GQM105 - Elementêre Kwantitatiewe Metodes

Page 73

Elementêre Kwantitatiewe Metodes

3.7

Wat is maatstawwe van spreiding?

Maatstawwe van spreiding verwys na beskrywende statistiek wat aandui hoe data verspreid is. Kyk na die volgende histogramme:

Figuur 3.4: Wyses waarop data versprei kan wees Elk van hierdie histogramme stel ’n ander stel data voor. Hoewel dit moontlik is dat al hierdie datastelle dieselfde gemiddeld kan hê, is die verspreiding van data drasties verskillend. Hierdie verskille sal deur maatstawwe van spreiding aangedui word. In hierdie gids word daar na drie maatstawwe van spreiding gekyk: die standaardafwyking, variansiekoëffisiënt (wat gebruik word om die standaardafwyking te interpreteer) en ’n skeefheidskoëffisiënt.

3.8

Wat is ’n standaardafwyking?

’n Standaardafwyking bepaal hoe vêr die verskillende waardes in ’n datastel van die gemiddeld af lê. Die standaardafwyking poog om ’n “gemiddelde afstand van die gemiddeld af” te bereken.

72

Hoofstuk 3: Numeriese beskrywende statistiek | ©akademia (MSW)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.