FAC105 Finansiële Rekeningkunde 2.12.2 Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) Hierdie joernaal word gebruik om ‘n opsomming te maak van alle transaksie waar kontant betaal word. Dit is soortgelyk aan die kontantontvangstejoernaal, maar hier is vanselfsprekend ‘n ontleding van ontvangste kolom nie. Die kolomme lyk soos volg: Kontantbetalingsjoernaal van Piet Pompies Winkels vir Maart 2014 Diverse rekening Dok
Dag
Naam van begunsdigde
Fol
Bank
Handelsvoorraad
Lone
Bedrag
Besonderhede
Alhoewel hierdie ʼn standaard formaat is kan “Handelsvoorraad” en “Lone” verander. Dit kan byvoorbeeld, Skryfbehoeftes, Salarisse of enige ander uitgawes wees. Die vraag sal aandui wat die opskrifte van die verskillende kolomme moet wees, m.a.w waarvoor kontantbetalings gereeld gemaak word. Die kolomme word vir die volgende gebruik: Tabel 2.3: Kontanbetalingsjoernaal Dok. Nr.
Die brondokument van die spesifieke transaksie word hier aangeteken. In die meeste gevalle sal dit die tjeknommer wees.
Dag
Aangesien die maand in die opskrif aangedui word, sal slegs die dag hier ingeskryf word.
Naam van
Hier word die naam van die persoon of instansie waaraan
begunsdigde
die onderneming die betaling maak, ingeskryf.
Folio
Hierdie kolom sal eers op ‘n latere stadium gebruik word.
Bank
Alle transaksies word in bankkolom geskryf. Dit is om rekord te hou van geld wat uit die bank onttrek is.
Enige bates,
Indien ‘n betaling op ‘n gereelde basis gemaak word vir
byvoorbeeld,
die aankoop van hierdie bate sal dit in hierdie kolom
handelsvoorraad,
ingeskryf word.
toerusting ens. Enige uitgawe,
Indien ‘n betaling op ‘n gereelde basis gemaak word om
Studie-eenheid 2: Die inkomstes en uitgawes van sakeondernemings
Bladsy 91