GQM105 - Elementêre Kwantitatiewe Metodes

Page 87

GQM105 Inleiding tot elementêre kwantitatiewe metodes ʼn Hipotese is ʼn stelling wat deur statistiese berekening aanvaar of verwerp kan word. Deur hipotesetoetsing wat met data uit die steekproef gedoen word, word bepaal of die hipotese verwerp word al dan nie. Daar word tussen die volgende hipoteses onderskei: 1) tweekantige hipotese, 2) regskantige hipotese en 3) linkskantige hipotese. Wanneer ʼn hipotese vir ʼn enkele populasiegemiddeld bereken word, word verskillende toetse gebruik afhangende van of die populasiestandaardafwyking bekend is. Indien hierdie standaardafwyking bekend is, word die z-toets gebruik. Indien nie, word die t-toets gebruik. Enige hipotesetoets bestaan uit 5 stappe. Hierdie stappe is 1) formuleer die hipotese, 2) bepaal die areas van aanvaarding en verwerping (en dus die kritieke waarde), 3) bereken die toetsstatistiek (in hierdie geval die z- of t-statistiek), 4) vergelyk die toetsstatistiek met die areas van aanvaarding en verwerping en 5) maak bestuursgevolgtrekkings.

Studie-eenheid 3: Vertrouensintervalle en hipotesetoetsing: Deel I

Bladsy 85


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
GQM105 - Elementêre Kwantitatiewe Metodes by Akademia - Issuu