ENP206 - Entrepreneursteorie

Page 68

ENP206 Entrepreneursteorie 2.8.4

Skep van geleenthede

ʼn Effens meer ekstreme benadering tot sakegeleenthede is die aanname dat geleenthede nie bloot net bestaan en gevind moet word nie. Hierdie benadering bepaal dat die entrepreneur fisies die mark betree en geleenthede skep waar dit nooit vantevore bestaan het nie. Die geleentheid bestaan dus net in die entrepreneur se gedagtes en nie in die sakeomgewing nie. Uit die aard van die saak, speel kreatiwiteit ʼn baie belangrike rol wanneer hierdie benadering gevolg word. Die entrepreneur moet immers iets skep wat nie bestaan nie. Kreatiwiteit word egter nie uitgesluit van die ander benaderings nie en vorm ʼn integrale deel van enige benadering tot die identifisering van geleenthede. 2.8.5

Die belangrikheid van kennis

Die invloed van ʼn entrepreneur se kennis op sy of haar vermoë om ʼn geleentheid raak te sien, was al die tema van ʼn paar navorsingstudies. ʼn Interessante studie is deur Scott Shane gedoen. Hierdie studie het na 8 gevalle gekyk waar entrepreneurs aansoek gedoen het om ʼn proses, wat deur ingenieurs by die Massachusetts Institute of Technology (MIT) ontwikkel en gepatenteer is, verder te ontwikkel. Hierdie proses word in Studie-eenheid 1 bespreek. Wat baie duidelik na vore gekom het, is die verskillende sakeondernemings wat deur die verskillende entrepreneurs geskep is. Dit blyk dat elke entrepreneur se respektiewelike veld van kundigheid ʼn groot invloed uitgeoefen het op die wyse waarop hierdie toestel aangewend is. ʼn Entrepreneur in die boubedryf het die proses, byvoorbeeld, aangewend om miniatuur “standbeelde” van kliënte te maak. ʼn Ander entrepreneur met kennis in ingenieurswese het die masjien aangewend om gietvorms te skep vir komponente waar ʼn hoë vlak van akkuraatheid kritiek is. Wat is die implikasies van hierdie studie? Daar is veral twee belangrike implikasies vir entrepreneurs: 1. Hoewel daar genoeg voorbeelde is van entrepreneurs wat die skool of universiteit verlaat het sonder om hulle studies te voltooi, bied verdere studies in enige rigting wel ʼn voordeel vir entrepreneurs. Deurdat ʼn entrepreneur meer kennis opdoen, word dit makliker om nuwe geleenthede in nuwe velde raak te sien. Byvoorbeeld: Dit sal miskien gevaarlik wees om te sê dat ʼn entrepreneur met geen kennis van essensiële olies geen geleenthede in die vervaardiging daarvan kan raaksien nie. Dit sal egter makliker wees vir Debbie (in die voorbeeld van Goed en Geur) om meer en beter

©akademia (MSW)

Bladsy 66


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.