BCL105 - Sakeberekeninge

Page 151

BCL105 Sakeberekeninge P = (RPI ×H) ÷ (1 – (1 + RPI)-i) = (0.0065 × R225 000) ÷ (1 – (1 + 0.0065)-360) = 1462.5 ÷ 0.90294 = R1 619.71

Die paaiement wat Willie moet betaal, is R1 619.71. Om te bereken hoeveel van die paaiement aan rente spandeer word, moet die volgende berekening gedoen word:

Maandelikse rente = Hoofsom × rentekoers per jaar ÷ 12 = 225 000 × 0.078 ÷ 12 = 1462.50

Onthou dat die rente maandeliks saamgestel word en daarom moet die jaarlikse rentekoers gedeel word deur 12. Willie sal dus R1 462.50 aan rente spandeer met sy eerste paaiement en slegs R157.21 kapitaal delg. 5.6.3

Aflosbedrag

Met ʼn lening sal die gedeelte van die maandelikse paaiement vir rente aangewend word en ʼn gedeelte sal die hoofsom verminder. Met elke betaling sal die gedeelte wat aan rente betaal word verminder en die kapitale gedeelte vermeerder. Deur ʼn leningskedule op te stel, kan bepaal word hoeveel van die maandelikse paaiement aan rente betaal word en ook hoeveel rente vir die jaar betaal word.

Studie-eenheid 5: Beleggings, lenings en aandele

Bladsy 149


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
BCL105 - Sakeberekeninge by Akademia - Issuu