GBM206 - Ondernemingsbestuur

Page 29

GBM206 Ondernemingsbestuur beplanning plaasvind nie. Die bestuursomgewing word verdeel in die mikro-omgewing (of interne omgewing) en die makro-omgewing (eksterne omgewing). Die makro-omgewing word verder verdeel in die markomgewing en die ver verwyderde (remote) omgewing. ʼn Onderneming word beskryf as ʼn oop sisteem, wat in voortdurende interaksie is met sy marken makro-omgewing. Wanneer verandering plaasvind in die eksterne omgewing, beïnvloed dit die mikro-omgewing van die onderneming. 

Mikro-omgewing (interne omgewing)

Bestudeer die handboek: Brevis & Vrba, 2013, paragraaf 4.3.1 Die mikro-omgewing is die omgewing waaroor die bestuur van die onderneming volle beheer het. Figuur 4.2 in die handboek illustreer die samestelling van die mikro-omgewing en toon dat die volgende insluit:

Ondernemingsfunksies

Beleide

Strategieë

Doel en doelwitte

Hulpbronne

Makro-omgewing (eksterne omgewing)

Bestudeer die handboek: Brevis & Vrba, 2013, paragraaf 4.3.2 Die omgewing word verdeel in die markomgewing en die uitgebreide omgewing. Die makroomgewing is die area buite die onderneming waaroor die onderneming geen beheer het nie. Dit kan wel soms gebeur dat die onderneming ʼn invloed kan uitoefen op die makroomgewing. Die markomgewing word hoofsaaklik saamgestel uit die: •

Kliënte

Mededinging

Arbeidsmark

Tussengangers

Verskaffers

Hierdie sub-omgewings word in meer besonderhede in die handboek bespreek. Maak seker dat jy elk van hierdie omgewings verstaan en dit kan verduidelik.

STUDIE-EENHEID 1: INLEIDING TOT ONDERNEMINGSBESTUURBEGINSELS

Bladsy 27


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
GBM206 - Ondernemingsbestuur by Akademia - Issuu