FAC105 Finansiële Rekeningkunde 2.11
Brondokumente en ander rekeningkundige rekords
2.11.1 Wat is brondokumente? Brondokumente speel ʼn belangrike rol in die aantekening en teboekstelling van transaksies. Met ander woorde brondokumente verskaf die inligting wat benodig word deur ʼn sakeonderneming se rekeningkundige stelsel om saketransaksies te boek te stel in die joernale. Brondokumente bevat die volgende belangrike inligting ten opsigte van ʼn transaksie: •
Die bedrag van die transaksie.
•
Die naam, adres en ander besonderhede van die persoon/onderneming wat die goedere/dienste lewer, sowel as ontvang. Met ander woorde die besonderhede van die koper, asook die verkoper.
•
Die doel van die transaksie, met ander woorde die aard van die transaksie (beskrywing), asook die terme en voorwaardes van toepassing.
•
Die datum van die transaksie – wanneer die transaksie plaasgevind het.
•
Die BTW-bedrag (indien van toepassing op die transaksie). Indien BTW van toepassing is op die transaksie, moet beide die verkoper en koper se BTW-nommer op die brondokument voorkom.
•
Die nodige handtekening van die gemagtigde persone wat die transaksie goedgekeur het.
(NowMaster Accounting, 2009. http://knol.google.com/k/nowmaster-accounting/what-aresource-documents-in-accounting/y2cary3n6mng/70#) Voorbeelde van brondokumente, sluit die volgende in: •
Fakture
•
Gekanselleerde tjeks
•
Uitgereikte tjeks
•
Kwotasies
•
Kasregisterrolle
•
Verkoopsfakture
•
Depositostrokies
Studie-eenheid 2: Die inkomstes en uitgawes van sakeondernemings
Bladsy 79