APC105 Administratiewe Praktyk
eienaars reken dat hulle toewyding aan hulle kliënte, en hulle geloof in die moontlikhede van die Internet, nie verander nie. Google het 10 beginsels neergelê waarvolgens hulle te werk gaan: 1. Focus on the user and all else will follow. 2. It’s best to do one thing really, really well. 3. Fast is better than slow. 4. Democracy on the web works. 5. You don’t need to be at your desk to need an answer. 6. You can make money without doing evil. 7. There’s always more information out there. 8. The need for information crosses all borders. 9. You can be serious without a suit. 10. Great just isn’t good enough. Dit is duidelik dat hierdie beginsels Google gehelp het om vandag ʼn baie suksesvolle maatskappy te wees. (Aangepas uit: http://www.google.com/about/corporate/company/) 1. Identifiseer Google se Interne hulpbronne. 2. Tot watter mate is Google gefokus op hulle interne hulpbronne en vaardighede? Gaan dit vir hulle daaroor dat die kliënt se behoeftes bevredig word? Motiveer jou antwoord. 3.
Sou jy sê Google se handelsnaam is ʼn interne bate en ʼn hulpbron wat bestuur moet word? Motiveer jou antwoord.
2.9
Kwaliteitsmaatreëls
Om administratiewe praktyk doeltreffend te implementeer is dit noodsaaklik dat die beleid en prosedures rakende die administratiewe proses van ʼn hoë gehalte moet wees. Die Batho Pele beginsels en die King III korporatiewe beginsels (soos bespreek in Studie-eenheid 1) is fundamenteel tot die kwaliteit van die administratiewe bestuursproses. 2.9.1
Wat is kwaliteit?
Dr Joseph M Juran (2008: 126) het kwaliteit gedefinieer as geskiktheid vir gebruik (Fitness to use). Sy kwaliteitstrilogie is gefokus op die kliënt en kliëntetevredenheid. Sy trilogie kan van Studie-eenheid 2: Konsepte van administratiewe praktyk
Bladsy 80