GBM206 - Ondernemingsbestuur

Page 8

GBM206 Ondernemingsbestuur

INLEIDING Die vak, “Ondernemingsbestuur”, dek ʼn verskeidenheid tradisionele en kontemporêre bestuursbeginsels en konsepte, asook verskeie voorbeelde van hoe suksesvolle bestuurders in die 21ste eeu ondernemingsteorie en praktyk implementeer. Hierdie vak word in vyf studie-eenhede verdeel. Studie-eenheid 1 fokus op die evolusie van bestuursteorieë oor die afgelope eeu. Die bestuursproses in die veranderende omgewing, asook die vlakke en areas van bestuur en rolverdelings en vaardighede van bestuurders word in diepte bestudeer. Eienskappe en bestuursuitdagings van kontemporêre en nuwe ondernemings, asook die samestelling van die bestuursomgewing wat bestaan uit die mikro- en makro-omgewing word bespreek. Studie-eenheid 2 fokus op die veranderende ondernemingsomgewing. Verskeie aspekte word bespreek wat elk op ʼn ander deel van die bestuur van ondernemings in die konstante veranderende omgewing betrekking het. Ondernemingskultuur, mag, politiek, belange, etiek, korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe bestuur is van die onderwerpe wat bespreek word. Studie-eenheid 3 ondersoek beplanning in die onderneming. Die studie-eenheid verskaf ʼn oorsig van beplanning en watter planne ter sprake is by die beplanningsproses. Strategiese bestuur, besluitneming en inligtingsbestuur vorm ook deel van die studie-eenheid en is noodsaaklik vir bestuurders vir effektiewe beplanning en om die onderneming suksesvol te bestuur. Studie-eenheid 4 fokus op die organisering en beheer van die bestuursfunksies. Organisering en delegering word volledig bespreek, terwyl daar ook gefokus word op die waardeketting, waardesisteme en e-besigheid. Die beheerproses, karaktereienskappe, areas, vlakke, funksionele areas en die eienskappe van beheer word bespreek. Studie-eenheid 5 fokus op die rol van individue in die onderneming gevolg deur groeps- en spanontwikkeling in die werksomgewing. Die studie-eenheid sluit af met leiding en motivering as ʼn bestuursfunksie en die belangrikheid daarvan in ʼn onderneming. Vir hierdie vak is die volgende handboek voorgeskryf: Brevis, T. & Vrba, M. (Eds). 2014. Contemporary Management Principles. 1st Edition. Claremont: Juta & Company Ltd. Publishers. Die gedeeltes wat betrekking het op die inhoud van die studie-eenhede sal telkens aangedui word. Die gids sal jou dan deur die handboek begelei en poog om moeilike gedeeltes toe te lig; om aan te vul waar nodig en om die belangrike gedeeltes uit te wys.

INLEIDING

Bladsy 6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
GBM206 - Ondernemingsbestuur by Akademia - Issuu