GFA105 - Finansiële Rekeningkunde

Page 85

GFA105 Finansiële Rekeningkunde Goedere in transito Goedere in transito is voorraad wat nog nie fisies afgelewer is by die onderneming nie. Indien eienaarskap wel oorgedra is van die verkoper na die koper (wanneer die risiko’s en vergoeding van die verkoper na die koper oorgedra is) moet dit verantwoord word in die koper se rekords, al is die voorraad nog nie fisies ontvang nie. Dit is dus nodig om na die aankoopooreenkoms te kyk om te bepaal of risiko’s en vergoeding oorgedra is. Kontrakte wat internasionale vervoer vereis, bevat dikwels handelsterme wat die tyd en plek van lewering, betaling, wanneer die risiko van verlies verskuif vanaf die verkoper na die koper en wat die koste van die vrag en versekering is. Die algemeenste terme is: •

Vry aan boord (VAB) Die term het sy oorsprong in die lewering van goedere van verkoper na koper deur middel van verskeping/lug. Vry aan boord bepaal dat die koper verantwoordelik is vir vervoerkoste. Die koper neem wetlike verantwoordelikheid vir die goedere sodra dit aan boord gelaai word en kan dus op dié stadium die voorraad verantwoord in hul rekords (fisiese lewering is nie nodig nie).

Vry op spoor (VOS) Die koper neem wetlike verantwoordelikheid vir die goedere sodra dit die bestemmingstasie bereik. Koste van vervoer van verkope tot by bestemmingstasie word deur die verkoper gedra, koste vanaf die bestemmingstasie tot by die koper word deur koper gedra.

Hieronder is ’n opsomming van die joernale om goedere in transito te verantwoord: Periodieke

Deurlopende

voorraadstelsel

voorraadstelsel

Indien eienaarskap

Dt: Goedere in transito

Dt: Goedere in transito

oorgedra is aan die koper,

(bate)

(bate)

Kt: Rekeninge betaalbaar

Kt: Rekeninge betaalbaar

Indien eienaarskap

Dt: Goedere in transito

Dt: Goedere in transito

oorgedra is aan die koper,

(bate)

(bate)

Kt: Aankope/koste van

Kt: Voorraad

maar nog nie verantwoord is in die rekords van die koper nie

en reeds verantwoord is in die rekords van die

verkope

koper Tabel 3.1: Opsomming van joernale om goedere in transito te verantwoord (Aangepas uit Kolitz, 2015: 347) Studie-eenheid 3: Die voorbereiding van rekeninge vir ʼn onderneming

Bladsy 83


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.