GFA105 - Finansiële Rekeningkunde

Page 101

GFA105 Finansiële Rekeningkunde

Hersien weer paragraaf 3.6.5 in hierdie studie-eenheid (Verkoop van vaste bates). Onthou: Installasie- en vervoerkostes is kostes wat direk verband hou met die aankoop van vaste bates en moet dus ook gekapitaliseer word. Baie belangrik: Waardevermindering moet tydsverloop in ag neem. Dus, as ʼn bate gedurende die finansiële jaar aangekoop of verkoop is, moet waardevermindering slegs vir ʼn gedeelte van die jaar bereken word. Wanneer jy Eksamenvoorbeeld 1 (bl. 331 in die handboek) aanpak, onthou dat grond nie gedepresieer word nie. Dus moet die kosprys van geboue alleen bereken word vóór jy waardevermindering bereken. Dag-tot-dag-herstelwerk en onderhoud, byvoorbeeld 40 000 km diens, is ʼn uitgawe. Nuwe bande vir die motor kan wel gekapitaliseer word (bate – nie uitgawe nie). Voordat jy Eksamenvoorbeeld 2 (bl. 334 in die handboek) aanpak, werk eers weer deur paragraaf 3.6.6 in hierdie studie-eenheid (Meting na erkenning). Let op die waardevolle inligting wat aangebied word met die staat van finansiële posisie – alle berekeninge word duidelik aangedui. 2) Voorraad Doen die eksamenvoorbeeld in Hoofstuk 12 (bl. 368-370) Indien kontantverkope nie verantwoord was nie, en geld gesteel is, kan die korrekte inskrywing nie ʼn debiet na die bank wees nie, aangesien kontant nie ontvang is nie. ’n Uitgawerekening moet dan gedebiteer word. Verkope kan wel gekrediteer word, aangesien dit ʼn wettige verkoopstransaksie was, alhoewel geld nie ontvang is nie. Werk eers weer deur paragraaf 3.7.3 in hierdie studie-eenheid (Voorraadtekort), voordat jy deel (b) van die vraag aandurf. Onthou, inwaartse vervoerkoste is deel van koste van voorraad (kapitaliseer) en uitwaartse vervoerkoste is ʼn uitgawe. 3) Rekeninge ontvangbaar Doen die eksamenvoorbeeld in Hoofstuk 13 (bl. 386-389) Verkope sal die balanserende syfer wees as die T-rekening van rekeninge ontvangbaar opgetrek word. Die balans wat jy sien in die staat van finansiële posisie vir rekeninge ontvangbaar is nadat toelating vir slegte skuld afgetrek is, dus moet jy dit terugtel om die korrekte openings- en sluitingsbalanse vir rekeninge ontvangbaar te bereken. 4) Kontant en bank Doen die eksamenvoorbeeld in Hoofstuk 14 (bl. 410-411) Werk eers weer deur paragraaf 3.9.3 in hierdie studie-eenheid (Prosedure om ʼn

Studie-eenheid 3: Die voorbereiding van rekeninge vir ʼn onderneming

Bladsy 99


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.