CSE105 - Kliëntediens en Etiek

Page 38

CSE105 Kliëntediens en Etiek 1.8

Selfevaluering Aktiwiteit 1

Lees die volgende kommentaar van Pres. Jacob Zuma tydens ʼn nasionale verpleegkonferensie in Sandton in 2011 en beantwoord die daaropvolgende vrae: Onbeskofte base, verpleërs moet verander – Zuma Pres. Jacob Zuma het die hoofde van staatshospitale en verpleegsters gister oor hul “houding” en swak dienslewering, oor die vingers getik. “Ons kan soveel mooi hospitale en klinieke bou as wat ons kan, maar op die ou end is dit die houding van die mense wat dié hospitale bestuur, wat tel,” het hy gesê. “Die era van onbeskofte, ongeduldige staatsamptenare of verpleegsters wat nie omgee nie, moet agtergelaat word, terwyl ons ʼn regering en samelewing bou wat omgee. “Landsburgers moenie behandel word asof hulle ʼn oorlas is vir die (hospitaal-)werkers wat hulle moet dien nie. Die houdings moet verander, ons moet die wagtydperke en vertragings in pasiëntbehandeling verkort en gesondheidsdienswerkers moet seker maak dat alle fasiliteite te alle tye, skoon en netjies is. “Partykeer dink sommige mediese werkers hulle bewys die publiek ʼn guns wanneer hulle eintlik dienste lewer waarop die publiek geregtig is,” het Zuma gesê. Hy wil hê dat verpleegsters na skole moet gaan om kinders te leer hoe om tienerswangerskappe en seksueel oordraagbare siektes, soos MIV/Vigs, te voorkom. Zuma meen ook daar is te min dokters en verpleegsters: “Ons moet na die verwronge ontplooiings in die verpleegdienste kyk. Ons lei meer professionele verpleegsters op as assistent- of studenteverpleegsters. Dit beteken dat ons meer bevelvoerders as troepe het ... Daar is 115 000 professionele verpleegsters, maar net 52 000 geregistreerde studenteverpleegsters.” Zuma het gesê dat die getal dokters wat Suid-Afrika die afgelope tien jaar opgelei het (1 200 per jaar) onvoldoende is. Daarom word ʼn negende mediese opleidingsentrum by die Limpopo Akademiese Hospitaal beplan. Volgens Zuma is die aanstelling van die regte mense in senior poste in verskeie provinsies ʼn uitdaging: “Ons moet die manier waarop die staatsdiens werk, verander, anders sal daar geen verbetering in dienslewering wees nie.” Gloria Edwards (Edwards, 2011: 7)

Studie-eenheid 1: Kliëntediens en etiek

Bladsy 36


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.