BAP105 - Bedryfs- en Rekenkundige Praktyk

Page 92

BAP105 Bedryfs- en Rekeningkundige praktyk  Eienaarsbelang Eienaarsbelang is ʼn kombinasie van die kapitale insette van die eienaar(s) in die sakeonderneming en die akkumulasie van die winste of verliese wat die onderneming gemaak het vandat die onderneming begin het (Wolfe, 2011. http://womeninbusiness.about.com/od/glossaryofaccountingterm/g/definition-ownersequity.htm). Die rekeningkundige vergelyking om eienaarsbelang te bereken is: Eienaarsbelang

=

Bates

-

Laste

Eienaarsbelang is dus die residuele wat oorbly nadat die onderneming se laste afgetrek is van die bates van die onderneming (Chook, 2011. http://www.ehow.com/video_4872535_define-owner_s-equity.html). 

Debiete en krediete

Debiete en krediete beskryf ʼn transaksie. Vir elke inskrywing in die finansiële rekords van ʼn onderneming moet daar ʼn debiet en ʼn krediet wees, met ander woorde, vir elk debietinskrywing, moet daar dieselfde kredietinskrywing in die boeke getoon word. ʼn Debietinskrywing word in die eerste kolom (die debietkolom) gedoen, terwyl ʼn kredietinskrywing in die tweede kolom (die kredietkolom) gedoen word. Bates en uitgawes se waarde neem toe, wanneer dit gedebiteer word, terwyl die waarde afneem sodra dit gekrediteer word. Presies die teenoorgestelde is waar vir laste en inkomstes. Laste en inkomstes se waarde neem toe, wanneer dit gekrediteer word, en neem af sodra dit gedebiteer word. Die volgende tabel gee ʼn duidelike uiteensetting wat gebeur met die waardes van die bates, laste, inkomstes en uitgawes van ʼn onderneming wanneer dit gedebiteer of gekrediteer word (Yong, 2011. http://www.articlesalley.com/article.detail.php/52523/310/Bookkeeping/Accounting/52/7_Buil ding_Blocks_of_Accounting_Every_Accountant_Must_Know). Tabel 4.1

Toename

Afname

Bates

Debiet

Krediet

Laste

Krediet

Debiet

Inkomstes

Krediet

Debiet

Uitgawes

Debiet

Krediet

Studie-eenheid 4: Rekeningkundige dokumentasie

Bladsy90


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.