgende belangrike probleme in die primêre sektor in ag te neem:
Fluktuerende pryse
Die pryse in kommoditeitsmarkte is nie stabiel nie en verander voortdurend. Dit bemoeilik beplanning.
Lae algemene prysvlakke
Soos die globale ekonomie ryker en ryker word, word ʼn kleiner deel van die inkomste aan primêre sektorprodukte bestee en ʼn groter deel word op sekondêre en tersiêre sektorprodukte bestee. Prysverhoging is dus moeilik.
©akademia (MSW)
Bladsy 65