COM105 Bedryfskommunikasie
2. Presensielys en verskonings 3. Notule van vorige vergadering (voorgelees): Charles 4. Goedkeuring van notule van vorige vergadering 5. Sake voortspruitend uit die vorige notule: 5.1 Kommunikasietegnologie: E-posstelsel (10 minute) 5.2 LekkerEet-restaurant se groepskontrak (10 minute) 6. Korrespondensie: 6.1 Brief van die Departement van Gesondheid (10 minute) 6.2 Bedankingsbrief van Andrew Johnson (5 minute) 7. Besprekingspunte: 7.1 Verkope: Vorderingsverslag (20 minute) 7.2 Kommunikasiestrategie (20 minute) 7.3 Finansiële resultate (20 minute) 7.4 2013-Begroting (10 minute) 7.5 Aankoop van nuwe masjinerie (20 minute) 8. Ander sake: 8.1 Personeelparkering (10 minute) 8.2 Laerskoolsnoepies (10 minute) 9. Afsluiting: 9.1 Volgende vergadering: 23 November 2012
5.7
Fase 2: Die vergadering
Nadat die agenda saamgestel en al die ander stappe soos hierbo genoem, afgehandel is, kan die vergadering begin. By sommige vergaderings is dit ʼn goeie idee om te reël vir koffie en verversings, of vir ontbyt, voordat die vergadering begin. In die geval van langer vergaderings, kan daar tydens pouses koffie en tee, of middagetes bedien word. Dit word natuurlik gereël tydens die beplanningsfase. Na die pouse sal alle deelnemers die vertrek binnegaan en kan die vergadering begin.
©akademia (MSW)
Bladsy 184