GIL105 Inleiding tot die reg en Personereg 4.6
Invloed van ouderdom op status
Handboek: Boezaart., 2016: Hoofstuk 4, par 4.1-4.6 4.6.1
Effek van verskillende ouderdomme op status
Ouderdom is ʼn invloedryke faktor rakende ʼn persoon se status. Dit het ʼn lewenslange en voortdurende invloed. By geboorte word daar na ʼn persoon verwys as ʼn infans. In hierdie stadium is die status van ʼn persoon grootliks deur ouderdom geaffekteer. Vanaf sewe jaar oud is die individu nie meer ʼn infans nie en word ʼn minderjarige genoem. Tydens minderjarigheid is die effek van ouderdom verskillend in verskeie gebiede van die reg. Op agtien word alle persone meerderjarig en verval die beperkinge wat as gevolg van ouderdom op status geplaas is. Daar is egter ander faktore wat vanaf agtien ʼn invloed op ouderdom kan hê. 4.6.2
Klassifikasie van persone op grond van ouderdom
ʼn Persoon behoort handelingsbevoeg te wees indien hy of sy oor die nodige wil en oordeel beskik om besluite te neem. Daar is ʼn verskil tussen verstandelike vermoë en oordeelsvermoë. Die reg verleen handelingsbevoegdheid aan individue wat oor beide hierdie vermoë beskik. Daar is drie groepe persone wat geklassifiseer kan word, naamlik infans, minderjariges en meerderjariges. Volgens artikel 17 van die Children’s Act 38 van 2005 bereik alle persone meerderjarigheid wanneer hulle agtien jaar oud word. Daar is gevalle waar die ouderdom nie vasgestel kan word nie. In hierdie verband kyk ons na die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes 51 van 1992 wat aandui dat alle geboortes geregistreer moet word. Daar kan ook van ander hulpmiddels gebruik gemaak word om dit te bepaal. In Suid-Afrika word die persoon meerderjarig na middernag op die dag waarop die persoon se agtiende verjaarsdag aanbreek. Vir ʼn meer breedvoerige bespreking kyk paragraaf 4.2 in die handboek. 4.6.3
Kinderregte
As gevolg van die nuwe Grondwet en internasionale standaarde geniet kinderregte nou voorrang. Kinders geniet nie net die algemene beskerming wat deur die Grondwet verleen word nie, maar ook spesifieke beskerming. Bestudeer Artikel 28 van die Grondwet in hierdie verband (paragraaf 4.3). Die kind se beste belange is deurslaggewend in enige aangeleentheid waarby ʼn kind betrokke is. Dit is gebiedend dat dit in elke aangeleentheid van die kind gebruik moet word. Die hof het hierdie bepaling toegepas en bepaal dat die trefwydte wyer strek as artikel 28 van die Grondwet. Daar is sekere riglyne om te volg wanneer daar ʼn botsing van belange tussen ʼn kind, aan die een kant, en ʼn ouer of ander
Bladsy 112
Studie-eenheid 4: Invloed van ouderdom op status en kinders van ongetroude ouers