SBM206 Kleinsakebestuur 5.11.2 Voordele van die informele sektor Die voordele sluit die volgende in: •
Die informele sektor: o
lewer ʼn belangrike bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.
o
verminder werkloosheid en armoede, want entrepreneurs is in staat om hulself te onderhou.
•
Die ondernemings is maklik om te begin en het geen oorhoofse kostes of huur om te betaal nie.
•
Die entrepreneurs leer vaardighede aan wat hulle later in die formele sektor kan gebruik.
5.11.3 Nadele van die informele sektor Nadele is die volgende: •
Hierdie ondernemings betaal geen belasting nie, wat veroorsaak dat die regering inkomste verloor.
•
Daar is geen beheer oor hierdie ondernemings nie, wat tot onwettige of onveilige aktiwiteite kan lei.
•
Hierdie ondernemings kom dikwels op sypaadjies tot stand, reg voor of tussen formele ondernemings tot laasgenoemde se frustrasie omdat dit die omgewing dikwels baie onnet en onveilig maak.
5.11.4 Tipes informele ondernemings Informele ondernemings in Suid-Afrika kan in die volgende breë kategorieë ingedeel word:
Informele sektor
Winkels, voedsel en verwante bedrywe
Persoonlike dienste
Algemene bouwerk
Kunstige handewerk
Vervoer
Figuur 5.2: Informele sektor (Bron: Outeur 2012)
©akademia (MSW)
Bladsy 165