GHR206 Menslike Hulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge Veiligheidsbehoeftes Wanneer daar in die fisiologiese behoeftes voldoen is, tree die veiligheidsbehoeftes in werking. Hulle sluit in die behoefte om vry te wees van vrees vir fisiese gevare en bedreigings van deprivasie van die basiese fisiologiese behoeftes. Dit kom ook neer op sekerheid oor die toekoms. Sosiale behoeftes Sosiale behoeftes raak meer prominent namate daar in die fisiologiese en veiligheidsbehoeftes voorsien is. Die behoefte om aan ʼn groep te behoort, asook om deur die groep aanvaar te word, word hier geopenbaar. ʼn Mens behoort dus op hierdie staduim te neig om gunstige verhoudinge met mense aan te knoop. Egobehoeftes Nadat daar in sosiale behoeftes voorsien is, begin die mens bewus raak van sy eiewaarde en tree ʼn behoefte aan selfvertroue, prestige, mag, onafhanklikheid, kennis, prestasie, erkenning, waardering en respek na vore. Anders as by die ander behoeftevlakke word hierdie vlak selde ten volle bevredig. Selfverwesenlikingsbehoeftes Selfverwesenliking is die behoefte om eie potensiaal te verwesenlik en om deur kreatiwiteit volgehoue selfontwikkeling te beleef. Elkeen poog om die potensiaal te maksimeer ten opsigte van dit wat vir hom belangrik is. Wanneer daar in ʼn persoon se basiese behoeftes voorsien is en hoër behoeftes nagestreef word, kan enige faktor wat die bereiking van sodanige doelstellings verhinder, as ʼn ernstige bron van ontevredenheid beskou word. 3.6.2
Alderfer se ERG-teorie
Bestudeer die handboek: Swanepoel (2014): Paragraaf 9.3.2. Lees hierdie afdeling deur en maak seker dat jy Alderfer se teorie kan bespreek en toepas. Alderfer stem saam met Maslow se benadering van ʼn behoeftehiërargie, maar formuleer sy benadering binne drie vlakke, naamlik: E – Existence: Bestaansbehoeftes wat dinge insluit soos kos, water, salaris en werksomstandighede. R – Relatedness: Affiliasiebehoeftes wat vervul word deur sinvolle sosiale en interpersoonlike verhoudings. G – Growth: Groeibehoeftes vervul deur die bydrae van kreatiewe en produktiewe bydraes.
Studie-eenheid 3: Die motiveringsuitdaging
Bladsy 58